King James Version
AFR DVK
1
Now Joshua was old [and] stricken in years; and the LORD said unto him, Thou art old [and] stricken in years, and there remaineth yet very much land to be possessed.
Nou was Josua oud en vergevorderd in jare; en die HERE het tot hom gesê, Jy is oud en vergevorderd in jare, en daar bly nog baie land oor om in besit te neem.
2
This [is] the land that yet remaineth: all the borders of the Philistines, and all Geshuri,
Dit is die land wat nog oorbly: al die grense van die Filistyne, en al die Gesuriete,
3
From Sihor, which [is] before Egypt, even unto the borders of Ekron northward, [which] is counted to the Canaanite: five lords of the Philistines; the Gazathites, and the Ashdothites, the Eshkalonites, the Gittites, and the Ekronites; also the Avites:
Van Sihor af, wat voor Egipte is, selfs tot by die grens van Ekron noordwaarts, wat as die land van die Kanaäniete gereken word: vyf vorste van die Filistyne; die Gasathiete, en die Asdothiete, die Eskaloniete, die Gittiete, en die Ekroniete; ook die Awiete:
4
From the south, all the land of the Canaanites, and Mearah that [is] beside the Sidonians, unto Aphek, to the borders of the Amorites:
Van die suide af, die hele land van die Kanaäniete, en Meara wat aan die Sidoniërs behoort, tot by Afek, tot by die grens van die Amoriete:
5
And the land of the Giblites, and all Lebanon, toward the sunrising, from Baalgad under mount Hermon unto the entering into Hamath.
En die land van die Gibliete, en die hele Líbanon, na die sonop, van Baäl-Gad af onder die berg Hermon tot by die ingang van Hamat.
6
All the inhabitants of the hill country from Lebanon unto Misrephothmaim, [and] all the Sidonians, them will I drive out from before the children of Israel: only divide thou it by lot unto the Israelites for an inheritance, as I have commanded thee.
Al die inwoners van die gebergte van die Líbanon af tot by Misrefot-Máim, en al die Sidoniërs, dié sal ek voor die kinders van Israel uit verdrywe: net verdeel jy dit deur die lot aan Israel tot ’n erfenis, soos ek jou beveel het.
7
Now therefore divide this land for an inheritance unto the nine tribes, and the half tribe of Manasseh,
Verdeel nou dus hierdie land tot ‚'n erfenis aan die nege stamme, en die halfstam van Manasse,
8
With whom the Reubenites and the Gadites have received their inheritance, which Moses gave them, beyond Jordan eastward, [even] as Moses the servant of the LORD gave them;
Met wie die Rubeniete en die Gadiete hulle erfenis ontvang het, wat Moses hulle gegee het, aan die ander kant van die Jordaan ooswaarts, soos Moses die dienaar van die HERE hulle gegee het;
9
From Aroer, that [is] upon the bank of the river Arnon, and the city that [is] in the midst of the river, and all the plain of Medeba unto Dibon;
Van Aroër af, wat by die oewer van die rivier Arnon is, en die stad wat in die midde van die rivier is, en die hele vlakte van Médeba tot by Dibon;
10
And all the cities of Sihon king of the Amorites, which reigned in Heshbon, unto the border of the children of Ammon;
En al die stede van Síhon koning van die Amoriete, wat in Hesbon geheers het, tot by die grens van die kinders van Ammon;
11
And Gilead, and the border of the Geshurites and Maachathites, and all mount Hermon, and all Bashan unto Salcah;
En Gílead, en die grens van die Gesuriete en Maägatiete, en die hele berg Hermon, en die hele Basan tot by Salga;
12
All the kingdom of Og in Bashan, which reigned in Ashtaroth and in Edrei, who remained of the remnant of the giants: for these did Moses smite, and cast them out.
Die hele koninkryk van Og in Basan, wat in Astarot en in Edreï geheers het, wat van die oorblyfsel van die reuse oorgeblewe was: want Moses het hierdie verslaan, en hulle uitgedrywe.
13
Nevertheless the children of Israel expelled not the Geshurites, nor the Maachathites: but the Geshurites and the Maachathites dwell among the Israelites until this day.
Tog het die kinders van Israel die Gesuriete en die Maägatiete nie uitgedrywe nie: maar die Gesuriete en die Maägatiete woon onder die Israeliete tot vandag toe.
14
Only unto the tribe of Levi he gave none inheritance; the sacrifices of the LORD God of Israel made by fire [are] their inheritance, as he said unto them.
Net aan die stam van Levi het hy geen erfenis gegee nie; die vuuroffers van die HERE, die God van Israel, is hulle erfenis, soos Hy hulle gesê het.
15
And Moses gave unto the tribe of the children of Reuben [inheritance] according to their families.
En Moses het aan die stam van die kinders van Ruben erfenis gegee volgens hulle families.
