King James Version
AFR DVK
1
And as he went out of the temple, one of his disciples saith unto him, Master, see what manner of stones and what buildings [are here]!
En toe Hy uit die tempel uitgegaan het, het een van sy dissipels tot Hom gesê, Meester, kyk watter stene en watter geboue is hier!
2
And Jesus answering said unto him, Seest thou these great buildings? there shall not be left one stone upon another, that shall not be thrown down.
En Jesus het geantwoord en tot hom gesê, Sien jy hierdie groot geboue? daar sal nie een steen op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie.
3
And as he sat upon the mount of Olives over against the temple, Peter and James and John and Andrew asked him privately,
En toe Hy op die Olyfberg sit teenoor die tempel, het Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas Hom in die geheim gevra,
4
Tell us, when shall these things be? and what [shall be] the sign when all these things shall be fulfilled?
Sê ons, wanneer sal hierdie dinge wees? en wat sal die teken wees wanneer al hierdie dinge voleindig sal word?
5
And Jesus answering them began to say, Take heed lest any [man] deceive you:
En Jesus het hulle geantwoord en begin om te sê, Pas op dat niemand julle mislei nie:
6
For many shall come in my name, saying, I am [Christ]; and shall deceive many.
Want baie sal in my Naam kom, sê, Ek is Christus; en sal baie mislei.
7
And when ye shall hear of wars and rumours of wars, be ye not troubled: for [such things] must needs be; but the end [shall] not [be] yet.
En wanneer julle van oorloë en gerugte van oorloë hoor, wees nie ontsteld nie: want sulke dinge moet wees; maar die einde is nog nie.
8
For nation shall rise against nation, and kingdom against kingdom: and there shall be earthquakes in divers places, and there shall be famines and troubles: these [are] the beginnings of sorrows.
Want nasie sal teen nasie opstaan, en koninkryk teen koninkryk: en daar sal aardbewings in verskillende plekke wees, en daar sal hongersnode en benoudhede wees: dit is die begin van smarte.
9
But take heed to yourselves: for they shall deliver you up to councils; and in the synagogues ye shall be beaten: and ye shall be brought before rulers and kings for my sake, for a testimony against them.
Maar pas julle self op: want hulle sal julle oorgee aan rade; en in die sinagoges sal julle geslaan word: en julle sal voor heersers en konings gebring word om My ontwil, tot ‚'n getuienis teen hulle.
10
And the gospel must first be published among all nations.
En die evangelie moet eers onder al die nasies verkondig word.
11
But when they shall lead [you], and deliver you up, take no thought beforehand what ye shall speak, neither do ye premeditate: but whatsoever shall be given you in that hour, that speak ye: for it is not ye that speak, but the Holy Ghost.
Maar wanneer hulle julle lei, en julle oorgee, wees nie vooruit besorg wat julle sal spreek nie, en ook nie bedink dit nie: maar wat julle in daardie uur gegee word, dit spreek julle: want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees.
12
Now the brother shall betray the brother to death, and the father the son; and children shall rise up against [their] parents, and shall cause them to be put to death.
Nou sal die broer die broer tot die dood oorgee, en die vader die seun; en kinders sal teen hulle ouers opstaan, en hulle laat doodmaak.
13
And ye shall be hated of all [men] for my name’s sake: but he that shall endure unto the end, the same shall be saved.
En julle sal deur almal gehaat word om my Naam ontwil: maar hy wat tot die einde toe volhard, dieselfde sal gered word.
14
But when ye shall see the abomination of desolation, spoken of by Daniel the prophet, standing where it ought not, (let him that readeth understand,) then let them that be in Judaea flee to the mountains:
Maar wanneer julle die gruwel van verwoesting sien, waarvan deur Daniël die profeet gespreek is, staan waar dit nie behoort nie, (laat hom wat lees, verstaan,) dan laat dié wat in Judea is, na die berge vlug:
15
And let him that is on the housetop not go down into the house, neither enter [therein], to take any thing out of his house:
En laat hom wat op die dak is, nie in die huis afkom nie, en ook nie in gaan om iets uit sy huis te neem nie:
16
And let him that is in the field not turn back again for to take up his garment.
En laat hom wat in die veld is, nie terugkeer om sy kleed te neem nie.
