King James Version
AFR DVK
1
Now the feast of unleavened bread drew nigh, which is called the Passover.
Nou het die fees van die ongesuurde brode genaamd die Pasga naby gekom.
2
And the chief priests and scribes sought how they might kill him; for they feared the people.
En die owerpriesters en skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom mag doodmaak; want hulle was bevrees vir die volk.
3
Then entered Satan into Judas surnamed Iscariot, being of the number of the twelve.
Toe het die Satan in Judas ingegaan, met die bynaam Iskáriot, synde van die getal van die twaalf.
4
And he went his way, and communed with the chief priests and captains, how he might betray him unto them.
En hy het weggegaan, en met die owerpriesters en kapteins beraadslaag, hoe hy Hom aan hulle kon oorgee.
5
And they were glad, and covenanted to give him money.
En hulle was bly, en het ooreengekom om hom geld te gee.
6
And he promised, and sought opportunity to betray him unto them in the absence of the multitude.
En hy het beloof, en gesoek geleentheid om Hom aan hulle oor te gee in die afwesigheid van die skare.
7
Then came the day of unleavened bread, when the passover must be killed.
Toe het die dag van die ongesuurde brode gekom, wanneer die pasga geslag moet word.
8
And he sent Peter and John, saying, Go and prepare us the passover, that we may eat.
En Hy het Petrus en Johannes gestuur, sê, Gaan en berei ons die pasga, dat ons dit mag eet.
9
And they said unto him, Where wilt thou that we prepare?
En hulle het tot Hom gesê, Waar wil U hê dat ons dit moet berei?
10
And he said unto them, Behold, when ye are entered into the city, there shall a man meet you, bearing a pitcher of water; follow him into the house where he entereth in.
En Hy het tot hulle gesê, Kyk, wanneer julle in die stad ingaan, sal daar ’n man julle tegemoet kom, wat ’n kan water dra; volg hom in die huis waar hy ingaan.
11
And ye shall say unto the goodman of the house, The Master saith unto thee, Where is the guestchamber, where I shall eat the passover with my disciples?
En julle moet tot die huiseienaar van daardie huis sê, Die Meester sê tot jou, Waar is die gastekamer, waar ek die pasga met my dissipels mag eet?
12
And he shall shew you a large upper room furnished: there make ready.
En hy sal julle ’n groot bo-kamer wys, toegerus: daar berei.
13
And they went, and found as he had said unto them: and they made ready the passover.
En hulle het gegaan, en dit gevind soos Hy tot hulle gesê het: en hulle het die pasga berei.
14
And when the hour was come, he sat down, and the twelve apostles with him.
En toe die uur gekom het, het Hy by die tafel gaan sit, en die twaalf apostels saam met Hom.
15
And he said unto them, With desire I have desired to eat this passover with you before I suffer:
En Hy het tot hulle gesê, Met begeerte het ek begeer om hierdie pasga met julle te eet voordat ek ly:
16
For I say unto you, I will not any more eat thereof, until it be fulfilled in the kingdom of God.
Want ek sê vir julle, Ek sal dit nie meer eet nie, totdat dit vervul word in die koninkryk van God.
17
And he took the cup, and gave thanks, and said, Take this, and divide [it] among yourselves:
En Hy het die beker geneem, en dank gesê, en gesê, Neem dit, en deel dit onder julle:
18
For I say unto you, I will not drink of the fruit of the vine, until the kingdom of God shall come.
Want ek sê vir julle, Ek sal nie drink van die vrug van die wingerdstok nie, totdat die koninkryk van God kom.
19
And he took bread, and gave thanks, and brake [it], and gave unto them, saying, This is my body which is given for you: this do in remembrance of me.
En Hy het brood geneem, en dank gesê, en dit gebreek, en aan hulle gegee, sê, Dit is my liggaam wat vir julle gegee word: doen dit tot my gedagtenis.
20
Likewise also the cup after supper, saying, This cup [is] the new testament in my blood, which is shed for you.
Net so ook die beker ná die aandete, sê, Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed, wat vir julle uitgestort word.
21
But, behold, the hand of him that betrayeth me [is] with me on the table.
Maar kyk, die hand van hom wat My verraai is saam met My aan die tafel.
22
And truly the Son of man goeth, as it was determined: but woe unto that man by whom he is betrayed!
En waarlik die Seun van die mens gaan, soos dit bepaal is: maar wee daardie man deur wie Hy verraai word!
23
And they began to inquire among themselves, which of them it was that should do this thing.
En hulle het begin om onder mekaar te vra, wie van hulle dit was wat hierdie ding sou doen.
24
And there was also a strife among them, which of them should be accounted the greatest.
En daar was ook ’n stryd onder hulle, wie van hulle as die grootste gereken sou word.
25
And he said unto them, The kings of the Gentiles exercise lordship over them; and they that exercise authority upon them are called benefactors.
En Hy het tot hulle gesê, Die konings van die heidene heers oor hulle; en dié wat gesag oor hulle uitoefen, word weldoeners genoem.
26
But ye [shall] not [be] so: but he that is greatest among you, let him be as the younger; and he that is chief, as he that doth serve.
