Lukas — Luke 1 Lukas 2 →
King James Version
AFR DVK
1
Forasmuch as many have taken in hand to set forth in order a declaration of those things which are most surely believed among us,
Aangesien baie onderneem het om ‚'n verhaal op te stel van daardie dinge wat onder ons ten volle verseker is,
2
Even as they delivered them unto us, which from the beginning were eyewitnesses, and ministers of the word;
Net soos hulle dit aan ons oorgelewer het, wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die woord was;
3
It seemed good to me also, having had perfect understanding of all things from the very first, to write unto thee in order, most excellent Theophilus,
Het dit my ook goedgedink, nadat ek alles van die begin af noukeurig ondersoek het, om dit in orde aan jou te skrywe, uitnemende Teófilus,
4
That thou mightest know the certainty of those things, wherein thou hast been instructed.
Dat jy die sekerheid mag ken van daardie dinge waarin jy onderrig is.
5
There was in the days of Herod, the king of Judaea, a certain priest named Zacharias, of the course of Abia: and his wife [was] of the daughters of Aaron, and her name [was] Elisabeth.
Daar was in die dae van Herodes, die koning van Judea, ’n sekere priester met die naam van Sagaría, van die afdeling van Abía: en sy vrou was van die dogters van Aäron, en haar naam was Elísabet.
6
And they were both righteous before God, walking in all the commandments and ordinances of the Lord blameless.
En hulle was albei regverdig voor God, wandelende in al die gebooie en ordonnanse van die Here, onberispelik.
7
And they had no child, because that Elisabeth was barren, and they both were [now] well stricken in years.
En hulle het geen kind gehad nie, omdat Elísabet onvrugbaar was, en hulle albei nou ver gevorderd was in jare.
8
And it came to pass, that while he executed the priest’s office before God in the order of his course,
En dit het gebeur, dat, terwyl hy in die orde van sy afdeling voor God die priesteramp bedien het,
9
According to the custom of the priest’s office, his lot was to burn incense when he went into the temple of the Lord.
Volgens die gebruik van die priesteramp, is sy lot geval om in te gaan in die tempel van die Here en wierook te brand.
10
And the whole multitude of the people were praying without at the time of incense.
En die hele menigte van die volk was buite in gebed op die uur van die wierook.
11
And there appeared unto him an angel of the Lord standing on the right side of the altar of incense.
En daar het aan hom ‚'n engel van die Here verskyn, staande aan die regterkant van die altaar van wierook.
12
And when Zacharias saw [him], he was troubled, and fear fell upon him.
En toe Sagaría hom sien, was hy ontsteld, en vrees het op hom geval.
13
But the angel said unto him, Fear not, Zacharias: for thy prayer is heard; and thy wife Elisabeth shall bear thee a son, and thou shalt call his name John.
Maar die engel het tot hom gesê, Vrees nie, Sagaría: want jou gebed is verhoor; en jou vrou Elísabet sal vir jou ’n seun baar, en jy moet sy naam Johannes noem.
14
And thou shalt have joy and gladness; and many shall rejoice at his birth.
En jy sal blydskap en vreugde hê; en baie sal bly wees by sy geboorte.
15
For he shall be great in the sight of the Lord, and shall drink neither wine nor strong drink; and he shall be filled with the Holy Ghost, even from his mother’s womb.
Want hy sal groot wees in die oë van die Here, en sal geen wyn of sterk drank drink nie; en hy sal met die Heilige Gees vervul word, selfs van sy moeder se skoot af.
16
And many of the children of Israel shall he turn to the Lord their God.
En baie van die kinders van Israel sal hy tot die Here hulle God bekeer.
17
And he shall go before him in the spirit and power of Elias, to turn the hearts of the fathers to the children, and the disobedient to the wisdom of the just; to make ready a people prepared for the Lord.
En hy sal voor Hom uitgaan in die gees en krag van Elia, om die harte van die vaders tot die kinders te bekeer, en die ongehoorsames tot die wysheid van die regverdiges; om vir die Here ‚'n toebereide volk te berei.
18
And Zacharias said unto the angel, Whereby shall I know this? for I am an old man, and my wife well stricken in years.
