← Lukas 16 Lukas — Luke 17 Lukas 18 →
King James Version
AFR DVK
1
Then said he unto the disciples, It is impossible but that offences will come: but woe [unto him], through whom they come!
Toe het Hy tot die dissipels gesê, Dit is onmoontlik dat aanstote nie sou kom nie: maar wee hom, deur wie hulle kom!
2
It were better for him that a millstone were hanged about his neck, and he cast into the sea, than that he should offend one of these little ones.
Dit was beter vir hom dat ‚'n meulsteen om sy nek gehang was, en hy in die see gewerp was, as dat hy een van hierdie kleintjies laat struikel.
3
Take heed to yourselves: If thy brother trespass against thee, rebuke him; and if he repent, forgive him.
Gee ag op julle self: As jou broer teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou het, vergeef hom.
4
And if he trespass against thee seven times in a day, and seven times in a day turn again to thee, saying, I repent; thou shalt forgive him.
En as hy sewe maal op ’n dag teen jou sondig, en sewe maal op ’n dag tot jou terugkeer, sê, Ek het berou; jy moet hom vergeef.
5
And the apostles said unto the Lord, Increase our faith.
En die apostels het tot die Here gesê, Vermeerder ons geloof.
6
And the Lord said, If ye had faith as a grain of mustard seed, ye might say unto this sycamine tree, Be thou plucked up by the root, and be thou planted in the sea; and it should obey you.
En die Here het gesê, As julle geloof gehad het soos ’n mosterdsaad, sou julle tot hierdie moerbeiboom sê, Word ontwortel, en in die see geplant; en dit sou julle gehoorsaam.
7
But which of you, having a servant plowing or feeding cattle, will say unto him by and by, when he is come from the field, Go and sit down to meat?
Maar wie van julle, met ’n dienaar wat ploeg of vee wei, sal tot hom sê, wanneer hy van die veld inkom, Gaan dadelik en sit by die tafel?
8
And will not rather say unto him, Make ready wherewith I may sup, and gird thyself, and serve me, till I have eaten and drunken; and afterward thou shalt eat and drink?
En sal nie eerder tot hom sê, Berei iets dat ek mag eet, en omgord jou, en bedien my, totdat ek geëet en gedrink het; en daarna mag jy eet en drink?
9
Doth he thank that servant because he did the things that were commanded him? I trow not.
Dank hy daardie dienaar omdat hy die dinge gedoen het wat hom beveel is? Ek dink nie.
10
So likewise ye, when ye shall have done all those things which are commanded you, say, We are unprofitable servants: we have done that which was our duty to do.
So julle ook, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê, Ons is onverdienstelike dienaars: ons het gedoen wat ons skuldig was om te doen.
11
And it came to pass, as he went to Jerusalem, that he passed through the midst of Samaria and Galilee.
En dit het gebeur, soos Hy na Jérusalem gereis het, dat Hy deur die midde van Samaría en Galilea gegaan het.
12
And as he entered into a certain village, there met him ten men that were lepers, which stood afar off:
En soos Hy in ‚'n sekere dorp ingegaan het, het daar tien manne wat melaats was Hom tegemoet gekom, wat van ver af gestaan het:
13
And they lifted up [their] voices, and said, Jesus, Master, have mercy on us.
En hulle het hulle stemme opgehef, en gesê, Jesus, Meester, wees ons barmhartig.
14
And when he saw [them], he said unto them, Go shew yourselves unto the priests. And it came to pass, that, as they went, they were cleansed.
En toe Hy hulle sien, het Hy tot hulle gesê, Gaan julle, en toon julle self aan die priesters. En dit het gebeur, dat, soos hulle gegaan het, hulle gereinig is.
15
And one of them, when he saw that he was healed, turned back, and with a loud voice glorified God,
En een van hulle, toe hy sien dat hy genees is, het teruggekeer, en met ‚'n groot stem God verheerlik,
16
And fell down on [his] face at his feet, giving him thanks: and he was a Samaritan.
En op sy aangesig aan sy voete neergeval, en Hom dank gesê: en hy was ’n Samaritaan.
17
And Jesus answering said, Were there not ten cleansed? but where [are] the nine?
En Jesus het geantwoord en gesê, Is daar nie tien gereinig nie? maar waar is die nege?
