King James Version
AFR DVK
1
Now the children of Reuben and the children of Gad had a very great multitude of cattle: and when they saw the land of Jazer, and the land of Gilead, that, behold, the place [was] a place for cattle;
Nou het die kinders van Ruben en die kinders van Gad ’n baie groot menigte vee gehad: en toe hulle die land Jaéser, en die land Gílead sien, dat kyk, die plek was ’n plek vir vee;
2
The children of Gad and the children of Reuben came and spake unto Moses, and to Eleazar the priest, and unto the princes of the congregation, saying,
Het die kinders van Gad en die kinders van Ruben gekom en met Moses, en met Eleásar die priester, en met die vorste van die vergadering gespreek, en gesê,
3
Ataroth, and Dibon, and Jazer, and Nimrah, and Heshbon, and Elealeh, and Shebam, and Nebo, and Beon,
Atarot, en Dibon, en Jaéser, en Nimra, en Hesbon, en Eleále, en Sebam, en Nebo, en Beon,
4
[Even] the country which the LORD smote before the congregation of Israel, [is] a land for cattle, and thy servants have cattle:
Die land wat die HERE voor die vergadering van Israel verslaan het, is ‚'n land vir vee, en jou dienaars het vee:
5
Wherefore, said they, if we have found grace in thy sight, let this land be given unto thy servants for a possession, [and] bring us not over Jordan.
Daarom, het hulle gesê, as ons genade in jou oë gevind het, laat hierdie land aan jou dienaars tot ’n besitting gegee word, en moenie ons oor die Jordaan laat trek nie.
6
And Moses said unto the children of Gad and to the children of Reuben, Shall your brethren go to war, and shall ye sit here?
En Moses het tot die kinders van Gad en tot die kinders van Ruben gesê, Sal julle broers gaan om te veg, en julle hier bly sit?
7
And wherefore discourage ye the heart of the children of Israel from going over into the land which the LORD hath given them?
En waarom ontmoedig julle die hart van die kinders van Israel om nie te trek in die land wat die HERE aan hulle gegee het nie?
8
Thus did your fathers, when I sent them from Kadeshbarnea to see the land.
So het julle vaders gedoen, toe ek hulle van Kades-Barnéa gestuur het om die land te sien.
9
For when they went up unto the valley of Eshcol, and saw the land, they discouraged the heart of the children of Israel, that they should not go into the land which the LORD had given them.
Want toe hulle opgeklim het tot by die dal Eskol, en die land gesien het, het hulle die hart van die kinders van Israel ontmoedig, dat hulle nie in die land sou ingaan wat die HERE aan hulle gegee het nie.
10
And the LORD’S anger was kindled the same time, and he sware, saying,
En die toorn van die HERE is in daardie dag aangesteek, en Hy het gesweer, en gesê,
11
Surely none of the men that came up out of Egypt, from twenty years old and upward, shall see the land which I sware unto Abraham, unto Isaac, and unto Jacob; because they have not wholly followed me:
Sekerlik sal niemand van die manne wat uit Egipte opgetrek het, van twintig jaar oud en daarbo, die land sien wat ek aan Abraham, aan Isak, en aan Jakob met ‚'n eed beloof het nie; omdat hulle My nie volkome gevolg het nie:
12
Save Caleb the son of Jephunneh the Kenezite, and Joshua the son of Nun: for they have wholly followed the LORD.
Behalwe Kaleb die seun van Jefúnne die Kenisiet, en Josua die seun van Nun: want hulle het die HERE volkome gevolg.
13
And the LORD’S anger was kindled against Israel, and he made them wander in the wilderness forty years, until all the generation, that had done evil in the sight of the LORD, was consumed.
En die toorn van die HERE is aangesteek teen Israel, en Hy het hulle veertig jaar lank in die wildernis laat rondswerwe, totdat die hele geslag wat kwaad gedoen het in die oë van die HERE, verteer was.
14
And, behold, ye are risen up in your fathers’ stead, an increase of sinful men, to augment yet the fierce anger of the LORD toward Israel.
En kyk, julle het opgestaan in die plek van julle vaders, ‚'n toename van sondige manne, om die grimmige toorn van die HERE teen Israel nog meer aan te steek.
15
For if ye turn away from after him, he will yet again leave them in the wilderness; and ye shall destroy all this people.
Want as julle julle van Hom afwend, sal Hy hulle weer in die wildernis laat agterbly; en julle sal hierdie hele volk vernietig.
16
And they came near unto him, and said, We will build sheepfolds here for our cattle, and cities for our little ones:
En hulle het nader gekom by hom, en gesê, Ons sal skaapkrale hier bou vir ons vee, en stede vir ons kinders:
17
But we ourselves will go ready armed before the children of Israel, until we have brought them unto their place: and our little ones shall dwell in the fenced cities because of the inhabitants of the land.
Maar ons self sal gewapen en gereed trek voor die kinders van Israel uit, totdat ons hulle op hulle plek bring: en ons kinders moet in die versterkte stede woon vanweë die inwoners van die land.
18
We will not return unto our houses, until the children of Israel have inherited every man his inheritance.
Ons sal nie terugkeer na ons huise nie, totdat die kinders van Israel elkeen sy erfenis ontvang het.
19
For we will not inherit with them on yonder side Jordan, or forward; because our inheritance is fallen to us on this side Jordan eastward.
Want ons sal nie saam met hulle erf aan die ander kant van die Jordaan, of verder nie; omdat ons erfenis op ons gekom het aan hierdie kant van die Jordaan ooswaarts.
