King James Version
AFR DVK
1
And the LORD spake unto Moses, saying,
En die HERE het tot Moses gespreek, en gesê,
2
Speak unto all the congregation of the children of Israel, and say unto them, Ye shall be holy: for I the LORD your God [am] holy.
Spreek tot die hele vergadering van die kinders van Israel, en sê tot hulle, Julle moet heilig wees: want ek die HERE julle God is heilig.
3
Ye shall fear every man his mother, and his father, and keep my sabbaths: I [am] the LORD your God.
Julle moet elkeen sy moeder en sy vader vrees, en my sabatte onderhou: ek is die HERE julle God.
4
Turn ye not unto idols, nor make to yourselves molten gods: I [am] the LORD your God.
Moenie julle tot afgode wend nie, en moenie vir julle gegote gode maak nie: ek is die HERE julle God.
5
And if ye offer a sacrifice of peace offerings unto the LORD, ye shall offer it at your own will.
En as julle ‚'n dankoffer aan die HERE offer, moet julle dit offer tot julle eie aanneming.
6
It shall be eaten the same day ye offer it, and on the morrow: and if ought remain until the third day, it shall be burnt in the fire.
Dit moet op dieselfde dag geëet word dat julle dit offer, en die volgende dag: en as daar iets tot die derde dag toe oorbly, moet dit met vuur verbrand word.
7
And if it be eaten at all on the third day, it [is] abominable; it shall not be accepted.
En as dit enigsins op die derde dag geëet word, is dit ’n gruwel; dit sal nie aangeneem word nie.
8
Therefore [every one] that eateth it shall bear his iniquity, because he hath profaned the hallowed thing of the LORD: and that soul shall be cut off from among his people.
Daarom moet elkeen wat dit eet, sy ongeregtigheid dra, omdat hy die heilige ding van die HERE ontheilig het: en daardie siel moet van sy volk afgesny word.
9
And when ye reap the harvest of your land, thou shalt not wholly reap the corners of thy field, neither shalt thou gather the gleanings of thy harvest.
En wanneer julle die oes van julle land insamel, moet julle die uithoeke van jou veld nie heeltemal afoes nie, en die nale van jou oes nie bymekaar maak nie.
10
And thou shalt not glean thy vineyard, neither shalt thou gather [every] grape of thy vineyard; thou shalt leave them for the poor and stranger: I [am] the LORD your God.
En jy mag jou wingerd nie na die laaste trosse afoes nie, en die gevalle druiwe van jou wingerd nie bymekaar maak nie; jy moet hulle vir die armes en die vreemdeling laat: ek is die HERE julle God.
11
Ye shall not steal, neither deal falsely, neither lie one to another.
Julle mag nie steel nie, en julle mag nie bedrieg nie, en julle mag nie die een teen die ander lieg nie.
12
And ye shall not swear by my name falsely, neither shalt thou profane the name of thy God: I [am] the LORD.
En julle mag nie vals by my Naam sweer nie, en die Naam van jou God nie ontheilig nie: ek is die HERE.
13
Thou shalt not defraud thy neighbour, neither rob [him]: the wages of him that is hired shall not abide with thee all night until the morning.
Jy mag jou naaste nie verdruk, of beroof nie: die loon van hom wat gehuur is, mag by jou nie oornag tot die môre nie.
14
Thou shalt not curse the deaf, nor put a stumblingblock before the blind, but shalt fear thy God: I [am] the LORD.
Jy mag die dowe nie vloek nie, en geen struikelblok voor die blinde sit nie, maar jy moet jou God vrees: ek is die HERE.
15
Ye shall do no unrighteousness in judgment: thou shalt not respect the person of the poor, nor honour the person of the mighty: [but] in righteousness shalt thou judge thy neighbour.
Julle mag geen onreg doen in die oordeel nie: jy mag die persoon van die armes nie aansien nie, en die persoon van die magtige nie eerbiedig nie: maar in geregtigheid moet jy jou naaste oordeel.
16
Thou shalt not go up and down [as] a talebearer among thy people: neither shalt thou stand against the blood of thy neighbour: I [am] the LORD.
Jy mag nie as ‚'n kwaadprater onder jou volk rondgaan nie: en jy mag nie staan teen die bloed van jou naaste nie: ek is die HERE.
17
Thou shalt not hate thy brother in thine heart: thou shalt in any wise rebuke thy neighbour, and not suffer sin upon him.
Jy mag jou broer nie in jou hart haat nie: jy moet jou naaste sekerlik bestraf, en nie sonde om sy ontwil dra nie.
18
Thou shalt not avenge, nor bear any grudge against the children of thy people, but thou shalt love thy neighbour as thyself: I [am] the LORD.
Jy mag nie wraak neem, of enige wrok koester teen die kinders van jou volk nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself: ek is die HERE.
19
Ye shall keep my statutes. Thou shalt not let thy cattle gender with a diverse kind: thou shalt not sow thy field with mingled seed: neither shall a garment mingled of linen and woollen come upon thee.
