King James Version
AFR DVK
1
And God blessed Noah and his sons, and said unto them, Be fruitful, and multiply, and replenish the earth.
En God het Noag en sy seuns geseën, en tot hulle gesê, Wees vrugbaar, en vermeerder, en vul die aarde.
2
And the fear of you and the dread of you shall be upon every beast of the earth, and upon every fowl of the air, upon all that moveth [upon] the earth, and upon all the fishes of the sea; into your hand are they delivered.
En die vrees vir julle en die skrik vir julle sal wees op elke dier van die aarde, en op elke voël van die lug, op alles wat op die aarde beweeg, en op al die visse van die see; in julle hand is hulle oorgegee.
3
Every moving thing that liveth shall be meat for you; even as the green herb have I given you all things.
Elke bewegende ding wat lewe, sal vir julle tot voedsel wees; net soos die groen kruie het Ek julle alles gegee.
4
But flesh with the life thereof, [which is] the blood thereof, shall ye not eat.
Maar vlees met die lewe daarvan, wat die bloed daarvan is, mag julle nie eet nie.
5
And surely your blood of your lives will I require; at the hand of every beast will I require it, and at the hand of man; at the hand of every man’s brother will I require the life of man.
En sekerlik sal Ek julle bloed van julle lewens eis; uit die hand van elke dier sal Ek dit eis, en uit die hand van die mens; uit die hand van elke mens se broer sal Ek die lewe van die mens eis.
6
Whoso sheddeth man’s blood, by man shall his blood be shed: for in the image of God made he man.
Wie die bloed van die mens vergiet, deur die mens sal sy bloed vergiet word: want in die beeld van God het hy die mens gemaak.
7
And you, be ye fruitful, and multiply; bring forth abundantly in the earth, and multiply therein.
En julle, wees vrugbaar, en vermeerder; bring oorvloedig voort op die aarde, en vermeerder daarin.
8
And God spake unto Noah, and to his sons with him, saying,
En God het tot Noag gespreek, en tot sy seuns saam met hom, en gesê,
9
And I, behold, I establish my covenant with you, and with your seed after you;
En Ek, kyk, Ek rig my verbond op met julle, en met julle saad ná julle;
10
And with every living creature that [is] with you, of the fowl, of the cattle, and of every beast of the earth with you; from all that go out of the ark, to every beast of the earth.
En met elke lewende skepsel wat by julle is, van die voëls, van die vee, en van elke dier van die aarde by julle; van alles wat uit die ark uitgaan, tot elke dier van die aarde.
11
And I will establish my covenant with you; neither shall all flesh be cut off any more by the waters of a flood; neither shall there any more be a flood to destroy the earth.
En Ek sal my verbond met julle oprig; en alle vlees sal nie meer afgesny word deur die waters van ’n vloed nie; en daar sal nie meer ’n vloed wees om die aarde te vernietig nie.
12
And God said, This [is] the token of the covenant which I make between me and you and every living creature that [is] with you, for perpetual generations:
En God het gesê, Dit is die teken van die verbond wat Ek maak tussen My en julle en elke lewende skepsel wat by julle is, vir ewige geslagte:
13
I do set my bow in the cloud, and it shall be for a token of a covenant between me and the earth.
Ek stel my boog in die wolk, en dit sal wees tot ’n teken van ’n verbond tussen My en die aarde.
14
And it shall come to pass, when I bring a cloud over the earth, that the bow shall be seen in the cloud:
En dit sal gebeur, wanneer Ek ’n wolk oor die aarde bring, dat die boog in die wolk gesien sal word:
15
And I will remember my covenant, which [is] between me and you and every living creature of all flesh; and the waters shall no more become a flood to destroy all flesh.
En Ek sal my verbond onthou, wat tussen My en julle en elke lewende skepsel van alle vlees is; en die waters sal nie meer ’n vloed word om alle vlees te vernietig nie.
16
And the bow shall be in the cloud; and I will look upon it, that I may remember the everlasting covenant between God and every living creature of all flesh that [is] upon the earth.
En die boog sal in die wolk wees; en Ek sal daarna kyk, dat Ek die ewige verbond mag onthou tussen God en elke lewende skepsel van alle vlees wat op die aarde is.
17
And God said unto Noah, This [is] the token of the covenant, which I have established between me and all flesh that [is] upon the earth.
En God het tot Noag gesê, Dit is die teken van die verbond, wat Ek opgerig het tussen My en alle vlees wat op die aarde is.
18
And the sons of Noah, that went forth of the ark, were Shem, and Ham, and Japheth: and Ham [is] the father of Canaan.
En die seuns van Noag, wat uit die ark uitgegaan het, was Sem, en Gam, en Jafet: en Gam is die vader van Kanaän.
19
These [are] the three sons of Noah: and of them was the whole earth overspread.
Dit is die drie seuns van Noag: en uit hulle is die hele aarde oortrek.
20
And Noah began [to be] an husbandman, and he planted a vineyard:
En Noag het begin om ’n landman te wees, en hy het ’n wingerd geplant:
21
And he drank of the wine, and was drunken; and he was uncovered within his tent.
En hy het van die wyn gedrink, en was dronk; en hy is ontbloot binne-in sy tent.
22
And Ham, the father of Canaan, saw the nakedness of his father, and told his two brethren without.
En Gam, die vader van Kanaän, het die naaktheid van sy vader gesien, en dit aan sy twee broers buite vertel.
23
And Shem and Japheth took a garment, and laid [it] upon both their shoulders, and went backward, and covered the nakedness of their father; and their faces [were] backward, and they saw not their father’s nakedness.
En Sem en Jafet het ’n kleed geneem, en dit op albei hulle skouers gelê, en agteruit gegaan, en die naaktheid van hulle vader bedek; en hulle aangesigte was agtertoe, en hulle het die naaktheid van hulle vader nie gesien nie.
24
And Noah awoke from his wine, and knew what his younger son had done unto him.
En Noag het wakker geword van sy wyn, en geweet wat sy jonger seun aan hom gedoen het.
25
And he said, Cursed [be] Canaan; a servant of servants shall he be unto his brethren.
En hy het gesê, Vervloek is Kanaän; ’n dienaar van dienaars sal hy wees vir sy broers.
26
And he said, Blessed [be] the LORD God of Shem; and Canaan shall be his servant.
En hy het gesê, Geseënd is die HERE, die God van Sem; en Kanaän sal sy dienaar wees.
27
God shall enlarge Japheth, and he shall dwell in the tents of Shem; and Canaan shall be his servant.
God sal Jafet uitbrei, en hy sal woon in die tente van Sem; en Kanaän sal sy dienaar wees.
28
And Noah lived after the flood three hundred and fifty years.
En Noag het ná die vloed driehonderd en vyftig jaar geleef.
29
And all the days of Noah were nine hundred and fifty years: and he died.
En al die dae van Noag was negehonderd en vyftig jaar: en hy het gesterwe.