King James Version
AFR DVK
1
In those days the multitude being very great, and having nothing to eat, Jesus called his disciples [unto him], and saith unto them,
In daardie dae, die skare baie groot synde, en niks hebbende om te eet nie, het Jesus sy dissipels by Hom geroep, en tot hulle gesê,
2
I have compassion on the multitude, because they have now been with me three days, and have nothing to eat:
Ek is met ontferming bewoë oor die skare, omdat hulle nou al drie dae by My bly, en niks het om te eet nie:
3
And if I send them away fasting to their own houses, they will faint by the way: for divers of them came from far.
En as ek hulle honger na hulle huise wegstuur, sal hulle onderweg flou word: want sommige van hulle het van ver gekom.
4
And his disciples answered him, From whence can a man satisfy these [men] with bread here in the wilderness?
En sy dissipels het Hom geantwoord, Van waar kan ‚'n mens hierdie met brood versadig in die wildernis?
5
And he asked them, How many loaves have ye? And they said, Seven.
En Hy het hulle gevra, Hoeveel brode het julle? En hulle het gesê, Sewe.
6
And he commanded the people to sit down on the ground: and he took the seven loaves, and gave thanks, and brake, and gave to his disciples to set before [them]; and they did set [them] before the people.
En Hy het die skare beveel om op die grond te sit: en Hy het die sewe brode geneem, en dank gesê, en dit gebreek, en aan sy dissipels gegee om voor hulle te sit; en hulle het dit voor die skare gesit.
7
And they had a few small fishes: and he blessed, and commanded to set them also before [them].
En hulle het ’n paar klein vissies gehad: en Hy het geseën, en beveel om hulle ook voor hulle te sit.
8
So they did eat, and were filled: and they took up of the broken [meat] that was left seven baskets.
So het hulle geëet, en was versadig: en hulle het van die stukkies wat oorbly, sewe mandjies opgetel.
9
And they that had eaten were about four thousand: and he sent them away.
En dié wat geëet het, was omtrent vier duisend: en Hy het hulle weggestuur.
10
And straightway he entered into a ship with his disciples, and came into the parts of Dalmanutha.
En dadelik het Hy in ’n skip met sy dissipels gegaan, en in die dele van Dalmanúta gekom.
11
And the Pharisees came forth, and began to question with him, seeking of him a sign from heaven, tempting him.
En die Fariseërs het uitgegaan, en begin om met Hom te redeneer, en van Hom ’n teken uit die hemel gesoek, Hom versoekende.
12
And he sighed deeply in his spirit, and saith, Why doth this generation seek after a sign? verily I say unto you, There shall no sign be given unto this generation.
En Hy het diep in sy gees gesug, en gesê, Waarom soek hierdie geslag na ’n teken? voorwaar sê ek vir julle, Daar sal geen teken aan hierdie geslag gegee word nie.
13
And he left them, and entering into the ship again departed to the other side.
En Hy het hulle verlaat, en weer in die skip gegaan, en na die oorkant vertrek.
14
Now [the disciples] had forgotten to take bread, neither had they in the ship with them more than one loaf.
Nou het die dissipels vergeet om brood te neem, en hulle het geen brood in die skip by hulle gehad nie, behalwe een brood.
15
And he charged them, saying, Take heed, beware of the leaven of the Pharisees, and [of] the leaven of Herod.
En Hy het hulle beveel, sê, Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs, en vir die suurdeeg van Herodes.
16
And they reasoned among themselves, saying, [It is] because we have no bread.
En hulle het onder mekaar geredeneer, sê, Dit is omdat ons geen brood het nie.
17
And when Jesus knew [it], he saith unto them, Why reason ye, because ye have no bread? perceive ye not yet, neither understand? have ye your heart yet hardened?
En toe Jesus dit weet, het Hy tot hulle gesê, Waarom redeneer julle, omdat julle geen brood het nie? verstaan julle nog nie, en ook nie begryp nie? het julle julle hart nog verhard?
18
Having eyes, see ye not? and having ears, hear ye not? and do ye not remember?
Siende oë hebbende, sien julle nie? en horende ore hebbende, hoor julle nie? en onthou julle nie?
19
When I brake the five loaves among five thousand, how many baskets full of fragments took ye up? They say unto him, Twelve.
Toe ek die vyf brode gebreek het onder die vyf duisend, hoeveel mandjies vol stukkies het julle opgetel? Hulle het tot Hom gesê, Twaalf.
20
And when the seven among four thousand, how many baskets full of fragments took ye up? And they said, Seven.
