King James Version
AFR DVK
1
And the whole congregation of the children of Israel assembled together at Shiloh, and set up the tabernacle of the congregation there. And the land was subdued before them.
En die hele vergadering van die kinders van Israel het bymekaargekom by Silo, en die tabernakel van die gemeente daar opgeslaan. En die land was voor hulle onderwerp.
2
And there remained among the children of Israel seven tribes, which had not yet received their inheritance.
En daar het sewe stamme onder die kinders van Israel oorgebly, wat nog nie hulle erfenis ontvang het nie.
3
And Joshua said unto the children of Israel, How long [are] ye slack to go to possess the land, which the LORD God of your fathers hath given you?
En Josua het tot die kinders van Israel gesê, Hoe lank is julle traag om in te gaan om die land te besit, wat die HERE, die God van julle vaders, julle gegee het?
4
Give out from among you three men for [each] tribe: and I will send them, and they shall rise, and go through the land, and describe it according to the inheritance of them; and they shall come [again] to me.
Gee uit julle drie manne vir elke stam: en ek sal hulle stuur, en hulle moet opstaan, en deur die land trek, en dit volgens hulle erfenis beskrywe; en hulle moet na my terugkom.
5
And they shall divide it into seven parts: Judah shall abide in their coast on the south, and the house of Joseph shall abide in their coasts on the north.
En hulle moet dit in sewe dele verdeel: Juda moet in hulle grens aan die suide bly, en die huis van Josef moet in hulle grens aan die noorde bly.
6
Ye shall therefore describe the land [into] seven parts, and bring [the description] hither to me, that I may cast lots for you here before the LORD our God.
Julle moet dus die land in sewe dele beskrywe, en dit hier na my bring, dat ek die lot hier vir julle mag werp voor die HERE onse God.
7
But the Levites have no part among you; for the priesthood of the LORD [is] their inheritance: and Gad, and Reuben, and half the tribe of Manasseh, have received their inheritance beyond Jordan on the east, which Moses the servant of the LORD gave them.
Maar die Leviete het geen deel onder julle nie; want die priesterskap van die HERE is hulle erfenis: en Gad, en Ruben, en die halfstam van Manasse, het hulle erfenis ontvang aan die ander kant van die Jordaan ooswaarts, wat Moses die dienaar van die HERE hulle gegee het.
8
And the men arose, and went away: and Joshua charged them that went to describe the land, saying, Go and walk through the land, and describe it, and come again to me, that I may here cast lots for you before the LORD in Shiloh.
En die manne het opgestaan, en weggegaan: en Josua het die wat weggegaan het om die land te beskrywe, beveel, en gesê, Gaan en trek deur die land, en beskrywe dit, en kom weer na my, dat ek hier die lot vir julle mag werp voor die HERE in Silo.
9
And the men went and passed through the land, and described it by cities into seven parts in a book, and came [again] to Joshua to the host at Shiloh.
En die manne het gegaan en deur die land getrek, en dit volgens stede in sewe dele in ‚'n boek beskrywe, en na Josua teruggekom in die kamp by Silo.
10
And Joshua cast lots for them in Shiloh before the LORD: and there Joshua divided the land unto the children of Israel according to their divisions.
En Josua het vir hulle die lot by Silo voor die HERE gewerp: en daar het Josua die land aan die kinders van Israel verdeel volgens hulle verdelings.
11
And the lot of the tribe of the children of Benjamin came up according to their families: and the coast of their lot came forth between the children of Judah and the children of Joseph.
En die lot van die stam van die kinders van Benjamin het opgekom volgens hulle families: en die grens van hulle lot het uitgegaan tussen die kinders van Juda en die kinders van Josef.
12
And their border on the north side was from Jordan; and the border went up to the side of Jericho on the north side, and went up through the mountains westward; and the goings out thereof were at the wilderness of Bethaven.
En hulle grens aan die noordekant was van die Jordaan af; en die grens het opgegaan na die sy van Jérigo aan die noordekant, en opgegaan deur die berge weswaarts; en die uitgange daarvan was by die wildernis van Bet-Áwen.
13
And the border went over from thence toward Luz, to the side of Luz, which [is] Bethel, southward; and the border descended to Atarothadar, near the hill that [lieth] on the south side of the nether Bethhoron.
