King James Version
AFR DVK
1
[A Psalm] of David, when he changed his behaviour before Abimelech; who drove him away, and he departed. I will bless the LORD at all times: his praise [shall] continually [be] in my mouth.
Ek sal die HERE te alle tye seën: sy lof sal voortdurend in my mond wees.
2
My soul shall make her boast in the LORD: the humble shall hear [thereof], and be glad.
My siel sal haarself in die HERE roem: die nederiges sal dit hoor, en vrolik wees.
3
O magnify the LORD with me, and let us exalt his name together.
O maak die HERE saam met my groot, en laat ons sy Naam saam verhoog.
4
I sought the LORD, and he heard me, and delivered me from all my fears.
Ek het die HERE gesoek, en Hy het my gehoor, en my van al my vrese verlos.
5
They looked unto him, and were lightened: and their faces were not ashamed.
Hulle het na Hom gekyk, en is verlig: en hulle aangesigte was nie beskaamd nie.
6
This poor man cried, and the LORD heard [him], and saved him out of all his troubles.
Hierdie arme man het geroep, en die HERE het gehoor, en hom uit al sy benoudhede gered.
7
The angel of the LORD encampeth round about them that fear him, and delivereth them.
Die engel van die HERE kampeer rondom dié wat Hom vrees, en verlos hulle.
8
O taste and see that the LORD [is] good: blessed [is] the man [that] trusteth in him.
Proe en sien dat die HERE goed is: gelukkig is die man wat op Hom vertrou.
9
O fear the LORD, ye his saints: for [there is] no want to them that fear him.
Vrees die HERE, julle sy heiliges: want daar is geen gebrek by dié wat Hom vrees nie.
10
The young lions do lack, and suffer hunger: but they that seek the LORD shall not want any good [thing].
Die jong leeus ly gebrek, en ly honger: maar dié wat die HERE soek, sal geen goeie ding ontbreek nie.
11
Come, ye children, hearken unto me: I will teach you the fear of the LORD.
Kom, julle kinders, luister na my: ek sal julle die vrees van die HERE leer.
12
What man [is he that] desireth life, [and] loveth [many] days, that he may see good?
Watter man is hy wat die lewe begeer, en liefhet baie dae, dat hy die goeie mag sien?
13
Keep thy tongue from evil, and thy lips from speaking guile.
Bewaar jou tong van die kwaad, en jou lippe van om bedrog te spreek.
14
Depart from evil, and do good; seek peace, and pursue it.
Wyk af van die kwaad, en doen die goeie; soek vrede, en jaag dit na.
15
The eyes of the LORD [are] upon the righteous, and his ears [are open] unto their cry.
Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore is oop tot hulle geroep.
16
The face of the LORD [is] against them that do evil, to cut off the remembrance of them from the earth.
Die aangesig van die HERE is teen dié wat kwaad doen, om hulle nagedagtenis van die aarde af uit te roei.
17
[The righteous] cry, and the LORD heareth, and delivereth them out of all their troubles.
Die regverdiges roep, en die HERE hoor, en verlos hulle uit al hulle benoudhede.
18
The LORD [is] nigh unto them that are of a broken heart; and saveth such as be of a contrite spirit.
Die HERE is naby dié wat van ’n gebroke hart is; en red dié wat van ’n verslae gees is.
19
Many [are] the afflictions of the righteous: but the LORD delivereth him out of them all.
Baie is die benoudhede van die regverdige: maar die HERE verlos hom uit hulle almal.
20
He keepeth all his bones: not one of them is broken.
Hy bewaar al sy bene: nie een van hulle word gebreek nie.
21
Evil shall slay the wicked: and they that hate the righteous shall be desolate.
Die kwaad sal die goddelose doodmaak: en dié wat die regverdige haat, sal skuldig wees.
22
The LORD redeemeth the soul of his servants: and none of them that trust in him shall be desolate.
Die HERE verlos die siel van sy dienaars: en niemand van hulle wat op Hom vertrou, sal skuldig wees nie.