King James Version
AFR DVK
1
And Joshua the son of Nun sent out of Shittim two men to spy secretly, saying, Go view the land, even Jericho. And they went, and came into an harlot’s house, named Rahab, and lodged there.
En Josua die seun van Nun het uit Sittim twee manne as verspieders in die geheim uitgestuur, en gesê, Gaan, bekyk die land, selfs Jérigo. En hulle het gegaan, en in die huis van ’n vrou, ’n hoer, wie se naam Ragab was, ingekom, en daar vernag.
2
And it was told the king of Jericho, saying, Behold, there came men in hither to night of the children of Israel to search out the country.
En dit is aan die koning van Jérigo vertel, en gesê, Kyk, daar het vanaand manne van die kinders van Israel hier ingekom om die land te verken.
3
And the king of Jericho sent unto Rahab, saying, Bring forth the men that are come to thee, which are entered into thine house: for they be come to search out all the country.
En die koning van Jérigo het na Ragab gestuur, en gesê, Bring die manne uit wat na jou gekom het, wat in jou huis ingekom het: want hulle is gekom om die hele land te verken.
4
And the woman took the two men, and hid them, and said thus, There came men unto me, but I wist not whence they [were]:
En die vrou het die twee manne geneem, en hulle weggesteek, en gesê, Daar het wel manne by my gekom, maar ek het nie geweet waarvandaan hulle was nie:
5
And it came to pass [about the time] of shutting of the gate, when it was dark, that the men went out: whither the men went I wot not: pursue after them quickly; for ye shall overtake them.
En dit het gebeur, toe die poort in die donker toegesluit is, dat die manne uitgegaan het: waar die manne heengegaan het, weet ek nie: agtervolg hulle haastig; want julle sal hulle inhaal.
6
But she had brought them up to the roof of the house, and hid them with the stalks of flax, which she had laid in order upon the roof.
Maar sy het hulle op die dak opgeneem, en hulle weggesteek met die stamme vlas, wat sy op die dak uitgesprei het.
7
And the men pursued after them the way to Jordan unto the fords: and as soon as they which pursued after them were gone out, they shut the gate.
En die manne het hulle agtervolg op die pad na die Jordaan tot by die drifte: en sodra die wat hulle agtervolg het, uitgegaan het, het hulle die poort toegesluit.
8
And before they were laid down, she came up unto them upon the roof;
En voordat hulle neergelê het, het sy na hulle op die dak opgegaan;
9
And she said unto the men, I know that the LORD hath given you the land, and that your terror is fallen upon us, and that all the inhabitants of the land faint because of you.
En tot die manne gesê, Ek weet dat die HERE die land aan julle gegee het, en dat julle verskrikking op ons geval het, en dat al die inwoners van die land voor julle wegsmelt.
10
For we have heard how the LORD dried up the water of the Red sea for you, when ye came out of Egypt; and what ye did unto the two kings of the Amorites, that [were] on the other side Jordan, Sihon and Og, whom ye utterly destroyed.
Want ons het gehoor hoe die HERE die waters van die Skelfsee voor julle uitgedroog het, toe julle uit Egipte uitgegaan het; en wat julle aan die twee konings van die Amoriete gedoen het, wat aan die ander kant van die Jordaan was, Síhon en Og, wat julle heeltemal vernietig het.
11
And as soon as we had heard [these things], our hearts did melt, neither did there remain any more courage in any man, because of you: for the LORD your God, he [is] God in heaven above, and in earth beneath.
En sodra ons dit gehoor het, het ons harte wegsmelt, en daar het geen meer moed in enige man oorgebly nie, vanweë julle: want die HERE julle God, Hy is God in die hemel daarbo, en op die aarde hieronder.
12
Now therefore, I pray you, swear unto me by the LORD, since I have shewed you kindness, that ye will also shew kindness unto my father’s house, and give me a true token:
Nou dan, ek bid julle, sweer vir my by die HERE, aangesien ek barmhartigheid aan julle bewys het, dat julle ook barmhartigheid sal bewys aan die huis van my vader, en gee my ‚'n ware teken:
13
And [that] ye will save alive my father, and my mother, and my brethren, and my sisters, and all that they have, and deliver our lives from death.
