King James Version
AFR DVK
1
Know ye not, brethren, (for I speak to them that know the law,) how that the law hath dominion over a man as long as he liveth?
Of weet julle nie, broers, (want ek spreek tot hulle wat die wet ken,) dat die wet heers oor die mens so lank as hy lewe nie?
2
For the woman which hath an husband is bound by the law to [her] husband so long as he liveth; but if the husband be dead, she is loosed from the law of [her] husband.
Want die vrou wat onder ‚'n man is, is deur die wet aan haar man gebonde so lank as hy lewe; maar as die man dood is, is sy bevry van die wet van die man.
3
So then if, while [her] husband liveth, she be married to another man, she shall be called an adulteress: but if her husband be dead, she is free from that law; so that she is no adulteress, though she be married to another man.
So dan as, terwyl haar man lewe, sy by ‚'n ander man is, sal sy ‚'n egbreker genoem word: maar as haar man dood is, is sy vry van daardie wet; sodat sy geen egbreker is nie, al is sy by ‚'n ander man.
4
Wherefore, my brethren, ye also are become dead to the law by the body of Christ; that ye should be married to another, [even] to him who is raised from the dead, that we should bring forth fruit unto God.
Daarom, my broers, is julle ook dood gemaak vir die wet deur die liggaam van Christus; dat julle by ‚'n ander sou wees, selfs by Hom wat uit die dooies opgewek is, dat ons vrug sou dra tot God.
5
For when we were in the flesh, the motions of sins, which were by the law, did work in our members to bring forth fruit unto death.
Want toe ons in die vlees was, het die hartstogte van die sondes, wat deur die wet was, in ons lede gewerk om vrug te dra tot die dood.
6
But now we are delivered from the law, that being dead wherein we were held; that we should serve in newness of spirit, and not [in] the oldness of the letter.
Maar nou is ons bevry van die wet, omdat ons dood is waarin ons vasgehou was; dat ons dien in nuwigheid van gees, en nie in die oudheid van die letter nie.
7
What shall we say then? [Is] the law sin? God forbid. Nay, I had not known sin, but by the law: for I had not known lust, except the law had said, Thou shalt not covet.
Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Mag dit nooit wees nie. Nee, ek het die sonde nie geken nie, behalwe deur die wet: want ek het nie begeerlikheid geken nie, as die wet nie gesê het, Jy moet nie begeer nie.
8
But sin, taking occasion by the commandment, wrought in me all manner of concupiscence. For without the law sin [was] dead.
Maar die sonde, geleentheid nemende deur die gebod, het in my allerhande begeerlikheid gewerk. Want sonder die wet is die sonde dood.
9
For I was alive without the law once: but when the commandment came, sin revived, and I died.
Want ek was eenmaal lewend sonder die wet: maar toe die gebod gekom het, het die sonde weer lewendig geword, en ek is dood.
10
And the commandment, which [was ordained] to life, I found [to be] unto death.
En die gebod, wat tot lewe was, is vir my tot die dood bevind.
11
For sin, taking occasion by the commandment, deceived me, and by it slew [me].
Want die sonde, geleentheid nemende deur die gebod, het my bedrieg, en daardeur my omgebring.
12
Wherefore the law [is] holy, and the commandment holy, and just, and good.
Daarom is die wet heilig, en die gebod heilig, en regverdig, en goed.
13
Was then that which is good made death unto me? God forbid. But sin, that it might appear sin, working death in me by that which is good; that sin by the commandment might become exceeding sinful.
Was dan dit wat goed is vir my die dood geword? Mag dit nooit wees nie. Maar die sonde, dat dit sonde mag blyk, het deur dit wat goed is in my die dood gewerk; dat die sonde deur die gebod uitermate sondig mag word.
14
For we know that the law is spiritual: but I am carnal, sold under sin.
Want ons weet dat die wet geestelik is: maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde.
15
For that which I do I allow not: for what I would, that do I not; but what I hate, that do I.
Want wat ek doen, weet ek nie: want wat ek wil, dit doen ek nie; maar wat ek haat, dit doen ek.
16
If then I do that which I would not, I consent unto the law that [it is] good.
As ek dan doen wat ek nie wil nie, stem ek saam met die wet dat dit goed is.
17
Now then it is no more I that do it, but sin that dwelleth in me.
Nou is dit dan nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.
18
For I know that in me (that is, in my flesh,) dwelleth no good thing: for to will is present with me; but [how] to perform that which is good I find not.
Want ek weet dat in my (dit is, in my vlees,) geen goeie ding woon nie: want die wil is by my teenwoordig; maar hoe om dit wat goed is te doen, vind ek nie.
19
For the good that I would I do not: but the evil which I would not, that I do.
Want die goeie wat ek wil, doen ek nie: maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.
20
Now if I do that I would not, it is no more I that do it, but sin that dwelleth in me.
Nou as ek doen wat ek nie wil nie, is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.
21
I find then a law, that, when I would do good, evil is present with me.
Ek vind dan ‚'n wet, dat, wanneer ek goed wil doen, die kwaad by my teenwoordig is.
22
For I delight in the law of God after the inward man:
Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens:
23
But I see another law in my members, warring against the law of my mind, and bringing me into captivity to the law of sin which is in my members.
Maar ek sien ‚'n ander wet in my lede, wat stry teen die wet van my gemoed, en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.
24
O wretched man that I am! who shall deliver me from the body of this death?
O ellendige mens wat ek is! wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?
25
I thank God through Jesus Christ our Lord. So then with the mind I myself serve the law of God; but with the flesh the law of sin.
Ek dank God deur Jesus Christus onse Here. So dan dien ek self met die gemoed die wet van God; maar met die vlees die wet van die sonde.