Maar julle nie so nie: maar hy wat die grootste onder julle is, laat hom wees soos die jongste; en hy wat die hoof is, soos hy wat dien.
27
For whether [is] greater, he that sitteth at meat, or he that serveth? [is] not he that sitteth at meat? but I am among you as he that serveth.
Want wie is groter, hy wat by die tafel sit, of hy wat dien? is dit nie hy wat by die tafel sit nie? maar ek is in julle midde soos hy wat dien.
28
Ye are they which have continued with me in my temptations.
Julle is dit wat by My gebly het in my versoekinge.
29
And I appoint unto you a kingdom, as my Father hath appointed unto me;
En ek beskik vir julle ’n koninkryk, soos my Vader dit vir My beskik het;
30
That ye may eat and drink at my table in my kingdom, and sit on thrones judging the twelve tribes of Israel.
Dat julle mag eet en drink aan my tafel in my koninkryk, en sit op trone, en die twaalf stamme van Israel oordeel.
31
And the Lord said, Simon, Simon, behold, Satan hath desired [to have] you, that he may sift [you] as wheat:
En die Here het gesê, Simon, Simon, kyk, die Satan het julle begeer om julle te sif soos koring:
32
But I have prayed for thee, that thy faith fail not: and when thou art converted, strengthen thy brethren.
Maar ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie mag ophou nie: en wanneer jy bekeer is, versterk jou broers.
33
And he said unto him, Lord, I am ready to go with thee, both into prison, and to death.
En hy het tot Hom gesê, Here, ek is bereid om met U te gaan, beide in die gevangenis, en tot die dood.
34
And he said, I tell thee, Peter, the cock shall not crow this day, before that thou shalt thrice deny that thou knowest me.
En Hy het gesê, Ek sê vir jou, Petrus, die haan sal vandag nie kraai nie, voordat jy drie maal ontken het dat jy My ken.
35
And he said unto them, When I sent you without purse, and scrip, and shoes, lacked ye any thing? And they said, Nothing.
En Hy het tot hulle gesê, Toe ek julle gestuur het sonder beurs, en sak, en skoene, het julle iets kortgekom? En hulle het gesê, Niks.
36
Then said he unto them, But now, he that hath a purse, let him take [it], and likewise [his] scrip: and he that hath no sword, let him sell his garment, and buy one.
Toe het Hy tot hulle gesê, Maar nou, hy wat ’n beurs het, laat hom dit neem, en net so ’n sak: en hy wat nie ’n swaard het nie, laat hom sy kleed verkoop, en een koop.
37
For I say unto you, that this that is written must yet be accomplished in me, And he was reckoned among the transgressors: for the things concerning me have an end.
Want ek sê vir julle, dat dit nog aan My vervul moet word, En Hy is onder die oortreders gereken: want die dinge aangaande My het ’n einde.
38
And they said, Lord, behold, here [are] two swords. And he said unto them, It is enough.
En hulle het gesê, Here, kyk, hier is twee swaarde. En Hy het tot hulle gesê, Dit is genoeg.
39
And he came out, and went, as he was wont, to the mount of Olives; and his disciples also followed him.
En Hy het uitgegaan, en soos Hy gewoon was na die Olyfberg gegaan; en sy dissipels het Hom ook gevolg.
40
And when he was at the place, he said unto them, Pray that ye enter not into temptation.
En toe Hy by die plek kom, het Hy tot hulle gesê, Bid, dat julle nie in versoeking kom nie.
41
And he was withdrawn from them about a stone’s cast, and kneeled down, and prayed,
En Hy is van hulle weggeneem omtrent ’n steengewerp, en het neergekniel, en gebid,
42
Saying, Father, if thou be willing, remove this cup from me: nevertheless not my will, but thine, be done.
Sê, Vader, as U wil, neem hierdie beker van My weg: nietemin nie my wil nie, maar die uwe, laat geskied.
43
And there appeared an angel unto him from heaven, strengthening him.
En daar het ’n engel aan Hom uit die hemel verskyn, Hom versterkende.
44
And being in an agony he prayed more earnestly: and his sweat was as it were great drops of blood falling down to the ground.
En omdat Hy in angs was, het Hy des te ernstiger gebid: en sy sweet was soos groot druppels bloed wat op die grond val.
45
And when he rose up from prayer, and was come to his disciples, he found them sleeping for sorrow,
En toe Hy van die gebed opstaan, en by sy dissipels kom, het Hy hulle slapende gevind van droefheid,
46
And said unto them, Why sleep ye? rise and pray, lest ye enter into temptation.
En tot hulle gesê, Waarom slaap julle? staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie.
47
And while he yet spake, behold a multitude, and he that was called Judas, one of the twelve, went before them, and drew near unto Jesus to kiss him.
En terwyl Hy nog gespreek het, kyk ’n skare, en hy wat Judas genoem is, een van die twaalf, het voor hulle uit gegaan, en naby Jesus gekom om Hom te soen.
48
But Jesus said unto him, Judas, betrayest thou the Son of man with a kiss?
