← Johannes 9 Johannes — John 10 Johannes 11 →
King James Version
AFR DVK
1
Verily, verily, I say unto you, He that entereth not by the door into the sheepfold, but climbeth up some other way, the same is a thief and a robber.
Voorwaar, voorwaar sê ek vir julle, Hy wat nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar by ’n ander plek inklim, dieselfde is ’n dief en ’n rower.
2
But he that entereth in by the door is the shepherd of the sheep.
Maar hy wat by die deur ingaan is die herder van die skape.
3
To him the porter openeth; and the sheep hear his voice: and he calleth his own sheep by name, and leadeth them out.
Aan hom maak die deurwagter oop; en die skape hoor sy stem: en hy roep sy eie skape by die naam, en lei hulle uit.
4
And when he putteth forth his own sheep, he goeth before them, and the sheep follow him: for they know his voice.
En wanneer hy sy eie skape uitbring, gaan hy voor hulle uit, en die skape volg hom: want hulle ken sy stem.
5
And a stranger will they not follow, but will flee from him: for they know not the voice of strangers.
En ‚'n vreemdeling sal hulle nie volg nie, maar van hom af vlug: want hulle ken nie die stem van vreemdelinge nie.
6
This parable spake Jesus unto them: but they understood not what things they were which he spake unto them.
Hierdie gelykenis het Jesus tot hulle gespreek: maar hulle het nie verstaan wat die dinge was wat Hy tot hulle gespreek het nie.
7
Then said Jesus unto them again, Verily, verily, I say unto you, I am the door of the sheep.
Toe het Jesus weer tot hulle gesê, Voorwaar, voorwaar sê ek vir julle, Ek is die deur van die skape.
8
All that ever came before me are thieves and robbers: but the sheep did not hear them.
Almal wat voor My gekom het is diewe en rowers: maar die skape het hulle nie gehoor nie.
9
I am the door: by me if any man enter in, he shall be saved, and shall go in and out, and find pasture.
Ek is die deur: as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en sal ingaan en uitgaan, en weiding vind.
10
The thief cometh not, but for to steal, and to kill, and to destroy: I am come that they might have life, and that they might have [it] more abundantly.
Die dief kom nie, behalwe om te steel, en te doodmaak, en te vernietig: ek is gekom dat hulle lewe mag hê, en dit in oorvloed mag hê.
11
I am the good shepherd: the good shepherd giveth his life for the sheep.
Ek is die goeie herder: die goeie herder gee sy lewe vir die skape.
12
But he that is an hireling, and not the shepherd, whose own the sheep are not, seeth the wolf coming, and leaveth the sheep, and fleeth: and the wolf catcheth them, and scattereth the sheep.
Maar hy wat ‚'n huurling is, en nie die herder nie, wie se eie die skape nie is nie, sien die wolf kom, en laat die skape staan, en vlug: en die wolf gryp hulle, en verstrooi die skape.
13
The hireling fleeth, because he is an hireling, and careth not for the sheep.
Die huurling vlug, omdat hy ‚'n huurling is, en nie omgee vir die skape nie.
14
I am the good shepherd, and know my [sheep], and am known of mine.
Ek is die goeie herder, en ken my skape, en word van myne geken.
15
As the Father knoweth me, even so know I the Father: and I lay down my life for the sheep.
Soos die Vader My ken, so ken ek ook die Vader: en ek lê my lewe af vir die skape.
16
And other sheep I have, which are not of this fold: them also I must bring, and they shall hear my voice; and there shall be one fold, [and] one shepherd.
En ander skape het ek, wat nie van hierdie stal is nie: hulle moet ek ook bring, en hulle sal my stem hoor; en daar sal een kudde, en een herder wees.
17
Therefore doth my Father love me, because I lay down my life, that I might take it again.
Daarom het die Vader My lief, omdat ek my lewe aflê, dat ek dit weer mag neem.
18
No man taketh it from me, but I lay it down of myself. I have power to lay it down, and I have power to take it again. This commandment have I received of my Father.
Niemand neem dit van My af nie, maar ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê, en ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het ek van my Vader ontvang.
19
There was a division therefore again among the Jews for these sayings.
Daar was daarom weer ‚'n verdeeldheid onder die Jode om hierdie woorde ontwil.
20
And many of them said, He hath a devil, and is mad; why hear ye him?
