King James Version
AFR DVK
1
A Psalm of David, when he fled from Absalom his son. LORD, how are they increased that trouble me! many [are] they that rise up against me.
HERE, hoe is hulle vermeerder wat my benoud maak! baie is daar wat teen my opstaan.
2
Many [there be] which say of my soul, [There is] no help for him in God. Selah.
Baie is daar wat van my siel sê, Daar is geen hulp vir hom in God nie. Sela.
3
But thou, O LORD, [art] a shield for me; my glory, and the lifter up of mine head.
Maar U, o HERE, is ’n skild vir my; my heerlikheid, en die Verheffer van my hoof.
4
I cried unto the LORD with my voice, and he heard me out of his holy hill. Selah.
Ek het met my stem tot die HERE geroep, en Hy het my van sy heilige berg geantwoord. Sela.
5
I laid me down and slept; I awaked; for the LORD sustained me.
Ek het neergelê en geslaap; ek het ontwaak; want die HERE het my ondersteun.
6
I will not be afraid of ten thousands of people, that have set [themselves] against me round about.
Ek sal nie bang wees vir tienduisende van die volk, wat hulle teen my rondom gestel het nie.
7
Arise, O LORD; save me, O my God: for thou hast smitten all mine enemies [upon] the cheek bone; thou hast broken the teeth of the ungodly.
Staan op, o HERE; red my, o my God: want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek.
8
Salvation [belongeth] unto the LORD: thy blessing [is] upon thy people. Selah.
Die heil is van die HERE: u seën is op u volk. Sela.