← Levitikus 12 Levitikus — Leviticus 13 Levitikus 14 →
King James Version
AFR DVK
1
And the LORD spake unto Moses and Aaron, saying,
En die HERE het tot Moses en Aäron gespreek, en gesê,
2
When a man shall have in the skin of his flesh a rising, a scab, or bright spot, and it be in the skin of his flesh [like] the plague of leprosy; then he shall be brought unto Aaron the priest, or unto one of his sons the priests:
Wanneer ’n mens in die vel van sy vlees ’n swelplek, of ’n uitslag, of ’n blink plek het, en dit in die vel van sy vlees is soos die plaag van melaatsheid; dan moet hy na Aäron die priester, of na een van sy seuns die priesters, gebring word:
3
And the priest shall look on the plague in the skin of the flesh: and [when] the hair in the plague is turned white, and the plague in sight [be] deeper than the skin of his flesh, it [is] a plague of leprosy: and the priest shall look on him, and pronounce him unclean.
En die priester moet die plaag in die vel van die vlees aansien: en wanneer die haar in die plaag wit geword het, en die plaag in die aangesig dieper is as die vel van sy vlees, is dit ‚'n plaag van melaatsheid: en die priester moet hom aansien, en hom onrein verklaar.
4
If the bright spot [be] white in the skin of his flesh, and in sight [be] not deeper than the skin, and the hair thereof be not turned white; then the priest shall shut up [him that hath] the plague seven days:
As die blink plek wit is in die vel van sy vlees, en in die aangesig nie dieper as die vel nie, en die haar daarvan nie wit geword het nie; dan moet die priester die wat die plaag het, sewe dae lank toesluit:
5
And the priest shall look on him the seventh day: and, behold, [if] the plague in his sight be at a stay, [and] the plague spread not in the skin; then the priest shall shut him up seven days more:
En die priester moet hom op die sewende dag aansien: en kyk, as die plaag in sy oë dieselfde gebly het, en die plaag nie in die vel uitgebrei het nie; dan moet die priester hom nog sewe dae toesluit:
6
And the priest shall look on him again the seventh day: and, behold, [if] the plague [be] somewhat dark, [and] the plague spread not in the skin, the priest shall pronounce him clean: it [is but] a scab: and he shall wash his clothes, and be clean.
En die priester moet hom weer op die sewende dag aansien: en kyk, as die plaag donker is, en die plaag nie in die vel uitgebrei het nie; dan moet die priester hom rein verklaar: dit is maar ‚'n uitslag: en hy moet sy klere was, en rein wees.
7
But if the scab spread much abroad in the skin, after that he hath been seen of the priest for his cleansing, he shall be seen of the priest again:
Maar as die uitslag in die vel baie uitgebrei het, nadat hy by die priester was tot sy reiniging; moet hy weer by die priester gesien word:
8
And [if] the priest see that, behold, the scab spreadeth in the skin, then the priest shall pronounce him unclean: it [is] a leprosy.
En as die priester sien dat, kyk, die uitslag in die vel uitgebrei het; dan moet die priester hom onrein verklaar: dit is melaatsheid.
9
When the plague of leprosy is in a man, then he shall be brought unto the priest;
Wanneer die plaag van melaatsheid in ‚'n mens is, dan moet hy by die priester gebring word;
10
And the priest shall see [him]: and, behold, [if] the rising [be] white in the skin, and it have turned the hair white, and [there be] quick raw flesh in the rising;
En die priester moet hom aansien: en kyk, as daar ‚'n wit swelplek in die vel is, en dit die haar wit gemaak het, en daar lewende rou vlees in die swelplek is;
11
It [is] an old leprosy in the skin of his flesh, and the priest shall pronounce him unclean, and shall not shut him up: for he [is] unclean.
Dit is ‚'n ou melaatsheid in die vel van sy vlees, en die priester moet hom onrein verklaar, en hom nie toesluit nie: want hy is onrein.
12
And if a leprosy break out abroad in the skin, and the leprosy cover all the skin of [him that hath] the plague from his head even to his foot, wheresoever the priest looketh;
En as ‚'n melaatsheid baie uitbreek in die vel, en die melaatsheid al die vel van hom wat die plaag het, bedek van sy hoof af tot by sy voete, soveel as die priester kan sien;
13
Then the priest shall consider: and, behold, [if] the leprosy have covered all his flesh, he shall pronounce [him] clean [that hath] the plague: it is all turned white: he [is] clean.
Dan moet die priester aansien: en kyk, as die melaatsheid sy hele vlees bedek het, moet hy hom wat die plaag het, rein verklaar: dit is alles wit geword: hy is rein.
14
But when raw flesh appeareth in him, he shall be unclean.
Maar op die dag wanneer rou vlees in hom gesien word, moet hy onrein wees.
