King James Version
AFR DVK
1
In that day the LORD with his sore and great and strong sword shall punish leviathan the piercing serpent, even leviathan that crooked serpent; and he shall slay the dragon that [is] in the sea.
In daardie dag sal die HERE met sy swaar en groot en sterk swaard die Leviátan die steekslang, selfs Leviátan daardie krom slang, besoek; en Hy sal die draak wat in die see is, doodmaak.
2
In that day sing ye unto her, A vineyard of red wine.
In daardie dag sing julle tot haar, ‚'n wingerd van rooi wyn.
3
I the LORD do keep it; I will water it every moment: lest [any] hurt it, I will keep it night and day.
Ek die HERE bewaar dit; ek sal dit elke oomblik natmaak: dat niemand dit seermaak nie, sal ek dit nag en dag bewaar.
4
Fury [is] not in me: who would set the briers [and] thorns against me in battle? I would go through them, I would burn them together.
Grimmigheid is nie in My nie: wie sou die dorings en distels teen My in die geveg stel? ek sou deur hulle heengaan, ek sou hulle saam verbrand.
5
Or let him take hold of my strength, [that] he may make peace with me; [and] he shall make peace with me.
Of laat hom my sterkte aangryp, dat hy vrede met My mag maak; en hy sal vrede met My maak.
6
He shall cause them that come of Jacob to take root: Israel shall blossom and bud, and fill the face of the world with fruit.
Hy sal die wortels van Jakob laat uitspruit: Israel sal bot en floreer, en die aangesig van die wêreld met vrugte vul.
7
Hath he smitten him, as he smote those that smote him? [or] is he slain according to the slaughter of them that are slain by him?
Het Hy hom geslaan, soos Hy dié geslaan het wat Hom geslaan het? of is hy doodgemaak volgens die slagting van dié wat deur Hom doodgemaak is?
8
In measure, when it shooteth forth, thou wilt debate with it: he stayeth his rough wind in the day of the east wind.
In mate, wanneer dit uitspruit, sal jy daarmee twis: hy dryf dit uit met sy harde wind in die dag van die oostewind.
9
By this therefore shall the iniquity of Jacob be purged; and this [is] all the fruit to take away his sin; when he maketh all the stones of the altar as chalkstones that are beaten in sunder, the groves and images shall not stand up.
Deur dit dus sal die ongeregtigheid van Jakob versoen word; en dit is al die vrug om sy sonde weg te neem; wanneer hy al die klippe van die altaar maak soos kalkstene wat stukkend geslaan is, sal die bosse en sonbeelde nie staan nie.
10
Yet the defenced city [shall be] desolate, [and] the habitation forsaken, and left like a wilderness: there shall the calf feed, and there shall he lie down, and consume the branches thereof.
Tog is die versterkte stad eensaam, ’n woning wat verlaat is, en verlaat soos ’n wildernis: daar sal die kalf wei, en daar sal hy lê, en die takke daarvan verteer.
11
When the boughs thereof are withered, they shall be broken off: the women come, [and] set them on fire: for it [is] a people of no understanding: therefore he that made them will not have mercy on them, and he that formed them will shew them no favour.
Wanneer die takke daarvan verdor is, sal hulle afgebreek word: die vroue kom, en steek dit aan die brand: want dit is ‚'n volk sonder verstand: daarom sal Hy wat hulle gemaak het, Hom nie oor hulle ontferm nie, en Hy wat hulle geformeer het, sal hulle nie guns bewys nie.
12
And it shall come to pass in that day, [that] the LORD shall beat off from the channel of the river unto the stream of Egypt, and ye shall be gathered one by one, O ye children of Israel.
En dit sal in daardie dag gebeur, dat die HERE sal dors van die kanaal van die rivier tot by die spruit van Egipte, en julle sal een vir een bymekaargemaak word, o julle kinders van Israel.
13
And it shall come to pass in that day, [that] the great trumpet shall be blown, and they shall come which were ready to perish in the land of Assyria, and the outcasts in the land of Egypt, and shall worship the LORD in the holy mount at Jerusalem.
En dit sal in daardie dag gebeur, dat die groot trompet geblaas sal word, en hulle sal kom wat gereed was om in die land van Assirië te vergaan, en die uitgeworpenes in die land van Egipte, en sal die HERE aanbid in die heilige berg in Jérusalem.