← Jakobus 4 Jakobus 5
King James Version
AFR DVK
1
Go to now, [ye] rich men, weep and howl for your miseries that shall come upon [you].
Kom nou, julle rykes, ween en huil oor julle ellendes wat oor julle kom.
2
Your riches are corrupted, and your garments are motheaten.
Julle rykdom is verrot, en julle klere is deur motte opgeëet.
3
Your gold and silver is cankered; and the rust of them shall be a witness against you, and shall eat your flesh as it were fire. Ye have heaped treasure together for the last days.
Julle goud en silwer is verroes; en die roes daarvan sal ‚'n getuienis teen julle wees, en sal julle vlees soos vuur opeet. Julle het skatte bymekaargemaak in die laaste dae.
4
Behold, the hire of the labourers who have reaped down your fields, which is of you kept back by fraud, crieth: and the cries of them which have reaped are entered into the ears of the Lord of sabaoth.
Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep; en die geroep van hulle wat die oes ingesamel het, is ingegaan in die ore van die Here van die leërskare.
5
Ye have lived in pleasure on the earth, and been wanton; ye have nourished your hearts, as in a day of slaughter.
Julle het op die aarde in wellus gelewe, en weelderig gewees; julle het julle harte gevoed soos in ‚'n dag van slagting.
6
Ye have condemned [and] killed the just; [and] he doth not resist you.
Julle het veroordeel, julle het die regverdige omgebring; en hy weerstaan julle nie.
7
Be patient therefore, brethren, unto the coming of the Lord. Behold, the husbandman waiteth for the precious fruit of the earth, and hath long patience for it, until he receive the early and latter rain.
Wees daarom geduldig, broers, tot die koms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kosbare vrug van die aarde, en het langmoedigheid daarvoor, totdat hy die vroeë en die late reën ontvang.
8
Be ye also patient; stablish your hearts: for the coming of the Lord draweth nigh.
Wees julle ook geduldig; bevestig julle harte: want die koms van die Here is naby.
9
Grudge not one against another, brethren, lest ye be condemned: behold, the judge standeth before the door.
Moenie teen mekaar sug nie, broers, dat julle nie veroordeel word nie: kyk, die Regter staan voor die deur.
10
Take, my brethren, the prophets, who have spoken in the name of the Lord, for an example of suffering affliction, and of patience.
Neem, my broers, die profete, wat in die Naam van die Here gespreek het, tot ‚'n voorbeeld van lyding en van geduld.
11
Behold, we count them happy which endure. Ye have heard of the patience of Job, and have seen the end of the Lord; that the Lord is very pitiful, and of tender mercy.
Kyk, ons ag hulle gelukkig wat verdra. Julle het gehoor van die verdraagsaamheid van Job, en het die einde van die Here gesien; dat die Here baie barmhartig is, en van tedere barmhartigheid.
12
But above all things, my brethren, swear not, neither by heaven, neither by the earth, neither by any other oath: but let your yea be yea; and [your] nay, nay; lest ye fall into condemnation.
Maar bo alle dinge, my broers, sweer nie, nóg by die hemel, nóg by die aarde, nóg by enige ander eed: maar laat julle ja, ja wees; en julle nee, nee; dat julle nie in veroordeling val nie.
13
Is any among you afflicted? let him pray. Is any merry? let him sing psalms.
Is iemand onder julle in verdrukking? laat hom bid. Is iemand bly? laat hom psalmsinge.
14
Is any sick among you? let him call for the elders of the church; and let them pray over him, anointing him with oil in the name of the Lord:
Is iemand siek onder julle? laat hom die ouderlinge van die gemeente roep; en laat hulle oor hom bid, hom salwende met olie in die Naam van die Here:
15
And the prayer of faith shall save the sick, and the Lord shall raise him up; and if he have committed sins, they shall be forgiven him.
En die gebed van die geloof sal die sieke red, en die Here sal hom oprig; en as hy sondes begaan het, sal dit hom vergewe word.
16
Confess [your] faults one to another, and pray one for another, that ye may be healed. The effectual fervent prayer of a righteous man availeth much.
Bely julle oortredinge aan mekaar, en bid vir mekaar, dat julle genees mag word. Die kragtige gebed van ‚'n regverdige man baat baie.
17
Elias was a man subject to like passions as we are, and he prayed earnestly that it might not rain: and it rained not on the earth by the space of three years and six months.
Elia was ’n mens onderworpe aan dieselfde lydinge as ons, en hy het ywerig gebid dat dit nie sou reën nie: en dit het nie op die aarde gereën nie vir die ruimte van drie jaar en ses maande.
18
And he prayed again, and the heaven gave rain, and the earth brought forth her fruit.
En hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee, en die aarde het haar vrug voortgebring.
19
Brethren, if any of you do err from the truth, and one convert him;
Broers, as enige van julle van die waarheid afdwaal, en een hom bekeer;
20
Let him know, that he which converteth the sinner from the error of his way shall save a soul from death, and shall hide a multitude of sins.
Laat hom weet, dat hy wat die sondaar van die dwaling van sy weg bekeer, ‚'n siel van die dood sal red, en ‚'n menigte van sondes sal bedek.
← Jakobus 4 Jakobus 5