← Numeri 10 Numeri — Numbers 11 Numeri 12 →
King James Version
AFR DVK
1
And [when] the people complained, it displeased the LORD: and the LORD heard [it]; and his anger was kindled; and the fire of the LORD burnt among them, and consumed [them that were] in the uttermost parts of the camp.
En toe die volk gekla het, was dit sleg in die ore van die HERE: en die HERE het dit gehoor; en sy toorn is aangesteek; en die vuur van die HERE het onder hulle gebrand, en verteer in die uiterste dele van die kamp.
2
And the people cried unto Moses; and when Moses prayed unto the LORD, the fire was quenched.
En die volk het tot Moses geroep; en toe Moses tot die HERE gebid het, is die vuur geblus.
3
And he called the name of the place Taberah: because the fire of the LORD burnt among them.
En hy het die naam van daardie plek Tabéra genoem: omdat die vuur van die HERE onder hulle gebrand het.
4
And the mixt multitude that [was] among them fell a lusting: and the children of Israel also wept again, and said, Who shall give us flesh to eat?
En die gemengde menigte wat onder hulle was, het begeer; en die kinders van Israel het ook weer geween, en gesê, Wie sal vir ons vleis gee om te eet?
5
We remember the fish, which we did eat in Egypt freely; the cucumbers, and the melons, and the leeks, and the onions, and the garlick:
Ons dink aan die vis wat ons in Egipte gratis geëet het; die komkommers, en die spanspekke, en die preie, en die uie, en die knoffel:
6
But now our soul [is] dried away: [there is] nothing at all, beside this manna, [before] our eyes.
Maar nou is ons siel uitgedroog: daar is niks behalwe hierdie manna voor ons oë nie.
7
And the manna [was] as coriander seed, and the colour thereof as the colour of bdellium.
En die manna was soos koljandersaad, en die kleur daarvan soos die kleur van bdellium.
8
[And] the people went about, and gathered [it], and ground [it] in mills, or beat [it] in a mortar, and baked [it] in pans, and made cakes of it: and the taste of it was as the taste of fresh oil.
En die volk het rondgegaan, en dit bymekaargemaak, en dit in meulens gemaal, of dit in mortiere gestamp, en dit in panne gebak, en koeke daarvan gemaak: en die smaak daarvan was soos die smaak van vars olie.
9
And when the dew fell upon the camp in the night, the manna fell upon it.
En wanneer die dou in die nag op die kamp geval het, het die manna daarop geval.
10
Then Moses heard the people weep throughout their families, every man in the door of his tent: and the anger of the LORD was kindled greatly; Moses also was displeased.
Toe het Moses die volk deur hulle families hoor ween, elkeen by die deur van sy tent: en die toorn van die HERE is grootliks aangesteek; Moses ook was ontevrede.
11
And Moses said unto the LORD, Wherefore hast thou afflicted thy servant? and wherefore have I not found favour in thy sight, that thou layest the burden of all this people upon me?
En Moses het tot die HERE gesê, Waarom het U u dienaar so sleg behandel? en waarom het ek nie genade in u oë gevind nie, dat U die las van hierdie hele volk op my lê?
12
Have I conceived all this people? have I begotten them, that thou shouldest say unto me, Carry them in thy bosom, as a nursing father beareth the sucking child, unto the land which thou swarest unto their fathers?
Het ek hierdie hele volk ontvang? het ek hulle verwek, dat U tot my sê, Dra hulle in jou boesem, soos ’n voedster die suigeling dra, na die land wat U aan hulle vaders met ’n eed beloof het?
13
Whence should I have flesh to give unto all this people? for they weep unto me, saying, Give us flesh, that we may eat.
Vanwaar moet ek vleis kry om aan hierdie hele volk te gee? want hulle ween tot my, en sê, Gee ons vleis, dat ons mag eet.
14
I am not able to bear all this people alone, because [it is] too heavy for me.
Ek is nie in staat om hierdie hele volk alleen te dra nie, omdat dit te swaar is vir my.
15
And if thou deal thus with me, kill me, I pray thee, out of hand, if I have found favour in thy sight; and let me not see my wretchedness.
En as U so met my handel, maak my asseblief dadelik dood, as ek genade in u oë gevind het; en laat my nie my ellende sien nie.
16
And the LORD said unto Moses, Gather unto me seventy men of the elders of Israel, whom thou knowest to be the elders of the people, and officers over them; and bring them unto the tabernacle of the congregation, that they may stand there with thee.
En die HERE het tot Moses gesê, Versamel vir My sewentig manne uit die ouderlinge van Israel, wat jy weet dat hulle die ouderlinge van die volk is, en owerstes oor hulle; en bring hulle by die tabernakel van die gemeente, dat hulle daar saam met jou mag staan.
17
And I will come down and talk with thee there: and I will take of the spirit which [is] upon thee, and will put [it] upon them; and they shall bear the burden of the people with thee, that thou bear [it] not thyself alone.
En ek sal afkom en daar met jou spreek: en ek sal van die Gees neem wat op jou is, en dit op hulle sit; en hulle sal die las van die volk saam met jou dra, dat jy dit nie alleen dra nie.
18
And say thou unto the people, Sanctify yourselves against to morrow, and ye shall eat flesh: for ye have wept in the ears of the LORD, saying, Who shall give us flesh to eat? for [it was] well with us in Egypt: therefore the LORD will give you flesh, and ye shall eat.
En sê tot die volk, Heilig julle teen môre, en julle sal vleis eet: want julle het in die ore van die HERE geween, en gesê, Wie sal vir ons vleis gee om te eet? want dit was goed met ons in Egipte: daarom sal die HERE julle vleis gee, en julle sal eet.