En toe die sewe onder die vier duisend, hoeveel mandjies vol stukkies het julle opgetel? En hulle het gesê, Sewe.
21
And he said unto them, How is it that ye do not understand?
En Hy het tot hulle gesê, Hoe is dit dat julle nie verstaan nie?
22
And he cometh to Bethsaida; and they bring a blind man unto him, and besought him to touch him.
En Hy kom by Betsáida; en hulle bring ’n blinde by Hom, en smeek Hom om hom aan te raak.
23
And he took the blind man by the hand, and led him out of the town; and when he had spit on his eyes, and put his hands upon him, he asked him if he saw ought.
En Hy het die blinde by die hand geneem, en hom uit die dorp uitgelei; en toe Hy in sy oë gespuug het, en sy hande op hom gelê het, het Hy hom gevra of hy iets sien.
24
And he looked up, and said, I see men as trees, walking.
En hy het opgekyk, en gesê, Ek sien die mense soos bome, wandelende.
25
After that he put [his] hands again upon his eyes, and made him look up: and he was restored, and saw every man clearly.
Daarna het Hy weer sy hande op sy oë gelê, en hom laat opkyk: en hy is herstel, en het elke man duidelik gesien.
26
And he sent him away to his house, saying, Neither go into the town, nor tell [it] to any in the town.
En Hy het hom na sy huis gestuur, sê, Gaan ook nie in die dorp in nie, en sê dit ook nie aan iemand in die dorp nie.
27
And Jesus went out, and his disciples, into the towns of Caesarea Philippi: and by the way he asked his disciples, saying unto them, Whom do men say that I am?
En Jesus het uitgegaan, en sy dissipels, in die dorpe van Cesaréa-Filippi: en op die pad het Hy sy dissipels gevra, sê tot hulle, Wie sê die mense dat ek is?
28
And they answered, John the Baptist: but some [say], Elias; and others, One of the prophets.
En hulle het geantwoord, Johannes die Doper: maar sommige sê, Elia; en andere, Een van die profete.
29
And he saith unto them, But whom say ye that I am? And Peter answereth and saith unto him, Thou art the Christ.
En Hy het tot hulle gesê, Maar julle, wie sê julle dat ek is? En Petrus het geantwoord en tot Hom gesê, U is die Christus.
30
And he charged them that they should tell no man of him.
En Hy het hulle beveel dat hulle aan niemand van Hom moes sê nie.
31
And he began to teach them, that the Son of man must suffer many things, and be rejected of the elders, and [of] the chief priests, and scribes, and be killed, and after three days rise again.
En Hy het begin om hulle te leer, dat die Seun van die mens baie dinge moet ly, en verwerp word deur die ouderlinge, en deur die owerpriesters, en skrifgeleerdes, en gedood word, en ná drie dae opstaan.
32
And he spake that saying openly. And Peter took him, and began to rebuke him.
En Hy het die saak openlik gespreek. En Petrus het Hom ter syde geneem, en begin om Hom te bestraf.
33
But when he had turned about and looked on his disciples, he rebuked Peter, saying, Get thee behind me, Satan: for thou savourest not the things that be of God, but the things that be of men.
Maar toe Hy Hom omgedraai het, en sy dissipels aangesien het, het Hy Petrus bestraf, sê, Gaan weg agter My, Satan: want jy bedink nie die dinge wat van God is nie, maar dié wat van die mens is.
34
And when he had called the people [unto him] with his disciples also, he said unto them, Whosoever will come after me, let him deny himself, and take up his cross, and follow me.
En toe Hy die skare by sy dissipels geroep het, het Hy tot hulle gesê, Wie ook al agter My aan wil kom, laat hom homself verloën, en sy kruis opneem, en My volg.
35
For whosoever will save his life shall lose it; but whosoever shall lose his life for my sake and the gospel’s, the same shall save it.
Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en die evangelie se ontwil sal verloor, dieselfde sal dit red.
36
For what shall it profit a man, if he shall gain the whole world, and lose his own soul?
Want wat sal dit ’n mens baat as hy die hele wêreld win, en sy eie siel verloor?
37
Or what shall a man give in exchange for his soul?
Of wat sal ‚'n mens gee in ruil vir sy siel?
38
Whosoever therefore shall be ashamed of me and of my words in this adulterous and sinful generation; of him also shall the Son of man be ashamed, when he cometh in the glory of his Father with the holy angels.
Wie ook al My en my woorde in hierdie egbreukende en sondige geslag skaam is, van hom sal die Seun van die mens ook skaam wees, wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.