15
And the priest shall see the raw flesh, and pronounce him to be unclean: [for] the raw flesh [is] unclean: it [is] a leprosy.
En die priester moet die rou vlees aansien, en hom onrein verklaar: die rou vlees is onrein: dit is melaatsheid.
16
Or if the raw flesh turn again, and be changed unto white, he shall come unto the priest;
Of as die rou vlees verander en wit word, moet hy by die priester kom;
17
And the priest shall see him: and, behold, [if] the plague be turned into white; then the priest shall pronounce [him] clean [that hath] the plague: he [is] clean.
En die priester moet hom aansien: en kyk, as die plaag wit geword het; dan moet die priester hom wat die plaag het, rein verklaar: hy is rein.
18
The flesh also, in which, [even] in the skin thereof, was a boil, and is healed,
Die vlees ook, waarin, in die vel daarvan, ‚'n sweer was, en genees is,
19
And in the place of the boil there be a white rising, or a bright spot, white, and somewhat reddish, and it be shewed to the priest;
En in die plek van die sweer ‚'n wit swelplek is, of ‚'n blink plek, ietwat rooierig; dan moet dit by die priester gesien word;
20
And if, when the priest seeth it, behold, it [be] in sight lower than the skin, and the hair thereof be turned white; the priest shall pronounce him unclean: it [is] a plague of leprosy broken out of the boil.
En as die priester dit aansien, en kyk, dit is in die aangesig laer as die vel, en die haar daarvan is wit geword; die priester moet hom onrein verklaar: dit is die plaag van melaatsheid wat uitgebreek het uit die sweer.
21
But if the priest look on it, and, behold, [there be] no white hairs therein, and [if] it [be] not lower than the skin, but [be] somewhat dark; then the priest shall shut him up seven days:
Maar as die priester dit aansien, en kyk, daar is geen wit hare daarin nie, en as dit nie laer as die vel is nie, maar ietwat donker; dan moet die priester hom sewe dae toesluit:
22
And if it spread much abroad in the skin, then the priest shall pronounce him unclean: it [is] a plague.
En as dit baie in die vel uitgebrei het; dan moet die priester hom onrein verklaar: dit is die plaag.
23
But if the bright spot stay in his place, [and] spread not, it [is] a burning boil; and the priest shall pronounce him clean.
Maar as die blink plek op sy plek bly, en nie uitgebrei het nie, is dit die litteken van die sweer; en die priester moet hom rein verklaar.
24
Or if there be [any] flesh, in the skin whereof [there is] a hot burning, and the quick [flesh] that burneth have a white bright spot, somewhat reddish, or white;
Of as daar in die vel van die vlees ‚'n brandplek van vuur is, en die lewende vlees van die brandplek ‚'n blink plek het, ietwat rooierig of wit;
25
Then the priest shall look upon it: and, behold, [if] the hair in the bright spot be turned white, and it [be in] sight deeper than the skin; it [is] a leprosy broken out of the burning: wherefore the priest shall pronounce him unclean: it [is] the plague of leprosy.
Dan moet die priester dit aansien: en kyk, as die haar in die blink plek wit geword het, en dit in die aangesig dieper is as die vel; dit is melaatsheid wat uitgebreek het uit die brandplek: daarom moet die priester hom onrein verklaar: dit is die plaag van melaatsheid.
26
But if the priest look on it, and, behold, [there be] no white hair in the bright spot, and it [be] no lower than the [other] skin, but [be] somewhat dark; then the priest shall shut him up seven days:
Maar as die priester dit aansien, en kyk, daar is geen wit haar in die blink plek nie, en dit is nie laer as die ander vel nie, maar is ietwat donker; dan moet die priester hom sewe dae toesluit:
27
And the priest shall look upon him the seventh day: [and] if it be spread much abroad in the skin, then the priest shall pronounce him unclean: it [is] the plague of leprosy.
En die priester moet hom op die sewende dag aansien: en as dit baie in die vel uitgebrei het; dan moet die priester hom onrein verklaar: dit is die plaag van melaatsheid.
28
And if the bright spot stay in his place, [and] spread not in the skin, but it [be] somewhat dark; it [is] a rising of the burning, and the priest shall pronounce him clean: for it [is] an inflammation of the burning.
En as die blink plek op sy plek bly, en nie in die vel uitgebrei het nie, maar is ietwat donker; dit is ‚'n swelplek van die brandplek, en die priester moet hom rein verklaar: want dit is die litteken van die brandplek.
29
If a man or woman have a plague upon the head or the beard;
As ‚'n man of vrou ‚'n plaag op die hoof of in die baard het;
30
Then the priest shall see the plague: and, behold, if it [be] in sight deeper than the skin; [and there be] in it a yellow thin hair; then the priest shall pronounce him unclean: it [is] a dry scall, [even] a leprosy upon the head or beard.
