King James Version
AFR DVK
1
And when Rachel saw that she bare Jacob no children, Rachel envied her sister; and said unto Jacob, Give me children, or else I die.
En toe Ragel sien dat sy vir Jakob geen kinders baar nie, het Ragel haar suster beny; en sy het tot Jakob gesê, Gee my kinders, of anders sterwe ek.
2
And Jacob’s anger was kindled against Rachel: and he said, [Am] I in God’s stead, who hath withheld from thee the fruit of the womb?
En Jakob se toorn is teen Ragel aangesteek, en hy het gesê, Is ek in die plek van God, wat die vrug van die moederskoot van jou weerhou het?
3
And she said, Behold my maid Bilhah, go in unto her; and she shall bear upon my knees, that I may also have children by her.
En sy het gesê, Kyk, hier is my diensmaagd Bilha; gaan in tot haar; en sy sal op my knieë baar, dat ek ook uit haar kinders mag bou.
4
And she gave him Bilhah her handmaid to wife: and Jacob went in unto her.
En sy het hom Bilha haar diensmaagd tot vrou gegee: en Jakob het by haar ingegaan.
5
And Bilhah conceived, and bare Jacob a son.
En Bilha het ontvang, en vir Jakob ’n seun gebaar.
6
And Rachel said, God hath judged me, and hath also heard my voice, and hath given me a son: therefore called she his name Dan.
En Ragel het gesê, God het my geoordeel, en ook my stem gehoor, en my ’n seun gegee: daarom het sy sy naam Dan genoem.
7
And Bilhah Rachel’s maid conceived again, and bare Jacob a second son.
En Bilha, Ragel se diensmaagd, het weer ontvang, en vir Jakob ’n tweede seun gebaar.
8
And Rachel said, With great wrestlings have I wrestled with my sister, and I have prevailed: and she called his name Naphtali.
En Ragel het gesê, Met worstelinge van God het ek met my suster geworstel, en ek het oorwin: en sy het sy naam Naftali genoem.
9
When Leah saw that she had left bearing, she took Zilpah her maid, and gave her Jacob to wife.
Toe Lea sien dat sy ophou om te baar, het sy Silpa haar diensmaagd geneem, en haar aan Jakob tot vrou gegee.
10
And Zilpah Leah’s maid bare Jacob a son.
En Silpa, Lea se diensmaagd, het vir Jakob ’n seun gebaar.
11
And Leah said, A troop cometh: and she called his name Gad.
En Lea het gesê, Daar kom ’n troep: en sy het sy naam Gad genoem.
12
And Zilpah Leah’s maid bare Jacob a second son.
En Silpa, Lea se diensmaagd, het vir Jakob ’n tweede seun gebaar.
13
And Leah said, Happy am I, for the daughters will call me blessed: and she called his name Asher.
En Lea het gesê, Ek is gelukkig! want die dogters sal my gelukkig noem: en sy het sy naam Aser genoem.
14
And Reuben went in the days of wheat harvest, and found mandrakes in the field, and brought them unto his mother Leah. Then Rachel said to Leah, Give me, I pray thee, of thy son’s mandrakes.
En Ruben het in die dae van die koringoes uitgegaan, en mandragoras in die veld gevind, en dit na sy moeder Lea gebring. Toe het Ragel tot Lea gesê, Gee my tog van jou seun se mandragoras.
15
And she said unto her, [Is it] a small matter that thou hast taken my husband? and wouldest thou take away my son’s mandrakes also? And Rachel said, Therefore he shall lie with thee to night for thy son’s mandrakes.
En sy het tot haar gesê, Is dit ’n klein ding dat jy my man geneem het? en wil jy ook my seun se mandragoras neem? En Ragel het gesê, Daarom mag hy vannag by jou lê vir jou seun se mandragoras.
16
And Jacob came out of the field in the evening, and Leah went out to meet him, and said, Thou must come in unto me; for surely I have hired thee with my son’s mandrakes. And he lay with her that night.
En Jakob het in die aand van die veld gekom, en Lea het uitgegaan om hom tegemoet te gaan, en gesê, Jy moet by my inkom; want ek het jou sekerlik gehuur met my seun se mandragoras. En hy het daardie nag by haar gelê.
17
And God hearkened unto Leah, and she conceived, and bare Jacob the fifth son.
En God het Lea verhoor, en sy het ontvang, en vir Jakob ’n vyfde seun gebaar.
18
And Leah said, God hath given me my hire, because I have given my maiden to my husband: and she called his name Issachar.
En Lea het gesê, God het my my loon gegee, omdat ek my diensmaagd aan my man gegee het: en sy het sy naam Issaskar genoem.
19
And Leah conceived again, and bare Jacob the sixth son.
En Lea het weer ontvang, en vir Jakob ’n sesde seun gebaar.
20
And Leah said, God hath endued me [with] a good dowry; now will my husband dwell with me, because I have born him six sons: and she called his name Zebulun.
En Lea het gesê, God het my ’n goeie gawe gegee; nou sal my man by my woon, omdat ek vir hom ses seuns gebaar het: en sy het sy naam Sébulon genoem.
21
And afterwards she bare a daughter, and called her name Dinah.
En daarna het sy ’n dogter gebaar, en haar naam Dina genoem.
22
And God remembered Rachel, and God hearkened to her, and opened her womb.
En God het Ragel onthou, en God het na haar geluister, en haar baarmoeder oopgemaak.
23
And she conceived, and bare a son; and said, God hath taken away my reproach:
En sy het ontvang, en ’n seun gebaar; en gesê, God het my smaadheid weggeneem:
24
And she called his name Joseph; and said, The LORD shall add to me another son.
En sy het sy naam Josef genoem; en gesê, Die HERE sal my nog ’n seun byvoeg.