En Sagaría het tot die engel gesê, Waaraan sal ek dit weet? want ek is ’n ou man, en my vrou is ver gevorderd in jare.
19
And the angel answering said unto him, I am Gabriel, that stand in the presence of God; and am sent to speak unto thee, and to shew thee these glad tidings.
En die engel het geantwoord en tot hom gesê, Ek is Gabriël, wat voor God staan; en ek is gestuur om met jou te spreek, en jou hierdie blye tydinge te bring.
20
And, behold, thou shalt be dumb, and not able to speak, until the day that these things shall be performed, because thou believest not my words, which shall be fulfilled in their season.
En kyk, jy sal stom wees, en nie kan spreek nie, tot die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde nie geglo het nie, wat in hulle tyd vervul sal word.
21
And the people waited for Zacharias, and marvelled that he tarried so long in the temple.
En die volk het op Sagaría gewag, en hulle het hulle verwonder dat hy so lank in die tempel vertoef.
22
And when he came out, he could not speak unto them: and they perceived that he had seen a vision in the temple: for he beckoned unto them, and remained speechless.
En toe hy uitkom, kon hy nie met hulle spreek nie: en hulle het besef dat hy ‚'n gesig in die tempel gesien het: want hy het aan hulle gewink, en het stom gebly.
23
And it came to pass, that, as soon as the days of his ministration were accomplished, he departed to his own house.
En dit het gebeur, dat, so gou as die dae van sy bediening voleindig was, hy na sy eie huis gegaan het.
24
And after those days his wife Elisabeth conceived, and hid herself five months, saying,
En ná daardie dae het sy vrou Elísabet ontvang, en haarself vyf maande lank verberg, sê,
25
Thus hath the Lord dealt with me in the days wherein he looked on [me], to take away my reproach among men.
So het die Here met my gehandel in die dae waarin Hy na my omgesien het, om my smaad onder die mense weg te neem.
26
And in the sixth month the angel Gabriel was sent from God unto a city of Galilee, named Nazareth,
En in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na ’n stad van Galilea, genaamd Nasaret,
27
To a virgin espoused to a man whose name was Joseph, of the house of David; and the virgin’s name [was] Mary.
Na ‚'n maagd wat verloof was aan ‚'n man met die naam van Josef, van die huis van Dawid; en die maagd se naam was Maria.
28
And the angel came in unto her, and said, Hail, [thou that art] highly favoured, the Lord [is] with thee: blessed [art] thou among women.
En die engel het by haar ingekom, en gesê, Wees gegroet, jy wat begenadig is, die Here is met jou: geseënd is jy onder die vroue.
29
And when she saw [him], she was troubled at his saying, and cast in her mind what manner of salutation this should be.
En toe sy hom sien, was sy ontsteld by sy woord, en het by haarself bedink watter groet dit was.
30
And the angel said unto her, Fear not, Mary: for thou hast found favour with God.
En die engel het tot haar gesê, Vrees nie, Maria: want jy het genade by God gevind.
31
And, behold, thou shalt conceive in thy womb, and bring forth a son, and shalt call his name JESUS.
En kyk, jy sal swanger word in jou skoot, en ‚'n seun baar, en moet sy naam JESUS noem.
32
He shall be great, and shall be called the Son of the Highest: and the Lord God shall give unto him the throne of his father David:
Hy sal groot wees, en die Seun van die Allerhoogste genoem word: en die Here God sal Hom die troon van sy vader Dawid gee:
33
And he shall reign over the house of Jacob for ever; and of his kingdom there shall be no end.
En Hy sal tot in ewigheid oor die huis van Jakob heers; en van sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.
34
Then said Mary unto the angel, How shall this be, seeing I know not a man?
Toe het Maria tot die engel gesê, Hoe sal dit wees, aangesien ek geen man ken nie?
35
And the angel answered and said unto her, The Holy Ghost shall come upon thee, and the power of the Highest shall overshadow thee: therefore also that holy thing which shall be born of thee shall be called the Son of God.
En die engel het geantwoord en tot haar gesê, Die Heilige Gees sal op jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu: daarom sal ook daardie Heilige wat van jou gebore word, die Seun van God genoem word.
