King James Version
AFR DVK
1
And God said unto Jacob, Arise, go up to Bethel, and dwell there: and make there an altar unto God, that appeared unto thee when thou fleddest from the face of Esau thy brother.
En God het tot Jakob gesê, Staan op, gaan op na Bet-el, en woon daar: en maak daar ’n altaar vir God, wat aan jou verskyn het toe jy gevlug het van die aangesig van Esau jou broer.
2
Then Jacob said unto his household, and to all that [were] with him, Put away the strange gods that [are] among you, and be clean, and change your garments:
Toe het Jakob tot sy huisgesin gesê, en tot almal wat by hom was, Doen die vreemde gode weg wat onder julle is, en reinig julle, en verander julle klere:
3
And let us arise, and go up to Bethel; and I will make there an altar unto God, who answered me in the day of my distress, and was with me in the way which I went.
En laat ons opstaan, en opgaan na Bet-el; en ek sal daar ‚'n altaar maak vir God, wat my verhoor het in die dag van my nood, en by my was op die pad wat ek gegaan het.
4
And they gave unto Jacob all the strange gods which [were] in their hand, and [all their] earrings which [were] in their ears; and Jacob hid them under the oak which [was] by Shechem.
En hulle het aan Jakob al die vreemde gode gegee wat in hulle hand was, en al die ringe wat in hulle ore was; en Jakob het hulle weggesteek onder die eik wat by Sigem is.
5
And they journeyed: and the terror of God was upon the cities that [were] round about them, and they did not pursue after the sons of Jacob.
En hulle het gereis: en die verskrikking van God was op die stede wat rondom hulle was, en hulle het die seuns van Jakob nie agtervolg nie.
6
So Jacob came to Luz, which [is] in the land of Canaan, that [is], Bethel, he and all the people that [were] with him.
So het Jakob gekom by Lus, wat in die land Kanaän is, dit is Bet-el, hy en al die volk wat by hom was.
7
And he built there an altar, and called the place Elbethel: because there God appeared unto him, when he fled from the face of his brother.
En hy het daar ‚'n altaar gebou, en die plek El-Bet-el genoem: omdat God daar aan hom verskyn het toe hy gevlug het van die aangesig van sy broer.
8
But Deborah Rebekah’s nurse died, and she was buried beneath Bethel under an oak: and the name of it was called Allonbachuth.
Maar Debora, Rebekka se soogmoeder, het gesterwe, en sy is begrawe onder Bet-el onder die eik: en die naam daarvan is Allon-Bakit genoem.
9
And God appeared unto Jacob again, when he came out of Padanaram, and blessed him.
En God het weer aan Jakob verskyn toe hy uit Paddan-Aram gekom het, en hom geseën.
10
And God said unto him, Thy name [is] Jacob: thy name shall not be called any more Jacob, but Israel shall be thy name: and he called his name Israel.
En God het tot hom gesê, Jou naam is Jakob: jou naam sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel sal jou naam wees: en Hy het sy naam Israel genoem.
11
And God said unto him, I [am] God Almighty: be fruitful and multiply; a nation and a company of nations shall be of thee, and kings shall come out of thy loins;
En God het tot hom gesê, Ek is God die Almagtige: wees vrugbaar en vermeerder; ’n nasie en ’n menigte nasies sal uit jou voortkom, en konings sal uit jou lendene voortkom;
12
And the land which I gave Abraham and Isaac, to thee I will give it, and to thy seed after thee will I give the land.
En die land wat Ek aan Abraham en Isak gegee het, aan jou sal Ek dit gee, en aan jou saad ná jou sal Ek die land gee.
13
And God went up from him in the place where he talked with him.
En God het van hom opgevaar op die plek waar Hy met hom gespreek het.
14
And Jacob set up a pillar in the place where he talked with him, [even] a pillar of stone: and he poured a drink offering thereon, and he poured oil thereon.
En Jakob het ‚'n pilaar opgerig op die plek waar Hy met hom gespreek het, ‚'n pilaar van klip: en hy het ‚'n drankoffer daarop uitgegooi, en olie daarop uitgegooi.
15
And Jacob called the name of the place where God spake with him, Bethel.
En Jakob het die naam van die plek waar God met hom gespreek het, Bet-el genoem.
16
And they journeyed from Bethel; and there was but a little way to come to Ephrath: and Rachel travailed, and she had hard labour.
En hulle het van Bet-el afgereis; en daar was nog ‚'n klein stukkie pad om by Efrat te kom: en Ragel het gebaar, en sy het dit swaar gehad met die baring.
17
And it came to pass, when she was in hard labour, that the midwife said unto her, Fear not; thou shalt have this son also.
En dit het gebeur, toe sy dit swaar gehad het met die baring, dat die vroedvrou tot haar gesê het, Vrees nie; want hierdie is ook vir jou ’n seun.
18
And it came to pass, as her soul was in departing, (for she died) that she called his name Benoni: but his father called him Benjamin.
En dit het gebeur, toe haar siel uitgaan (want sy het gesterwe), dat sy sy naam Ben-Oni genoem het: maar sy vader het hom Benjamin genoem.
19
And Rachel died, and was buried in the way to Ephrath, which [is] Bethlehem.
En Ragel het gesterwe, en is begrawe op die pad na Efrat, dit is Betlehem.
20
And Jacob set a pillar upon her grave: that [is] the pillar of Rachel’s grave unto this day.
En Jakob het ‚'n pilaar op haar graf opgerig: dit is die pilaar van Ragel se graf tot vandag toe.
21
And Israel journeyed, and spread his tent beyond the tower of Edar.
En Israel het verder gereis, en sy tent oorkant Migdal-Eder opgeslaan.
22
And it came to pass, when Israel dwelt in that land, that Reuben went and lay with Bilhah his father’s concubine: and Israel heard [it]. Now the sons of Jacob were twelve:
En dit het gebeur, toe Israel in daardie land gewoon het, dat Ruben gegaan het en by Bilha, sy vader se byvrou, gelê het: en Israel het dit gehoor. Nou was die seuns van Jakob twaalf:
23
The sons of Leah; Reuben, Jacob’s firstborn, and Simeon, and Levi, and Judah, and Issachar, and Zebulun:
Die seuns van Lea; Ruben, Jakob se eersgeborene, en Simeon, en Levi, en Juda, en Issaskar, en Sébulon:
24
The sons of Rachel; Joseph, and Benjamin:
Die seuns van Ragel; Josef, en Benjamin:
25
And the sons of Bilhah, Rachel’s handmaid; Dan, and Naphtali:
En die seuns van Bilha, Ragel se diensmaagd; Dan, en Naftali:
26
And the sons of Zilpah, Leah’s handmaid; Gad, and Asher: these [are] the sons of Jacob, which were born to him in Padanaram.
En die seuns van Silpa, Lea se diensmaagd; Gad, en Aser: dit is die seuns van Jakob, wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.
27
And Jacob came unto Isaac his father unto Mamre, unto the city of Arbah, which [is] Hebron, where Abraham and Isaac sojourned.
En Jakob het gekom by Isak sy vader in Mamre, by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Abraham en Isak as vreemdelinge vertoef het.
28
And the days of Isaac were an hundred and fourscore years.
En die dae van Isak was honderd en tagtig jaar.
29
And Isaac gave up the ghost, and died, and was gathered unto his people, [being] old and full of days: and his sons Esau and Jacob buried him.
En Isak het die asem uitgeblaas, en gesterwe, en is by sy volk versamel, oud en sat van dae: en sy seuns Esau en Jakob het hom begrawe.