← Lukas 22 Lukas — Luke 23 Lukas 24 →
King James Version
AFR DVK
1
And the whole multitude of them arose, and led him unto Pilate.
En die hele menigte van hulle het opgestaan, en Hom na Pilatus gelei.
2
And they began to accuse him, saying, We found this [fellow] perverting the nation, and forbidding to give tribute to Caesar, saying that he himself is Christ a King.
En hulle het begin om Hom aan te kla, sê, Ons het hierdie man gevind wat die nasie verdraai, en verbied om belasting aan die keiser te betaal, sê dat Hy self Christus ’n Koning is.
3
And Pilate asked him, saying, Art thou the King of the Jews? And he answered him and said, Thou sayest [it].
En Pilatus het Hom gevra, sê, Is U die Koning van die Jode? En Hy het hom geantwoord en gesê, Jy sê dit.
4
Then said Pilate to the chief priests and [to] the people, I find no fault in this man.
Toe het Pilatus tot die owerpriesters en tot die skare gesê, Ek vind geen skuld in hierdie man nie.
5
And they were the more fierce, saying, He stirreth up the people, teaching throughout all Jewry, beginning from Galilee to this place.
En hulle was des te heftiger, sê, Hy maak die volk opstandig, en leer deur die hele Judea, begin van Galilea tot hier.
6
When Pilate heard of Galilee, he asked whether the man were a Galilaean.
Toe Pilatus van Galilea hoor, het hy gevra of die man ’n Galileër was.
7
And as soon as he knew that he belonged unto Herod’s jurisdiction, he sent him to Herod, who himself also was at Jerusalem at that time.
En toe hy verstaan dat Hy tot Herodes se gebied behoort, het hy Hom na Herodes gestuur, wat self ook in daardie dae in Jérusalem was.
8
And when Herod saw Jesus, he was exceeding glad: for he was desirous to see him of a long [season], because he had heard many things of him; and he hoped to have seen some miracle done by him.
En toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly: want hy was al ’n geruime tyd begeerig om Hom te sien, omdat hy baie van Hom gehoor het; en hy het gehoop om een of ander wonderwerk deur Hom te sien.
9
Then he questioned with him in many words; but he answered him nothing.
Toe het hy Hom met baie woorde ondervra; maar Hy het hom niks geantwoord nie.
10
And the chief priests and scribes stood and vehemently accused him.
En die owerpriesters en skrifgeleerdes het gestaan en Hom heftig aangekla.
11
And Herod with his men of war set him at nought, and mocked [him], and arrayed him in a gorgeous robe, and sent him again to Pilate.
En Herodes met sy soldate het Hom verag, en Hom bespot, en Hom in ’n blink kleed aangetrek, en Hom weer na Pilatus gestuur.
12
And the same day Pilate and Herod were made friends together: for before they were at enmity between themselves.
En dieselfde dag is Pilatus en Herodes vriende met mekaar geword: want voorheen was daar vyandskap tussen hulle.
13
And Pilate, when he had called together the chief priests and the rulers and the people,
En toe Pilatus die owerpriesters en die owerstes en die volk bymekaargeroep het,
14
Said unto them, Ye have brought this man unto me, as one that perverteth the people: and, behold, I, having examined [him] before you, have found no fault in this man touching those things whereof ye accuse him:
Het hy tot hulle gesê, Julle het hierdie man by my gebring, as een wat die volk verdraai: en kyk, ek, nadat ek Hom voor julle ondersoek het, het in hierdie man geen skuld gevind van dié dinge waarvan julle Hom aankla nie:
15
No, nor yet Herod: for I sent you to him; and, lo, nothing worthy of death is done unto him.
Nee, en ook nie Herodes nie: want ek het julle na hom gestuur; en kyk, niks waardig van die dood is deur Hom gedoen nie.
16
I will therefore chastise him, and release [him].
Ek sal Hom daarom kastye, en Hom loslaat.
17
(For of necessity he must release one unto them at the feast.)
(Want van noodsaaklikheid moes hy hulle een op die fees loslaat.)
18
And they cried out all at once, saying, Away with this [man], and release unto us Barabbas:
En hulle het almal tegelyk uitgeroep, sê, Weg met hierdie man, en laat vir ons Barábbas los:
19
(Who for a certain sedition made in the city, and for murder, was cast into prison.)
