← Numeri 15 Numeri — Numbers 16 Numeri 17 →
King James Version
AFR DVK
1
Now Korah, the son of Izhar, the son of Kohath, the son of Levi, and Dathan and Abiram, the sons of Eliab, and On, the son of Peleth, sons of Reuben, took [men]:
Nou het Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, geneem, saam met Datan en Abíram, die seuns van Elíab, en On, die seun van Pelet, seuns van Ruben:
2
And they rose up before Moses, with certain of the children of Israel, two hundred and fifty princes of the assembly, famous in the congregation, men of renown:
En hulle het opgestaan voor Moses, met sekere van die kinders van Israel, tweehonderd en vyftig vorste van die vergadering, benoemde manne in die vergadering, manne van naam:
3
And they gathered themselves together against Moses and against Aaron, and said unto them, [Ye take] too much upon you, seeing all the congregation [are] holy, every one of them, and the LORD [is] among them: wherefore then lift ye up yourselves above the congregation of the LORD?
En hulle het teen Moses en teen Aäron bymekaargekom, en tot hulle gesê, Julle neem te veel op julle, aangesien die hele vergadering, elkeen van hulle, heilig is, en die HERE is onder hulle: waarom verhef julle julle dan bo die vergadering van die HERE?
4
And when Moses heard [it], he fell upon his face:
En toe Moses dit hoor, het hy op sy aangesig neergeval:
5
And he spake unto Korah and unto all his company, saying, Even to morrow the LORD will shew who [are] his, and [who is] holy; and will cause [him] to come near unto him: even [him] whom he hath chosen will he cause to come near unto him.
En hy het tot Korag en tot sy hele geselskap gespreek, en gesê, Môre sal die HERE toon wie syne is, en wie heilig is; en sal hom nader laat kom tot Hom: selfs hom wat Hy uitgekies het, sal Hy nader laat kom tot Hom.
6
This do; Take you censers, Korah, and all his company;
Doen dit: Neem julle vuurbakke, Korag, en sy hele geselskap;
7
And put fire therein, and put incense in them before the LORD to morrow: and it shall be [that] the man whom the LORD doth choose, he [shall be] holy: [ye take] too much upon you, ye sons of Levi.
En sit vuur daarin, en sit reukwerk daarop voor die HERE môre: en dit sal wees dat die man wat die HERE kies, hy sal heilig wees: julle neem te veel op julle, julle seuns van Levi.
8
And Moses said unto Korah, Hear, I pray you, ye sons of Levi:
En Moses het tot Korag gesê, Hoor, ek bid julle, julle seuns van Levi:
9
[Seemeth it but] a small thing unto you, that the God of Israel hath separated you from the congregation of Israel, to bring you near to himself to do the service of the tabernacle of the LORD, and to stand before the congregation to minister unto them?
Lyk dit vir julle ’n klein ding dat die God van Israel julle van die vergadering van Israel afgesonder het, om julle nader by Hom te bring, om die diens van die tabernakel van die HERE te verrig, en om voor die vergadering te staan om hulle te bedien?
10
And he hath brought thee near [to him], and all thy brethren the sons of Levi with thee: and seek ye the priesthood also?
En dat Hy jou nader gebring het, en al jou broers die seuns van Levi saam met jou: en soek julle ook die priesteramp?
11
For which cause [both] thou and all thy company [are] gathered together against the LORD: and what [is] Aaron, that ye murmur against him?
Om hierdie rede is jy en jou hele geselskap bymekaar teen die HERE: en wat is Aäron, dat julle teen hom murmureer?
12
And Moses sent to call Dathan and Abiram, the sons of Eliab: which said, We will not come up:
En Moses het gestuur om Datan en Abíram, die seuns van Elíab, te roep: wat gesê het, Ons sal nie opkom nie:
13
[Is it] a small thing that thou hast brought us up out of a land that floweth with milk and honey, to kill us in the wilderness, except thou make thyself altogether a prince over us?
Is dit ’n klein ding dat jy ons uit ’n land uitgebring het wat oorvloei van melk en heuning, om ons in die wildernis om te bring, dat jy jou heeltemal ’n vors oor ons maak?
14
Moreover thou hast not brought us into a land that floweth with milk and honey, or given us inheritance of fields and vineyards: wilt thou put out the eyes of these men? we will not come up.
Bowendien het jy ons nie in ’n land gebring wat oorvloei van melk en heuning nie, of aan ons erfenis van velde en wingerde gegee nie: sal jy die oë van hierdie manne uitsteek? ons sal nie opkom nie.
15
And Moses was very wroth, and said unto the LORD, Respect not thou their offering: I have not taken one ass from them, neither have I hurt one of them.
En Moses was baie toornig, en het tot die HERE gesê, Moenie ag gee op hulle offer nie: ek het nie een esel van hulle geneem nie, en ek het geeneen van hulle leed aangedoen nie.