20
And Moses said unto them, If ye will do this thing, if ye will go armed before the LORD to war,
En Moses het tot hulle gesê, As julle hierdie ding sal doen, as julle voor die HERE gewapen sal trek tot die oorlog,
21
And will go all of you armed over Jordan before the LORD, until he hath driven out his enemies from before him,
En al julle gewapende manne sal voor die HERE oor die Jordaan trek, totdat Hy sy vyande voor Hom uit verdrywe,
22
And the land be subdued before the LORD: then afterward ye shall return, and be guiltless before the LORD, and before Israel; and this land shall be your possession before the LORD.
En die land voor die HERE onderwerp is: dan daarna moet julle terugkeer, en onskuldig wees voor die HERE, en voor Israel; en hierdie land moet julle besitting wees voor die HERE.
23
But if ye will not do so, behold, ye have sinned against the LORD: and be sure your sin will find you out.
Maar as julle so nie sal doen nie, kyk, julle het teen die HERE gesondig: en wees verseker dat julle sonde julle sal vind.
24
Build you cities for your little ones, and folds for your sheep; and do that which hath proceeded out of your mouth.
Bou vir julle stede vir julle kinders, en krale vir julle skape; en doen dit wat uit julle mond uitgegaan het.
25
And the children of Gad and the children of Reuben spake unto Moses, saying, Thy servants will do as my lord commandeth.
En die kinders van Gad en die kinders van Ruben het tot Moses gespreek, en gesê, Jou dienaars sal doen soos my heer beveel.
26
Our little ones, our wives, our flocks, and all our cattle, shall be there in the cities of Gilead:
Ons kinders, ons vroue, ons kuddes, en al ons vee, sal daar in die stede van Gílead wees:
27
But thy servants will pass over, every man armed for war, before the LORD to battle, as my lord saith.
Maar jou dienaars sal deurgaan, elkeen gewapen tot die oorlog, voor die HERE tot die geveg, soos my heer sê.
28
So concerning them Moses commanded Eleazar the priest, and Joshua the son of Nun, and the chief fathers of the tribes of the children of Israel:
So het Moses dan aangaande hulle bevel gegee aan Eleásar die priester, en aan Josua die seun van Nun, en aan die hoofde van die vaderhuise van die stamme van die kinders van Israel:
29
And Moses said unto them, If the children of Gad and the children of Reuben will pass with you over Jordan, every man armed to battle, before the LORD, and the land shall be subdued before you; then ye shall give them the land of Gilead for a possession:
En Moses het tot hulle gesê, As die kinders van Gad en die kinders van Ruben met julle oor die Jordaan sal trek, elkeen gewapen tot die geveg voor die HERE, en die land voor julle onderwerp sal wees; dan moet julle aan hulle die land Gílead tot ’n besitting gee:
30
But if they will not pass over with you armed, they shall have possessions among you in the land of Canaan.
Maar as hulle nie gewapen met julle sal oortrek nie, dan moet hulle besittings onder julle in die land Kanaän hê.
31
And the children of Gad and the children of Reuben answered, saying, As the LORD hath said unto thy servants, so will we do.
En die kinders van Gad en die kinders van Ruben het geantwoord, en gesê, Soos die HERE tot jou dienaars gesê het, so sal ons doen.
32
We will pass over armed before the LORD into the land of Canaan, that the possession of our inheritance on this side Jordan [may be] ours.
Ons sal gewapen oortrek voor die HERE in die land Kanaän, dat die besitting van ons erfenis aan hierdie kant van die Jordaan mag wees.
33
And Moses gave unto them, [even] to the children of Gad, and to the children of Reuben, and unto half the tribe of Manasseh the son of Joseph, the kingdom of Sihon king of the Amorites, and the kingdom of Og king of Bashan, the land, with the cities thereof in the coasts, [even] the cities of the country round about.
En Moses het aan hulle, selfs aan die kinders van Gad, en aan die kinders van Ruben, en aan die halfstam van Manasse die seun van Josef, die koninkryk van Síhon koning van die Amoriete, en die koninkryk van Og koning van Basan gegee, die land, met die stede daarvan in die grense, selfs die stede van die land rondom.
34
And the children of Gad built Dibon, and Ataroth, and Aroer,
En die kinders van Gad het Dibon gebou, en Atarot, en Aroër,
35
And Atroth, Shophan, and Jaazer, and Jogbehah,
En Atrot-Sofan, en Jaéser, en Jogbeha,
36
And Bethnimrah, and Bethharan, fenced cities: and folds for sheep.
En Bet-Nimra, en Bet-Haran, versterkte stede: en krale vir skape.
37
And the children of Reuben built Heshbon, and Elealeh, and Kirjathaim,
En die kinders van Ruben het Hesbon gebou, en Eleále, en Kirjatáim,
38
And Nebo, and Baalmeon, (their names being changed,) and Shibmah: and gave other names unto the cities which they builded.
En Nebo, en Baäl-Meon, (hulle name word verander,) en Sibma: en hulle het ander name gegee aan die stede wat hulle gebou het.
39
And the children of Machir the son of Manasseh went to Gilead, and took it, and dispossessed the Amorite which [was] in it.
En die kinders van Magir die seun van Manasse het in Gílead ingegaan, en dit geneem, en die Amoriete wat daarin was, uitgedrywe.
40
And Moses gave Gilead unto Machir the son of Manasseh; and he dwelt therein.
En Moses het Gílead aan Magir die seun van Manasse gegee; en hy het daarin gewoon.
41
And Jair the son of Manasseh went and took the small towns thereof, and called them Havothjair.
En Jaïr die seun van Manasse het gegaan en die klein dorpies daarvan geneem, en hulle Havot-Jaïr genoem.
42
And Nobah went and took Kenath, and the villages thereof, and called it Nobah, after his own name.
En Nobag het gegaan en Kenat geneem, en die dorpe daarvan, en dit Nobag genoem, na sy eie naam.