(Wat om ’n sekere oproer wat in die stad gemaak is, en om moord, in die gevangenis gegooi was.)
20
Pilate therefore, willing to release Jesus, spake again to them.
Pilatus daarom, omdat hy begeer het om Jesus los te laat, het weer tot hulle gespreek.
21
But they cried, saying, Crucify [him], crucify him.
Maar hulle het uitgeroep, sê, Kruisig Hom, kruisig Hom.
22
And he said unto them the third time, Why, what evil hath he done? I have found no cause of death in him: I will therefore chastise him, and let [him] go.
En hy het die derde maal tot hulle gesê, Waarom, watter kwaad het Hy gedoen? ek het geen oorsaak van die dood in Hom gevind nie: ek sal Hom daarom kastye, en Hom loslaat.
23
And they were instant with loud voices, requiring that he might be crucified. And the voices of them and of the chief priests prevailed.
En hulle was dringend met groot stemme, en eisende dat Hy gekruisig moes word. En die stemme van hulle en van die owerpriesters het die oorhand gekry.
24
And Pilate gave sentence that it should be as they required.
En Pilatus het geoordeel dat dit moes wees soos hulle geëis het.
25
And he released unto them him that for sedition and murder was cast into prison, whom they had desired; but he delivered Jesus to their will.
En hy het vir hulle losgelaat hom wat om oproer en moord in die gevangenis gegooi was, vir wie hulle begeer het; maar hy het Jesus aan hulle wil oorgegee.
26
And as they led him away, they laid hold upon one Simon, a Cyrenian, coming out of the country, and on him they laid the cross, that he might bear [it] after Jesus.
En soos hulle Hom weggelei het, het hulle een Simon, ’n Sirener, wat van die land af gekom het, gegryp, en die kruis op hom gelê, dat hy dit agter Jesus aan sou dra.
27
And there followed him a great company of people, and of women, which also bewailed and lamented him.
En daar het ’n groot skare van die volk Hom gevolg, en van vroue, wat ook geweeklaag en Hom beklaag het.
28
But Jesus turning unto them said, Daughters of Jerusalem, weep not for me, but weep for yourselves, and for your children.
Maar Jesus het Hom na hulle omgedraai, en gesê, Dogters van Jérusalem, ween nie oor My nie, maar ween oor julle self, en oor julle kinders.
29
For, behold, the days are coming, in the which they shall say, Blessed [are] the barren, and the wombs that never bare, and the paps which never gave suck.
Want kyk, die dae kom, waarin hulle sal sê, Geseënd is die onvrugbares, en die skote wat nie gebaar het nie, en die borste wat nie gesoog het nie.
30
Then shall they begin to say to the mountains, Fall on us; and to the hills, Cover us.
Dan sal hulle begin om tot die berge te sê, Val op ons; en tot die heuwels, Bedek ons.
31
For if they do these things in a green tree, what shall be done in the dry?
Want as hulle hierdie dinge doen in ’n groen boom, wat sal in die droë gebeur?
32
And there were also two other, malefactors, led with him to be put to death.
En daar was ook twee ander, misdadigers, wat saam met Hom weggelei is om doodgemaak te word.
33
And when they were come to the place, which is called Calvary, there they crucified him, and the malefactors, one on the right hand, and the other on the left.
En toe hulle by die plek kom, wat Skedel genoem word, daar het hulle Hom gekruisig, en die misdadigers, een aan die regterhand, en die ander aan die linkerhand.
34
Then said Jesus, Father, forgive them; for they know not what they do. And they parted his raiment, and cast lots.
Toe het Jesus gesê, Vader, vergeef hulle; want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel, en die lot daaroor gewerp.
35
And the people stood beholding. And the rulers also with them derided [him], saying, He saved others; let him save himself, if he be Christ, the chosen of God.
En die volk het gestaan en gekyk. En die owerstes ook saam met hulle het Hom bespot, sê, Hy het ander gered; laat Hom Homself red, as Hy die Christus is, die uitverkorene van God.
36
And the soldiers also mocked him, coming to him, and offering him vinegar,
En die soldate het Hom ook bespot, en by Hom gekom, en Hom asyn aangebied,
37
And saying, If thou be the king of the Jews, save thyself.