Julle moet my insettinge onderhou. Jy mag jou vee nie met ‚'n ander soort laat teel nie: jy mag jou veld nie met gemengde saad besaai nie: en ‚'n kleed gemeng van linne en wol mag nie op jou kom nie.
20
And whosoever lieth carnally with a woman, that [is] a bondmaid, betrothed to an husband, and not at all redeemed, nor freedom given her; she shall be scourged; they shall not be put to death, because she was not free.
En elkeen wat by ’n vrou lê wat ’n diensmaagd is, wat verloof is aan ’n man, en nie heeltemal losgekoop is nie, of vryheid aan haar gegee is nie; sy moet gestraf word; hulle mag nie gedood word nie, omdat sy nie vry was nie.
21
And he shall bring his trespass offering unto the LORD, unto the door of the tabernacle of the congregation, [even] a ram for a trespass offering.
En hy moet sy skuldoffer aan die HERE bring, by die deur van die tabernakel van die gemeente, selfs ‚'n ram tot ‚'n skuldoffer.
22
And the priest shall make an atonement for him with the ram of the trespass offering before the LORD for his sin which he hath done: and the sin which he hath done shall be forgiven him.
En die priester moet versoening vir hom maak met die ram van die skuldoffer voor die HERE vir sy sonde wat hy gesondig het: en die sonde wat hy gesondig het, sal hom vergewe word.
23
And when ye shall come into the land, and shall have planted all manner of trees for food, then ye shall count the fruit thereof as uncircumcised: three years shall it be as uncircumcised unto you: it shall not be eaten of.
En wanneer julle in die land kom, en allerhande bome geplant het tot voedsel, dan moet julle die vrug daarvan as onbesnede reken: drie jaar lank moet dit vir julle onbesnede wees: dit mag nie geëet word nie.
24
But in the fourth year all the fruit thereof shall be holy to praise the LORD [withal].
Maar in die vierde jaar moet al die vrug daarvan heilig wees om die HERE te prys.
25
And in the fifth year shall ye eat of the fruit thereof, that it may yield unto you the increase thereof: I [am] the LORD your God.
En in die vyfde jaar moet julle die vrug daarvan eet, dat dit sy opbrengs vir julle mag vermeerder: ek is die HERE julle God.
26
Ye shall not eat [any thing] with the blood: neither shall ye use enchantment, nor observe times.
Julle mag niks met die bloed eet nie: en julle mag nie waarneming gebruik, of toordery beoefen nie.
27
Ye shall not round the corners of your heads, neither shalt thou mar the corners of thy beard.
Julle mag die hoeke van julle hoofde nie rondom afskeer nie, en jy mag die hoeke van jou baard nie beskadig nie.
28
Ye shall not make any cuttings in your flesh for the dead, nor print any marks upon you: I [am] the LORD.
Julle mag geen snywerk in julle vlees maak vir die dooies nie, en geen merkteken op julle sit nie: ek is die HERE.
29
Do not prostitute thy daughter, to cause her to be a whore; lest the land fall to whoredom, and the land become full of wickedness.
Moenie jou dogter ontheilig om haar tot ‚'n hoer te maak nie; dat die land nie tot hoerery verval, en die land vol boosheid word nie.
30
Ye shall keep my sabbaths, and reverence my sanctuary: I [am] the LORD.
Julle moet my sabatte onderhou, en my heiligdom eerbiedig: ek is die HERE.
31
Regard not them that have familiar spirits, neither seek after wizards, to be defiled by them: I [am] the LORD your God.
Moenie julle tot dié wend wat met geeste omgaan, en tot die waarsêers nie; moenie hulle soek om daardeur verontreinig te word nie: ek is die HERE julle God.
32
Thou shalt rise up before the hoary head, and honour the face of the old man, and fear thy God: I [am] the LORD.
Jy moet voor die gryshare opstaan, en die aangesig van die ou man eer, en jou God vrees: ek is die HERE.
33
And if a stranger sojourn with thee in your land, ye shall not vex him.
En as ‚'n vreemdeling by jou in julle land vertoef, moet julle hom nie verdruk nie.
34
[But] the stranger that dwelleth with you shall be unto you as one born among you, and thou shalt love him as thyself; for ye were strangers in the land of Egypt: I [am] the LORD your God.
Maar die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos een wat onder julle gebore is, en jy moet hom liefhê soos jouself; want julle was vreemdelinge in die land Egipte: ek is die HERE julle God.
35
Ye shall do no unrighteousness in judgment, in meteyard, in weight, or in measure.
Julle mag geen onreg doen in die oordeel, in die maat, in die gewig, of in die maat nie.
36
Just balances, just weights, a just ephah, and a just hin, shall ye have: I [am] the LORD your God, which brought you out of the land of Egypt.
Regte weegskale, regte gewigte, ’n regte efa, en ’n regte hin moet julle hê: ek is die HERE julle God, wat julle uit die land Egipte uitgelei het.
37
Therefore shall ye observe all my statutes, and all my judgments, and do them: I [am] the LORD.
Daarom moet julle al my insettinge, en al my oordele onderhou, en dit doen: ek is die HERE.