← Lukas 1 Lukas — Luke 2 Lukas 3 →
King James Version
AFR DVK
1
And it came to pass in those days, that there went out a decree from Caesar Augustus, that all the world should be taxed.
En dit het gebeur in daardie dae, dat daar ’n bevel uitgegaan het van keiser Augustus, dat die hele wêreld opgeskrywe moes word.
2
([And] this taxing was first made when Cyrenius was governor of Syria.)
(En hierdie opskrywing was die eerste wat plaasgevind het toe Cirenius goewerneur van Sirië was.)
3
And all went to be taxed, every one into his own city.
En almal het gegaan om hulle te laat opskrywe, elkeen na sy eie stad.
4
And Joseph also went up from Galilee, out of the city of Nazareth, into Judaea, unto the city of David, which is called Bethlehem; (because he was of the house and lineage of David:)
En Josef het ook opgegaan van Galilea, uit die stad Nasaret, na Judea, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word; (omdat hy van die huis en geslag van Dawid was:)
5
To be taxed with Mary his espoused wife, being great with child.
Om hom te laat opskrywe saam met Maria sy verloofde vrou, wat swanger was.
6
And so it was, that, while they were there, the days were accomplished that she should be delivered.
En so was dit, dat, terwyl hulle daar was, die dae vol word dat sy moes baar.
7
And she brought forth her firstborn son, and wrapped him in swaddling clothes, and laid him in a manger; because there was no room for them in the inn.
En sy het haar eersgeborene seun gebaar, en Hom in doeke toegedraai, en Hom in ’n krip neergelê; omdat daar geen plek vir hulle in die herberg was nie.
8
And there were in the same country shepherds abiding in the field, keeping watch over their flock by night.
En daar was in dieselfde land herders wat in die veld gebly het, en in die nag by hulle kudde waggehou het.
9
And, lo, the angel of the Lord came upon them, and the glory of the Lord shone round about them: and they were sore afraid.
En kyk, die engel van die Here het by hulle gestaan, en die heerlikheid van die Here het om hulle geskyn: en hulle was baie bevrees.
10
And the angel said unto them, Fear not: for, behold, I bring you good tidings of great joy, which shall be to all people.
En die engel het tot hulle gesê, Vrees nie: want kyk, ek bring julle goeie tydinge van groot blydskap, wat vir die hele volk sal wees.
11
For unto you is born this day in the city of David a Saviour, which is Christ the Lord.
Want vir julle is vandag in die stad van Dawid ‚'n Verlosser gebore, wat Christus die Here is.
12
And this [shall be] a sign unto you; Ye shall find the babe wrapped in swaddling clothes, lying in a manger.
En dit sal vir julle ’n teken wees; Julle sal die Kindjie vind, toegedraai in doeke, lêende in ’n krip.
13
And suddenly there was with the angel a multitude of the heavenly host praising God, and saying,
En skielik was daar saam met die engel ’n menigte van die hemelse leërskare, wat God prys, en sê,
14
Glory to God in the highest, and on earth peace, good will toward men.
Eer aan God in die hoogste, en vrede op aarde, in die mense ‚'n welbehae.
15
And it came to pass, as the angels were gone away from them into heaven, the shepherds said one to another, Let us now go even unto Bethlehem, and see this thing which is come to pass, which the Lord hath made known unto us.
En dit het gebeur, so gou as die engele van hulle na die hemel weggegaan het, dat die herders tot mekaar gesê het, Laat ons nou na Betlehem gaan, en sien hierdie ding wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.
16
And they came with haste, and found Mary, and Joseph, and the babe lying in a manger.
En hulle het met haas gegaan, en Maria, en Josef, en die Kindjie gevind, lêende in ’n krip.
17
And when they had seen [it], they made known abroad the saying which was told them concerning this child.
En toe hulle dit gesien het, het hulle die saak bekend gemaak wat aan hulle van hierdie Kindjie gesê is.
