King James Version
AFR DVK
1
In the ninth year of Zedekiah king of Judah, in the tenth month, came Nebuchadrezzar king of Babylon and all his army against Jerusalem, and they besieged it.
In die negende jaar van Sedekía koning van Juda, in die tiende maand, het Nebukadrésar koning van Babel en al sy leër teen Jérusalem gekom, en dit beleër.
2
[And] in the eleventh year of Zedekiah, in the fourth month, the ninth [day] of the month, the city was broken up.
En in die elfde jaar van Sedekía, in die vierde maand, die negende dag van die maand, is die stad deurbreek.
3
And all the princes of the king of Babylon came in, and sat in the middle gate, [even] Nergalsharezer, Samgarnebo, Sarsechim, Rabsaris, Nergalsharezer, Rabmag, with all the residue of the princes of the king of Babylon.
En al die vorstes van die koning van Babel het ingekom, en in die middelpoort gesit, selfs Nergal-Sarésér, Samgar-Nébo, Sarsekim, Rab-saris, Nergal-Sarésér, Rab-mag, met al die oorblywende vorstes van die koning van Babel.
4
And it came to pass, [that] when Zedekiah the king of Judah saw them, and all the men of war, then they fled, and went forth out of the city by night, by the way of the king’s garden, by the gate betwixt the two walls: and he went out the way of the plain.
En dit het gebeur, toe Sedekía die koning van Juda hulle gesien het, en al die manne van oorlog, toe het hulle gevlug, en in die nag uit die stad uitgegaan deur die weg van die koning se tuin, deur die poort tussen die twee mure: en hy het uitgegaan die weg van die vlakte.
5
But the Chaldeans’ army pursued after them, and overtook Zedekiah in the plains of Jericho: and when they had taken him, they brought him up to Nebuchadnezzar king of Babylon to Riblah in the land of Hamath, where he gave judgment upon him.
Maar die leër van die Chaldeërs het hulle agtervolg, en het Sedekía in die vlaktes van Jérigo ingehaal: en toe hulle hom geneem het, het hulle hom opgebring na Nebukadrésar koning van Babel by Ribla in die land van Hamat, waar hy oordeel oor hom gegee het.
6
Then the king of Babylon slew the sons of Zedekiah in Riblah before his eyes: also the king of Babylon slew all the nobles of Judah.
Toe het die koning van Babel die seuns van Sedekía in Ribla voor sy oë doodgeslaan: ook het die koning van Babel al die edeles van Juda doodgeslaan.
7
Moreover he put out Zedekiah’s eyes, and bound him with chains, to carry him to Babylon.
Bowendien het hy Sedekía se oë uitgehaal, en hom met kettings gebind, om hom na Babel te bring.
8
And the Chaldeans burned the king’s house, and the houses of the people, with fire, and brake down the walls of Jerusalem.
En die Chaldeërs het die koning se huis, en die huise van die volk, met vuur verbrand, en die mure van Jérusalem afgebreek.
9
Then Nebuzaradan the captain of the guard carried away captive into Babylon the remnant of the people that remained in the city, and those that fell away, that fell to him, with the rest of the people that remained.
Toe het Nebusaradan die kaptein van die wag die oorblyfsel van die volk wat in die stad oorbly, en dié wat afgeval het, wat na hom afgeval het, met die oorblyfsel van die volk wat oorbly, na Babel weggevoer.
10
But Nebuzaradan the captain of the guard left of the poor of the people, which had nothing, in the land of Judah, and gave them vineyards and fields at the same time.
Maar Nebusaradan die kaptein van die wag het van die armes van die volk, wat niks gehad het nie, in die land van Juda agtergelaat, en het hulle wingerde en velde in daardie tyd gegee.
11
Now Nebuchadrezzar king of Babylon gave charge concerning Jeremiah to Nebuzaradan the captain of the guard, saying,
Nou Nebukadrésar koning van Babel het aangaande Jeremia bevel gegee deur Nebusaradan die kaptein van die wag, sê,
12
Take him, and look well to him, and do him no harm; but do unto him even as he shall say unto thee.
Neem hom, en kyk goed na hom, en doen hom geen kwaad aan nie; maar doen aan hom soos hy tot jou sal sê.
13
So Nebuzaradan the captain of the guard sent, and Nebushasban, Rabsaris, and Nergalsharezer, Rabmag, and all the king of Babylon’s princes;
So het Nebusaradan die kaptein van die wag gestuur, en Nebusasban, Rab-saris, en Nergal-Sarésér, Rab-mag, en al die koning van Babel se vorstes;
14
Even they sent, and took Jeremiah out of the court of the prison, and committed him unto Gedaliah the son of Ahikam the son of Shaphan, that he should carry him home: so he dwelt among the people.
Selfs hulle het gestuur, en Jeremia uit die voorhof van die gevangenis geneem, en hom aan Gedalja die seun van Ahíkam die seun van Safan oorgegee, dat hy hom huis toe sou bring: so het hy onder die volk gebly.
15
Now the word of the LORD came unto Jeremiah, while he was shut up in the court of the prison, saying,
Nou die woord van die HERE het tot Jeremia gekom, terwyl hy in die voorhof van die gevangenis opgesluit was, sê,
16
Go and speak to Ebedmelech the Ethiopian, saying, Thus saith the LORD of hosts, the God of Israel; Behold, I will bring my words upon this city for evil, and not for good; and they shall be [accomplished] in that day before thee.
Gaan en spreek tot Ebed-Méleg die Etiopiër, sê, So sê die HERE van leërskare, die God van Israel; Kyk, ek sal my woorde op hierdie stad tot die kwaad, en nie tot die goeie nie, bring; en hulle sal voor jou op dieselfde dag uitgevoer word.
17
But I will deliver thee in that day, saith the LORD: and thou shalt not be given into the hand of the men of whom thou [art] afraid.
Maar ek sal jou in daardie dag red, sê die HERE: en jy sal nie in die hand van die manne oorgegee word van wie jy bang is nie.
18
For I will surely deliver thee, and thou shalt not fall by the sword, but thy life shall be for a prey unto thee: because thou hast put thy trust in me, saith the LORD.
Want ek sal jou sekerlik red, en jy sal nie deur die swaard val nie, maar jou lewe sal vir jou tot ’n prooi wees: omdat jy op My vertrou het, sê die HERE.