16
And Moses said unto Korah, Be thou and all thy company before the LORD, thou, and they, and Aaron, to morrow:
En Moses het tot Korag gesê, Wees jy en jou hele geselskap voor die HERE, jy, en hulle, en Aäron, môre:
17
And take every man his censer, and put incense in them, and bring ye before the LORD every man his censer, two hundred and fifty censers; thou also, and Aaron, each [of you] his censer.
En neem elkeen sy vuurbak, en sit reukwerk daarin, en bring elkeen sy vuurbak voor die HERE, tweehonderd en vyftig vuurbakke; jy ook, en Aäron, elkeen sy vuurbak.
18
And they took every man his censer, and put fire in them, and laid incense thereon, and stood in the door of the tabernacle of the congregation with Moses and Aaron.
En hulle het elkeen sy vuurbak geneem, en vuur daarin gesit, en reukwerk daarop gesit, en by die deur van die tabernakel van die gemeente gestaan met Moses en Aäron.
19
And Korah gathered all the congregation against them unto the door of the tabernacle of the congregation: and the glory of the LORD appeared unto all the congregation.
En Korag het die hele vergadering teen hulle bymekaargemaak by die deur van die tabernakel van die gemeente: en die heerlikheid van die HERE het aan die hele vergadering verskyn.
20
And the LORD spake unto Moses and unto Aaron, saying,
En die HERE het tot Moses en tot Aäron gespreek, en gesê,
21
Separate yourselves from among this congregation, that I may consume them in a moment.
Skei julle af uit die midde van hierdie vergadering, dat ek hulle in ’n oomblik mag verteer.
22
And they fell upon their faces, and said, O God, the God of the spirits of all flesh, shall one man sin, and wilt thou be wroth with all the congregation?
En hulle het op hulle aangesigte neergeval, en gesê, O God, die God van die geeste van alle vlees, moet een man sondig, en sal U toornig wees op die hele vergadering?
23
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
24
Speak unto the congregation, saying, Get you up from about the tabernacle of Korah, Dathan, and Abiram.
Spreek tot die vergadering, en sê, Trek weg van die omgewing van die tent van Korag, Datan, en Abíram.
25
And Moses rose up and went unto Dathan and Abiram; and the elders of Israel followed him.
En Moses het opgestaan en na Datan en Abíram gegaan; en die ouderlinge van Israel het hom gevolg.
26
And he spake unto the congregation, saying, Depart, I pray you, from the tents of these wicked men, and touch nothing of theirs, lest ye be consumed in all their sins.
En hy het tot die vergadering gespreek, en gesê, Trek tog weg van die tente van hierdie goddelose manne, en raak niks aan wat aan hulle behoort nie, dat julle nie in al hulle sondes verteer word nie.
27
So they gat up from the tabernacle of Korah, Dathan, and Abiram, on every side: and Dathan and Abiram came out, and stood in the door of their tents, and their wives, and their sons, and their little children.
So het hulle dan weggetrek van die tent van Korag, Datan, en Abíram, van elke kant af: en Datan en Abíram het uitgekom, en by die deur van hulle tente gestaan, en hulle vroue, en hulle seuns, en hulle kinders.
28
And Moses said, Hereby ye shall know that the LORD hath sent me to do all these works; for [I have] not [done them] of mine own mind.
En Moses het gesê, Hieraan moet julle weet dat die HERE my gestuur het om al hierdie werke te doen; want ek het dit nie uit my eie hart gedoen nie.
29
If these men die the common death of all men, or if they be visited after the visitation of all men; [then] the LORD hath not sent me.
As hierdie manne sterwe soos alle mense sterwe, of as hulle besoek word met die besoeking van alle mense; dan het die HERE my nie gestuur nie.
30
But if the LORD make a new thing, and the earth open her mouth, and swallow them up, with all that [appertain] unto them, and they go down quick into the pit; then ye shall understand that these men have provoked the LORD.
Maar as die HERE iets nuuts skep, en die aarde haar mond oopmaak, en hulle insluk met alles wat aan hulle behoort, en hulle lewendig in die graf afdaal; dan moet julle verstaan dat hierdie manne die HERE verag het.
31
And it came to pass, as he had made an end of speaking all these words, that the ground clave asunder that [was] under them:
En dit het gebeur, toe hy klaar was met al hierdie woorde te spreek, dat die grond wat onder hulle was, geskeur het:
32
And the earth opened her mouth, and swallowed them up, and their houses, and all the men that [appertained] unto Korah, and all [their] goods.
En die aarde het haar mond oopgemaak, en hulle ingesluk, en hulle huise, en al die mense wat aan Korag behoort het, en al hulle goed.
33
They, and all that [appertained] to them, went down alive into the pit, and the earth closed upon them: and they perished from among the congregation.
