King James Version
AFR DVK
1
Now the serpent was more subtil than any beast of the field which the LORD God had made. And he said unto the woman, Yea, hath God said, Ye shall not eat of every tree of the garden?
Nou was die slang listiger as enige dier van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy het tot die vrou gesê, Ja, het God gesê, Julle mag nie eet van elke boom van die tuin nie?
2
And the woman said unto the serpent, We may eat of the fruit of the trees of the garden:
En die vrou het tot die slang gesê, Ons mag eet van die vrugte van die bome van die tuin:
3
But of the fruit of the tree which [is] in the midst of the garden, God hath said, Ye shall not eat of it, neither shall ye touch it, lest ye die.
Maar van die vrug van die boom wat in die midde van die tuin is, het God gesê, Julle mag nie daarvan eet nie, en julle mag dit ook nie aanraak nie, dat julle nie sterwe nie.
4
And the serpent said unto the woman, Ye shall not surely die:
En die slang het tot die vrou gesê, Julle sal sekerlik nie sterwe nie:
5
For God doth know that in the day ye eat thereof, then your eyes shall be opened, and ye shall be as gods, knowing good and evil.
Want God weet dat in die dag dat julle daarvan eet, dan sal julle oë oopgaan, en julle sal wees soos gode, wat goed en kwaad ken.
6
And when the woman saw that the tree [was] good for food, and that it [was] pleasant to the eyes, and a tree to be desired to make [one] wise, she took of the fruit thereof, and did eat, and gave also unto her husband with her; and he did eat.
En toe die vrou sien dat die boom goed was tot voedsel, en dat hy aangenaam was vir die oë, en ’n boom begeerlik om verstandig te maak, het sy van sy vrug geneem, en geëet, en ook aan haar man by haar gegee; en hy het geëet.
7
And the eyes of them both were opened, and they knew that they [were] naked; and they sewed fig leaves together, and made themselves aprons.
En die oë van hulle albei is oopgemaak, en hulle het geweet dat hulle naak was; en hulle het vyebome se blare saamgewerk, en vir hulleself skorte gemaak.
8
And they heard the voice of the LORD God walking in the garden in the cool of the day: and Adam and his wife hid themselves from the presence of the LORD God amongst the trees of the garden.
En hulle het die stem van die HERE God gehoor wat in die tuin wandel in die koel van die dag: en Adam en sy vrou het hulle weggesteek van die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin.
9
And the LORD God called unto Adam, and said unto him, Where [art] thou?
En die HERE God het tot Adam geroep, en tot hom gesê, Waar is jy?
10
And he said, I heard thy voice in the garden, and I was afraid, because I [was] naked; and I hid myself.
En hy het gesê, Ek het u stem in die tuin gehoor, en ek was bevrees, omdat ek naak was; en ek het my weggesteek.
11
And he said, Who told thee that thou [wast] naked? Hast thou eaten of the tree, whereof I commanded thee that thou shouldest not eat?
En hy het gesê, Wie het jou vertel dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het dat jy nie mag eet nie?
12
And the man said, The woman whom thou gavest [to be] with me, she gave me of the tree, and I did eat.
En die man het gesê, Die vrou wat U by my gegee het, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet.
13
And the LORD God said unto the woman, What [is] this [that] thou hast done? And the woman said, The serpent beguiled me, and I did eat.
En die HERE God het tot die vrou gesê, Wat is dit wat jy gedoen het? En die vrou het gesê, Die slang het my verlei, en ek het geëet.
14
And the LORD God said unto the serpent, Because thou hast done this, thou [art] cursed above all cattle, and above every beast of the field; upon thy belly shalt thou go, and dust shalt thou eat all the days of thy life:
En die HERE God het tot die slang gesê, Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek bo al die vee, en bo elke dier van die veld; op jou buik sal jy gaan, en stof sal jy eet al die dae van jou lewe:
15
And I will put enmity between thee and the woman, and between thy seed and her seed; it shall bruise thy head, and thou shalt bruise his heel.
En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad; dit sal jou kop verbrys, en jy sal sy hakskeen verbrys.
16
Unto the woman he said, I will greatly multiply thy sorrow and thy conception; in sorrow thou shalt bring forth children; and thy desire [shall be] to thy husband, and he shall rule over thee.
Tot die vrou het hy gesê, Ek sal jou smart en jou swangerskap grootliks vermenigvuldig; in smart sal jy kinders baar; en jou begeerte sal na jou man wees, en hy sal oor jou heers.
17
And unto Adam he said, Because thou hast hearkened unto the voice of thy wife, and hast eaten of the tree, of which I commanded thee, saying, Thou shalt not eat of it: cursed [is] the ground for thy sake; in sorrow shalt thou eat [of] it all the days of thy life;
En tot Adam het hy gesê, Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou, en geëet het van die boom waarvan Ek jou beveel het, en gesê, Jy mag daarvan nie eet nie: vervloek is die grond om jou ontwil; in smart sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe;
18
Thorns also and thistles shall it bring forth to thee; and thou shalt eat the herb of the field;
Doringe en distels sal dit ook vir jou voortbring; en jy sal die kruie van die veld eet;
19
In the sweat of thy face shalt thou eat bread, till thou return unto the ground; for out of it wast thou taken: for dust thou [art], and unto dust shalt thou return.
In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet, totdat jy terugkeer na die grond; want daaruit is jy geneem: want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.
20
And Adam called his wife’s name Eve; because she was the mother of all living.
En Adam het sy vrou se naam Eva genoem; omdat sy die moeder was van al wat lewe.
21
Unto Adam also and to his wife did the LORD God make coats of skins, and clothed them.
En tot Adam en tot sy vrou het die HERE God rokke van velle gemaak, en hulle beklee.
22
And the LORD God said, Behold, the man is become as one of us, to know good and evil: and now, lest he put forth his hand, and take also of the tree of life, and eat, and live for ever:
En die HERE God het gesê, Kyk, die mens het geword soos een van Ons, om goed en kwaad te ken: en nou, dat hy nie sy hand uitsteek, en ook van die boom van die lewe neem, en eet, en vir ewig lewe nie:
23
Therefore the LORD God sent him forth from the garden of Eden, to till the ground from whence he was taken.
Daarom het die HERE God hom uit die tuin van Eden gestuur, om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.
24
So he drove out the man; and he placed at the east of the garden of Eden Cherubims, and a flaming sword which turned every way, to keep the way of the tree of life.
So het hy die mens uitgedrywe; en hy het aan die ooste van die tuin van Eden gerubs gestel, en ’n vlammende swaard wat elke kant toe gedraai het, om die weg van die boom van die lewe te bewaar.