King James Version
AFR DVK
1
Take heed that ye do not your alms before men, to be seen of them: otherwise ye have no reward of your Father which is in heaven.
Pas op dat julle julle aalmoese nie voor die mens doen, om deur hulle gesien te word nie: anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.
2
Therefore when thou doest [thine] alms, do not sound a trumpet before thee, as the hypocrites do in the synagogues and in the streets, that they may have glory of men. Verily I say unto you, They have their reward.
Daarom wanneer jy aalmoese gee, moenie ’n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en in die strate doen, dat hulle deur die mens geëer mag word nie. Voorwaar sê ek vir julle, Hulle het hulle loon.
3
But when thou doest alms, let not thy left hand know what thy right hand doeth:
Maar wanneer jy aalmoese gee, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie:
4
That thine alms may be in secret: and thy Father which seeth in secret himself shall reward thee openly.
Dat jou aalmoese in die geheim mag wees: en jou Vader wat in die geheim sien, sal jou openlik beloon.
5
And when thou prayest, thou shalt not be as the hypocrites [are]: for they love to pray standing in the synagogues and in the corners of the streets, that they may be seen of men. Verily I say unto you, They have their reward.
En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie: want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en te bid, dat hulle deur die mens gesien mag word. Voorwaar sê ek vir julle, Hulle het hulle loon.
6
But thou, when thou prayest, enter into thy closet, and when thou hast shut thy door, pray to thy Father which is in secret; and thy Father which seeth in secret shall reward thee openly.
Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, en wanneer jy jou deur toegemaak het, bid tot jou Vader wat in die geheim is; en jou Vader wat in die geheim sien, sal jou openlik beloon.
7
But when ye pray, use not vain repetitions, as the heathen [do]: for they think that they shall be heard for their much speaking.
Maar wanneer julle bid, gebruik nie ydele herhalings soos die heidene nie: want hulle dink dat hulle deur hulle baie woorde verhoor sal word.
8
Be not ye therefore like unto them: for your Father knoweth what things ye have need of, before ye ask him.
Wees daarom nie soos hulle nie: want julle Vader weet wat julle nodig het, voordat julle Hom vra.
9
After this manner therefore pray ye: Our Father which art in heaven, Hallowed be thy name.
Bid julle daarom so: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word.
10
Thy kingdom come. Thy will be done in earth, as [it is] in heaven.
Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel so ook op die aarde.
11
Give us this day our daily bread.
Gee ons vandag ons daaglikse brood.
12
And forgive us our debts, as we forgive our debtors.
En vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe.
13
And lead us not into temptation, but deliver us from evil: For thine is the kingdom, and the power, and the glory, for ever. Amen.
En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die boosheid: Want aan U behoort die koninkryk, en die krag, en die heerlikheid, tot in ewigheid. Amen.
14
For if ye forgive men their trespasses, your heavenly Father will also forgive you:
Want as julle die mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe:
15
But if ye forgive not men their trespasses, neither will your Father forgive your trespasses.
Maar as julle die mense hulle oortredings nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredings ook nie vergewe nie.
16
Moreover when ye fast, be not, as the hypocrites, of a sad countenance: for they disfigure their faces, that they may appear unto men to fast. Verily I say unto you, They have their reward.
Bowendien, wanneer julle vas, wees nie soos die geveinsdes, met ’n treurige gelaat nie: want hulle ontsier hulle aangesigte, dat hulle vir die mens mag voorkom om te vas. Voorwaar sê ek vir julle, Hulle het hulle loon.
17
But thou, when thou fastest, anoint thine head, and wash thy face;
Maar jy, wanneer jy vas, salf jou hoof, en was jou aangesig;
18
That thou appear not unto men to fast, but unto thy Father which is in secret: and thy Father, which seeth in secret, shall reward thee openly.
Dat jy nie vir die mens mag voorkom om te vas nie, maar vir jou Vader wat in die geheim is: en jou Vader, wat in die geheim sien, sal jou openlik beloon.
