← Numeri 11 Numeri — Numbers 12 Numeri 13 →
King James Version
AFR DVK
1
And Miriam and Aaron spake against Moses because of the Ethiopian woman whom he had married: for he had married an Ethiopian woman.
En Mirjam en Aäron het teen Moses gespreek vanweë die Etiopiese vrou wat hy geneem het: want hy het ’n Etiopiese vrou geneem.
2
And they said, Hath the LORD indeed spoken only by Moses? hath he not spoken also by us? And the LORD heard [it].
En hulle het gesê, Het die HERE waarlik net deur Moses gespreek? het Hy nie ook deur ons gespreek nie? En die HERE het dit gehoor.
3
(Now the man Moses [was] very meek, above all the men which [were] upon the face of the earth.)
(Nou was die man Moses baie sagmoedig, meer as al die mense wat op die aangesig van die aarde was.)
4
And the LORD spake suddenly unto Moses, and unto Aaron, and unto Miriam, Come out ye three unto the tabernacle of the congregation. And they three came out.
En die HERE het skielik tot Moses, en tot Aäron, en tot Mirjam gespreek, Kom uit julle drie na die tabernakel van die gemeente. En hulle drie het uitgekom.
5
And the LORD came down in the pillar of the cloud, and stood [in] the door of the tabernacle, and called Aaron and Miriam: and they both came forth.
En die HERE het neergedaal in die pilaar van die wolk, en by die deur van die tabernakel gestaan, en Aäron en Mirjam geroep: en hulle altwee het uitgekom.
6
And he said, Hear now my words: If there be a prophet among you, [I] the LORD will make myself known unto him in a vision, [and] will speak unto him in a dream.
En Hy het gesê, Hoor nou my woorde: As daar ’n profeet onder julle is, ek die HERE sal My in ’n gesig aan hom bekend maak, ek sal met hom in ’n droom spreek.
7
My servant Moses [is] not so, who [is] faithful in all mine house.
My dienaar Moses is nie so nie, wat getrou is in my hele huis.
8
With him will I speak mouth to mouth, even apparently, and not in dark speeches; and the similitude of the LORD shall he behold: wherefore then were ye not afraid to speak against my servant Moses?
Met hom sal ek van mond tot mond spreek, selfs duidelik, en nie in duistere uitsprake nie; en die gelykenis van die HERE sal hy aanskou: waarom was julle dan nie bevrees om teen my dienaar Moses te spreek nie?
9
And the anger of the LORD was kindled against them; and he departed.
En die toorn van die HERE is teen hulle aangesteek; en Hy het weggegaan.
10
And the cloud departed from off the tabernacle; and, behold, Miriam [became] leprous, [white] as snow: and Aaron looked upon Miriam, and, behold, [she was] leprous.
En die wolk het van die tabernakel afgewyk; en kyk, Mirjam was melaats, wit soos sneeu: en Aäron het na Mirjam gekyk, en kyk, sy was melaats.
11
And Aaron said unto Moses, Alas, my lord, I beseech thee, lay not the sin upon us, wherein we have done foolishly, and wherein we have sinned.
En Aäron het tot Moses gesê, Ag, my heer, ek bid jou, lê nie die sonde op ons nie, waarin ons dwaas gehandel het, en waarin ons gesondig het.
12
Let her not be as one dead, of whom the flesh is half consumed when he cometh out of his mother’s womb.
Laat haar tog nie wees soos een wat dood is, van wie se vlees die helfte verteer is wanneer hy uit sy moeder se skoot uitkom nie.
13
And Moses cried unto the LORD, saying, Heal her now, O God, I beseech thee.
En Moses het tot die HERE geroep, en gesê, Genees haar nou, o God, ek bid U.
14
And the LORD said unto Moses, If her father had but spit in her face, should she not be ashamed seven days? let her be shut out from the camp seven days, and after that let her be received in [again].
En die HERE het tot Moses gesê, As haar vader maar in haar aangesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank skaam wees nie? Laat haar sewe dae buite die kamp toegesluit word, en daarna moet sy weer ingebring word.
15
And Miriam was shut out from the camp seven days: and the people journeyed not till Miriam was brought in [again].
En Mirjam is sewe dae buite die kamp toegesluit: en die volk het nie voortgetrek totdat Mirjam weer ingebring is nie.
16
And afterward the people removed from Hazeroth, and pitched in the wilderness of Paran.
En daarna het die volk van Háserot getrek, en kamp opgeslaan in die wildernis van Paran.