King James Version
AFR DVK
1
And the LORD spake unto Moses in the plains of Moab by Jordan [near] Jericho, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek in die vlaktes van Moab by die Jordaan naby Jérigo, en gesê,
2
Command the children of Israel, that they give unto the Levites of the inheritance of their possession cities to dwell in; and ye shall give [also] unto the Levites suburbs for the cities round about them.
Beveel die kinders van Israel, dat hulle aan die Leviete van die erfenis van hulle besitting stede gee om in te woon; en julle moet ook voorstede vir die stede rondom hulle aan die Leviete gee.
3
And the cities shall they have to dwell in; and the suburbs of them shall be for their cattle, and for their goods, and for all their beasts.
En die stede moet vir hulle wees om in te woon; en die voorstede daarvan moet vir hulle vee, en vir hulle goed, en vir al hulle diere wees.
4
And the suburbs of the cities, which ye shall give unto the Levites, [shall reach] from the wall of the city and outward a thousand cubits round about.
En die voorstede van die stede, wat julle aan die Leviete gee, moet van die muur van die stad af uitwaarts duisend el rondom wees.
5
And ye shall measure from without the city on the east side two thousand cubits, and on the south side two thousand cubits, and on the west side two thousand cubits, and on the north side two thousand cubits; and the city [shall be] in the midst: this shall be to them the suburbs of the cities.
En julle moet buite die stad meet aan die oostekant tweeduisend el, en aan die suidekant tweeduisend el, en aan die weskant tweeduisend el, en aan die noordekant tweeduisend el; en die stad moet in die midde wees: dit moet vir hulle die voorstede van die stede wees.
6
And among the cities which ye shall give unto the Levites [there shall be] six cities for refuge, which ye shall appoint for the manslayer, that he may flee thither: and to them ye shall add forty and two cities.
En onder die stede wat julle aan die Leviete gee, moet daar ses stede wees tot toevlug, wat julle moet aanwys dat die doodslaner daarheen mag vlug: en by hulle moet julle twee en veertig stede gee.
7
[So] all the cities which ye shall give to the Levites [shall be] forty and eight cities: them [shall ye give] with their suburbs.
So moet al die stede wat julle aan die Leviete gee, agt en veertig stede wees: hulle moet julle gee met hulle voorstede.
8
And the cities which ye shall give [shall be] of the possession of the children of Israel: from [them that have] many ye shall give many; but from [them that have] few ye shall give few: every one shall give of his cities unto the Levites according to his inheritance which he inheriteth.
En die stede wat julle van die besitting van die kinders van Israel gee, moet julle van die baie meer neem, en van die min minder: elkeen moet van sy stede aan die Leviete gee volgens sy erfenis wat hulle erf.
9
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
10
Speak unto the children of Israel, and say unto them, When ye be come over Jordan into the land of Canaan;
Spreek tot die kinders van Israel, en sê tot hulle, Wanneer julle oor die Jordaan trek in die land Kanaän;
11
Then ye shall appoint you cities to be cities of refuge for you; that the slayer may flee thither, which killeth any person at unawares.
Dan moet julle stede uitkies om stede van toevlug te wees vir julle; dat die doodslaner wat iemand onopsetlik doodslaan, daarheen mag vlug.
12
And they shall be unto you cities for refuge from the avenger; that the manslayer die not, until he stand before the congregation in judgment.
En hulle moet vir julle stede tot toevlug wees van die bloedwreker; dat die doodslaner nie sterwe nie, totdat hy voor die vergadering gestaan het tot die oordeel.
13
And of these cities which ye shall give six cities shall ye have for refuge.
En van hierdie stede wat julle moet gee, moet ses stede tot toevlug vir julle wees.
14
Ye shall give three cities on this side Jordan, and three cities shall ye give in the land of Canaan, [which] shall be cities of refuge.
Julle moet drie stede gee aan hierdie kant van die Jordaan, en drie stede moet julle gee in die land Kanaän, wat stede van toevlug moet wees.
15
These six cities shall be a refuge, [both] for the children of Israel, and for the stranger, and for the sojourner among them: that every one that killeth any person unawares may flee thither.
Dit moet ses stede tot toevlug wees vir die kinders van Israel, en vir die vreemdeling, en vir die bywoner onder hulle: dat elkeen wat iemand onopsetlik doodslaan, daarheen mag vlug.
16
And if he smite him with an instrument of iron, so that he die, he [is] a murderer: the murderer shall surely be put to death.
En as hy hom met ‚'n yster werktuig slaan, sodat hy sterwe, is hy ‚'n moordenaar: die moordenaar moet sekerlik gedood word.
17
And if he smite him with throwing a stone, wherewith he may die, and he die, he [is] a murderer: the murderer shall surely be put to death.
En as hy hom met ‚'n klip in die hand slaan, waarmee hy kan sterwe, en hy sterwe, is hy ‚'n moordenaar: die moordenaar moet sekerlik gedood word.