Dan moet die priester die plaag aansien: en kyk, as dit in die aangesig dieper is as die vel; en daar is daarin ‚'n geel dun haar; dan moet die priester hom onrein verklaar: dit is ‚'n skurfte, dit is melaatsheid van die hoof of van die baard.
31
And if the priest look on the plague of the scall, and, behold, it [be] not in sight deeper than the skin, and [that there is] no black hair in it; then the priest shall shut up [him that hath] the plague of the scall seven days:
En as die priester die plaag van die skurfte aansien, en kyk, dit is nie in die aangesig dieper as die vel nie, en daar is geen swart haar daarin nie; dan moet die priester hom wat die plaag van die skurfte het, sewe dae toesluit:
32
And in the seventh day the priest shall look on the plague: and, behold, [if] the scall spread not, and there be in it no yellow hair, and the scall [be] not in sight deeper than the skin;
En op die sewende dag moet die priester die plaag aansien: en kyk, as die skurfte nie uitgebrei het nie, en daar is geen geel haar daarin nie, en die skurfte is nie in die aangesig dieper as die vel nie;
33
He shall be shaven, but the scall shall he not shave; and the priest shall shut up [him that hath] the scall seven days more:
Hy moet geskeer word, maar die skurfte mag hy nie skeer nie; en die priester moet hom wat die skurfte het, nog sewe dae toesluit:
34
And in the seventh day the priest shall look on the scall: and, behold, [if] the scall be not spread in the skin, nor [be] in sight deeper than the skin; then the priest shall pronounce him clean: and he shall wash his clothes, and be clean.
En op die sewende dag moet die priester die skurfte aansien: en kyk, as die skurfte nie in die vel uitgebrei het nie, en is in die aangesig nie dieper as die vel nie; dan moet die priester hom rein verklaar: en hy moet sy klere was, en rein wees.
35
But if the scall spread much in the skin after his cleansing;
Maar as die skurfte baie in die vel uitgebrei het na sy reiniging;
36
Then the priest shall look on him: and, behold, if the scall be spread in the skin, the priest shall not seek for yellow hair; he [is] unclean.
Dan moet die priester hom aansien: en kyk, as die skurfte in die vel uitgebrei het, moet die priester nie soek na die geel haar nie; hy is onrein.
37
But if the scall be in his sight at a stay, and [that] there is black hair grown up therein; the scall is healed, he [is] clean: and the priest shall pronounce him clean.
Maar as die skurfte in sy oë dieselfde gebly het, en daar swart haar daarin opgekom het; die skurfte is genees, hy is rein: en die priester moet hom rein verklaar.
38
If a man also or a woman have in the skin of their flesh bright spots, [even] white bright spots;
As ‚'n man of ‚'n vrou in die vel van hulle vlees blink plekke het, selfs wit blink plekke;
39
Then the priest shall look: and, behold, [if] the bright spots in the skin of their flesh [be] darkish white; it [is] a freckled spot [that] groweth in the skin; he [is] clean.
Dan moet die priester aansien: en kyk, as die blink plekke in die vel van hulle vlees donkerwit is; dit is ‚'n uitslag wat in die vel uitgebreek het; hy is rein.
40
And the man whose hair is fallen off his head, he [is] bald; [yet is] he clean.
En die man wie se hare van sy hoof afgeval het, hy is kaalkop; tog is hy rein.
41
And he that hath his hair fallen off from the part of his head toward his face, he [is] forehead bald: [yet is] he clean.
En hy wie se hare van die voorkant van sy hoof afgeval het, hy is voorhoofskaal; tog is hy rein.
42
And if there be in the bald head, or bald forehead, a white reddish sore; it [is] a leprosy sprung up in his bald head, or his bald forehead.
En as daar in die kaal plek, of in die voorhoofskaal, ‚'n wit rooierige plaag is; dit is melaatsheid wat uitgebreek het in sy kaal plek, of in sy voorhoofskaal.
43
Then the priest shall look upon it: and, behold, [if] the rising of the sore [be] white reddish in his bald head, or in his bald forehead, as the leprosy appeareth in the skin of the flesh;
Dan moet die priester hom aansien: en kyk, as die swelplek van die plaag wit rooierig is in sy kaal plek, of in sy voorhoofskaal, soos die melaatsheid in die vel van die vlees verskyn;
44
He is a leprous man, he [is] unclean: the priest shall pronounce him utterly unclean; his plague [is] in his head.
Hy is ‚'n melaatse man, hy is onrein: die priester moet hom heeltemal onrein verklaar; sy plaag is op sy hoof.
45
And the leper in whom the plague [is], his clothes shall be rent, and his head bare, and he shall put a covering upon his upper lip, and shall cry, Unclean, unclean.
