King James Version
AFR DVK
1
And it came to pass after the plague, that the LORD spake unto Moses and unto Eleazar the son of Aaron the priest, saying,
En dit het gebeur ná die plaag, dat die HERE tot Moses en tot Eleásar die seun van Aäron die priester gespreek het, en gesê,
2
Take the sum of all the congregation of the children of Israel, from twenty years old and upward, throughout their fathers’ house, all that are able to go to war in Israel.
Neem die som van die hele vergadering van die kinders van Israel, van twintig jaar oud en daarbo, volgens die huis van hulle vaders, almal wat in staat is om uit te trek tot die oorlog in Israel.
3
And Moses and Eleazar the priest spake with them in the plains of Moab by Jordan [near] Jericho, saying,
En Moses en Eleásar die priester het met hulle gespreek in die vlaktes van Moab by die Jordaan naby Jérigo, en gesê,
4
[Take the sum of the people], from twenty years old and upward; as the LORD commanded Moses and the children of Israel, which went forth out of the land of Egypt.
Neem die som van die volk, van twintig jaar oud en daarbo; soos die HERE Moses en die kinders van Israel beveel het, wat uit die land Egipte uitgegaan het.
5
Reuben, the eldest son of Israel: the children of Reuben; Hanoch, [of whom cometh] the family of the Hanochites: of Pallu, the family of the Palluites:
Ruben, die eersgeborene van Israel: die kinders van Ruben; Hanog, van wie die familie van die Hanogiete is: van Pallu, die familie van die Palluïete:
6
Of Hezron, the family of the Hezronites: of Carmi, the family of the Carmites.
Van Hesron, die familie van die Hesroniete: van Karmi, die familie van die Karmiete.
7
These [are] the families of the Reubenites: and they that were numbered of them were forty and three thousand and seven hundred and thirty.
Dit is die families van die Rubeniete: en die wat van hulle getel is, was drie en veertig duisend en sewehonderd en dertig.
8
And the sons of Pallu; Eliab.
En die seuns van Pallu; Elíab.
9
And the sons of Eliab; Nemuel, and Dathan, and Abiram. This [is that] Dathan and Abiram, [which were] famous in the congregation, who strove against Moses and against Aaron in the company of Korah, when they strove against the LORD:
En die seuns van Elíab; Nemuël, en Datan, en Abíram. Dit is daardie Datan en Abíram, wat benoem was in die vergadering, wat teen Moses en teen Aäron getwis het in die geselskap van Korag, toe hulle teen die HERE getwis het:
10
And the earth opened her mouth, and swallowed them up together with Korah, when that company died, what time the fire devoured two hundred and fifty men: and they became a sign.
En die aarde het haar mond oopgemaak, en hulle ingesluk saam met Korag, toe daardie geselskap gesterwe het, toe die vuur tweehonderd en vyftig manne verteer het: en hulle het ‚'n teken geword.
11
Notwithstanding the children of Korah died not.
Nogtans het die kinders van Korag nie gesterwe nie.
12
The sons of Simeon after their families: of Nemuel, the family of the Nemuelites: of Jamin, the family of the Jaminites: of Jachin, the family of the Jachinites:
Die seuns van Simeon na hulle families: van Nemuël, die familie van die Nemuëliete: van Jamin, die familie van die Jaminiete: van Jagin, die familie van die Jaginiete:
13
Of Zerah, the family of the Zarhites: of Shaul, the family of the Shaulites.
Van Serag, die familie van die Seragiete: van Saul, die familie van die Sauliete.
14
These [are] the families of the Simeonites, twenty and two thousand and two hundred.
Dit is die families van die Simeoniete, twee en twintig duisend en tweehonderd.
15
The children of Gad after their families: of Zephon, the family of the Zephonites: of Haggi, the family of the Haggites: of Shuni, the family of the Shunites:
Die kinders van Gad na hulle families: van Sefon, die familie van die Sefoniete: van Haggi, die familie van die Haggiete: van Suni, die familie van die Suniëte:
16
Of Ozni, the family of the Oznites: of Eri, the family of the Erites:
Van Osni, die familie van die Osniëte: van Eri, die familie van die Eriëte:
17
Of Arod, the family of the Arodites: of Areli, the family of the Arelites.
