King James Version
AFR DVK
1
And these [are the countries] which the children of Israel inherited in the land of Canaan, which Eleazar the priest, and Joshua the son of Nun, and the heads of the fathers of the tribes of the children of Israel, distributed for inheritance to them.
En dit is die wat die kinders van Israel as erfenis in die land Kanaän ontvang het, wat Eleásar die priester, en Josua die seun van Nun, en die hoofde van die vaderhuise van die stamme van die kinders van Israel, as erfenis aan hulle verdeel het.
2
By lot [was] their inheritance, as the LORD commanded by the hand of Moses, for the nine tribes, and [for] the half tribe.
Deur die lot was hulle erfenis, soos die HERE deur die hand van Moses beveel het, vir die nege stamme, en vir die halfstam.
3
For Moses had given the inheritance of two tribes and an half tribe on the other side Jordan: but unto the Levites he gave none inheritance among them.
Want Moses het die erfenis van die twee stamme en die halfstam aan die ander kant van die Jordaan gegee: maar aan die Leviete het hy geen erfenis onder hulle gegee nie.
4
For the children of Joseph were two tribes, Manasseh and Ephraim: therefore they gave no part unto the Levites in the land, save cities to dwell [in], with their suburbs for their cattle and for their substance.
Want die kinders van Josef was twee stamme, Manasse en Efraim: daarom het hulle die Leviete geen deel in die land gegee nie, behalwe stede om in te woon, met hulle voorstede vir hulle vee en vir hulle goed.
5
As the LORD commanded Moses, so the children of Israel did, and they divided the land.
Soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen, en hulle het die land verdeel.
6
Then the children of Judah came unto Joshua in Gilgal: and Caleb the son of Jephunneh the Kenezite said unto him, Thou knowest the thing that the LORD said unto Moses the man of God concerning me and thee in Kadeshbarnea.
Toe het die kinders van Juda by Josua in Gilgal gekom: en Kaleb die seun van Jefúnne die Kenisiet het tot hom gesê, Jy weet die ding wat die HERE tot Moses die man van God aangaande my en jou in Kades-Barnéa gespreek het.
7
Forty years old [was] I when Moses the servant of the LORD sent me from Kadeshbarnea to espy out the land; and I brought him word again as [it was] in mine heart.
Veertig jaar oud was ek toe Moses die dienaar van die HERE my van Kades-Barnéa gestuur het om die land te verken; en ek het hom antwoord gebring soos dit in my hart was.
8
Nevertheless my brethren that went up with me made the heart of the people melt: but I wholly followed the LORD my God.
Tog het my broers wat saam met my opgegaan het, die hart van die volk laat wegsink: maar ek het die HERE my God volkome gevolg.
9
And Moses sware on that day, saying, Surely the land whereon thy feet have trodden shall be thine inheritance, and thy children’s for ever, because thou hast wholly followed the LORD my God.
En Moses het in daardie dag gesweer, en gesê, Sekerlik sal die land waarop jou voet getrap het, jou erfenis wees, en jou kinders s’n vir ewig, omdat jy die HERE my God volkome gevolg het.
10
And now, behold, the LORD hath kept me alive, as he said, these forty and five years, even since the LORD spake this word unto Moses, while [the children of] Israel wandered in the wilderness: and now, lo, I [am] this day fourscore and five years old.
En nou, kyk, die HERE het my in lewe gehou, soos Hy gesê het, hierdie vyf en veertig jaar lank, van die tyd af dat die HERE hierdie woord tot Moses gespreek het, terwyl die kinders van Israel in die wildernis gewandel het: en nou, kyk, ek is vandag vyf en tagtig jaar oud.
11
As yet I [am as] strong this day as [I was] in the day that Moses sent me: as my strength [was] then, even so [is] my strength now, for war, both to go out, and to come in.
So sterk soos ek was op die dag toe Moses my gestuur het, so is ek vandag nog sterk, vir die oorlog, beide om uit te gaan, en om in te kom.
12
Now therefore give me this mountain, whereof the LORD spake in that day; for thou heardest in that day how the Anakims [were] there, and [that] the cities [were] great [and] fenced: if so be the LORD [will be] with me, then I shall be able to drive them out, as the LORD said.
Nou dan, gee my hierdie berg, waarvan die HERE in daardie dag gespreek het; want jy het in daardie dag gehoor hoe die Enakiete daar was, en dat die stede groot en versterk was: as die HERE met my is, dan sal ek hulle kan uitdrywe, soos die HERE gesê het.
13
And Joshua blessed him, and gave unto Caleb the son of Jephunneh Hebron for an inheritance.
En Josua het hom geseën, en Hebron aan Kaleb die seun van Jefúnne tot erfenis gegee.
14
Hebron therefore became the inheritance of Caleb the son of Jephunneh the Kenezite unto this day, because that he wholly followed the LORD God of Israel.
Hebron het dus die erfenis geword van Kaleb die seun van Jefúnne die Kenisiet tot vandag toe, omdat hy die HERE, die God van Israel, volkome gevolg het.
15
And the name of Hebron before [was] Kirjatharba; [which Arba was] a great man among the Anakims. And the land had rest from war.
En die naam van Hebron was vroeër Kirjat-Arba; wat Arba was ’n groot man onder die Enakiete. En die land het gerus van die oorlog.