16
And their coast was from Aroer, that [is] on the bank of the river Arnon, and the city that [is] in the midst of the river, and all the plain by Medeba;
En hulle grens was van Aroër af, wat by die oewer van die rivier Arnon is, en die stad wat in die midde van die rivier is, en die hele vlakte by Médeba;
17
Heshbon, and all her cities that [are] in the plain; Dibon, and Bamothbaal, and Bethbaalmeon,
Hesbon, en al haar stede wat in die vlakte is; Dibon, en Bamot-Baäl, en Bet-Baäl-Meon,
18
And Jahazah, and Kedemoth, and Mephaath,
En Jáhasa, en Kedemot, en Méfaat,
19
And Kirjathaim, and Sibmah, and Zarethshahar in the mount of the valley,
En Kirjatáim, en Sibma, en Seret-Hassáhar in die berg van die vallei,
20
And Bethpeor, and Ashdothpisgah, and Bethjeshimoth,
En Bet-Peor, en Asdot-Pisga, en Bet-Jesimot,
21
And all the cities of the plain, and all the kingdom of Sihon king of the Amorites, which reigned in Heshbon, whom Moses smote with the princes of Midian, Evi, and Rekem, and Zur, and Hur, and Reba, [which were] dukes of Sihon, dwelling in the country.
En al die stede van die vlakte, en die hele koninkryk van Síhon koning van die Amoriete, wat in Hesbon geheers het, wat Moses verslaan het met die vorste van Midian, Ewi, en Rekem, en Sur, en Hur, en Reba, wat hertogte van Síhon was, wat in die land gewoon het.
22
Balaam also the son of Beor, the soothsayer, did the children of Israel slay with the sword among them that were slain by them.
Bileam ook die seun van Beor, die waarsêer, het die kinders van Israel met die swaard onder die wat deur hulle verslaan is, doodgemaak.
23
And the border of the children of Reuben was Jordan, and the border [thereof]. This [was] the inheritance of the children of Reuben after their families, the cities and the villages thereof.
En die grens van die kinders van Ruben was die Jordaan, en die grens daarvan. Dit was die erfenis van die kinders van Ruben volgens hulle families, die stede en die dorpe daarvan.
24
And Moses gave [inheritance] unto the tribe of Gad, [even] unto the children of Gad according to their families.
En Moses het erfenis gegee aan die stam van Gad, selfs aan die kinders van Gad volgens hulle families.
25
And their coast was Jazer, and all the cities of Gilead, and half the land of the children of Ammon, unto Aroer that [is] before Rabbah;
En hulle grens was Jaéser, en al die stede van Gílead, en die helfte van die land van die kinders van Ammon, tot by Aroër wat voor Rabba is;
26
And from Heshbon unto Ramathmizpeh, and Betonim; and from Mahanaim unto the border of Debir;
En van Hesbon af tot by Ramat-Mispe, en Betónim; en van Mahánaïm af tot by die grens van Debir;
27
And in the valley, Betharam, and Bethnimrah, and Succoth, and Zaphon, the rest of the kingdom of Sihon king of Heshbon, Jordan and [his] border, [even] unto the edge of the sea of Chinnereth on the other side Jordan eastward.
En in die vallei, Bet-Haram, en Bet-Nimra, en Sukkot, en Safon, die oorblyfsel van die koninkryk van Síhon koning van Hesbon, die Jordaan en sy grens, selfs tot by die end van die see van Kinneret aan die ander kant van die Jordaan ooswaarts.
28
This [is] the inheritance of the children of Gad after their families, the cities, and their villages.
Dit is die erfenis van die kinders van Gad volgens hulle families, die stede, en hulle dorpe.
29
And Moses gave [inheritance] unto the half tribe of Manasseh: and [this] was [the possession] of the half tribe of the children of Manasseh by their families.
En Moses het erfenis gegee aan die halfstam van Manasse: en dit was van die halfstam van die kinders van Manasse volgens hulle families.
30
And their coast was from Mahanaim, all Bashan, all the kingdom of Og king of Bashan, and all the towns of Jair, which [are] in Bashan, threescore cities:
En hulle grens was van Mahánaïm af, die hele Basan, die hele koninkryk van Og koning van Basan, en al die dorpies van Jaïr, wat in Basan is, sestig stede:
31
And half Gilead, and Ashtaroth, and Edrei, cities of the kingdom of Og in Bashan, [were pertaining] unto the children of Machir the son of Manasseh, [even] to the one half of the children of Machir by their families.
En die helfte van Gílead, en Astarot, en Edreï, stede van die koninkryk van Og in Basan, aan die kinders van Magir die seun van Manasse, selfs aan die een helfte van die kinders van Magir volgens hulle families.
32
These [are the countries] which Moses did distribute for inheritance in the plains of Moab, on the other side Jordan, by Jericho, eastward.
Dit is die wat Moses as erfenis verdeel het in die vlaktes van Moab, aan die ander kant van die Jordaan, by Jérigo, ooswaarts.
33
But unto the tribe of Levi Moses gave not [any] inheritance: the LORD God of Israel [was] their inheritance, as he said unto them.
Maar aan die stam van Levi het Moses geen erfenis gegee nie: die HERE, die God van Israel, was hulle erfenis, soos Hy hulle gesê het.