En baie van hulle het gesê, Hy het ’n duiwel, en is buite Homself; waarom hoor julle Hom?
21
Others said, These are not the words of him that hath a devil. Can a devil open the eyes of the blind?
Andere het gesê, Dit is nie die woorde van een wat ’n duiwel het nie. Kan ’n duiwel die oë van die blindes oopmaak?
22
And it was at Jerusalem the feast of the dedication, and it was winter.
En dit was by Jérusalem die fees van die inwyding, en dit was winter.
23
And Jesus walked in the temple in Solomon’s porch.
En Jesus het in die tempel gewandel in die pilaargang van Salomo.
24
Then came the Jews round about him, and said unto him, How long dost thou make us to doubt? If thou be the Christ, tell us plainly.
Toe het die Jode om Hom gekom, en tot Hom gesê, Hoe lank hou U ons in spanning? As U die Christus is, sê dit vir ons openlik.
25
Jesus answered them, I told you, and ye believed not: the works that I do in my Father’s name, they bear witness of me.
Jesus het hulle geantwoord, Ek het dit julle gesê, en julle glo nie: die werke wat ek in my Vader se Naam doen, dié getuig van My.
26
But ye believe not, because ye are not of my sheep, as I said unto you.
Maar julle glo nie, omdat julle nie van my skape is nie, soos ek julle gesê het.
27
My sheep hear my voice, and I know them, and they follow me:
My skape hoor my stem, en ek ken hulle, en hulle volg My:
28
And I give unto them eternal life; and they shall never perish, neither shall any [man] pluck them out of my hand.
En ek gee aan hulle die ewige lewe; en hulle sal tot in ewigheid nooit omkom nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.
29
My Father, which gave [them] me, is greater than all; and no [man] is able to pluck [them] out of my Father’s hand.
My Vader, wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand is in staat om hulle uit my Vader se hand te ruk nie.
30
I and [my] Father are one.
Ek en my Vader is een.
31
Then the Jews took up stones again to stone him.
Toe het die Jode weer klippe opgetel om Hom te stenig.
32
Jesus answered them, Many good works have I shewed you from my Father; for which of those works do ye stone me?
Jesus het hulle geantwoord, Baie goeie werke het ek julle van my Vader gewys; om watter van daardie werke stenig julle My?
33
The Jews answered him, saying, For a good work we stone thee not; but for blasphemy; and because that thou, being a man, makest thyself God.
Die Jode het Hom geantwoord, sê, Om ’n goeie werk stenig ons U nie; maar om lastering; en omdat U, wat ’n mens is, Uself God maak.
34
Jesus answered them, Is it not written in your law, I said, Ye are gods?
Jesus het hulle geantwoord, Is daar nie in julle wet geskrywe, Ek het gesê, Julle is gode nie?
35
If he called them gods, unto whom the word of God came, and the scripture cannot be broken;
As Hy hulle gode genoem het, tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif kan nie gebreek word nie;
36
Say ye of him, whom the Father hath sanctified, and sent into the world, Thou blasphemest; because I said, I am the Son of God?
Sê julle van Hom, wat die Vader geheilig en in die wêreld gestuur het, U laster; omdat ek gesê het, Ek is die Seun van God?
37
If I do not the works of my Father, believe me not.
As ek nie die werke van my Vader doen nie, glo My nie.
38
But if I do, though ye believe not me, believe the works: that ye may know, and believe, that the Father [is] in me, and I in him.
Maar as ek doen, al glo julle My nie, glo die werke: dat julle mag weet, en glo, dat die Vader in My is, en ek in Hom.
39
Therefore they sought again to take him: but he escaped out of their hand,
Daarom het hulle weer gesoek om Hom te gryp: maar Hy het uit hulle hand uitgegaan,
40
And went away again beyond Jordan into the place where John at first baptized; and there he abode.
En weer weggegaan oorkant die Jordaan in die plek waar Johannes eers gedoop het; en daar het Hy gebly.
41
And many resorted unto him, and said, John did no miracle: but all things that John spake of this man were true.
En baie het by Hom gekom, en gesê, Johannes het wel geen wonderwerk gedoen nie: maar alle dinge wat Johannes van hierdie man gesê het was waar.
42
And many believed on him there.
En baie het daar in Hom geglo.