18
There are not found that returned to give glory to God, save this stranger.
Daar is geen gevind wat teruggekeer het om God eer te gee nie, behalwe hierdie vreemdeling.
19
And he said unto him, Arise, go thy way: thy faith hath made thee whole.
En Hy het tot hom gesê, Staan op, gaan jou weg: jou geloof het jou gered.
20
And when he was demanded of the Pharisees, when the kingdom of God should come, he answered them and said, The kingdom of God cometh not with observation:
En toe Hy deur die Fariseërs gevra is, wanneer die koninkryk van God sou kom, het Hy hulle geantwoord en gesê, Die koninkryk van God kom nie met waarneming nie:
21
Neither shall they say, Lo here! or, lo there! for, behold, the kingdom of God is within you.
En hulle sal ook nie sê, Kyk hier! of, kyk daar! nie: want kyk, die koninkryk van God is binne-in julle.
22
And he said unto the disciples, The days will come, when ye shall desire to see one of the days of the Son of man, and ye shall not see [it].
En Hy het tot die dissipels gesê, Die dae sal kom, wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie.
23
And they shall say to you, See here; or, see there: go not after [them], nor follow [them].
En hulle sal tot julle sê, Kyk hier; of, kyk daar: gaan nie agter hulle aan, of volg nie.
24
For as the lightning, that lighteneth out of the one [part] under heaven, shineth unto the other [part] under heaven; so shall also the Son of man be in his day.
Want soos die weerlig, wat van die een deel onder die hemel flits, skyn tot die ander deel onder die hemel; so sal ook die Seun van die mens wees in sy dag.
25
But first must he suffer many things, and be rejected of this generation.
Maar eers moet Hy baie dinge ly, en verwerp word deur hierdie geslag.
26
And as it was in the days of Noe, so shall it be also in the days of the Son of man.
En soos dit was in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens.
27
They did eat, they drank, they married wives, they were given in marriage, until the day that Noe entered into the ark, and the flood came, and destroyed them all.
Hulle het geëet, hulle het gedrink, hulle het getrou, hulle is uitgegee in die huwelik, tot die dag toe Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom het, en hulle almal vernietig het.
28
Likewise also as it was in the days of Lot; they did eat, they drank, they bought, they sold, they planted, they builded;
Net so ook soos dit was in die dae van Lot; hulle het geëet, hulle het gedrink, hulle het gekoop, hulle het verkoop, hulle het geplant, hulle het gebou;
29
But the same day that Lot went out of Sodom it rained fire and brimstone from heaven, and destroyed [them] all.
Maar die dag toe Lot uit Sodom uitgegaan het, het dit vuur en swawel van die hemel gereën, en hulle almal vernietig.
30
Even thus shall it be in the day when the Son of man is revealed.
Selfs so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word.
31
In that day, he which shall be upon the housetop, and his stuff in the house, let him not come down to take it away: and he that is in the field, let him likewise not return back.
In daardie dag, hy wat op die dak is, en sy huisgoed in die huis, laat hom nie afkom om dit weg te neem nie: en hy wat in die veld is, laat hom net so nie terugkeer nie.
32
Remember Lot’s wife.
Dink aan die vrou van Lot.
33
Whosoever shall seek to save his life shall lose it; and whosoever shall lose his life shall preserve it.
Elkeen wat sy lewe sal soek om te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit sal verloor, sal dit bewaar.
34
I tell you, in that night there shall be two [men] in one bed; the one shall be taken, and the other shall be left.
Ek sê vir julle, In daardie nag sal daar twee in een bed wees; die een sal geneem word, en die ander sal gelaat word.
35
Two [women] shall be grinding together; the one shall be taken, and the other left.
Twee vroue sal saam maal; die een sal geneem word, en die ander gelaat word.
36
Two [men] shall be in the field; the one shall be taken, and the other left.
Twee sal in die veld wees; die een sal geneem word, en die ander gelaat word.
37
And they answered and said unto him, Where, Lord? And he said unto them, Wheresoever the body [is], thither will the eagles be gathered together.
En hulle het geantwoord en tot Hom gesê, Waar, Here? En Hy het tot hulle gesê, Waar die liggaam is, daar sal die arende bymekaarkom.