Maar Jesus het tot hom gesê, Judas, verraai jy die Seun van die mens met ’n soen?
49
When they which were about him saw what would follow, they said unto him, Lord, shall we smite with the sword?
Toe dié wat om Hom was, sien wat sou volg, het hulle tot Hom gesê, Here, moet ons met die swaard slaan?
50
And one of them smote the servant of the high priest, and cut off his right ear.
En een van hulle het die dienaar van die hoëpriester geslaan, en sy regteroor afgekap.
51
And Jesus answered and said, Suffer ye thus far. And he touched his ear, and healed him.
En Jesus het geantwoord en gesê, Laat dit tot hiertoe toe. En Hy het sy oor aangeraak, en hom genees.
52
Then Jesus said unto the chief priests, and captains of the temple, and the elders, which were come to him, Be ye come out, as against a thief, with swords and staves?
Toe het Jesus tot die owerpriesters, en kapteins van die tempel, en die ouderlinge, wat tot Hom gekom het, gesê, Is julle uitgekom soos teen ’n rower, met swaarde en stokke?
53
When I was daily with you in the temple, ye stretched forth no hands against me: but this is your hour, and the power of darkness.
Toe ek daagliks by julle in die tempel was, het julle geen hande teen My uitgesteek nie: maar dit is julle uur, en die mag van die duisternis.
54
Then took they him, and led [him], and brought him into the high priest’s house. And Peter followed afar off.
Toe het hulle Hom gegryp, en Hom weggelei, en Hom in die huis van die hoëpriester gebring. En Petrus het van ver af gevolg.
55
And when they had kindled a fire in the midst of the hall, and were set down together, Peter sat down among them.
En toe hulle ’n vuur in die midde van die saal aangesteek het, en bymekaar gesit het, het Petrus tussen hulle gesit.
56
But a certain maid beheld him as he sat by the fire, and earnestly looked upon him, and said, This man was also with him.
Maar ’n sekere diensmeisie het hom by die lig sien sit, en hard na hom gekyk, het gesê, Hierdie man was ook by Hom.
57
And he denied him, saying, Woman, I know him not.
En hy het Hom ontken, sê, Vrou, ek ken Hom nie.
58
And after a little while another saw him, and said, Thou art also of them. And Peter said, Man, I am not.
En ná ’n bietjie het ’n ander hom gesien, en gesê, Jy is ook een van hulle. En Petrus het gesê, Mens, ek is nie.
59
And about the space of one hour after another confidently affirmed, saying, Of a truth this [fellow] also was with him: for he is a Galilaean.
En omtrent die ruimte van een uur daarna het ’n ander dit bevestig, sê, Waarlik hierdie man was ook by Hom: want hy is ’n Galileër.
60
And Peter said, Man, I know not what thou sayest. And immediately, while he yet spake, the cock crew.
En Petrus het gesê, Mens, ek weet nie wat jy sê nie. En dadelik, terwyl hy nog gespreek het, het die haan gekraai.
61
And the Lord turned, and looked upon Peter. And Peter remembered the word of the Lord, how he had said unto him, Before the cock crow, thou shalt deny me thrice.
En die Here het Hom omgedraai, en Petrus aangesien. En Petrus het die woord van die Here onthou, hoe Hy tot hom gesê het, Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.
62
And Peter went out, and wept bitterly.
En Petrus het uitgegaan, en bitterlik gehuil.
63
And the men that held Jesus mocked him, and smote [him].
En die manne wat Jesus vasgehou het, het Hom bespot, en geslaan.
64
And when they had blindfolded him, they struck him on the face, and asked him, saying, Prophesy, who is it that smote thee?
En toe hulle Hom blinddoek, het hulle Hom op die aangesig geslaan, en Hom gevra, sê, Profeteer, wie is dit wat U geslaan het?
65
And many other things blasphemously spake they against him.
En baie ander dinge het hulle lasterlik teen Hom gespreek.
66
And as soon as it was day, the elders of the people and the chief priests and the scribes came together, and led him into their council, saying,
En so gou as dit dag was, het die ouderlinge van die volk en die owerpriesters en die skrifgeleerdes bymekaargekom, en Hom in hulle raad gelei, sê,
67
Art thou the Christ? tell us. And he said unto them, If I tell you, ye will not believe:
Is U die Christus? sê dit vir ons. En Hy het tot hulle gesê, As ek dit vir julle sê, sal julle nie glo nie:
68
And if I also ask [you], ye will not answer me, nor let [me] go.
En as ek julle ook vra, sal julle My nie antwoord nie, en My nie loslaat nie.
69
Hereafter shall the Son of man sit on the right hand of the power of God.
Hierna sal die Seun van die mens sit aan die regterhand van die krag van God.
70
Then said they all, Art thou then the Son of God? And he said unto them, Ye say that I am.
Toe het hulle almal gesê, Is U dan die Seun van God? En Hy het tot hulle gesê, Julle sê dat ek is.
71
And they said, What need we any further witness? for we ourselves have heard of his own mouth.
En hulle het gesê, Wat het ons nog getuienis nodig? want ons self het dit uit sy eie mond gehoor.