King James Version
AFR DVK
1
Now Jericho was straitly shut up because of the children of Israel: none went out, and none came in.
Nou was Jérigo styf toegesluit vanweë die kinders van Israel: niemand het uitgegaan nie, en niemand het ingekom nie.
2
And the LORD said unto Joshua, See, I have given into thine hand Jericho, and the king thereof, [and] the mighty men of valour.
En die HERE het tot Josua gesê, Kyk, ek het Jérigo, en sy koning, en die dapper manne, in jou hand gegee.
3
And ye shall compass the city, all [ye] men of war, [and] go round about the city once. Thus shalt thou do six days.
En julle moet om die stad trek, al die manne van oorlog, en die stad een maal omring. So moet jy ses dae lank doen.
4
And seven priests shall bear before the ark seven trumpets of rams’ horns: and the seventh day ye shall compass the city seven times, and the priests shall blow with the trumpets.
En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die ark dra: en op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omring, en die priesters moet met die trompette blaas.
5
And it shall come to pass, that when they make a long [blast] with the ram’s horn, [and] when ye hear the sound of the trumpet, all the people shall shout with a great shout; and the wall of the city shall fall down flat, and the people shall ascend up every man straight before him.
En dit sal gebeur, wanneer hulle ‚'n lang blaas met die ramshoring maak, en wanneer julle die geluid van die trompet hoor, moet die hele volk ‚'n groot geskreeu skreeu; en die muur van die stad sal plat op sy plek val, en die volk moet elkeen reguit voor hom intrek.
6
And Joshua the son of Nun called the priests, and said unto them, Take up the ark of the covenant, and let seven priests bear seven trumpets of rams’ horns before the ark of the LORD.
En Josua die seun van Nun het die priesters geroep, en tot hulle gesê, Neem die ark van die verbond op, en laat sewe priesters sewe ramshorings voor die ark van die HERE dra.
7
And he said unto the people, Pass on, and compass the city, and let him that is armed pass on before the ark of the LORD.
En hy het tot die volk gesê, Trek deur, en omring die stad, en laat die gewapende manne voor die ark van die HERE deurgaan.
8
And it came to pass, when Joshua had spoken unto the people, that the seven priests bearing the seven trumpets of rams’ horns passed on before the LORD, and blew with the trumpets: and the ark of the covenant of the LORD followed them.
En dit het gebeur, toe Josua tot die volk gespreek het, dat die sewe priesters wat die sewe ramshorings voor die HERE gedra het, deurgegaan het, en met die trompette geblaas het: en die ark van die verbond van die HERE het hulle gevolg.
9
And the armed men went before the priests that blew with the trumpets, and the rereward came after the ark, [the priests] going on, and blowing with the trumpets.
En die gewapende manne het voor die priesters uit gegaan wat met die trompette geblaas het, en die agterhoede het agter die ark gekom, die priesters wat voortgegaan het en met die trompette geblaas het.
10
And Joshua had commanded the people, saying, Ye shall not shout, nor make any noise with your voice, neither shall [any] word proceed out of your mouth, until the day I bid you shout; then shall ye shout.
En Josua het die volk beveel, en gesê, Julle mag nie skreeu nie, en julle mag julle stem nie hoorbaar maak nie, en daar mag geen woord uit julle mond uitgaan nie, totdat die dag kom dat ek tot julle sê, Skreeu; dan moet julle skreeu.
11
So the ark of the LORD compassed the city, going about [it] once: and they came into the camp, and lodged in the camp.
So het die ark van die HERE dan die stad omring, en dit een maal omring: en hulle het in die kamp ingekom, en in die kamp vernag.
12
And Joshua rose early in the morning, and the priests took up the ark of the LORD.
En Josua het vroeg in die môre opgestaan, en die priesters het die ark van die HERE opgeneem.
13
And seven priests bearing seven trumpets of rams’ horns before the ark of the LORD went on continually, and blew with the trumpets: and the armed men went before them; but the rereward came after the ark of the LORD, [the priests] going on, and blowing with the trumpets.
En sewe priesters wat sewe ramshorings voor die ark van die HERE gedra het, het voortgegaan, en met die trompette geblaas: en die gewapende manne het voor hulle uit gegaan; maar die agterhoede het agter die ark van die HERE gekom, die priesters wat voortgegaan het en met die trompette geblaas het.
14
And the second day they compassed the city once, and returned into the camp: so they did six days.
En die tweede dag het hulle die stad een maal omring, en in die kamp teruggekeer: so het hulle ses dae lank gedoen.
15
And it came to pass on the seventh day, that they rose early about the dawning of the day, and compassed the city after the same manner seven times: only on that day they compassed the city seven times.
