King James Version
AFR DVK
1
In the year that king Uzziah died I saw also the Lord sitting upon a throne, high and lifted up, and his train filled the temple.
In die jaar dat koning Ussía gesterwe het, het ek ook die Here sien sit op ’n troon, hoog en verhewe, en sy sleep het die tempel gevul.
2
Above it stood the seraphims: each one had six wings; with twain he covered his face, and with twain he covered his feet, and with twain he did fly.
Bo Hom het die serafs gestaan: elkeen het ses vlerke gehad; met twee het hy sy aangesig bedek, en met twee het hy sy voete bedek, en met twee het hy gevlieg.
3
And one cried unto another, and said, Holy, holy, holy, [is] the LORD of hosts: the whole earth [is] full of his glory.
En die een het tot die ander geroep, en gesê, Heilig, heilig, heilig, is die HERE van leërskare: die hele aarde is vol van sy heerlikheid.
4
And the posts of the door moved at the voice of him that cried, and the house was filled with smoke.
En die poste van die deur is beweeg deur die stem van hom wat geroep het, en die huis is gevul met rook.
5
Then said I, Woe [is] me! for I am undone; because I [am] a man of unclean lips, and I dwell in the midst of a people of unclean lips: for mine eyes have seen the King, the LORD of hosts.
Toe het ek gesê, Wee my! want ek is vergaan; omdat ek ’n man van onreine lippe is, en ek woon in die midde van ’n volk van onreine lippe: want my oë het die Koning, die HERE van leërskare, gesien.
6
Then flew one of the seraphims unto me, having a live coal in his hand, [which] he had taken with the tongs from off the altar:
Toe het een van die serafs na my toe gevlieg, met ‚'n lewendige kole in sy hand, wat hy met die tang van die altaar geneem het:
7
And he laid [it] upon my mouth, and said, Lo, this hath touched thy lips; and thine iniquity is taken away, and thy sin purged.
En hy het dit op my mond gelê, en gesê, Kyk, dit het jou lippe aangeraak; en jou ongeregtigheid is weggeneem, en jou sonde is versoen.
8
Also I heard the voice of the Lord, saying, Whom shall I send, and who will go for us? Then said I, Here [am] I; send me.
Ook het ek die stem van die Here gehoor, wat sê, Wie sal ek stuur, en wie sal vir Ons gaan? Toe het ek gesê, Hier is ek; stuur my.
9
And he said, Go, and tell this people, Hear ye indeed, but understand not; and see ye indeed, but perceive not.
En Hy het gesê, Gaan, en sê tot hierdie volk, Hoor julle inderdaad, maar verstaan nie; en sien julle inderdaad, maar merk nie.
10
Make the heart of this people fat, and make their ears heavy, and shut their eyes; lest they see with their eyes, and hear with their ears, and understand with their heart, and convert, and be healed.
Maak die hart van hierdie volk vet, en maak hulle ore swaar, en sluit hulle oë; dat hulle nie met hulle oë sien, en met hulle ore hoor, en met hulle hart verstaan, en bekeer, en genees word nie.
11
Then said I, Lord, how long? And he answered, Until the cities be wasted without inhabitant, and the houses without man, and the land be utterly desolate,
Toe het ek gesê, Here, hoe lank? En Hy het geantwoord, Totdat die stede verwoes is sonder inwoner, en die huise sonder mens, en die land heeltemal verwoes,
12
And the LORD have removed men far away, and [there be] a great forsaking in the midst of the land.
En die HERE die mens ver verwyder het, en daar ‚'n groot verlatenheid in die midde van die land is.
13
But yet in it [shall be] a tenth, and [it] shall return, and shall be eaten: as a teil tree, and as an oak, whose substance [is] in them, when they cast [their leaves: so] the holy seed [shall be] the substance thereof.
Maar tog sal daar ‚'n tiende daarin wees, en dit sal terugkeer, en sal verteer word: soos ‚'n teelbome, en soos ‚'n eik, waarvan die substansie is wanneer hulle afgekap word: so sal die heilige saad sy substansie wees.