← Numeri 7 Numeri — Numbers 8 Numeri 9 →
King James Version
AFR DVK
1
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
2
Speak unto Aaron, and say unto him, When thou lightest the lamps, the seven lamps shall give light over against the candlestick.
Spreek tot Aäron, en sê tot hom, Wanneer jy die lampe aansteek, moet die sewe lampe lig gee teenoor die aangesig van die kandelaar.
3
And Aaron did so; he lighted the lamps thereof over against the candlestick, as the LORD commanded Moses.
En Aäron het so gedoen; hy het die lampe daarvan aangesteek teenoor die aangesig van die kandelaar, soos die HERE Moses beveel het.
4
And this work of the candlestick [was of] beaten gold, unto the shaft thereof, unto the flowers thereof, [was] beaten work: according unto the pattern which the LORD had shewed Moses, so he made the candlestick.
En dit was die werk van die kandelaar van gedrewe goud, van sy skag af tot by sy blomme was dit gedrewe werk: volgens die voorbeeld wat die HERE Moses getoon het, so het hy die kandelaar gemaak.
5
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
6
Take the Levites from among the children of Israel, and cleanse them.
Neem die Leviete uit die midde van die kinders van Israel, en reinig hulle.
7
And thus shalt thou do unto them, to cleanse them: Sprinkle water of purifying upon them, and let them shave all their flesh, and let them wash their clothes, and [so] make themselves clean.
En so moet jy met hulle doen om hulle te reinig: Sprinkel die water van reiniging op hulle, en laat hulle die hele liggaam skeer, en hulle klere was, en hulle self reinig.
8
Then let them take a young bullock with his meat offering, [even] fine flour mingled with oil, and another young bullock shalt thou take for a sin offering.
Dan moet hulle ‚'n jong bul neem met sy spysoffer, selfs fyn meel gemeng met olie, en ‚'n ander jong bul moet jy neem tot ‚'n sondoffer.
9
And thou shalt bring the Levites before the tabernacle of the congregation: and thou shalt gather the whole assembly of the children of Israel together:
En jy moet die Leviete voor die tabernakel van die gemeente bring: en jy moet die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaar maak:
10
And thou shalt bring the Levites before the LORD: and the children of Israel shall put their hands upon the Levites:
En jy moet die Leviete voor die HERE bring: en die kinders van Israel moet hulle hande op die Leviete lê:
11
And Aaron shall offer the Levites before the LORD [for] an offering of the children of Israel, that they may execute the service of the LORD.
En Aäron moet die Leviete voor die HERE offer as ’n beweegoffer van die kinders van Israel, dat hulle die diens van die HERE mag verrig.
12
And the Levites shall lay their hands upon the heads of the bullocks: and thou shalt offer the one [for] a sin offering, and the other [for] a burnt offering, unto the LORD, to make an atonement for the Levites.
En die Leviete moet hulle hande op die koppe van die bulle lê: en jy moet die een tot ’n sondoffer, en die ander tot ’n brandoffer aan die HERE offer, om versoening vir die Leviete te maak.
13
And thou shalt set the Levites before Aaron, and before his sons, and offer them [for] an offering unto the LORD.
En jy moet die Leviete voor Aäron, en voor sy seuns stel, en hulle as ’n beweegoffer aan die HERE offer.
14
Thus shalt thou separate the Levites from among the children of Israel: and the Levites shall be mine.
So moet jy dan die Leviete afsonder uit die midde van die kinders van Israel: en die Leviete moet Myne wees.
15
And after that shall the Levites go in to do the service of the tabernacle of the congregation: and thou shalt cleanse them, and offer them [for] an offering.
En daarna moet die Leviete ingaan om die diens van die tabernakel van die gemeente te verrig: en jy moet hulle reinig, en hulle as ‚'n beweegoffer offer.
16
For they [are] wholly given unto me from among the children of Israel; instead of such as open every womb, [even instead of] the firstborn of all the children of Israel, have I taken them unto me.
Want hulle is geheel en al aan My gegee uit die midde van die kinders van Israel; in plaas van al die wat die baarmoeder oopmaak, selfs in plaas van die eersgeborenes van al die kinders van Israel, het ek hulle vir My geneem.
17
For all the firstborn of the children of Israel [are] mine, [both] man and beast: on the day that I smote every firstborn in the land of Egypt I sanctified them for myself.
Want al die eersgeborenes van die kinders van Israel is Myne, beide mens en dier: op die dag toe ek al die eersgeborenes in die land Egipte geslaan het, het ek hulle vir My geheilig.
18
And I have taken the Levites for all the firstborn of the children of Israel.
En ek het die Leviete geneem in plaas van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel.
19
And I have given the Levites [as] a gift to Aaron and to his sons from among the children of Israel, to do the service of the children of Israel in the tabernacle of the congregation, and to make an atonement for the children of Israel: that there be no plague among the children of Israel, when the children of Israel come nigh unto the sanctuary.
En ek het die Leviete as ’n gawe gegee aan Aäron en aan sy seuns uit die midde van die kinders van Israel, om die diens van die kinders van Israel in die tabernakel van die gemeente te verrig, en om versoening vir die kinders van Israel te maak: dat daar geen plaag onder die kinders van Israel mag wees, wanneer die kinders van Israel by die heiligdom nader kom nie.
20
And Moses, and Aaron, and all the congregation of the children of Israel, did to the Levites according unto all that the LORD commanded Moses concerning the Levites, so did the children of Israel unto them.
En Moses, en Aäron, en die hele vergadering van die kinders van Israel, het so aan die Leviete gedoen: volgens alles wat die HERE Moses aangaande die Leviete beveel het, so het die kinders van Israel aan hulle gedoen.
21
And the Levites were purified, and they washed their clothes; and Aaron offered them [as] an offering before the LORD; and Aaron made an atonement for them to cleanse them.
En die Leviete is gereinig, en hulle het hulle klere gewas; en Aäron het hulle as ’n beweegoffer voor die HERE geoffer; en Aäron het versoening vir hulle gemaak om hulle te reinig.
22
And after that went the Levites in to do their service in the tabernacle of the congregation before Aaron, and before his sons: as the LORD had commanded Moses concerning the Levites, so did they unto them.
En daarna het die Leviete ingegaan om hulle diens in die tabernakel van die gemeente voor Aäron, en voor sy seuns te verrig: soos die HERE Moses aangaande die Leviete beveel het, so het hulle aan hulle gedoen.
23
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
24
This [is it] that [belongeth] unto the Levites: from twenty and five years old and upward they shall go in to wait upon the service of the tabernacle of the congregation:
Dit is dit wat die Leviete betref: van vyf en twintig jaar oud en daarbo moet hulle ingaan om die diens in die werk van die tabernakel van die gemeente te verrig:
25
And from the age of fifty years they shall cease waiting upon the service [thereof], and shall serve no more:
En van die ouderdom van vyftig jaar af moet hulle ophou om die diens van die werk te verrig, en moet nie meer dien nie:
26
But shall minister with their brethren in the tabernacle of the congregation, to keep the charge, and shall do no service. Thus shalt thou do unto the Levites touching their charge.
Maar moet hulle broers in die tabernakel van die gemeente bedien, om die bewaring waar te neem, en moet geen dienswerk doen nie. So moet jy aan die Leviete doen aangaande hulle diens.