En gesê, As U die Koning van die Jode is, red Uself.
38
And a superscription also was written over him in letters of Greek, and Latin, and Hebrew, THIS IS THE KING OF THE JEWS.
En daar was ook ’n opskrif oor Hom geskrywe in letters van Grieks, en Latyn, en Hebreeus, DIT IS DIE KONING VAN DIE JODE.
39
And one of the malefactors which were hanged railed on him, saying, If thou be Christ, save thyself and us.
En een van die misdadigers wat gehang is, het Hom gesmaad, sê, As U die Christus is, red Uself en ons.
40
But the other answering rebuked him, saying, Dost not thou fear God, seeing thou art in the same condemnation?
Maar die ander het geantwoord en hom bestraf, sê, Vrees jy nie God nie, aangesien jy in dieselfde veroordeling is?
41
And we indeed justly; for we receive the due reward of our deeds: but this man hath done nothing amiss.
En ons inderdaad regverdig; want ons ontvang die verdienste van ons dade: maar hierdie man het niks onbehoorliks gedoen nie.
42
And he said unto Jesus, Lord, remember me when thou comest into thy kingdom.
En hy het tot Jesus gesê, Here, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.
43
And Jesus said unto him, Verily I say unto thee, To day shalt thou be with me in paradise.
En Jesus het tot hom gesê, Voorwaar sê ek vir jou, Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.
44
And it was about the sixth hour, and there was a darkness over all the earth until the ninth hour.
En dit was omtrent die sesde uur, en daar was duisternis oor die hele land tot die negende uur.
45
And the sun was darkened, and the veil of the temple was rent in the midst.
En die son is verduister, en die voorhangsel van die tempel is in die midde geskeur.
46
And when Jesus had cried with a loud voice, he said, Father, into thy hands I commend my spirit: and having said thus, he gave up the ghost.
En toe Jesus met ’n groot stem uitgeroep het, het Hy gesê, Vader, in u hande gee ek my gees oor: en toe Hy dit gesê het, het Hy die gees gegee.
47
Now when the centurion saw what was done, he glorified God, saying, Certainly this was a righteous man.
Nou toe die hoofman oor honderd sien wat gebeur het, het hy God verheerlik, sê, Sekerlik was hierdie ’n regverdige man.
48
And all the people that came together to that sight, beholding the things which were done, smote their breasts, and returned.
En die hele skare wat bymekaar was by daardie gesig, toe hulle die dinge sien wat gebeur het, het hulle op hulle borste geklop, en teruggekeer.
49
And all his acquaintance, and the women that followed him from Galilee, stood afar off, beholding these things.
En al sy bekendes, en die vroue wat Hom van Galilea gevolg het, het van ver af gestaan, en hierdie dinge aanskou.
50
And, behold, [there was] a man named Joseph, a counseller; [and he was] a good man, and a just:
En kyk, daar was ’n man met die naam van Josef, ’n raadslid; en hy was ’n goeie man, en ’n regverdige:
51
(The same had not consented to the counsel and deed of them;) [he was] of Arimathaea, a city of the Jews: who also himself waited for the kingdom of God.
(Dieselfde het nie toegestem tot die raad en daad van hulle nie;) hy was van Arimatea, ’n stad van die Jode: wat self ook die koninkryk van God verwag het.
52
This [man] went unto Pilate, and begged the body of Jesus.
Hierdie man het by Pilatus gegaan, en die liggaam van Jesus gevra.
53
And he took it down, and wrapped it in linen, and laid it in a sepulchre that was hewn in stone, wherein never man before was laid.
En hy het dit afgeneem, en in linne toegedraai, en dit in ’n graf gelê wat in steen uitgekap was, waarin nog nooit ’n mens gelê het nie.
54
And that day was the preparation, and the sabbath drew on.
En daardie dag was die voorbereiding, en die sabbat het aangebreek.
55
And the women also, which came with him from Galilee, followed after, and beheld the sepulchre, and how his body was laid.
En die vroue ook, wat saam met Hom van Galilea gekom het, het agter gevolg, en die graf aanskou, en hoe sy liggaam gelê is.
56
And they returned, and prepared spices and ointments; and rested the sabbath day according to the commandment.
En hulle het teruggekeer, en speserye en salwe berei; en gerus op die sabbat volgens die gebod.