18
And all they that heard [it] wondered at those things which were told them by the shepherds.
En almal wat dit gehoor het, het hulle verwonder oor die dinge wat die herders tot hulle gesê het.
19
But Mary kept all these things, and pondered [them] in her heart.
Maar Maria het al hierdie woorde bewaar, en dit in haar hart oordink.
20
And the shepherds returned, glorifying and praising God for all the things that they had heard and seen, as it was told unto them.
En die herders het teruggekeer, God verheerlikende en prysende vir al die dinge wat hulle gehoor en gesien het, soos dit tot hulle gesê is.
21
And when eight days were accomplished for the circumcising of the child, his name was called JESUS, which was so named of the angel before he was conceived in the womb.
En toe agt dae vol was om die Kindjie te besny, is sy naam JESUS genoem, wat so genoem is deur die engel voordat Hy in die skoot ontvang is.
22
And when the days of her purification according to the law of Moses were accomplished, they brought him to Jerusalem, to present [him] to the Lord;
En toe die dae van haar reiniging volgens die wet van Moses vol was, het hulle Hom na Jérusalem gebring, om Hom aan die Here voor te stel;
23
(As it is written in the law of the Lord, Every male that openeth the womb shall be called holy to the Lord;)
(Soos geskrywe is in die wet van die Here, Elke manlike wat die skoot oopmaak, sal aan die Here heilig genoem word;)
24
And to offer a sacrifice according to that which is said in the law of the Lord, A pair of turtledoves, or two young pigeons.
En om ’n offer te bring volgens dit wat in die wet van die Here gesê is, ’n paar tortelduiwe, of twee jong duiwe.
25
And, behold, there was a man in Jerusalem, whose name [was] Simeon; and the same man [was] just and devout, waiting for the consolation of Israel: and the Holy Ghost was upon him.
En kyk, daar was ’n man in Jérusalem, wie se naam Simeon was; en dieselfde man was regverdig en godvresend, en het die vertroosting van Israel verwag: en die Heilige Gees was op hom.
26
And it was revealed unto him by the Holy Ghost, that he should not see death, before he had seen the Lord’s Christ.
En aan hom was deur die Heilige Gees geopenbaar, dat hy die dood nie sou sien nie, voordat hy die Christus van die Here gesien het.
27
And he came by the Spirit into the temple: and when the parents brought in the child Jesus, to do for him after the custom of the law,
En hy het deur die Gees in die tempel gekom: en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring, om met Hom te doen volgens die gebruik van die wet,
28
Then took he him up in his arms, and blessed God, and said,
Toe het hy Hom in sy arms geneem, en God geprys, en gesê,
29
Lord, now lettest thou thy servant depart in peace, according to thy word:
Nou laat U u dienaar in vrede gaan, Here, volgens u woord:
30
For mine eyes have seen thy salvation,
Want my oë het u heil gesien,
31
Which thou hast prepared before the face of all people;
Wat U berei het voor die aangesig van al die volke;
32
A light to lighten the Gentiles, and the glory of thy people Israel.
‚'n Lig tot verligting van die nasies, en die heerlikheid van u volk Israel.
33
And Joseph and his mother marvelled at those things which were spoken of him.
En Josef en sy moeder het hulle verwonder oor die dinge wat van Hom gesê is.
34
And Simeon blessed them, and said unto Mary his mother, Behold, this [child] is set for the fall and rising again of many in Israel; and for a sign which shall be spoken against;
En Simeon het hulle geseën, en tot Maria sy moeder gesê, Kyk, hierdie Kindjie is gestel tot ’n val en opstanding van baie in Israel; en tot ’n teken wat weerspreek sal word;
35
(Yea, a sword shall pierce through thy own soul also,) that the thoughts of many hearts may be revealed.
(Ja, ‚'n swaard sal deur jou eie siel gaan ook,) sodat die gedagtes uit baie harte openbaar mag word.