19
Lay not up for yourselves treasures upon earth, where moth and rust doth corrupt, and where thieves break through and steal:
Julle moet julle nie skatte op die aarde bymekaarmaak nie, waar mot en roes verderf, en waar diewe inbreek en steel:
20
But lay up for yourselves treasures in heaven, where neither moth nor rust doth corrupt, and where thieves do not break through nor steal:
Maar maak julle skatte bymekaar in die hemele, waar nie mot of roes verderf nie, en waar diewe nie inbreek of steel nie:
21
For where your treasure is, there will your heart be also.
Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
22
The light of the body is the eye: if therefore thine eye be single, thy whole body shall be full of light.
Die lig van die liggaam is die oog: as daarom jou oog enkel is, sal jou hele liggaam vol lig wees.
23
But if thine eye be evil, thy whole body shall be full of darkness. If therefore the light that is in thee be darkness, how great [is] that darkness!
Maar as jou oog boos is, sal jou hele liggaam vol duisternis wees. As daarom die lig wat in jou is, duisternis is, hoe groot is daardie duisternis!
24
No man can serve two masters: for either he will hate the one, and love the other; or else he will hold to the one, and despise the other. Ye cannot serve God and mammon.
Niemand kan twee here dien nie: want of hy sal die een haat, en die ander liefhê; of hy sal die een aanhang, en die ander verag. Julle kan nie God en die mammon dien nie.
25
Therefore I say unto you, Take no thought for your life, what ye shall eat, or what ye shall drink; nor yet for your body, what ye shall put on. Is not the life more than meat, and the body than raiment?
Daarom sê ek vir julle, Wees nie besorg vir julle lewe, wat julle sal eet, of wat julle sal drink nie; en ook nie vir julle liggaam, wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel, en die liggaam as die klere nie?
26
Behold the fowls of the air: for they sow not, neither do they reap, nor gather into barns; yet your heavenly Father feedeth them. Are ye not much better than they?
Aanskou die voëls van die hemel: want hulle saai nie, en hulle maai nie, en hulle bring nie bymekaar in skure nie; tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
27
Which of you by taking thought can add one cubit unto his stature?
Wie van julle kan deur besorg te wees een el by sy gestalte voeg?
28
And why take ye thought for raiment? Consider the lilies of the field, how they grow; they toil not, neither do they spin:
En waarom is julle besorg oor klere? Oorweeg die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie, en hulle spin nie:
29
And yet I say unto you, That even Solomon in all his glory was not arrayed like one of these.
En tog sê ek vir julle, Dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie so aangetrek was soos een van hierdie nie.
30
Wherefore, if God so clothe the grass of the field, which to day is, and to morrow is cast into the oven, [shall he] not much more [clothe] you, O ye of little faith?
Daarom, as God so die gras van die veld beklee, wat vandag is, en more in die oond gegooi word, sal Hy julle nie veel meer beklee nie, o julle kleingelowiges?
31
Therefore take no thought, saying, What shall we eat? or, What shall we drink? or, Wherewithal shall we be clothed?
Daarom wees nie besorg, sê, Wat sal ons eet? of, Wat sal ons drink? of, Waarmee sal ons ons beklee nie?
32
(For after all these things do the Gentiles seek:) for your heavenly Father knoweth that ye have need of all these things.
(Want ná al hierdie dinge soek die heidene:) want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.
33
But seek ye first the kingdom of God, and his righteousness; and all these things shall be added unto you.
Maar soek eers die koninkryk van God, en sy geregtigheid; en al hierdie dinge sal by julle bygevoeg word.
34
Take therefore no thought for the morrow: for the morrow shall take thought for the things of itself. Sufficient unto the day [is] the evil thereof.
Wees daarom nie besorg vir die môre nie: want die môre sal vir die dinge van homself besorg wees. Die kwaad van elke dag is genoeg daarvoor.