En die melaatse in wie die plaag is, sy klere moet geskeur wees, en sy hoof moet ontbloot wees, en hy moet ’n bedekking oor sy bolip hê, en moet uitroep, Onrein, onrein.
46
All the days wherein the plague [shall be] in him he shall be defiled; he [is] unclean: he shall dwell alone; without the camp [shall] his habitation [be].
Al die dae waarin die plaag in hom is, moet hy onrein wees; hy is onrein: hy moet alleen woon; buite die kamp moet sy woning wees.
47
The garment also that the plague of leprosy is in, [whether it be] a woollen garment, or a linen garment;
Die kleed ook waarin die plaag van melaatsheid is, of dit ‚'n wollen kleed is, of ‚'n linne kleed;
48
Whether [it be] in the warp, or woof; of linen, or of woollen; whether in a skin, or in any thing made of skin;
Of in die skering, of in die inslag, van linne, of van wol; of in ‚'n vel, of in enige ding wat van vel gemaak is;
49
And if the plague be greenish or reddish in the garment, or in the skin, either in the warp, or in the woof, or in any thing of skin; it [is] a plague of leprosy, and shall be shewed unto the priest:
En as die plaag groenagtig of rooierig is in die kleed, of in die vel, of in die skering, of in die inslag, of in enige ding van vel; dit is ‚'n plaag van melaatsheid, en moet aan die priester gewys word:
50
And the priest shall look upon the plague, and shut up [it that hath] the plague seven days:
En die priester moet die plaag aansien, en dit wat die plaag het, sewe dae toesluit:
51
And he shall look on the plague on the seventh day: if the plague be spread in the garment, either in the warp, or in the woof, or in a skin, [or] in any work that is made of skin; the plague [is] a fretting leprosy; it [is] unclean.
En hy moet die plaag op die sewende dag aansien: as die plaag uitgebrei het in die kleed, of in die skering, of in die inslag, of in ‚'n vel, of in enige werk wat van vel gemaak is; die plaag is ‚'n vretende melaatsheid; dit is onrein.
52
He shall therefore burn that garment, whether warp or woof, in woollen or in linen, or any thing of skin, wherein the plague is: for it [is] a fretting leprosy; it shall be burnt in the fire.
Hy moet dus daardie kleed verbrand, of die skering of die inslag, in wol of in linne, of enige ding van vel, waarin die plaag is: want dit is ‚'n vretende melaatsheid; dit moet met vuur verbrand word.
53
And if the priest shall look, and, behold, the plague be not spread in the garment, either in the warp, or in the woof, or in any thing of skin;
En as die priester aansien, en kyk, die plaag is nie uitgebrei in die kleed, of in die skering, of in die inslag, of in enige ding van vel nie;
54
Then the priest shall command that they wash [the thing] wherein the plague [is], and he shall shut it up seven days more:
Dan moet die priester beveel dat hulle die ding was waarin die plaag is, en hy moet dit nog sewe dae toesluit:
55
And the priest shall look on the plague, after that it is washed: and, behold, [if] the plague have not changed his colour, and the plague be not spread; it [is] unclean; thou shalt burn it in the fire; it [is] fret inward, [whether] it [be] bare within or without.
En die priester moet die plaag aansien, nadat dit gewas is: en kyk, as die plaag nie van aangesig verander het nie, en die plaag nie uitgebrei het nie; dit is onrein; jy moet dit met vuur verbrand: dit is ‚'n vreetplek van binne of van buite.
56
And if the priest look, and, behold, the plague [be] somewhat dark after the washing of it; then he shall rend it out of the garment, or out of the skin, or out of the warp, or out of the woof:
En as die priester aansien, en kyk, die plaag is donker na die was daarvan; dan moet hy dit uitskeur uit die kleed, of uit die vel, of uit die skering, of uit die inslag:
57
And if it appear still in the garment, either in the warp, or in the woof, or in any thing of skin; it [is] a spreading [plague]: thou shalt burn that wherein the plague [is] with fire.
En as dit nog gesien word in die kleed, of in die skering, of in die inslag, of in enige ding van vel; dit is ‚'n uitbrekende plaag: jy moet dit waarin die plaag is, met vuur verbrand.
58
And the garment, either warp, or woof, or whatsoever thing of skin [it be], which thou shalt wash, if the plague be departed from them, then it shall be washed the second time, and shall be clean.
En die kleed, of die skering, of die inslag, of enige ding van vel wat jy was, as die plaag daarvan weg is, dan moet dit ‚'n tweede maal gewas word, en rein wees.
59
This [is] the law of the plague of leprosy in a garment of woollen or linen, either in the warp, or woof, or any thing of skins, to pronounce it clean, or to pronounce it unclean.
Dit is die wet van die plaag van melaatsheid in ‚'n kleed van wol of linne, of in die skering, of in die inslag, of in enige ding van vel, om dit rein te verklaar, of om dit onrein te verklaar.