36
And, behold, thy cousin Elisabeth, she hath also conceived a son in her old age: and this is the sixth month with her, who was called barren.
En kyk, jou niggie Elísabet, sy het ook ’n seun ontvang in haar ouderdom: en dit is die sesde maand met haar, wat onvrugbaar genoem is.
37
For with God nothing shall be impossible.
Want by God sal geen woord onmoontlik wees nie.
38
And Mary said, Behold the handmaid of the Lord; be it unto me according to thy word. And the angel departed from her.
En Maria het gesê, Kyk die diensmaagd van die Here; laat dit met my wees volgens u woord. En die engel het van haar weggegaan.
39
And Mary arose in those days, and went into the hill country with haste, into a city of Juda;
En Maria het in daardie dae opgestaan, en met haas na die bergland gegaan, in ‚'n stad van Juda;
40
And entered into the house of Zacharias, and saluted Elisabeth.
En in die huis van Sagaría ingegaan, en Elísabet gegroet.
41
And it came to pass, that, when Elisabeth heard the salutation of Mary, the babe leaped in her womb; and Elisabeth was filled with the Holy Ghost:
En dit het gebeur, dat, toe Elísabet die groet van Maria gehoor het, die kindjie in haar skoot opspring; en Elísabet is met die Heilige Gees vervul:
42
And she spake out with a loud voice, and said, Blessed [art] thou among women, and blessed [is] the fruit of thy womb.
En sy het met ’n groot stem uitgeroep, en gesê, Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou skoot.
43
And whence [is] this to me, that the mother of my Lord should come to me?
En van waar is dit aan my, dat die moeder van my Here tot my kom?
44
For, lo, as soon as the voice of thy salutation sounded in mine ears, the babe leaped in my womb for joy.
Want kyk, so gou as die stem van jou groet in my ore gekom het, het die kindjie met blydskap in my skoot opgespring.
45
And blessed [is] she that believed: for there shall be a performance of those things which were told her from the Lord.
En geseënd is sy wat geglo het: want daar sal ’n vervulling wees van die dinge wat haar van die Here gesê is.
46
And Mary said, My soul doth magnify the Lord,
En Maria het gesê, My siel maak die Here groot,
47
And my spirit hath rejoiced in God my Saviour.
En my gees het hom verheug in God my Verlosser.
48
For he hath regarded the low estate of his handmaiden: for, behold, from henceforth all generations shall call me blessed.
Want Hy het neergesien op die nederige staat van sy diensmaagd: want kyk, van nou af sal al die geslagte my geseënd noem.
49
For he that is mighty hath done to me great things; and holy [is] his name.
Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen; en heilig is sy Naam.
50
And his mercy [is] on them that fear him from generation to generation.
En sy barmhartigheid is van geslag tot geslag op hulle wat Hom vrees.
51
He hath shewed strength with his arm; he hath scattered the proud in the imagination of their hearts.
Hy het krag met sy arm gewys; Hy het die trotses in die verbeelding van hulle harte verstrooi.
52
He hath put down the mighty from [their] seats, and exalted them of low degree.
Hy het die magtiges van hulle trone afgetrek, en die nederiges verhef.
53
He hath filled the hungry with good things; and the rich he hath sent empty away.
Hy het die hongeriges met goeie dinge gevul; en die rykes het Hy leeg weggestuur.
54
He hath holpen his servant Israel, in remembrance of [his] mercy;
Hy het sy dienaar Israel bygestaan, in gedagtenis aan sy barmhartigheid;
55
As he spake to our fathers, to Abraham, and to his seed for ever.
Soos Hy tot ons vaders gespreek het, aan Abraham en sy saad tot in ewigheid.
56
And Mary abode with her about three months, and returned to her own house.
En Maria het by haar omtrent drie maande gebly, en na haar eie huis teruggekeer.
57
Now Elisabeth’s full time came that she should be delivered; and she brought forth a son.
Nou was Elísabet se tyd vol dat sy moes baar; en sy het ’n seun gebaar.
58
And her neighbours and her cousins heard how the Lord had shewed great mercy upon her; and they rejoiced with her.
