King James Version
AFR DVK
1
These [are] the journeys of the children of Israel, which went forth out of the land of Egypt with their armies under the hand of Moses and Aaron.
Dit is die reise van die kinders van Israel, wat uit die land Egipte uitgegaan het volgens hulle leërs onder die hand van Moses en Aäron.
2
And Moses wrote their goings out according to their journeys by the commandment of the LORD: and these [are] their journeys according to their goings out.
En Moses het hulle uitgange geskrywe volgens hulle reise deur die bevel van die HERE: en dit is hulle reise volgens hulle uitgange.
3
And they departed from Rameses in the first month, on the fifteenth day of the first month; on the morrow after the passover the children of Israel went out with an high hand in the sight of all the Egyptians.
En hulle het van Raämses in die eerste maand, op die vyftiende dag van die eerste maand, vertrek; die dag ná die pasga het die kinders van Israel met ’n hoë hand uitgegaan voor die oë van al die Egiptenaars.
4
For the Egyptians buried all [their] firstborn, which the LORD had smitten among them: upon their gods also the LORD executed judgments.
Want die Egiptenaars het al hulle eersgeborenes begrawe, wat die HERE onder hulle geslaan het: op hulle gode het die HERE ook oordele voltrek.
5
And the children of Israel removed from Rameses, and pitched in Succoth.
En die kinders van Israel het van Raämses vertrek, en kamp opgeslaan in Sukkot.
6
And they departed from Succoth, and pitched in Etham, which [is] in the edge of the wilderness.
En hulle het van Sukkot vertrek, en kamp opgeslaan in Etam, wat aan die rand van die wildernis is.
7
And they removed from Etham, and turned again unto Pihahiroth, which [is] before Baalzephon: and they pitched before Migdol.
En hulle het van Etam vertrek, en omgedraai na Pi-Hagirot, wat voor Baäl-Sefon lê: en hulle het kamp opgeslaan voor Migdol.
8
And they departed from before Pihahiroth, and passed through the midst of the sea into the wilderness, and went three days’ journey in the wilderness of Etham, and pitched in Marah.
En hulle het van voor Pi-Hagirot vertrek, en deur die midde van die see in die wildernis gegaan, en drie dae se pad in die wildernis van Etam getrek, en kamp opgeslaan in Mara.
9
And they removed from Marah, and came unto Elim: and in Elim [were] twelve fountains of water, and threescore and ten palm trees; and they pitched there.
En hulle het van Mara vertrek, en by Elim gekom: en in Elim was twaalf fonteine water, en sewentig palmbome; en hulle het daar kamp opgeslaan.
10
And they removed from Elim, and encamped by the Red sea.
En hulle het van Elim vertrek, en kamp opgeslaan by die Skelfsee.
11
And they removed from the Red sea, and encamped in the wilderness of Sin.
En hulle het van die Skelfsee vertrek, en kamp opgeslaan in die wildernis van Sin.
12
And they took their journey out of the wilderness of Sin, and encamped in Dophkah.
En hulle het van die wildernis van Sin vertrek, en kamp opgeslaan in Dofka.
13
And they departed from Dophkah, and encamped in Alush.
En hulle het van Dofka vertrek, en kamp opgeslaan in Alus.
14
And they removed from Alush, and encamped at Rephidim, where was no water for the people to drink.
En hulle het van Alus vertrek, en kamp opgeslaan in Refidim, waar geen water vir die volk was om te drink nie.
15
And they departed from Rephidim, and pitched in the wilderness of Sinai.
En hulle het van Refidim vertrek, en kamp opgeslaan in die wildernis van Sinai.
16
And they removed from the desert of Sinai, and pitched at Kibrothhattaavah.
En hulle het van die wildernis van Sinai vertrek, en kamp opgeslaan in Kibrot-Hattáäwa.
17
And they departed from Kibrothhattaavah, and encamped at Hazeroth.
En hulle het van Kibrot-Hattáäwa vertrek, en kamp opgeslaan in Háserot.