Van Arod, die familie van die Arodiëte: van Areli, die familie van die Areliëte.
18
These [are] the families of the children of Gad according to those that were numbered of them, forty thousand and five hundred.
Dit is die families van die kinders van Gad volgens die wat van hulle getel is, veertig duisend en vyfhonderd.
19
The sons of Judah [were] Er and Onan: and Er and Onan died in the land of Canaan.
Die seuns van Juda was Er en Onan: en Er en Onan het in die land Kanaän gesterwe.
20
And the sons of Judah after their families were; of Shelah, the family of the Shelanites: of Pharez, the family of the Pharzites: of Zerah, the family of the Zarhites.
En die seuns van Juda na hulle families was: van Sela, die familie van die Selaniete: van Peres, die familie van die Peresiete: van Serag, die familie van die Seragiete.
21
And the sons of Pharez were; of Hezron, the family of the Hezronites: of Hamul, the family of the Hamulites.
En die seuns van Peres was: van Hesron, die familie van die Hesroniete: van Hamul, die familie van die Hamuliete.
22
These [are] the families of Judah according to those that were numbered of them, threescore and sixteen thousand and five hundred.
Dit is die families van Juda volgens die wat van hulle getel is, ses en sewentig duisend en vyfhonderd.
23
[Of] the sons of Issachar after their families: [of] Tola, the family of the Tolaites: of Pua, the family of the Punites:
Van die seuns van Issaskar na hulle families: van Tola, die familie van die Tolaïete: van Puwa, die familie van die Puniëte:
24
Of Jashub, the family of the Jashubites: of Shimron, the family of the Shimronites.
Van Jasub, die familie van die Jasubiete: van Simron, die familie van die Simroniete.
25
These [are] the families of Issachar according to those that were numbered of them, threescore and four thousand and three hundred.
Dit is die families van Issaskar volgens die wat van hulle getel is, vier en sestig duisend en driehonderd.
26
[Of] the sons of Zebulun after their families: of Sered, the family of the Sardites: of Elon, the family of the Elonites: of Jahleel, the family of the Jahleelites.
Van die seuns van Sébulon na hulle families: van Sered, die familie van die Serediete: van Elon, die familie van die Eloniete: van Jagleël, die familie van die Jagleëliete.
27
These [are] the families of the Zebulunites according to those that were numbered of them, threescore thousand and five hundred.
Dit is die families van die Sébuloniete volgens die wat van hulle getel is, sestig duisend en vyfhonderd.
28
The sons of Joseph after their families [were] Manasseh and Ephraim.
Die seuns van Josef na hulle families was Manasse en Efraim.
29
Of the sons of Manasseh: of Machir, the family of the Machirites: and Machir begat Gilead: of Gilead [come] the family of the Gileadites.
Van die seuns van Manasse: van Magir, die familie van die Magiriete: en Magir het Gílead verwek: van Gílead kom die familie van die Gíleadiete.
30
These [are] the sons of Gilead: [of] Jeezer, the family of the Jeezerites: of Helek, the family of the Helekites:
Dit is die seuns van Gílead: van Íezer, die familie van die Íezeriete: van Helek, die familie van die Helekiete:
31
And [of] Asriel, the family of the Asrielites: and [of] Shechem, the family of the Shechemites:
En van Asriël, die familie van die Asriëliete: en van Sechem, die familie van die Sechemiete:
32
And [of] Shemida, the family of the Shemidaites: and [of] Hepher, the family of the Hepherites.
En van Semída, die familie van die Semídaïete: en van Hefer, die familie van die Heferiete.
33
And Zelophehad the son of Hepher had no sons, but daughters: and the names of the daughters of Zelophehad [were] Mahlah, and Noah, Hoglah, Milcah, and Tirzah.
En Selófhad die seun van Hefer het geen seuns gehad nie, maar dogters: en die name van die dogters van Selófhad was Magla, en Noa, Hogla, Milka, en Tirsa.