Hulle, en alles wat aan hulle behoort het, het lewendig in die graf afgedaal, en die aarde het hulle toegemaak: en hulle het omgekom uit die midde van die vergadering.
34
And all Israel that [were] round about them fled at the cry of them: for they said, Lest the earth swallow us up [also].
En die hele Israel wat rondom hulle was, het gevlug by hulle geroep; want hulle het gesê, Dat die aarde ons miskien nie insluk nie.
35
And there came out a fire from the LORD, and consumed the two hundred and fifty men that offered incense.
En daar het ’n vuur van die HERE uitgegaan, en die tweehonderd en vyftig manne verteer wat reukwerk geoffer het.
36
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
37
Speak unto Eleazar the son of Aaron the priest, that he take up the censers out of the burning, and scatter thou the fire yonder; for they are hallowed.
Sê tot Eleásar die seun van Aäron die priester, dat hy die vuurbakke uit die branding moet opneem, en strooi die vuur daarvandaan; want hulle is geheilig.
38
The censers of these sinners against their own souls, let them make them broad plates [for] a covering of the altar: for they offered them before the LORD, therefore they are hallowed: and they shall be a sign unto the children of Israel.
Die vuurbakke van hierdie sondaars teen hulle eie siele, laat hulle daarvan dun plate maak tot ’n bedekking van die altaar: want hulle het dit voor die HERE geoffer, daarom is hulle geheilig: en hulle moet wees tot ’n teken aan die kinders van Israel.
39
And Eleazar the priest took the brasen censers, wherewith they that were burnt had offered; and they were made broad [plates for] a covering of the altar:
En Eleásar die priester het die koper vuurbakke geneem, waarmee die wat verbrand is, geoffer het; en hulle is dun gemaak tot ’n bedekking van die altaar:
40
[To be] a memorial unto the children of Israel, that no stranger, which [is] not of the seed of Aaron, come near to offer incense before the LORD; that he be not as Korah, and as his company: as the LORD said to him by the hand of Moses.
Tot ’n gedenkteken aan die kinders van Israel, dat geen vreemdeling, wat nie van die saad van Aäron is nie, mag nader kom om reukwerk voor die HERE te brand; dat hy nie soos Korag, en soos sy geselskap word nie: soos die HERE tot hom gesê het deur die hand van Moses.
41
But on the morrow all the congregation of the children of Israel murmured against Moses and against Aaron, saying, Ye have killed the people of the LORD.
Maar die volgende dag het die hele vergadering van die kinders van Israel teen Moses en teen Aäron gemurmureer, en gesê, Julle het die volk van die HERE gedood.
42
And it came to pass, when the congregation was gathered against Moses and against Aaron, that they looked toward the tabernacle of the congregation: and, behold, the cloud covered it, and the glory of the LORD appeared.
En dit het gebeur, toe die vergadering teen Moses en teen Aäron bymekaargekom het, dat hulle na die tabernakel van die gemeente gekyk het: en kyk, die wolk het dit bedek, en die heerlikheid van die HERE het verskyn.
43
And Moses and Aaron came before the tabernacle of the congregation.
En Moses en Aäron het voor die tabernakel van die gemeente gekom.
44
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
45
Get you up from among this congregation, that I may consume them as in a moment. And they fell upon their faces.
Trek weg uit die midde van hierdie vergadering, dat ek hulle in ’n oomblik mag verteer. En hulle het op hulle aangesigte neergeval.
46
And Moses said unto Aaron, Take a censer, and put fire therein from off the altar, and put on incense, and go quickly unto the congregation, and make an atonement for them: for there is wrath gone out from the LORD; the plague is begun.
En Moses het tot Aäron gesê, Neem ’n vuurbak, en sit vuur daarin van die altaar af, en sit reukwerk daarop, en gaan gou na die vergadering, en maak versoening vir hulle: want daar is toorn uitgegaan van die HERE; die plaag het begin.
47
And Aaron took as Moses commanded, and ran into the midst of the congregation; and, behold, the plague was begun among the people: and he put on incense, and made an atonement for the people.
En Aäron het geneem soos Moses beveel het, en in die midde van die vergadering gehardloop; en kyk, die plaag het onder die volk begin: en hy het die reukwerk gesit, en versoening vir die volk gemaak.
48
And he stood between the dead and the living; and the plague was stayed.
En hy het tussen die dooies en die lewendes gestaan; en die plaag is gestuit.
49
Now they that died in the plague were fourteen thousand and seven hundred, beside them that died about the matter of Korah.
Nou was die wat in die plaag gesterwe het, veertien duisend en sewehonderd, behalwe dié wat in die saak van Korag gesterwe het.
50
And Aaron returned unto Moses unto the door of the tabernacle of the congregation: and the plague was stayed.
En Aäron het na Moses teruggekeer by die deur van die tabernakel van die gemeente: en die plaag is gestuit.