En dat julle my vader, en my moeder, en my broers, en my susters, en alles wat hulle het, sal laat lewe, en ons siele van die dood sal red.
14
And the men answered her, Our life for yours, if ye utter not this our business. And it shall be, when the LORD hath given us the land, that we will deal kindly and truly with thee.
En die manne het haar geantwoord, Ons lewe vir julle om te sterwe, as julle hierdie ons saak nie verklap nie. En dit sal wees, wanneer die HERE ons die land gee, dat ons barmhartigheid en waarheid aan jou sal bewys.
15
Then she let them down by a cord through the window: for her house [was] upon the town wall, and she dwelt upon the wall.
Toe het sy hulle met ‚'n tou deur die venster afgelaat: want haar huis was teen die stadsmuur, en sy het teen die muur gewoon.
16
And she said unto them, Get you to the mountain, lest the pursuers meet you; and hide yourselves there three days, until the pursuers be returned: and afterward may ye go your way.
En sy het tot hulle gesê, Gaan na die gebergte, dat die agtervolgers julle nie teëkom nie; en verberg julle daar drie dae lank, totdat die agtervolgers teruggekeer het: en daarna mag julle julle pad gaan.
17
And the men said unto her, We [will be] blameless of this thine oath which thou hast made us swear.
En die manne het tot haar gesê, Ons sal vry wees van hierdie jou eed wat jy ons laat sweer het.
18
Behold, [when] we come into the land, thou shalt bind this line of scarlet thread in the window which thou didst let us down by: and thou shalt bring thy father, and thy mother, and thy brethren, and all thy father’s household, home unto thee.
Kyk, wanneer ons in die land kom, moet jy hierdie skarlaken koord aan die venster bind waardeur jy ons afgelaat het: en jy moet jou vader, en jou moeder, en jou broers, en die hele huis van jou vader by jou in die huis bymekaarbring.
19
And it shall be, [that] whosoever shall go out of the doors of thy house into the street, his blood [shall be] upon his head, and we [will be] guiltless: and whosoever shall be with thee in the house, his blood [shall be] on our head, if [any] hand be upon him.
En dit sal wees, dat elkeen wat uit die deure van jou huis uitgaan na buite, sy bloed moet op sy eie hoof wees, en ons onskuldig wees: en elkeen wat by jou in die huis is, sy bloed moet op ons hoof wees, as enige hand op hom is.
20
And if thou utter this our business, then we will be quit of thine oath which thou hast made us to swear.
En as jy hierdie ons saak verklap, dan sal ons vry wees van jou eed wat jy ons laat sweer het.
21
And she said, According unto your words, so [be] it. And she sent them away, and they departed: and she bound the scarlet line in the window.
En sy het gesê, Laat dit so wees volgens julle woorde. En sy het hulle weggestuur, en hulle is weggegaan: en sy het die skarlaken koord aan die venster gebind.
22
And they went, and came unto the mountain, and abode there three days, until the pursuers were returned: and the pursuers sought [them] throughout all the way, but found [them] not.
En hulle het gegaan, en by die gebergte gekom, en daar drie dae gebly, totdat die agtervolgers teruggekeer het: en die agtervolgers het hulle langs die hele pad gesoek, maar hulle nie gevind nie.
23
So the two men returned, and descended from the mountain, and passed over, and came to Joshua the son of Nun, and told him all [things] that befell them:
So het die twee manne dan omgedraai, en van die gebergte afgeklim, en oorgegaan, en by Josua die seun van Nun gekom, en hom alles vertel wat hulle oorgekom het:
24
And they said unto Joshua, Truly the LORD hath delivered into our hands all the land; for even all the inhabitants of the country do faint because of us.
En hulle het tot Josua gesê, Sekerlik het die HERE die hele land in ons hand gegee; want selfs al die inwoners van die land smelt voor ons weg.