34
These [are] the families of Manasseh, and those that were numbered of them, fifty and two thousand and seven hundred.
Dit is die families van Manasse, en die wat van hulle getel is, was twee en vyftig duisend en sewehonderd.
35
These [are] the sons of Ephraim after their families: of Shuthelah, the family of the Shuthalhites: of Becher, the family of the Bachrites: of Tahan, the family of the Tahanites.
Dit is die seuns van Efraim na hulle families: van Sutélag, die familie van die Sutélagiete: van Beker, die familie van die Bekeriëte: van Tahan, die familie van die Tahaniete.
36
And these [are] the sons of Shuthelah: of Eran, the family of the Eranites.
En dit is die seuns van Sutélag: van Eran, die familie van die Eraniete.
37
These [are] the families of the sons of Ephraim according to those that were numbered of them, thirty and two thousand and five hundred. These [are] the sons of Joseph after their families.
Dit is die families van die seuns van Efraim volgens die wat van hulle getel is, twee en dertig duisend en vyfhonderd. Dit is die seuns van Josef na hulle families.
38
The sons of Benjamin after their families: of Bela, the family of the Belaites: of Ashbel, the family of the Ashbelites: of Ahiram, the family of the Ahiramites:
Die seuns van Benjamin na hulle families: van Bela, die familie van die Belaïete: van Asbel, die familie van die Asbeliëte: van Ahiram, die familie van die Ahiramiete:
39
Of Shupham, the family of the Shuphamites: of Hupham, the family of the Huphamites.
Van Sefufam, die familie van die Sefufamiete: van Hufam, die familie van die Hufamiete.
40
And the sons of Bela were Ard and Naaman: [of Ard], the family of the Ardites: [and] of Naaman, the family of the Naamites.
En die seuns van Bela was Ard en Naäman: van Ard, die familie van die Ardiëte: en van Naäman, die familie van die Naämiete.
41
These [are] the sons of Benjamin after their families: and they that were numbered of them [were] forty and five thousand and six hundred.
Dit is die seuns van Benjamin na hulle families: en die wat van hulle getel is, was vyf en veertig duisend en seshonderd.
42
These [are] the sons of Dan after their families: of Shuham, the family of the Shuhamites. These [are] the families of Dan after their families.
Dit is die seuns van Dan na hulle families: van Suham, die familie van die Suhamiete. Dit is die families van Dan na hulle families.
43
All the families of the Shuhamites, according to those that were numbered of them, [were] threescore and four thousand and four hundred.
Al die families van die Suhamiete, volgens die wat van hulle getel is, was vier en sestig duisend en vierhonderd.
44
[Of] the children of Asher after their families: of Jimna, the family of the Jimnites: of Jesui, the family of the Jesuites: of Beriah, the family of the Beriites.
Van die kinders van Aser na hulle families: van Jimna, die familie van die Jimnaïete: van Jiswi, die familie van die Jiswiëte: van Bería, die familie van die Beríete.
45
Of the sons of Beriah: of Heber, the family of the Heberites: of Malchiel, the family of the Malchielites.
Van die seuns van Bería: van Heber, die familie van die Heberiëte: van Malkiël, die familie van die Malkiëliete.
46
And the name of the daughter of Asher [was] Sarah.
En die naam van die dogter van Aser was Serag.
47
These [are] the families of the sons of Asher according to those that were numbered of them; [who were] fifty and three thousand and four hundred.
Dit is die families van die seuns van Aser volgens die wat van hulle getel is; wat drie en vyftig duisend en vierhonderd was.
48
[Of] the sons of Naphtali after their families: of Jahzeel, the family of the Jahzeelites: of Guni, the family of the Gunites:
Van die seuns van Naftali na hulle families: van Jágseël, die familie van die Jágseëliete: van Guni, die familie van die Guniëte:
49
Of Jezer, the family of the Jezerites: of Shillem, the family of the Shillemites.
Van Jeser, die familie van die Jeseriete: van Sillem, die familie van die Sillemiete.
50
These [are] the families of Naphtali according to their families: and they that were numbered of them [were] forty and five thousand and four hundred.