18
Or [if] he smite him with an hand weapon of wood, wherewith he may die, and he die, he [is] a murderer: the murderer shall surely be put to death.
Of as hy hom met ‚'n hout werktuig in die hand slaan, waarmee hy kan sterwe, en hy sterwe, is hy ‚'n moordenaar: die moordenaar moet sekerlik gedood word.
19
The revenger of blood himself shall slay the murderer: when he meeteth him, he shall slay him.
Die bloedwreker self moet die moordenaar doodmaak: wanneer hy hom teëkom, moet hy hom doodmaak.
20
But if he thrust him of hatred, or hurl at him by laying of wait, that he die;
Maar as hy hom uit haat stoot, of opsetlik iets op hom gooi, sodat hy sterwe;
21
Or in enmity smite him with his hand, that he die: he that smote [him] shall surely be put to death; [for] he [is] a murderer: the revenger of blood shall slay the murderer, when he meeteth him.
Of in vyandskap hom met sy hand slaan, sodat hy sterwe: hy wat geslaan het, moet sekerlik gedood word; hy is ’n moordenaar: die bloedwreker moet die moordenaar doodmaak, wanneer hy hom teëkom.
22
But if he thrust him suddenly without enmity, or have cast upon him any thing without laying of wait,
Maar as hy hom skielik stoot sonder vyandskap, of iets op hom gooi sonder om te lê en wag,
23
Or with any stone, wherewith a man may die, seeing [him] not, and cast [it] upon him, that he die, and [was] not his enemy, neither sought his harm:
Of met enige klip, waarmee ‚'n mens kan sterwe, sonder om dit te sien, en dit op hom laat val, sodat hy sterwe, en hy was nie sy vyand nie, en het nie sy leed gesoek nie:
24
Then the congregation shall judge between the slayer and the revenger of blood according to these judgments:
Dan moet die vergadering oordeel tussen die doodslaner en die bloedwreker volgens hierdie oordele:
25
And the congregation shall deliver the slayer out of the hand of the revenger of blood, and the congregation shall restore him to the city of his refuge, whither he was fled: and he shall abide in it unto the death of the high priest, which was anointed with the holy oil.
En die vergadering moet die doodslaner red uit die hand van die bloedwreker, en die vergadering moet hom terugstuur na die stad van sy toevlug, waarheen hy gevlug het: en hy moet daarin bly tot die dood van die hoëpriester, wat met die heilige olie gesalf is.
26
But if the slayer shall at any time come without the border of the city of his refuge, whither he was fled;
Maar as die doodslaner enigsins buite die grens van die stad van sy toevlug, waarheen hy gevlug het, uitgaan;
27
And the revenger of blood find him without the borders of the city of his refuge, and the revenger of blood kill the slayer; he shall not be guilty of blood:
En die bloedwreker vind hom buite die grense van die stad van sy toevlug, en die bloedwreker maak die doodslaner dood; hy moet nie skuldig wees aan bloed nie:
28
Because he should have remained in the city of his refuge until the death of the high priest: but after the death of the high priest the slayer shall return into the land of his possession.
Omdat hy in die stad van sy toevlug moes gebly het tot die dood van die hoëpriester: maar na die dood van die hoëpriester moet die doodslaner terugkeer na die land van sy besitting.
29
So these [things] shall be for a statute of judgment unto you throughout your generations in all your dwellings.
So moet hierdie dinge dan vir julle ‚'n insetting van oordeel wees deur julle geslagte in al julle wonings.
30
Whoso killeth any person, the murderer shall be put to death by the mouth of witnesses: but one witness shall not testify against any person [to cause him] to die.
Elkeen wat iemand doodslaan, moet die moordenaar doodgemaak word deur die mond van getuies: maar een getuie moet nie teen iemand getuig om te sterwe nie.
31
Moreover ye shall take no satisfaction for the life of a murderer, which [is] guilty of death: but he shall be surely put to death.
Bowendien mag julle geen losprys neem vir die lewe van ‚'n moordenaar, wat skuldig is om te sterwe nie: maar hy moet sekerlik gedood word.
32
And ye shall take no satisfaction for him that is fled to the city of his refuge, that he should come again to dwell in the land, until the death of the priest.
En julle mag geen losprys neem vir hom wat na die stad van sy toevlug gevlug het, dat hy sou terugkeer om in die land te woon, tot die dood van die priester nie.
33
So ye shall not pollute the land wherein ye [are]: for blood it defileth the land: and the land cannot be cleansed of the blood that is shed therein, but by the blood of him that shed it.
So moet julle dan die land waarin julle is nie verontreinig nie: want die bloed verontreinig die land: en die land kan nie gereinig word van die bloed wat daarin vergiet is nie, as net deur die bloed van hom wat dit vergiet het.
34
Defile not therefore the land which ye shall inhabit, wherein I dwell: for I the LORD dwell among the children of Israel.
Verontreinig dan nie die land waarin julle woon, waarin ek woon nie: want ek die HERE woon onder die kinders van Israel.