En dit het gebeur op die sewende dag, dat hulle vroeg opgestaan het, omtrent die dagbreek, en die stad op dieselfde manier sewe maal omring: net op daardie dag het hulle die stad sewe maal omring.
16
And it came to pass at the seventh time, when the priests blew with the trumpets, Joshua said unto the people, Shout; for the LORD hath given you the city.
En dit het gebeur by die sewende maal, toe die priesters met die trompette geblaas het, dat Josua tot die volk gesê het, Skreeu; want die HERE het julle die stad gegee.
17
And the city shall be accursed, [even] it, and all that [are] therein, to the LORD: only Rahab the harlot shall live, she and all that [are] with her in the house, because she hid the messengers that we sent.
En die stad moet met die ban vernietig word, dit en al wat daarin is, aan die HERE: net Ragab die hoer moet lewe, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers weggesteek het wat ons gestuur het.
18
And ye, in any wise keep [yourselves] from the accursed thing, lest ye make [yourselves] accursed, when ye take of the accursed thing, and make the camp of Israel a curse, and trouble it.
En julle, hou julle net van die ban-ding: dat julle julle nie self vervloek wanneer julle van die ban-ding neem nie, en die kamp van Israel tot ‚'n ban-ding maak, en dit in die moeilikheid bring nie.
19
But all the silver, and gold, and vessels of brass and iron, [are] consecrated unto the LORD: they shall come into the treasury of the LORD.
Maar al die silwer, en goud, en vate van koper en yster, is geheilig aan die HERE: hulle moet in die skat van die HERE kom.
20
So the people shouted when [the priests] blew with the trumpets: and it came to pass, when the people heard the sound of the trumpet, and the people shouted with a great shout, that the wall fell down flat, so that the people went up into the city, every man straight before him, and they took the city.
So het die volk dan geskreeu toe hulle met die trompette geblaas het: en dit het gebeur, toe die volk die geluid van die trompet gehoor het, en die volk met ‚'n groot geskreeu geskreeu het, dat die muur plat op sy plek geval het, sodat die volk in die stad opgeklim het, elkeen reguit voor hom, en hulle het die stad ingeneem.
21
And they utterly destroyed all that [was] in the city, both man and woman, young and old, and ox, and sheep, and ass, with the edge of the sword.
En hulle het alles wat in die stad was, met die skerpte van die swaard heeltemal vernietig, beide man en vrou, jong en oud, en os, en skaap, en esel.
22
But Joshua had said unto the two men that had spied out the country, Go into the harlot’s house, and bring out thence the woman, and all that she hath, as ye sware unto her.
Maar Josua het tot die twee manne wat die land verken het, gesê, Gaan in die huis van die hoer, en bring die vrou daaruit, en alles wat sy het, soos julle haar met ’n eed beloof het.
23
And the young men that were spies went in, and brought out Rahab, and her father, and her mother, and her brethren, and all that she had; and they brought out all her kindred, and left them without the camp of Israel.
En die jongmanne wat die verspieders was, het ingegaan, en Ragab uitgebring, en haar vader, en haar moeder, en haar broers, en alles wat sy gehad het; en hulle het al haar maagskap uitgebring, en hulle buite die kamp van Israel neergesit.
24
And they burnt the city with fire, and all that [was] therein: only the silver, and the gold, and the vessels of brass and of iron, they put into the treasury of the house of the LORD.
En hulle het die stad met vuur verbrand, en alles wat daarin was: net die silwer, en die goud, en die vate van koper en van yster, het hulle in die skat van die huis van die HERE gesit.
25
And Joshua saved Rahab the harlot alive, and her father’s household, and all that she had; and she dwelleth in Israel [even] unto this day; because she hid the messengers, which Joshua sent to spy out Jericho.
En Josua het Ragab die hoer lewendig laat bly, en haar vader se huis, en alles wat sy gehad het; en sy woon in Israel tot vandag toe; omdat sy die boodskappers weggesteek het wat Josua gestuur het om Jérigo te verken.
26
And Joshua adjured [them] at that time, saying, Cursed [be] the man before the LORD, that riseth up and buildeth this city Jericho: he shall lay the foundation thereof in his firstborn, and in his youngest [son] shall he set up the gates of it.
En Josua het hulle in daardie tyd met ’n eed besweer, en gesê, Vervloek is die man voor die HERE, wat opstaan en hierdie stad Jérigo bou: hy moet sy eersgeborene daarvoor as fondament lê, en in sy jongste seun moet hy die poorte daarvan opsit.
27
So the LORD was with Joshua; and his fame was [noised] throughout all the country.
So was die HERE dan met Josua; en sy roem was deur die hele land.