18
And they departed from Hazeroth, and pitched in Rithmah.
En hulle het van Háserot vertrek, en kamp opgeslaan in Ritma.
19
And they departed from Rithmah, and pitched at Rimmonparez.
En hulle het van Ritma vertrek, en kamp opgeslaan in Rimmon-Peres.
20
And they departed from Rimmonparez, and pitched in Libnah.
En hulle het van Rimmon-Peres vertrek, en kamp opgeslaan in Libna.
21
And they removed from Libnah, and pitched at Rissah.
En hulle het van Libna vertrek, en kamp opgeslaan in Rissa.
22
And they journeyed from Rissah, and pitched in Kehelathah.
En hulle het van Rissa vertrek, en kamp opgeslaan in Keheláta.
23
And they went from Kehelathah, and pitched in mount Shapher.
En hulle het van Keheláta vertrek, en kamp opgeslaan in die berg Sefer.
24
And they removed from mount Shapher, and encamped in Haradah.
En hulle het van die berg Sefer vertrek, en kamp opgeslaan in Haráda.
25
And they removed from Haradah, and pitched in Makheloth.
En hulle het van Haráda vertrek, en kamp opgeslaan in Makhelot.
26
And they removed from Makheloth, and encamped at Tahath.
En hulle het van Makhelot vertrek, en kamp opgeslaan in Tahat.
27
And they departed from Tahath, and pitched at Tarah.
En hulle het van Tahat vertrek, en kamp opgeslaan in Térah.
28
And they removed from Tarah, and pitched in Mithcah.
En hulle het van Térah vertrek, en kamp opgeslaan in Mitka.
29
And they went from Mithcah, and pitched in Hashmonah.
En hulle het van Mitka vertrek, en kamp opgeslaan in Hasmona.
30
And they departed from Hashmonah, and encamped at Moseroth.
En hulle het van Hasmona vertrek, en kamp opgeslaan in Mosérot.
31
And they departed from Moseroth, and pitched in Benejaakan.
En hulle het van Mosérot vertrek, en kamp opgeslaan in Bene-Jáäkan.
32
And they removed from Benejaakan, and encamped at Horhagidgad.
En hulle het van Bene-Jáäkan vertrek, en kamp opgeslaan in Hor-Hagidgad.
33
And they went from Horhagidgad, and pitched in Jotbathah.
En hulle het van Hor-Hagidgad vertrek, en kamp opgeslaan in Jotbata.
34
And they removed from Jotbathah, and encamped at Ebronah.
En hulle het van Jotbata vertrek, en kamp opgeslaan in Abrona.
35
And they departed from Ebronah, and encamped at Eziongaber.
En hulle het van Abrona vertrek, en kamp opgeslaan in Esjon-Geber.
36
And they removed from Eziongaber, and pitched in the wilderness of Zin, which [is] Kadesh.
En hulle het van Esjon-Geber vertrek, en kamp opgeslaan in die wildernis van Sin, wat Kades is.
37
And they removed from Kadesh, and pitched in mount Hor, in the edge of the land of Edom.
En hulle het van Kades vertrek, en kamp opgeslaan in die berg Hor, aan die rand van die land Edom.
38
And Aaron the priest went up into mount Hor at the commandment of the LORD, and died there, in the fortieth year after the children of Israel were come out of the land of Egypt, in the first [day] of the fifth month.
En Aäron die priester het op die berg Hor geklim volgens die bevel van die HERE, en daar gesterwe, in die veertigste jaar nadat die kinders van Israel uit die land Egipte uitgegaan het, in die eerste dag van die vyfde maand.
39
And Aaron [was] an hundred and twenty and three years old when he died in mount Hor.
En Aäron was honderd en drie en twintig jaar oud toe hy op die berg Hor gesterwe het.
40
And king Arad the Canaanite, which dwelt in the south in the land of Canaan, heard of the coming of the children of Israel.
