King James Version
AFR DVK
1
Then came the daughters of Zelophehad, the son of Hepher, the son of Gilead, the son of Machir, the son of Manasseh, of the families of Manasseh the son of Joseph: and these [are] the names of his daughters; Mahlah, Noah, and Hoglah, and Milcah, and Tirzah.
Toe het die dogters van Selófhad, die seun van Hefer, die seun van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, van die families van Manasse die seun van Josef, nader gekom: en dit is die name van sy dogters; Magla, Noa, en Hogla, en Milka, en Tirsa.
2
And they stood before Moses, and before Eleazar the priest, and before the princes and all the congregation, [by] the door of the tabernacle of the congregation, saying,
En hulle het voor Moses, en voor Eleásar die priester, en voor die vorste en die hele vergadering gestaan, by die deur van die tabernakel van die gemeente, en gesê,
3
Our father died in the wilderness, and he was not in the company of them that gathered themselves together against the LORD in the company of Korah; but died in his own sin, and had no sons.
Ons vader is in die wildernis gesterwe, en hy was nie in die geselskap van hulle wat teen die HERE bymekaargekom het in die geselskap van Korag nie; maar hy is in sy eie sonde gesterwe, en hy het geen seuns gehad nie.
4
Why should the name of our father be done away from among his family, because he hath no son? Give unto us [therefore] a possession among the brethren of our father.
Waarom moet die naam van ons vader uit die midde van sy familie weggeneem word, omdat hy geen seun het nie? Gee ons ‚'n besitting onder die broers van ons vader.
5
And Moses brought their cause before the LORD.
En Moses het hulle saak voor die HERE gebring.
6
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
7
The daughters of Zelophehad speak right: thou shalt surely give them a possession of an inheritance among their father’s brethren; and thou shalt cause the inheritance of their father to pass unto them.
Die dogters van Selófhad spreek reg: jy moet hulle sekerlik ’n besitting van ’n erfenis onder die broers van hulle vader gee; en jy moet die erfenis van hulle vader op hulle laat oorgaan.
8
And thou shalt speak unto the children of Israel, saying, If a man die, and have no son, then ye shall cause his inheritance to pass unto his daughter.
En jy moet tot die kinders van Israel spreek, en sê, As ’n man sterwe, en geen seun het nie, dan moet julle sy erfenis op sy dogter laat oorgaan.
9
And if he have no daughter, then ye shall give his inheritance unto his brethren.
En as hy geen dogter het nie, dan moet julle sy erfenis aan sy broers gee.
10
And if he have no brethren, then ye shall give his inheritance unto his father’s brethren.
En as hy geen broers het nie, dan moet julle sy erfenis aan die broers van sy vader gee.
11
And if his father have no brethren, then ye shall give his inheritance unto his kinsman that is next to him of his family, and he shall possess it: and it shall be unto the children of Israel a statute of judgment, as the LORD commanded Moses.
En as sy vader geen broers het nie, dan moet julle sy erfenis gee aan sy nabye bloedverwant uit sy familie, en hy moet dit besit: en dit moet vir die kinders van Israel ‚'n insetting van oordeel wees, soos die HERE Moses beveel het.
12
And the LORD said unto Moses, Get thee up into this mount Abarim, and see the land which I have given unto the children of Israel.
En die HERE het tot Moses gesê, Klim op hierdie berg Abarím, en sien die land wat ek aan die kinders van Israel gegee het.
13
And when thou hast seen it, thou also shalt be gathered unto thy people, as Aaron thy brother was gathered.
En wanneer jy dit gesien het, moet jy ook by jou volk versamel word, soos Aäron jou broer versamel is.
14
For ye rebelled against my commandment in the desert of Zin, in the strife of the congregation, to sanctify me at the water before their eyes: that [is] the water of Meribah in Kadesh in the wilderness of Zin.
Want julle het teen my bevel in die wildernis van Sin, in die twis van die vergadering, onwillig gewees, om My te heilig by die water voor hulle oë: dit is die water van Meríba by Kades in die wildernis van Sin.
15
And Moses spake unto the LORD, saying,
En Moses het tot die HERE gespreek, en gesê,
16
Let the LORD, the God of the spirits of all flesh, set a man over the congregation,
Laat die HERE, die God van die geeste van alle vlees, ‚'n man oor die vergadering aanstel,
17
Which may go out before them, and which may go in before them, and which may lead them out, and which may bring them in; that the congregation of the LORD be not as sheep which have no shepherd.
Wat voor hulle uit mag uitgaan, en wat voor hulle in mag ingaan, en wat hulle mag uitlei, en wat hulle mag inlei; dat die vergadering van die HERE nie mag wees soos skape wat geen herder het nie.
18
And the LORD said unto Moses, Take thee Joshua the son of Nun, a man in whom [is] the spirit, and lay thine hand upon him;
En die HERE het tot Moses gesê, Neem vir jou Josua die seun van Nun, ’n man in wie die Gees is, en lê jou hand op hom;
19
And set him before Eleazar the priest, and before all the congregation; and give him a charge in their sight.
En stel hom voor Eleásar die priester, en voor die hele vergadering; en gee hom ’n opdrag voor hulle oë.
20
And thou shalt put [some] of thine honour upon him, that all the congregation of the children of Israel may be obedient.
En jy moet van jou heerlikheid op hom sit, dat die hele vergadering van die kinders van Israel mag gehoorsaam wees.
21
And he shall stand before Eleazar the priest, who shall ask [counsel] for him after the judgment of Urim before the LORD: at his word shall they go out, and at his word they shall come in, [both] he, and all the children of Israel with him, even all the congregation.
En hy moet voor Eleásar die priester staan, wat vir hom raad moet vra na die oordeel van die Urim voor die HERE: op sy bevel moet hulle uitgaan, en op sy bevel moet hulle ingaan, hy, en al die kinders van Israel met hom, selfs die hele vergadering.
22
And Moses did as the LORD commanded him: and he took Joshua, and set him before Eleazar the priest, and before all the congregation:
En Moses het gedoen soos die HERE hom beveel het: en hy het Josua geneem, en hom voor Eleásar die priester, en voor die hele vergadering gestel:
23
And he laid his hands upon him, and gave him a charge, as the LORD commanded by the hand of Moses.
En hy het sy hande op hom gelê, en hom ’n opdrag gegee, soos die HERE deur die hand van Moses beveel het.