En haar bure en haar familie het gehoor hoe die Here sy groot barmhartigheid aan haar bewys het; en hulle was saam met haar bly.
59
And it came to pass, that on the eighth day they came to circumcise the child; and they called him Zacharias, after the name of his father.
En dit het gebeur, dat op die agtste dag hulle gekom het om die kindjie te besny; en hulle het hom na die naam van sy vader Sagaría genoem.
60
And his mother answered and said, Not [so]; but he shall be called John.
En sy moeder het geantwoord en gesê, Nee; maar hy moet Johannes genoem word.
61
And they said unto her, There is none of thy kindred that is called by this name.
En hulle het tot haar gesê, Daar is niemand van jou familie wat by hierdie naam genoem word nie.
62
And they made signs to his father, how he would have him called.
En hulle het aan sy vader gewink, hoe hy wou hê dat hy genoem moet word.
63
And he asked for a writing table, and wrote, saying, His name is John. And they marvelled all.
En hy het om ’n skryftafel gevra, en geskrywe, sê, Sy naam is Johannes. En hulle het hulle almal verwonder.
64
And his mouth was opened immediately, and his tongue [loosed], and he spake, and praised God.
En sy mond is dadelik oopgemaak, en sy tong losgemaak, en hy het gespreek, en God geprys.
65
And fear came on all that dwelt round about them: and all these sayings were noised abroad throughout all the hill country of Judaea.
En vrees het gekom op almal wat rondom hulle gewoon het: en al hierdie uitsprake is deur die hele bergland van Judea bekend gemaak.
66
And all they that heard [them] laid [them] up in their hearts, saying, What manner of child shall this be! And the hand of the Lord was with him.
En almal wat dit gehoor het, het dit in hulle harte bewaar, sê, Wat sal tog van hierdie kindjie word! En die hand van die Here was met hom.
67
And his father Zacharias was filled with the Holy Ghost, and prophesied, saying,
En sy vader Sagaría is met die Heilige Gees vervul, en het geprofeteer, sê,
68
Blessed [be] the Lord God of Israel; for he hath visited and redeemed his people,
Geseënd is die Here God van Israel; want Hy het sy volk besoek, en hulle verlos,
69
And hath raised up an horn of salvation for us in the house of his servant David;
En het vir ons ‚'n horing van heil opgewek in die huis van sy dienaar Dawid;
70
As he spake by the mouth of his holy prophets, which have been since the world began:
Soos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profete, wat van die begin van die wêreld af was:
71
That we should be saved from our enemies, and from the hand of all that hate us;
Dat ons gered sou word van ons vyande, en van die hand van almal wat ons haat;
72
To perform the mercy [promised] to our fathers, and to remember his holy covenant;
Om barmhartigheid te bewys aan ons vaders, en sy heilige verbond te onthou;
73
The oath which he sware to our father Abraham,
Die eed wat Hy aan ons vader Abraham gesweer het,
74
That he would grant unto us, that we being delivered out of the hand of our enemies might serve him without fear,
Dat Hy aan ons sou gee, dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees sou dien,
75
In holiness and righteousness before him, all the days of our life.
In heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe.
76
And thou, child, shalt be called the prophet of the Highest: for thou shalt go before the face of the Lord to prepare his ways;
En jy, kindjie, sal die profeet van die Allerhoogste genoem word: want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë te berei;
77
To give knowledge of salvation unto his people by the remission of their sins,
Om kennis van heil aan sy volk te gee deur die vergifnis van hulle sondes,
78
Through the tender mercy of our God; whereby the dayspring from on high hath visited us,
Deur die tedere barmhartigheid van onse God; waarmee die dagbreek uit die hoogte ons besoek het,
79
To give light to them that sit in darkness and [in] the shadow of death, to guide our feet into the way of peace.
Om lig te gee aan hulle wat in duisternis en in die skaduwee van die dood sit, om ons voete te lei in die weg van vrede.
80
And the child grew, and waxed strong in spirit, and was in the deserts till the day of his shewing unto Israel.
En die kindjie het gegroei, en sterk geword in die gees, en was in die wildernisse tot die dag van sy verskyning aan Israel.