En die grens het daarvandaan deurgegaan na Lus, na die sy van Lus, wat Bet-el is, suidwaarts; en die grens het afgegaan na Atrot-Addar, naby die berg wat aan die suidekant van die onderste Bet-Horon is.
14
And the border was drawn [thence], and compassed the corner of the sea southward, from the hill that [lieth] before Bethhoron southward; and the goings out thereof were at Kirjathbaal, which [is] Kirjathjearim, a city of the children of Judah: this [was] the west quarter.
En die grens is getrek, en omgegaan na die westekant suidwaarts van die berg wat voor Bet-Horon suidwaarts is; en die uitgange daarvan was by Kirjat-Baäl, wat Kirjat-Jeárim is, ’n stad van die kinders van Juda: dit was die westekant.
15
And the south quarter [was] from the end of Kirjathjearim, and the border went out on the west, and went out to the well of waters of Nephtoah:
En die suidekant was van die end van Kirjat-Jeárim af, en die grens het uitgegaan weswaarts, en uitgegaan na die fontein van die waters van Neftoag:
16
And the border came down to the end of the mountain that [lieth] before the valley of the son of Hinnom, [and] which [is] in the valley of the giants on the north, and descended to the valley of Hinnom, to the side of Jebusi on the south, and descended to Enrogel,
En die grens het afgegaan na die end van die berg wat voor die dal van die seun van Hinnom is, en wat in die dal van die reuse noordwaarts is, en afgegaan na die dal van Hinnom, na die sy van Jebusi suidwaarts, en afgegaan na En-Rogel,
17
And was drawn from the north, and went forth to Enshemesh, and went forth toward Geliloth, which [is] over against the going up of Adummim, and descended to the stone of Bohan the son of Reuben,
En getrek van die noorde af, en uitgegaan na En-Semes, en uitgegaan na Gelilot, wat teenoor die opgang van Adummim is, en afgegaan na die klip van Bohan die seun van Ruben,
18
And passed along toward the side over against Arabah northward, and went down unto Arabah:
En deurgegaan na die sy teenoor Araba noordwaarts, en afgegaan na Araba:
19
And the border passed along to the side of Bethhoglah northward: and the outgoings of the border were at the north bay of the salt sea at the south end of Jordan: this [was] the south coast.
En die grens het deurgegaan na die sy van Bet-Hogla noordwaarts: en die uitgange van die grens was by die noordelike baai van die Soutsee by die suide-end van die Jordaan: dit was die suidegrens.
20
And Jordan was the border of it on the east side. This [was] the inheritance of the children of Benjamin, by the coasts thereof round about, according to their families.
En die Jordaan was die grens daarvan aan die oostekant. Dit was die erfenis van die kinders van Benjamin, by die grense daarvan rondom, volgens hulle families.
21
Now the cities of the tribe of the children of Benjamin according to their families were Jericho, and Bethhoglah, and the valley of Keziz,
Nou was die stede van die stam van die kinders van Benjamin volgens hulle families Jérigo, en Bet-Hogla, en die dal van Kesis,
22
And Betharabah, and Zemaraim, and Bethel,
En Bet-Araba, en Semaráim, en Bet-el,
23
And Avim, and Parah, and Ophrah,
En Awwim, en Para, en Ofra,
24
And Chepharhaammonai, and Ophni, and Gaba; twelve cities with their villages:
En Kefar-Haammoni, en Ofni, en Geba; twaalf stede met hulle dorpe:
25
Gibeon, and Ramah, and Beeroth,
Gibeon, en Rama, en Beërot,
26
And Mizpeh, and Chephirah, and Mozah,
En Mispe, en Kefira, en Mosa,
27
And Rekem, and Irpeel, and Taralah,
En Rekem, en Jirpeël, en Tarala,
28
And Zelah, Eleph, and Jebusi, which [is] Jerusalem, Gibeath, [and] Kirjath; fourteen cities with their villages. This [is] the inheritance of the children of Benjamin according to their families.
En Sela, Elef, en Jebusi, wat Jérusalem is, Gibeat, en Kirjat; veertien stede met hulle dorpe. Dit is die erfenis van die kinders van Benjamin volgens hulle families.