17
But woe to them that are with child, and to them that give suck in those days!
Maar wee hulle wat swanger is, en dié wat soog in daardie dae!
18
And pray ye that your flight be not in the winter.
En bid julle dat julle vlug nie in die winter mag wees nie.
19
For [in] those days shall be affliction, such as was not from the beginning of the creation which God created unto this time, neither shall be.
Want in daardie dae sal daar verdrukking wees, soos daar nie was van die begin van die skepping wat God geskep het tot hierdie tyd nie, en ook nooit sal wees nie.
20
And except that the Lord had shortened those days, no flesh should be saved: but for the elect’s sake, whom he hath chosen, he hath shortened the days.
En as die Here daardie dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie: maar om die uitverkorenes ontwil, wat Hy uitverkies het, het Hy die dae verkort.
21
And then if any man shall say to you, Lo, here [is] Christ; or, lo, [he is] there; believe [him] not:
En dan as iemand tot julle sê, Kyk, hier is Christus; of, kyk, Hy is daar; glo dit nie:
22
For false Christs and false prophets shall rise, and shall shew signs and wonders, to seduce, if [it were] possible, even the elect.
Want valse Christusse en valse profete sal opstaan, en tekens en wonders toon, om, as dit moontlik was, selfs die uitverkorenes te mislei.
23
But take ye heed: behold, I have foretold you all things.
Maar pas julle op: kyk, ek het julle alle dinge vooruit gesê.
24
But in those days, after that tribulation, the sun shall be darkened, and the moon shall not give her light,
Maar in daardie dae, ná daardie verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal haar lig nie gee nie,
25
And the stars of heaven shall fall, and the powers that are in heaven shall be shaken.
En die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.
26
And then shall they see the Son of man coming in the clouds with great power and glory.
En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in die wolke met groot krag en heerlikheid.
27
And then shall he send his angels, and shall gather together his elect from the four winds, from the uttermost part of the earth to the uttermost part of heaven.
En dan sal Hy sy engele stuur, en sy uitverkorenes bymekaarmaak van die vier winde af, van die uiterste deel van die aarde tot die uiterste deel van die hemel.
28
Now learn a parable of the fig tree; When her branch is yet tender, and putteth forth leaves, ye know that summer is near:
Nou leer ‚'n gelykenis van die vyeboom; Wanneer haar tak al sag is, en blare uitspruit, weet julle dat die somer naby is:
29
So ye in like manner, when ye shall see these things come to pass, know that it is nigh, [even] at the doors.
So julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, weet dat dit naby is, selfs by die deure.
30
Verily I say unto you, that this generation shall not pass, till all these things be done.
Voorwaar sê ek vir julle, dat hierdie geslag nie sal verbygaan nie, totdat al hierdie dinge gebeur.
31
Heaven and earth shall pass away: but my words shall not pass away.
Die hemel en die aarde sal verbygaan: maar my woorde sal nie verbygaan nie.
32
But of that day and [that] hour knoweth no man, no, not the angels which are in heaven, neither the Son, but the Father.
Maar van daardie dag en daardie uur weet niemand nie, nee, nie die engele wat in die hemel is nie, en ook nie die Seun nie, behalwe die Vader.
33
Take ye heed, watch and pray: for ye know not when the time is.
Pas op, waak en bid: want julle weet nie wanneer die tyd is nie.
34
[For the Son of man is] as a man taking a far journey, who left his house, and gave authority to his servants, and to every man his work, and commanded the porter to watch.
Want die Seun van die mens is soos ‚'n man wat in ‚'n ver land reis, wat sy huis verlaat het, en mag aan sy dienaars gegee het, en aan elkeen sy werk, en die deurwagter beveel het om te waak.
35
Watch ye therefore: for ye know not when the master of the house cometh, at even, or at midnight, or at the cockcrowing, or in the morning:
Waak julle daarom: want julle weet nie wanneer die heer van die huis kom nie, in die aand, of middernag, of by die haankraai, of in die môre:
36
Lest coming suddenly he find you sleeping.
Anders as hy skielik kom, vind hy julle slapende.
37
And what I say unto you I say unto all, Watch.
En wat ek vir julle sê, sê ek vir almal, Waak.