King James Version
AFR DVK
1
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
2
Avenge the children of Israel of the Midianites: afterward shalt thou be gathered unto thy people.
Neem wraak vir die kinders van Israel op die Midianiete: daarna moet jy by jou volk versamel word.
3
And Moses spake unto the people, saying, Arm some of yourselves unto the war, and let them go against the Midianites, and avenge the LORD of Midian.
En Moses het tot die volk gespreek, en gesê, Bewapen sommige van julle tot die oorlog, en laat hulle teen die Midianiete trek, om die wraak van die HERE op Midian te voltrek.
4
Of every tribe a thousand, throughout all the tribes of Israel, shall ye send to the war.
Uit elke stam ‚'n duisend, deur al die stamme van Israel, moet julle tot die oorlog stuur.
5
So there were delivered out of the thousands of Israel, a thousand of [every] tribe, twelve thousand armed for war.
So is daar dan uit die duisende van Israel, ‚'n duisend uit elke stam, twaalf duisend gewapen tot die oorlog, afgelewer.
6
And Moses sent them to the war, a thousand of [every] tribe, them and Phinehas the son of Eleazar the priest, to the war, with the holy instruments, and the trumpets to blow in his hand.
En Moses het hulle tot die oorlog gestuur, ’n duisend uit elke stam, hulle en Pínehas die seun van Eleásar die priester, tot die oorlog, met die heilige gereedskap, en die trompette om alarm te blaas in sy hand.
7
And they warred against the Midianites, as the LORD commanded Moses; and they slew all the males.
En hulle het teen die Midianiete geoorlog, soos die HERE Moses beveel het; en hulle het al die manlike doodgemaak.
8
And they slew the kings of Midian, beside the rest of them that were slain; [namely], Evi, and Rekem, and Zur, and Hur, and Reba, five kings of Midian: Balaam also the son of Beor they slew with the sword.
En hulle het die konings van Midian doodgemaak, benewens die ander wat doodgemaak is; naamlik Ewi, en Rekem, en Sur, en Hur, en Reba, vyf konings van Midian: Bileam ook die seun van Beor het hulle met die swaard doodgemaak.
9
And the children of Israel took [all] the women of Midian captives, and their little ones, and took the spoil of all their cattle, and all their flocks, and all their goods.
En die kinders van Israel het al die vroue van Midian as gevangenes geneem, en hulle kinders, en al hulle vee, en al hulle kuddes, en al hulle goed geneem as buit.
10
And they burnt all their cities wherein they dwelt, and all their goodly castles, with fire.
En hulle het al hulle stede waarin hulle gewoon het, en al hulle kampe met vuur verbrand.
11
And they took all the spoil, and all the prey, [both] of men and of beasts.
En hulle het al die buit geneem, en al die prooi, beide van mens en van dier.
12
And they brought the captives, and the prey, and the spoil, unto Moses, and Eleazar the priest, and unto the congregation of the children of Israel, unto the camp at the plains of Moab, which [are] by Jordan [near] Jericho.
En hulle het die gevangenes, en die prooi, en die buit by Moses, en by Eleásar die priester, en by die vergadering van die kinders van Israel gebring, na die kamp in die vlaktes van Moab, wat by die Jordaan naby Jérigo is.
13
And Moses, and Eleazar the priest, and all the princes of the congregation, went forth to meet them without the camp.
En Moses, en Eleásar die priester, en al die vorste van die vergadering, het uitgegaan om hulle tegemoet te gaan buite die kamp.
14
And Moses was wroth with the officers of the host, [with] the captains over thousands, and captains over hundreds, which came from the battle.
En Moses was toornig op die owerstes van die leër, die hoofde oor duisende, en die hoofde oor honderde, wat van die oorlog van die leër gekom het.
15
And Moses said unto them, Have ye saved all the women alive?
En Moses het tot hulle gesê, Het julle al die vroue laat lewe?
16
Behold, these caused the children of Israel, through the counsel of Balaam, to commit trespass against the LORD in the matter of Peor, and there was a plague among the congregation of the LORD.
Kyk, dit is hulle wat deur die raad van Bileam die kinders van Israel laat oortree het teen die HERE in die saak van Peor, en daar was ‚'n plaag onder die vergadering van die HERE.
17
Now therefore kill every male among the little ones, and kill every woman that hath known man by lying with him.
Nou dan, maak elke manlike kind dood, en maak elke vrou dood wat ‚'n man deur gemeenskap met ‚'n man geken het.
