King James Version
AFR DVK
1
And the chief fathers of the families of the children of Gilead, the son of Machir, the son of Manasseh, of the families of the sons of Joseph, came near, and spake before Moses, and before the princes, the chief fathers of the children of Israel:
En die hoofde van die vaderhuise van die familie van die kinders van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, van die families van die seuns van Josef, het nader gekom, en voor Moses, en voor die vorste, die hoofde van die vaderhuise van die kinders van Israel, gespreek:
2
And they said, The LORD commanded my lord to give the land for an inheritance by lot to the children of Israel: and my lord was commanded by the LORD to give the inheritance of Zelophehad our brother unto his daughters.
En hulle het gesê, Die HERE het my heer beveel om die land deur die lot as erfenis aan die kinders van Israel te gee: en my heer is deur die HERE beveel om die erfenis van Selófhad ons broer aan sy dogters te gee.
3
And if they be married to any of the sons of the [other] tribes of the children of Israel, then shall their inheritance be taken from the inheritance of our fathers, and shall be put to the inheritance of the tribe whereunto they are received: so shall it be taken from the lot of our inheritance.
En as hulle met enige van die seuns van die ander stamme van die kinders van Israel getroud is, dan sal hulle erfenis van die erfenis van ons vaders weggeneem word, en by die erfenis van die stam gevoeg word waarby hulle sal wees: so sal dit van die lot van ons erfenis weggeneem word.
4
And when the jubile of the children of Israel shall be, then shall their inheritance be put unto the inheritance of the tribe whereunto they are received: so shall their inheritance be taken away from the inheritance of the tribe of our fathers.
En wanneer die jubeljaar van die kinders van Israel kom, dan sal hulle erfenis by die erfenis van die stam gevoeg word waarby hulle sal wees: so sal hulle erfenis van die erfenis van die stam van ons vaders weggeneem word.
5
And Moses commanded the children of Israel according to the word of the LORD, saying, The tribe of the sons of Joseph hath said well.
En Moses het die kinders van Israel beveel volgens die woord van die HERE, en gesê, Die stam van die seuns van Josef spreek reg.
6
This [is] the thing which the LORD doth command concerning the daughters of Zelophehad, saying, Let them marry to whom they think best; only to the family of the tribe of their father shall they marry.
Dit is die saak wat die HERE aangaande die dogters van Selófhad beveel het, en gesê, Laat hulle met wie hulle goedvind, trou; net binne die familie van die stam van hulle vader moet hulle trou,
7
So shall not the inheritance of the children of Israel remove from tribe to tribe: for every one of the children of Israel shall keep himself to the inheritance of the tribe of his fathers.
Sodat die erfenis van die kinders van Israel nie van stam tot stam oorgaan nie: want elkeen van die kinders van Israel moet by die erfenis van die stam van sy vaders bly.
8
And every daughter, that possesseth an inheritance in any tribe of the children of Israel, shall be wife unto one of the family of the tribe of her father, that the children of Israel may enjoy every man the inheritance of his fathers.
En elke dogter, wat ‚'n erfenis besit in enige stam van die kinders van Israel, moet die vrou word van een uit die familie van die stam van haar vader, dat die kinders van Israel elkeen die erfenis van sy vaders mag besit.
9
Neither shall the inheritance remove from [one] tribe to another tribe; but every one of the tribes of the children of Israel shall keep himself to his own inheritance.
En die erfenis mag nie van een stam na ‚'n ander stam oorgaan nie; maar elkeen van die stamme van die kinders van Israel moet by sy eie erfenis bly.
10
Even as the LORD commanded Moses, so did the daughters of Zelophehad:
Soos die HERE Moses beveel het, so het die dogters van Selófhad gedoen:
11
For Mahlah, Tirzah, and Hoglah, and Milcah, and Noah, the daughters of Zelophehad, were married unto their father’s brothers’ sons:
Want Magla, Tirsa, en Hogla, en Milka, en Noa, die dogters van Selófhad, is getroud met die seuns van hulle ooms:
12
[And] they were married into the families of the sons of Manasseh the son of Joseph, and their inheritance remained in the tribe of the family of their father.
Hulle is getroud in die families van die seuns van Manasse die seun van Josef, en hulle erfenis het gebly in die stam van die familie van hulle vader.
13
These [are] the commandments and the judgments, which the LORD commanded by the hand of Moses unto the children of Israel in the plains of Moab by Jordan [near] Jericho.
Dit is die gebooie en die oordele wat die HERE deur die hand van Moses aan die kinders van Israel beveel het in die vlaktes van Moab by die Jordaan naby Jérigo.