En koning Arad die Kanaäniet, wat in die suide in die land Kanaän gewoon het, het gehoor van die koms van die kinders van Israel.
41
And they departed from mount Hor, and pitched in Zalmonah.
En hulle het van die berg Hor vertrek, en kamp opgeslaan in Salmona.
42
And they departed from Zalmonah, and pitched in Punon.
En hulle het van Salmona vertrek, en kamp opgeslaan in Punon.
43
And they departed from Punon, and pitched in Oboth.
En hulle het van Punon vertrek, en kamp opgeslaan in Obot.
44
And they departed from Oboth, and pitched in Ijeabarim, in the border of Moab.
En hulle het van Obot vertrek, en kamp opgeslaan in Ije-Abarím, aan die grens van Moab.
45
And they departed from Iim, and pitched in Dibongad.
En hulle het van Ijim vertrek, en kamp opgeslaan in Dibon-Gad.
46
And they removed from Dibongad, and encamped in Almondiblathaim.
En hulle het van Dibon-Gad vertrek, en kamp opgeslaan in Almon-Diblataïm.
47
And they removed from Almondiblathaim, and pitched in the mountains of Abarim, before Nebo.
En hulle het van Almon-Diblataïm vertrek, en kamp opgeslaan in die berge van Abarím, voor Nebo.
48
And they departed from the mountains of Abarim, and pitched in the plains of Moab by Jordan [near] Jericho.
En hulle het van die berge van Abarím vertrek, en kamp opgeslaan in die vlaktes van Moab by die Jordaan naby Jérigo.
49
And they pitched by Jordan, from Bethjesimoth [even] unto Abelshittim in the plains of Moab.
En hulle het kamp opgeslaan by die Jordaan, van Bet-Jesimot af tot by Abel-Sittim in die vlaktes van Moab.
50
And the LORD spake unto Moses in the plains of Moab by Jordan [near] Jericho, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek in die vlaktes van Moab by die Jordaan naby Jérigo, en gesê,
51
Speak unto the children of Israel, and say unto them, When ye are passed over Jordan into the land of Canaan;
Spreek tot die kinders van Israel, en sê tot hulle, Wanneer julle oor die Jordaan trek in die land Kanaän;
52
Then ye shall drive out all the inhabitants of the land from before you, and destroy all their pictures, and destroy all their molten images, and quite pluck down all their high places:
Dan moet julle al die inwoners van die land voor julle uit verdrywe, en al hulle prente vernietig, en al hulle gegote beelde vernietig, en al hulle hoogtes verwoes:
53
And ye shall dispossess [the inhabitants of] the land, and dwell therein: for I have given you the land to possess it.
En julle moet die land in besit neem, en daarin woon: want ek het julle die land gegee om dit te besit.
54
And ye shall divide the land by lot for an inheritance among your families: [and] to the more ye shall give the more inheritance, and to the fewer ye shall give the less inheritance: every man’s [inheritance] shall be in the place where his lot falleth; according to the tribes of your fathers ye shall inherit.
En julle moet die land deur die lot as erfenis verdeel volgens julle families; aan die baie moet julle meer erfenis gee, en aan die min moet julle minder erfenis gee: elke man se erfenis moet wees in die plek waar sy lot val; julle moet erf volgens die stamme van julle vaders.
55
But if ye will not drive out the inhabitants of the land from before you; then it shall come to pass, that those which ye let remain of them [shall be] pricks in your eyes, and thorns in your sides, and shall vex you in the land wherein ye dwell.
Maar as julle die inwoners van die land nie voor julle uit verdrywe nie, dan sal die wat julle van hulle laat oorbly, soos dorings in julle oë wees, en soos prikkels in julle sye, en julle benoud maak in die land waarin julle woon.
56
Moreover it shall come to pass, [that] I shall do unto you, as I thought to do unto them.
Bowendien sal dit gebeur, dat ek aan julle sal doen soos ek gedink het om aan hulle te doen.