18
But all the women children, that have not known a man by lying with him, keep alive for yourselves.
Maar al die meisies, wat geen man deur gemeenskap met ‚'n man geken het nie, hou vir julle self lewendig.
19
And do ye abide without the camp seven days: whosoever hath killed any person, and whosoever hath touched any slain, purify [both] yourselves and your captives on the third day, and on the seventh day.
En julle, bly buite die kamp sewe dae lank: elkeen van julle wat iemand doodgemaak het, en elkeen wat enige dooie aangeraak het, reinig julle self en julle gevangenes op die derde dag, en op die sewende dag.
20
And purify all [your] raiment, and all that is made of skins, and all work of goats’ [hair], and all things made of wood.
En reinig al julle klere, en alles wat van velle gemaak is, en alles wat van bokhaar gemaak is, en alles wat van hout gemaak is.
21
And Eleazar the priest said unto the men of war which went to the battle, This [is] the ordinance of the law which the LORD commanded Moses;
En Eleásar die priester het tot die manne van die oorlog wat in die geveg gegaan het, gesê, Dit is die insetting van die wet wat die HERE Moses beveel het;
22
Only the gold, and the silver, the brass, the iron, the tin, and the lead,
Net die goud, en die silwer, die koper, die yster, die tin, en die lood,
23
Every thing that may abide the fire, ye shall make [it] go through the fire, and it shall be clean: nevertheless it shall be purified with the water of separation: and all that abideth not the fire ye shall make go through the water.
Alles wat die vuur kan weerstaan, moet julle deur die vuur laat gaan, en dit sal rein wees: tog moet dit met die water van reiniging gereinig word: en alles wat die vuur nie kan weerstaan nie, moet julle deur die water laat gaan.
24
And ye shall wash your clothes on the seventh day, and ye shall be clean, and afterward ye shall come into the camp.
En julle moet julle klere op die sewende dag was, en julle moet rein wees, en daarna mag julle in die kamp kom.
25
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
26
Take the sum of the prey that was taken, [both] of man and of beast, thou, and Eleazar the priest, and the chief fathers of the congregation:
Neem die som van die prooi wat geneem is, van mens en van dier, jy, en Eleásar die priester, en die hoofde van die vaderhuise van die vergadering:
27
And divide the prey into two parts; between them that took the war upon them, who went out to battle, and between all the congregation:
En verdeel die prooi in twee dele; tussen hulle wat die oorlog gevoer het, wat uitgegaan het na die geveg, en tussen die hele vergadering:
28
And levy a tribute unto the LORD of the men of war which went out to battle: one soul of five hundred, [both] of the persons, and of the beeves, and of the asses, and of the sheep:
En hef ‚'n heffing vir die HERE van die manne van die oorlog wat uitgegaan het na die geveg: een siel uit vyfhonderd, beide van die persone, en van die beeste, en van die esels, en van die skape:
29
Take [it] of their half, and give [it] unto Eleazar the priest, [for] an heave offering of the LORD.
Neem dit van hulle helfte, en gee dit aan Eleásar die priester, tot ’n hefoffer van die HERE.
30
And of the children of Israel’s half, thou shalt take one portion of fifty, of the persons, of the beeves, of the asses, and of the flocks, of all manner of beasts, and give them unto the Levites, which keep the charge of the tabernacle of the LORD.
En van die kinders van Israel se helfte, moet jy een uit vyftig neem, van die persone, van die beeste, van die esels, en van die skape, van al die vee, en gee hulle aan die Leviete, wat die bewaring van die tabernakel van die HERE waarneem.
31
And Moses and Eleazar the priest did as the LORD commanded Moses.
En Moses en Eleásar die priester het gedoen soos die HERE Moses beveel het.
32
And the booty, [being] the rest of the prey which the men of war had caught, was six hundred thousand and seventy thousand and five thousand sheep,
En die buit, synde die oorskot van die prooi wat die manne van die oorlog geneem het, was seshonderd vyf en sewentig duisend skape,
33
And threescore and twelve thousand beeves,
En twee en sewentig duisend beeste,
34
And threescore and one thousand asses,
En een en sestig duisend esels,
35
And thirty and two thousand persons in all, of women that had not known man by lying with him.
En twee en dertig duisend persone in alles, van vroue wat geen man deur gemeenskap met ‚'n man geken het nie.
