King James Version
AFR DVK
1
And the LORD spake unto Moses and unto Aaron, saying,
En die HERE het tot Moses en tot Aäron gespreek, en gesê,
2
This [is] the ordinance of the law which the LORD hath commanded, saying, Speak unto the children of Israel, that they bring thee a red heifer without spot, wherein [is] no blemish, [and] upon which never came yoke:
Dit is die insetting van die wet wat die HERE beveel het, en gesê, Spreek tot die kinders van Israel, dat hulle vir jou ’n rooi vers bring sonder gebrek, waarin geen gebrek is, en waarop nooit ’n juk gekom het nie:
3
And ye shall give her unto Eleazar the priest, that he may bring her forth without the camp, and [one] shall slay her before his face:
En julle moet dit aan Eleásar die priester gee, dat hy dit buite die kamp mag uitbring; en iemand moet dit voor sy aangesig slag:
4
And Eleazar the priest shall take of her blood with his finger, and sprinkle of her blood directly before the tabernacle of the congregation seven times:
En Eleásar die priester moet van sy bloed met sy vinger neem, en van sy bloed sewe maal reg voor die tabernakel van die gemeente sprinkel:
5
And [one] shall burn the heifer in his sight; her skin, and her flesh, and her blood, with her dung, shall he burn:
En iemand moet die vers voor sy oë verbrand; sy vel, en sy vlees, en sy bloed, met sy mis, moet hy verbrand:
6
And the priest shall take cedar wood, and hyssop, and scarlet, and cast [it] into the midst of the burning of the heifer.
En die priester moet sederhout, en hisop, en skarlaken neem, en dit in die midde van die brand van die vers werp.
7
Then the priest shall wash his clothes, and he shall bathe his flesh in water, and afterward he shall come into the camp, and the priest shall be unclean until the even.
Dan moet die priester sy klere was, en sy vlees met water was, en daarna in die kamp kom, en die priester moet onrein wees tot die aand toe.
8
And he that burneth her shall wash his clothes in water, and bathe his flesh in water, and shall be unclean until the even.
En hy wat dit verbrand, moet sy klere in water was, en sy vlees met water was, en onrein wees tot die aand toe.
9
And a man [that is] clean shall gather up the ashes of the heifer, and lay [them] up without the camp in a clean place, and it shall be kept for the congregation of the children of Israel for a water of separation: it [is] a purification for sin.
En ‚'n man wat rein is, moet die as van die vers bymekaar maak, en dit buite die kamp op ‚'n rein plek neersit, en dit moet bewaar word vir die vergadering van die kinders van Israel tot ‚'n water van reiniging: dit is ‚'n reiniging vir sonde.
10
And he that gathereth the ashes of the heifer shall wash his clothes, and be unclean until the even: and it shall be unto the children of Israel, and unto the stranger that sojourneth among them, for a statute for ever.
En hy wat die as van die vers bymekaar maak, moet sy klere was, en onrein wees tot die aand toe: en dit moet vir die kinders van Israel, en vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef, ‚'n ewige insetting wees.
11
He that toucheth the dead body of any man shall be unclean seven days.
Hy wat die dooie liggaam van enige mens aanraak, moet sewe dae onrein wees.
12
He shall purify himself with it on the third day, and on the seventh day he shall be clean: but if he purify not himself the third day, then the seventh day he shall not be clean.
Hy moet homself daarmee op die derde dag reinig, en op die sewende dag moet hy rein wees: maar as hy homself nie op die derde dag reinig nie, dan sal hy op die sewende dag nie rein wees nie.
13
Whosoever toucheth the dead body of any man that is dead, and purifieth not himself, defileth the tabernacle of the LORD; and that soul shall be cut off from Israel: because the water of separation was not sprinkled upon him, he shall be unclean; his uncleanness [is] yet upon him.
Elkeen wat die dooie liggaam van enige mens wat dood is, aanraak, en homself nie reinig nie, verontreinig die tabernakel van die HERE; en daardie siel moet van Israel afgesny word: omdat die water van reiniging nie op hom gesprinkel is nie, moet hy onrein wees; sy onreinheid is nog op hom.
14
This [is] the law, when a man dieth in a tent: all that come into the tent, and all that [is] in the tent, shall be unclean seven days.
Dit is die wet, wanneer ‚'n man in ‚'n tent sterwe: almal wat in die tent inkom, en almal wat in die tent is, moet sewe dae onrein wees.
15
And every open vessel, which hath no covering bound upon it, [is] unclean.
En elke oop vat, wat geen deksel daarop gebind is nie, is onrein.
16
And whosoever toucheth one that is slain with a sword in the open fields, or a dead body, or a bone of a man, or a grave, shall be unclean seven days.
En elkeen wat een wat met ‚'n swaard in die oop veld doodgemaak is, of ‚'n dooie liggaam, of ‚'n mens se been, of ‚'n graf aanraak, moet sewe dae onrein wees.
17
And for an unclean [person] they shall take of the ashes of the burnt heifer of purification for sin, and running water shall be put thereto in a vessel:
En vir ‚'n onreine moet hulle die as van die verbrande sondoffer neem, en lopende water daarby sit in ‚'n vat:
18
And a clean person shall take hyssop, and dip [it] in the water, and sprinkle [it] upon the tent, and upon all the vessels, and upon the persons that were there, and upon him that touched a bone, or one slain, or one dead, or a grave:
En ‚'n rein persoon moet hisop neem, en dit in die water doop, en dit op die tent, en op al die gereedskap, en op die persone wat daar was, en op hom wat ‚'n been, of een wat doodgemaak is, of ‚'n dooie, of ‚'n graf aangeraak het, sprinkel:
19
And the clean [person] shall sprinkle upon the unclean on the third day, and on the seventh day: and on the seventh day he shall purify himself, and wash his clothes, and bathe himself in water, and shall be clean at even.
En die rein persoon moet op die onreine sprinkel op die derde dag, en op die sewende dag: en op die sewende dag moet hy homself reinig, en sy klere was, en homself met water was, en in die aand rein wees.
20
But the man that shall be unclean, and shall not purify himself, that soul shall be cut off from among the congregation, because he hath defiled the sanctuary of the LORD: the water of separation hath not been sprinkled upon him; he [is] unclean.
Maar die man wat onrein is, en homself nie reinig nie, daardie siel moet van onder die vergadering afgesny word, omdat hy die heiligdom van die HERE verontreinig het: die water van reiniging is nie op hom gesprinkel nie; hy is onrein.
21
And it shall be a perpetual statute unto them, that he that sprinkleth the water of separation shall wash his clothes; and he that toucheth the water of separation shall be unclean until even.
En dit moet vir hulle ‚'n ewige insetting wees, dat hy wat die water van reiniging sprinkel, sy klere moet was; en hy wat die water van reiniging aanraak, moet onrein wees tot die aand toe.
22
And whatsoever the unclean [person] toucheth shall be unclean; and the soul that toucheth [it] shall be unclean until even.
En alles wat die onreine aanraak, moet onrein wees; en die siel wat dit aanraak, moet onrein wees tot die aand toe.