19
Ye shall not eat one day, nor two days, nor five days, neither ten days, nor twenty days;
Julle sal nie een dag, of twee dae, of vyf dae, of tien dae, of twintig dae eet nie;
20
[But] even a whole month, until it come out at your nostrils, and it be loathsome unto you: because that ye have despised the LORD which [is] among you, and have wept before him, saying, Why came we forth out of Egypt?
Maar selfs ’n hele maand lank, totdat dit by julle neus uitkom, en dit vir julle ’n walging word: omdat julle die HERE verwerp het wat onder julle is, en voor Hom geween het, en gesê het, Waarom het ons uit Egipte uitgegaan?
21
And Moses said, The people, among whom I [am], [are] six hundred thousand footmen; and thou hast said, I will give them flesh, that they may eat a whole month.
En Moses het gesê, Die volk onder wie ek is, is seshonderd duisend man te voet; en U het gesê, Ek sal hulle vleis gee, dat hulle ’n hele maand lank mag eet.
22
Shall the flocks and the herds be slain for them, to suffice them? or shall all the fish of the sea be gathered together for them, to suffice them?
Sal die kuddes en die troppe vir hulle geslag word, om hulle te versadig? of sal al die visse van die see vir hulle bymekaargemaak word, om hulle te versadig?
23
And the LORD said unto Moses, Is the LORD’S hand waxed short? thou shalt see now whether my word shall come to pass unto thee or not.
En die HERE het tot Moses gesê, Is die hand van die HERE te kort? jy sal nou sien of my woord met jou sal gebeur of nie.
24
And Moses went out, and told the people the words of the LORD, and gathered the seventy men of the elders of the people, and set them round about the tabernacle.
En Moses het uitgegaan, en die woorde van die HERE aan die volk vertel, en sewentig manne uit die ouderlinge van die volk versamel, en hulle rondom die tabernakel gestel.
25
And the LORD came down in a cloud, and spake unto him, and took of the spirit that [was] upon him, and gave [it] unto the seventy elders: and it came to pass, [that], when the spirit rested upon them, they prophesied, and did not cease.
En die HERE het in ’n wolk neergedaal, en met hom gespreek, en van die Gees geneem wat op hom was, en dit op die sewentig ouderlinge gesit: en dit het gebeur, toe die Gees op hulle gerus het, dat hulle geprofeteer het, en nie opgehou het nie.
26
But there remained two [of the] men in the camp, the name of the one [was] Eldad, and the name of the other Medad: and the spirit rested upon them; and they [were] of them that were written, but went not out unto the tabernacle: and they prophesied in the camp.
Maar daar het twee manne in die kamp agtergebly, die naam van die een was Eldad, en die naam van die ander Medad: en die Gees het op hulle gerus; en hulle was van die wat opgeskrywe is, maar het nie uitgegaan na die tabernakel nie: en hulle het in die kamp geprofeteer.
27
And there ran a young man, and told Moses, and said, Eldad and Medad do prophesy in the camp.
En daar het ’n jongman gehardloop, en dit aan Moses vertel, en gesê, Eldad en Medad profeteer in die kamp.
28
And Joshua the son of Nun, the servant of Moses, [one] of his young men, answered and said, My lord Moses, forbid them.
En Josua die seun van Nun, die dienaar van Moses, een van sy jongmanne, het geantwoord en gesê, My heer Moses, verbied hulle.
29
And Moses said unto him, Enviest thou for my sake? would God that all the LORD’S people were prophets, [and] that the LORD would put his spirit upon them!
En Moses het tot hom gesê, Beny jy vir my ontwil? mag die hele volk van die HERE maar profete wees, en mag die HERE sy Gees op hulle sit!
30
And Moses gat him into the camp, he and the elders of Israel.
En Moses het hom in die kamp teruggetrek, hy en die ouderlinge van Israel.
31
And there went forth a wind from the LORD, and brought quails from the sea, and let [them] fall by the camp, as it were a day’s journey on this side, and as it were a day’s journey on the other side, round about the camp, and as it were two cubits [high] upon the face of the earth.
En daar het ’n wind van die HERE uitgegaan, en kwakkels van die see af aangebring, en hulle by die kamp laat val, soos ’n dag se reis aan hierdie kant, en soos ’n dag se reis aan daardie kant, rondom die kamp, en soos twee el hoog bo die aangesig van die aarde.
32
And the people stood up all that day, and all [that] night, and all the next day, and they gathered the quails: he that gathered least gathered ten homers: and they spread [them] all abroad for themselves round about the camp.
En die volk het opgestaan die hele daardie dag, en die hele nag, en die hele volgende dag, en die kwakkels bymekaargemaak: hy wat die minste bymekaargemaak het, het tien homers bymekaargemaak: en hulle het hulle vir hulle uitgesprei rondom die kamp.
33
And while the flesh [was] yet between their teeth, ere it was chewed, the wrath of the LORD was kindled against the people, and the LORD smote the people with a very great plague.
En terwyl die vleis nog tussen hulle tande was, voordat dit verteer was, is die toorn van die HERE teen die volk aangesteek, en die HERE het die volk met ’n baie groot plaag geslaan.
34
And he called the name of that place Kibrothhattaavah: because there they buried the people that lusted.
En hy het die naam van daardie plek Kibrot-Hattáäwa genoem: omdat hulle daar die volk begrawe het wat begeer het.
35
[And] the people journeyed from Kibrothhattaavah unto Hazeroth; and abode at Hazeroth.
En die volk het van Kibrot-Hattáäwa na Háserot getrek; en hulle het by Háserot gebly.