36
And there was one Anna, a prophetess, the daughter of Phanuel, of the tribe of Aser: she was of a great age, and had lived with an husband seven years from her virginity;
En daar was een Anna, ’n profetes, die dogter van Fanuël, van die stam van Aser: sy was van ’n groot ouderdom, en het sewe jaar met ’n man saamgelewe van haar maagdelikheid af;
37
And she [was] a widow of about fourscore and four years, which departed not from the temple, but served [God] with fastings and prayers night and day.
En sy was ‚'n weduwee van omtrent vier en tagtig jaar, wat nie van die tempel gewyk het nie, maar God met vas en gebede gedien het nag en dag.
38
And she coming in that instant gave thanks likewise unto the Lord, and spake of him to all them that looked for redemption in Jerusalem.
En sy, in dieselfde oomblik komende, het die Here geprys, en van Hom gespreek tot almal wat in Jérusalem die verlossing verwag het.
39
And when they had performed all things according to the law of the Lord, they returned into Galilee, to their own city Nazareth.
En toe hulle alles voleindig het volgens die wet van die Here, het hulle na Galilea teruggekeer, na hulle eie stad Nasaret.
40
And the child grew, and waxed strong in spirit, filled with wisdom: and the grace of God was upon him.
En die Kindjie het gegroei, en sterk geword in die gees, gevul met wysheid: en die genade van God was op Hom.
41
Now his parents went to Jerusalem every year at the feast of the passover.
Nou het sy ouers elke jaar na Jérusalem gegaan by die fees van die pasga.
42
And when he was twelve years old, they went up to Jerusalem after the custom of the feast.
En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle opgegaan na Jérusalem volgens die gebruik van die fees.
43
And when they had fulfilled the days, as they returned, the child Jesus tarried behind in Jerusalem; and Joseph and his mother knew not [of it].
En toe hulle die dae voleindig het, soos hulle terugkeer, het die kind Jesus agtergebly in Jérusalem; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie.
44
But they, supposing him to have been in the company, went a day’s journey; and they sought him among [their] kinsfolk and acquaintance.
Maar hulle, meenende dat Hy by die reisgeselskap was, het ‚'n dagreis gegaan; en hulle het Hom onder die familie en bekendes gesoek.
45
And when they found him not, they turned back again to Jerusalem, seeking him.
En toe hulle Hom nie vind nie, het hulle na Jérusalem teruggekeer, Hom soekende.
46
And it came to pass, that after three days they found him in the temple, sitting in the midst of the doctors, both hearing them, and asking them questions.
En dit het gebeur, dat hulle Hom ná drie dae in die tempel gevind het, sittende in die midde van die leraars, beide luisterende na hulle, en hulle vrae stellende.
47
And all that heard him were astonished at his understanding and answers.
En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en antwoorde.
48
And when they saw him, they were amazed: and his mother said unto him, Son, why hast thou thus dealt with us? behold, thy father and I have sought thee sorrowing.
En toe hulle Hom sien, was hulle verbaas: en sy moeder het tot Hom gesê, Seun, waarom het U so met ons gehandel? kyk, u vader en ek het U met angs gesoek.
49
And he said unto them, How is it that ye sought me? wist ye not that I must be about my Father’s business?
En Hy het tot hulle gesê, Hoe is dit dat julle My gesoek het? het julle nie geweet dat ek in die dinge van my Vader moet wees nie?
50
And they understood not the saying which he spake unto them.
En hulle het die woord nie verstaan nie wat Hy tot hulle gespreek het.
51
And he went down with them, and came to Nazareth, and was subject unto them: but his mother kept all these sayings in her heart.
En Hy het met hulle afgegaan, en in Nasaret gekom, en was hulle onderdanig: maar sy moeder het al hierdie woorde in haar hart bewaar.
52
And Jesus increased in wisdom and stature, and in favour with God and man.
En Jesus het toegeneem in wysheid en gestalte, en in guns by God en die mens.