25
And it came to pass, when Rachel had born Joseph, that Jacob said unto Laban, Send me away, that I may go unto mine own place, and to my country.
En dit het gebeur, toe Ragel Josef gebaar het, dat Jakob tot Laban gesê het, Stuur my weg, dat ek na my plek en na my land mag gaan.
26
Give [me] my wives and my children, for whom I have served thee, and let me go: for thou knowest my service which I have done thee.
Gee my my vroue en my kinders, vir wie ek jou gedien het, en laat my gaan: want jy weet my diens waarmee ek jou gedien het.
27
And Laban said unto him, I pray thee, if I have found favour in thine eyes, [tarry: for] I have learned by experience that the LORD hath blessed me for thy sake.
En Laban het tot hom gesê, Laat my tog genade in jou oë vind: ek het dit uitgevind deur waarneming dat die HERE my om jou ontwil geseën het.
28
And he said, Appoint me thy wages, and I will give [it].
En hy het gesê, Bepaal jou loon aan my, en ek sal dit gee.
29
And he said unto him, Thou knowest how I have served thee, and how thy cattle was with me.
En hy het tot hom gesê, Jy weet hoe ek jou gedien het, en hoe jou vee by my was.
30
For [it was] little which thou hadst before I [came], and it is [now] increased unto a multitude; and the LORD hath blessed thee since my coming: and now when shall I provide for mine own house also?
Want dit was min wat jy gehad het voor my, en dit het vermeerder tot ’n menigte; en die HERE het jou geseën sedert ek gekom het: en nou, wanneer sal ek ook vir my eie huis voorsien?
31
And he said, What shall I give thee? And Jacob said, Thou shalt not give me any thing: if thou wilt do this thing for me, I will again feed [and] keep thy flock:
En hy het gesê, Wat sal ek jou gee? En Jakob het gesê, Jy moet my niks gee nie: as jy hierdie ding vir my doen, sal ek jou kudde weer wei en oppas.
32
I will pass through all thy flock to day, removing from thence all the speckled and spotted cattle, and all the brown cattle among the sheep, and the spotted and speckled among the goats: and [of such] shall be my hire.
Laat my vandag deur al jou kudde gaan, en al die gespikkelde en bont vee daarvan verwyder, en al die swart vee onder die skape, en die bont en gespikkelde onder die bokke: en dit sal my loon wees.
33
So shall my righteousness answer for me in time to come, when it shall come for my hire before thy face: every one that [is] not speckled and spotted among the goats, and brown among the sheep, that shall be counted stolen with me.
So sal my geregtigheid vir my antwoord in die tyd wat kom, wanneer dit voor jou aangesig kom aangaande my loon: al wat nie gespikkeld en bont is onder die bokke, en swart onder die skape nie, dit sal by my as gesteel gereken word.
34
And Laban said, Behold, I would it might be according to thy word.
En Laban het gesê, Kyk, laat dit wees volgens jou woord.
35
And he removed that day the he goats that were ringstraked and spotted, and all the she goats that were speckled and spotted, [and] every one that had [some] white in it, and all the brown among the sheep, and gave [them] into the hand of his sons.
En hy het daardie dag die gestreepte en bont bokramme verwyder, en al die gespikkelde en bont bokooie, almal waarin wit was, en al die swart onder die skape, en dit in die hand van sy seuns gegee.
36
And he set three days’ journey betwixt himself and Jacob: and Jacob fed the rest of Laban’s flocks.
En hy het ’n weg van drie dae tussen homself en Jakob gestel: en Jakob het die res van Laban se kuddes opgepas.
37
And Jacob took him rods of green poplar, and of the hazel and chesnut tree; and pilled white strakes in them, and made the white appear which [was] in the rods.
En Jakob het vir hom groen populierstokke geneem, en van die amandel en van die plataan; en wit strepe daarin geskil, en die wit blootgelê wat in die stokke was.
38
And he set the rods which he had pilled before the flocks in the gutters in the watering troughs when the flocks came to drink, that they should conceive when they came to drink.
En hy het die stokke wat hy geskil het, in die drinkbakke, in die waterbakke waar die kuddes kom drink, voor die kuddes neergesit; en hulle het ontvange toe hulle kom drink.
39
And the flocks conceived before the rods, and brought forth cattle ringstraked, speckled, and spotted.
En die kuddes het by die stokke ontvang, en die kuddes het gestreepte, gespikkelde en bont voortgebring.
40
And Jacob did separate the lambs, and set the faces of the flocks toward the ringstraked, and all the brown in the flock of Laban; and he put his own flocks by themselves, and put them not unto Laban’s cattle.
En Jakob het die lammers afgesonder, en die aangesigte van die kuddes na die gestreepte en al die swart in die kudde van Laban gedraai; en hy het sy eie kuddes opsy gesit, en hulle nie by Laban se kudde gesit nie.
41
And it came to pass, whensoever the stronger cattle did conceive, that Jacob laid the rods before the eyes of the cattle in the gutters, that they might conceive among the rods.
En dit het gebeur, wanneer die sterkste vee ontvange het, dat Jakob die stokke voor die oë van die kuddes in die drinkbakke gesit het, dat hulle by die stokke mag ontvang.
42
But when the cattle were feeble, he put [them] not in: so the feebler were Laban’s, and the stronger Jacob’s.
Maar wanneer die kudde swak was, het hy hulle nie ingesit nie: so was die swakkes vir Laban, en die sterkes vir Jakob.
43
And the man increased exceedingly, and had much cattle, and maidservants, and menservants, and camels, and asses.
En die man het uitermate vermeerder, en hy het baie kuddes gehad, en diensmaagde, en diensknegte, en kamele, en esels.