King James Version
AFR DVK
1
But speak thou the things which become sound doctrine:
Maar spreek jy die dinge wat betaam by die gesonde leer:
2
That the aged men be sober, grave, temperate, sound in faith, in charity, in patience.
Dat die ouer mans matig, eerbiedwaardig, matig, gesond in die geloof, in die liefde, in die verdraagsaamheid is.
3
The aged women likewise, that [they be] in behaviour as becometh holiness, not false accusers, not given to much wine, teachers of good things;
Die ouer vroue net so, in gedrag soos dit die heiligheid betaam, nie kwaadsprekers nie, nie aan baie wyn verslaaf nie, leermeesteresse van goeie dinge;
4
That they may teach the young women to be sober, to love their husbands, to love their children,
Dat hulle die jong vroue mag onderrig om matig te wees, hulle mans lief te hê, hulle kinders lief te hê,
5
[To be] discreet, chaste, keepers at home, good, obedient to their own husbands, that the word of God be not blasphemed.
Matig, rein, huishoudsters, goed, onderdanig aan hulle eie mans, dat die woord van God nie belaster word nie.
6
Young men likewise exhort to be sober minded.
Vermaan net so die jong mans om matig te wees:
7
In all things shewing thyself a pattern of good works: in doctrine [shewing] uncorruptness, gravity, sincerity,
In alle dinge jouself ‚'n voorbeeld toon van goeie werke: in die leer onbedorwenheid, opregtheid, opregtheid,
8
Sound speech, that cannot be condemned; that he that is of the contrary part may be ashamed, having no evil thing to say of you.
Gesonde spraak wat nie veroordeel kan word nie; dat hy wat van die teenoorgestelde is, skaam mag wees, hebbende geen kwaad van julle te sê nie.
9
[Exhort] servants to be obedient unto their own masters, [and] to please [them] well in all [things]; not answering again;
Vermaan diensknegte om onderdanig te wees aan hulle eie here, en in alle dinge welbehaaglik te wees; nie weersprekend nie;
10
Not purloining, but shewing all good fidelity; that they may adorn the doctrine of God our Saviour in all things.
Nie steel nie, maar alle goeie getrouheid toon; dat hulle die leer van God onse Verlosser in alle dinge mag versier.
11
For the grace of God that bringeth salvation hath appeared to all men,
Want die genade van God wat heil bring, het aan alle mense verskyn,
12
Teaching us that, denying ungodliness and worldly lusts, we should live soberly, righteously, and godly, in this present world;
Ons onderrigende dat, die ongodsaligheid en wêreldse begeerlikhede verloënende, ons matig, regverdig, en godsalig in hierdie teenwoordige wêreld sou lewe;
13
Looking for that blessed hope, and the glorious appearing of the great God and our Saviour Jesus Christ;
Verwagende die geseënde hoop, en die heerlike verskyning van die groot God en onse Verlosser Jesus Christus;
14
Who gave himself for us, that he might redeem us from all iniquity, and purify unto himself a peculiar people, zealous of good works.
Wat Homself vir ons gegee het, dat Hy ons sou verlos van alle ongeregtigheid, en Homself ‚'n eie volk sou reinig, ywerig tot goeie werke.
15
These things speak, and exhort, and rebuke with all authority. Let no man despise thee.
Hierdie dinge spreek, en vermaan, en bestraf met alle gesag. Laat niemand jou verag nie.