Dit is die families van Naftali volgens hulle families: en die wat van hulle getel is, was vyf en veertig duisend en vierhonderd.
51
These [were] the numbered of the children of Israel, six hundred thousand and a thousand seven hundred and thirty.
Dit is die wat getel is van die kinders van Israel, seshonderd en een duisend sewehonderd en dertig.
52
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
53
Unto these the land shall be divided for an inheritance according to the number of names.
Aan hierdie moet die land verdeel word tot ‚'n erfenis volgens die getal van die name.
54
To many thou shalt give the more inheritance, and to few thou shalt give the less inheritance: to every one shall his inheritance be given according to those that were numbered of him.
Aan baie moet jy hulle erfenis meer gee, en aan min moet jy hulle erfenis minder gee: aan elkeen moet sy erfenis gegee word volgens die wat van hulle getel is.
55
Notwithstanding the land shall be divided by lot: according to the names of the tribes of their fathers they shall inherit.
Nogtans moet die land deur die lot verdeel word: volgens die name van die stamme van hulle vaders moet hulle erf.
56
According to the lot shall the possession thereof be divided between many and few.
Volgens die lot moet sy erfenis verdeel word tussen baie en min.
57
And these [are] they that were numbered of the Levites after their families: of Gershon, the family of the Gershonites: of Kohath, the family of the Kohathites: of Merari, the family of the Merarites.
En dit is die wat getel is van die Leviete na hulle families: van Gerson, die familie van die Gersoniete: van Kehat, die familie van die Kehatiete: van Merari, die familie van die Merariëte.
58
These [are] the families of the Levites: the family of the Libnites, the family of the Hebronites, the family of the Mahlites, the family of the Mushites, the family of the Korathites. And Kohath begat Amram.
Dit is die families van die Leviete: die familie van die Libniete, die familie van die Hebroniete, die familie van die Magliete, die familie van die Musiete, die familie van die Koragiete. En Kehat het Amram verwek.
59
And the name of Amram’s wife [was] Jochebed, the daughter of Levi, whom [her mother] bare to Levi in Egypt: and she bare unto Amram Aaron and Moses, and Miriam their sister.
En die naam van Amram se vrou was Jogebed, die dogter van Levi, wat haar moeder vir Levi in Egipte gebaar het: en sy het vir Amram Aäron en Moses gebaar, en Mirjam hulle suster.
60
And unto Aaron was born Nadab, and Abihu, Eleazar, and Ithamar.
En aan Aäron is gebore Nadab, en Abíhu, Eleásar, en Itamar.
61
And Nadab and Abihu died, when they offered strange fire before the LORD.
En Nadab en Abíhu het gesterwe toe hulle vreemde vuur voor die HERE geoffer het.
62
And those that were numbered of them were twenty and three thousand, all males from a month old and upward: for they were not numbered among the children of Israel, because there was no inheritance given them among the children of Israel.
En die wat van hulle getel is, was drie en twintig duisend, al die manlikes van ‚'n maand oud en daarbo: want hulle is nie onder die kinders van Israel getel nie, omdat daar geen erfenis aan hulle gegee is onder die kinders van Israel nie.
63
These [are] they that were numbered by Moses and Eleazar the priest, who numbered the children of Israel in the plains of Moab by Jordan [near] Jericho.
Dit is die wat getel is deur Moses en Eleásar die priester, wat die kinders van Israel getel het in die vlaktes van Moab by die Jordaan naby Jérigo.
64
But among these there was not a man of them whom Moses and Aaron the priest numbered, when they numbered the children of Israel in the wilderness of Sinai.
Maar onder hierdie was daar nie ’n man van hulle wat Moses en Aäron die priester getel het, toe hulle die kinders van Israel in die wildernis van Sinai getel het nie.
65
For the LORD had said of them, They shall surely die in the wilderness. And there was not left a man of them, save Caleb the son of Jephunneh, and Joshua the son of Nun.
Want die HERE het van hulle gesê, Hulle sal sekerlik in die wildernis sterwe. En daar was nie ’n man van hulle oorgeblewe nie, behalwe Kaleb die seun van Jefúnne, en Josua die seun van Nun.