King James Version
AFR DVK
1
I say the truth in Christ, I lie not, my conscience also bearing me witness in the Holy Ghost,
Ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie, my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees,
2
That I have great heaviness and continual sorrow in my heart.
Dat ek groot droefheid en voortdurende smart in my hart het.
3
For I could wish that myself were accursed from Christ for my brethren, my kinsmen according to the flesh:
Want ek sou self wou vervloek wees van Christus af om my broers, my bloedverwante volgens die vlees:
4
Who are Israelites; to whom [pertaineth] the adoption, and the glory, and the covenants, and the giving of the law, and the service [of God], and the promises;
Wat Israeliete is; aan wie die aanneming tot kinders behoort, en die heerlikheid, en die verbonde, en die gee van die wet, en die diens van God, en die beloftes;
5
Whose [are] the fathers, and of whom as concerning the flesh Christ [came], who is over all, God blessed for ever. Amen.
Wie se is die vaders, en uit wie Christus is volgens die vlees, wat is oor almal, God geseënd tot in ewigheid. Amen.
6
Not as though the word of God hath taken none effect. For they [are] not all Israel, which are of Israel:
Nie asof die woord van God tot niet gegaan het nie. Want hulle is nie almal Israel, wat uit Israel is nie:
7
Neither, because they are the seed of Abraham, [are they] all children: but, In Isaac shall thy seed be called.
En ook nie omdat hulle die saad van Abraham is, is hulle almal kinders nie: maar, In Isak sal jou saad genoem word.
8
That is, They which are the children of the flesh, these [are] not the children of God: but the children of the promise are counted for the seed.
Dit is, Hulle wat kinders van die vlees is, dié is nie die kinders van God nie: maar die kinders van die belofte word as die saad gereken.
9
For this [is] the word of promise, At this time will I come, and Sara shall have a son.
Want dit is die woord van belofte, Op hierdie tyd sal ek kom, en Sara sal ’n seun hê.
10
And not only [this]; but when Rebecca also had conceived by one, [even] by our father Isaac;
En nie alleen dit nie, maar toe Rebekka ook van een, selfs van ons vader Isak, ontvang het,
11
(For [the children] being not yet born, neither having done any good or evil, that the purpose of God according to election might stand, not of works, but of him that calleth;)
(Want die kinders nog nie gebore was nie, en nog niks goed of kwaad gedoen het nie, dat die voorneme van God volgens die uitverkiesing mag standhou, nie uit werke nie, maar uit Hom wat roep;)
12
It was said unto her, The elder shall serve the younger.
Is tot haar gesê, Die oudste sal die jongste dien.
13
As it is written, Jacob have I loved, but Esau have I hated.
Soos geskrywe is, Jakob het ek liefgehad, maar Esau het ek gehaat.
14
What shall we say then? [Is there] unrighteousness with God? God forbid.
Wat sal ons dan sê? Is daar ongeregtigheid by God? Mag dit nooit wees nie.
15
For he saith to Moses, I will have mercy on whom I will have mercy, and I will have compassion on whom I will have compassion.
Want Hy sê tot Moses, Ek sal barmhartig wees aan wie ek barmhartig is, en ek sal ontferming hê oor wie ek ontferming het.
16
So then [it is] not of him that willeth, nor of him that runneth, but of God that sheweth mercy.
So is dit dan nie van hom wat wil, of van hom wat hardloop nie, maar van God wat barmhartig is.
17
For the scripture saith unto Pharaoh, Even for this same purpose have I raised thee up, that I might shew my power in thee, and that my name might be declared throughout all the earth.
Want die Skrif sê tot Farao, Vir hierdie selfde doel het ek jou opgewek, dat ek my krag in jou mag toon, en dat my Naam verkondig mag word oor die hele aarde.
18
Therefore hath he mercy on whom he will [have mercy], and whom he will he hardeneth.
Daarom is Hy barmhartig aan wie Hy wil, en wie Hy wil, dié verhard Hy.
19
Thou wilt say then unto me, Why doth he yet find fault? For who hath resisted his will?
Jy sal dan tot my sê, Waarom vind Hy dan nog skuld? Want wie het sy wil weerstaan?
20
Nay but, O man, who art thou that repliest against God? Shall the thing formed say to him that formed [it], Why hast thou made me thus?
Nee maar, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Sal die ding wat gemaak is tot Hom sê wat dit gemaak het, Waarom het U my so gemaak?
21
Hath not the potter power over the clay, of the same lump to make one vessel unto honour, and another unto dishonour?
Het die pottebakker nie mag oor die klei nie, om uit dieselfde klomp een vat tot eer te maak, en ‚'n ander tot oneer?
22
[What] if God, willing to shew [his] wrath, and to make his power known, endured with much longsuffering the vessels of wrath fitted to destruction:
Wat as God, willende sy toorn toon, en sy mag bekend maak, met baie lankmoedigheid die vate van toorn verdra het, wat toeberei is tot die verderwing:
23
And that he might make known the riches of his glory on the vessels of mercy, which he had afore prepared unto glory,
En dat Hy die rykdom van sy heerlikheid op die vate van barmhartigheid sou bekend maak, wat Hy tevore berei het tot heerlikheid,
24
Even us, whom he hath called, not of the Jews only, but also of the Gentiles?
Selfs ons, wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?
25
As he saith also in Osee, I will call them my people, which were not my people; and her beloved, which was not beloved.
Soos Hy ook in Hosea sê, Ek sal dié my volk noem, wat nie my volk was nie; en haar geliefde, wat nie geliefd was nie.
26
And it shall come to pass, [that] in the place where it was said unto them, Ye [are] not my people; there shall they be called the children of the living God.
En dit sal wees, dat in die plek waar tot hulle gesê is, Julle is nie my volk nie; daar sal hulle genoem word die kinders van die lewende God.
27
Esaias also crieth concerning Israel, Though the number of the children of Israel be as the sand of the sea, a remnant shall be saved:
Jesaja roep ook aangaande Israel, Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, ‚'n oorblyfsel sal gered word:
28
For he will finish the work, and cut [it] short in righteousness: because a short work will the Lord make upon the earth.
Want Hy sal die saak voleindig, en dit in geregtigheid kort maak: omdat ‚'n kort saak sal die Here op die aarde maak.
29
And as Esaias said before, Except the Lord of Sabaoth had left us a seed, we had been as Sodoma, and been made like unto Gomorrha.
En soos Jesaja tevore gesê het, As die Here van die leërskare vir ons nie ’n saad oorgelaat het nie, sou ons soos Sodom geword het, en soos Gomorra gelyk gewees het.
30
What shall we say then? That the Gentiles, which followed not after righteousness, have attained to righteousness, even the righteousness which is of faith.
Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat nie die geregtigheid nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, selfs die geregtigheid wat uit die geloof is.
31
But Israel, which followed after the law of righteousness, hath not attained to the law of righteousness.
Maar Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, het nie tot die wet van die geregtigheid gekom nie.
32
Wherefore? Because [they sought it] not by faith, but as it were by the works of the law. For they stumbled at that stumblingstone;
Waarom? Omdat hulle dit nie uit die geloof gesoek het nie, maar asof dit uit die werke van die wet was. Want hulle het gestruikel oor die struikelblok;
33
As it is written, Behold, I lay in Sion a stumblingstone and rock of offence: and whosoever believeth on him shall not be ashamed.
Soos geskrywe is, Kyk, ek lê in Sion ’n struikelblok en ’n rots van aanstoot: en elkeen wat in Hom glo sal nie beskaamd word nie.