36
And the half, [which was] the portion of them that went out to war, was in number three hundred thousand and seven and thirty thousand and five hundred sheep:
En die helfte, wat die deel was van die wat in die oorlog uitgegaan het, was in getal driehonderd sewe en dertig duisend en vyfhonderd skape:
37
And the LORD’S tribute of the sheep was six hundred and threescore and fifteen.
En die heffing van die HERE van die skape was seshonderd en vyf en sewentig.
38
And the beeves [were] thirty and six thousand; of which the LORD’S tribute [was] threescore and twelve.
En die beeste was ses en dertig duisend; waarvan die heffing van die HERE twee en sewentig was.
39
And the asses [were] thirty thousand and five hundred; of which the LORD’S tribute [was] threescore and one.
En die esels was dertig duisend en vyfhonderd; waarvan die heffing van die HERE een en sestig was.
40
And the persons [were] sixteen thousand; of which the LORD’S tribute [was] thirty and two persons.
En die persone was sestien duisend; waarvan die heffing van die HERE twee en dertig persone was.
41
And Moses gave the tribute, [which was] the LORD’S heave offering, unto Eleazar the priest, as the LORD commanded Moses.
En Moses het die heffing, wat die hefoffer van die HERE was, aan Eleásar die priester gegee, soos die HERE Moses beveel het.
42
And of the children of Israel’s half, which Moses divided from the men that warred,
En van die kinders van Israel se helfte, wat Moses van die manne wat geoorlog het, afgeneem het,
43
(Now the half [that pertained unto] the congregation was three hundred thousand and thirty thousand [and] seven thousand and five hundred sheep,
(Nou was die helfte wat aan die vergadering behoort het, driehonderd sewe en dertig duisend en vyfhonderd skape,
44
And thirty and six thousand beeves,
En ses en dertig duisend beeste,
45
And thirty thousand asses and five hundred,
En dertig duisend en vyfhonderd esels,
46
And sixteen thousand persons;)
En sestien duisend persone;)
47
Even of the children of Israel’s half, Moses took one portion of fifty, [both] of man and of beast, and gave them unto the Levites, which kept the charge of the tabernacle of the LORD; as the LORD commanded Moses.
Selfs van die kinders van Israel se helfte het Moses een uit vyftig geneem, beide van mens en van dier, en dit aan die Leviete gegee, wat die bewaring van die tabernakel van die HERE waarneem; soos die HERE Moses beveel het.
48
And the officers which [were] over thousands of the host, the captains of thousands, and captains of hundreds, came near unto Moses:
En die owerstes wat oor die duisende van die leër was, die hoofde van duisende, en die hoofde van honderde, het nader gekom by Moses:
49
And they said unto Moses, Thy servants have taken the sum of the men of war which [are] under our charge, and there lacketh not one man of us.
En hulle het tot Moses gesê, Jou dienaars het die som van die manne van die oorlog geneem wat onder ons bevel was, en daar ontbreek nie een man van ons nie.
50
We have therefore brought an oblation for the LORD, what every man hath gotten, of jewels of gold, chains, and bracelets, rings, earrings, and tablets, to make an atonement for our souls before the LORD.
Ons het daarom ‚'n offer gebring vir die HERE, wat elke man gekry het, van juwele van goud, kettings, en armbande, ringe, oorringe, en tabletjies, om versoening te maak vir ons siele voor die HERE.
51
And Moses and Eleazar the priest took the gold of them, [even] all wrought jewels.
En Moses en Eleásar die priester het die goud van hulle geneem, al die bewerkte juwele.
52
And all the gold of the offering that they offered up to the LORD, of the captains of thousands, and of the captains of hundreds, was sixteen thousand seven hundred and fifty shekels.
En al die goud van die hefoffer wat hulle aan die HERE geoffer het, was sestien duisend sewehonderd en vyftig sikkels, van die hoofde van duisende, en van die hoofde van honderde.
53
([For] the men of war had taken spoil, every man for himself.)
(Want die manne van die oorlog het elkeen vir homself buit geneem.)
54
And Moses and Eleazar the priest took the gold of the captains of thousands and of hundreds, and brought it into the tabernacle of the congregation, [for] a memorial for the children of Israel before the LORD.
En Moses en Eleásar die priester het die goud van die hoofde van duisende en van honderde geneem, en dit in die tabernakel van die gemeente gebring, tot ’n gedenkteken vir die kinders van Israel voor die HERE.