← Galasiërs 2 Galasiërs — Galatians 3 Galasiërs 4 →
King James Version
AFR DVK
1
O foolish Galatians, who hath bewitched you, that ye should not obey the truth, before whose eyes Jesus Christ hath been evidently set forth, crucified among you?
O dwase Galasiërs, wie het julle betower, dat julle die waarheid nie sou gehoorsaam nie, voor wie se oë Jesus Christus openlik uitgebeeld is, onder julle gekruisig?
2
This only would I learn of you, Received ye the Spirit by the works of the law, or by the hearing of faith?
Dit alleen wil ek van julle leer, Het julle die Gees ontvang deur die werke van die wet, of deur die gehoor van die geloof?
3
Are ye so foolish? having begun in the Spirit, are ye now made perfect by the flesh?
Is julle so dwaas? het julle in die Gees begin, en word julle nou in die vlees volmaak?
4
Have ye suffered so many things in vain? if [it be] yet in vain.
Het julle so baie dinge tevergeefs gely? as dit tog tevergeefs is.
5
He therefore that ministereth to you the Spirit, and worketh miracles among you, [doeth he it] by the works of the law, or by the hearing of faith?
Hy daarom wat julle die Gees bedien, en wonders onder julle werk, doen Hy dit deur die werke van die wet, of deur die gehoor van die geloof?
6
Even as Abraham believed God, and it was accounted to him for righteousness.
Net soos Abraham God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
7
Know ye therefore that they which are of faith, the same are the children of Abraham.
Weet julle daarom dat hulle wat uit die geloof is, dieselfde is kinders van Abraham.
8
And the scripture, foreseeing that God would justify the heathen through faith, preached before the gospel unto Abraham, [saying], In thee shall all nations be blessed.
En die Skrif, vooruit siende dat God die heidene deur die geloof sou regverdig, het die evangelie tevore aan Abraham verkondig, sê, In jou sal al die nasies geseën word.
9
So then they which be of faith are blessed with faithful Abraham.
So dan word hulle wat uit die geloof is, geseën saam met die gelowige Abraham.
10
For as many as are of the works of the law are under the curse: for it is written, Cursed [is] every one that continueth not in all things which are written in the book of the law to do them.
Want soveel as uit die werke van die wet is, is onder die vloek: want daar is geskrywe, Vervloek is elkeen wat nie bly in al die dinge wat in die boek van die wet geskrywe is om dit te doen nie.
11
But that no man is justified by the law in the sight of God, [it is] evident: for, The just shall live by faith.
Maar dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik: want, Die regverdige sal uit die geloof lewe.
12
And the law is not of faith: but, The man that doeth them shall live in them.
En die wet is nie uit die geloof nie: maar, Die mens wat daardie dinge doen, sal daardeur lewe.
13
Christ hath redeemed us from the curse of the law, being made a curse for us: for it is written, Cursed [is] every one that hangeth on a tree:
Christus het ons verlos van die vloek van die wet, deurdat Hy ‚'n vloek vir ons geword het: want daar is geskrywe, Vervloek is elkeen wat aan ‚'n hout hang:
14
That the blessing of Abraham might come on the Gentiles through Jesus Christ; that we might receive the promise of the Spirit through faith.
Dat die seën van Abraham tot die heidene sou kom in Christus Jesus; dat ons die belofte van die Gees deur die geloof sou ontvang.
15
Brethren, I speak after the manner of men; Though [it be] but a man’s covenant, yet [if it be] confirmed, no man disannulleth, or addeth thereto.
Broers, ek spreek na die wyse van mense; Al is dit maar ‚'n mens se verbond, tog as dit bevestig is, maak niemand dit tot niet, of voeg iets daarby nie.
16
Now to Abraham and his seed were the promises made. He saith not, And to seeds, as of many; but as of one, And to thy seed, which is Christ.
Nou is die beloftes aan Abraham en sy saad gemaak. Hy sê nie, En aan die sade, as van baie; maar as van een, En aan jou saad, wat is Christus.
17
And this I say, [that] the covenant, that was confirmed before of God in Christ, the law, which was four hundred and thirty years after, cannot disannul, that it should make the promise of none effect.
En dit sê ek, dat die verbond, wat tevore deur God in Christus bevestig is, die wet, wat vierhonderd en dertig jaar daarna gekom het, nie tot niet kan maak, dat dit die belofte tot niet sou maak nie.
18
For if the inheritance [be] of the law, [it is] no more of promise: but God gave [it] to Abraham by promise.
Want as die erfenis uit die wet is, is dit nie meer uit die belofte nie: maar God het dit aan Abraham deur belofte gegee.
19
Wherefore then [serveth] the law? It was added because of transgressions, till the seed should come to whom the promise was made; [and it was] ordained by angels in the hand of a mediator.
Waartoe dien dan die wet? Dit is bygevoeg vanweë die oortredinge, totdat die saad sou kom aan wie die belofte gemaak is; en dit is verorden deur engele in die hand van ’n middelaar.
20
Now a mediator is not [a mediator] of one, but God is one.
Nou is ‚'n middelaar nie van een nie, maar God is een.
21
[Is] the law then against the promises of God? God forbid: for if there had been a law given which could have given life, verily righteousness should have been by the law.
Is die wet dan teen die beloftes van God? Mag dit nooit wees nie: want as daar ‚'n wet gegee was wat kon lewe gee, waarlik sou die geregtigheid deur die wet gewees het.
22
But the scripture hath concluded all under sin, that the promise by faith of Jesus Christ might be given to them that believe.
Maar die Skrif het alle dinge onder die sonde toegesluit, dat die belofte deur die geloof van Jesus Christus aan hulle wat glo, gegee mag word.
23
But before faith came, we were kept under the law, shut up unto the faith which should afterwards be revealed.
Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet bewaar, toegesluit tot die geloof wat daarna geopenbaar sou word.
24
Wherefore the law was our schoolmaster [to bring us] unto Christ, that we might be justified by faith.
Daarom was die wet ons tugmeester tot Christus, dat ons deur die geloof geregverdig mag word.
25
But after that faith is come, we are no longer under a schoolmaster.
Maar nadat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‚'n tugmeester nie.
26
For ye are all the children of God by faith in Christ Jesus.
Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus.
27
For as many of you as have been baptized into Christ have put on Christ.
Want soveel as julle in Christus gedoop is, het julle Christus aangetrek.
28
There is neither Jew nor Greek, there is neither bond nor free, there is neither male nor female: for ye are all one in Christ Jesus.
Daar is nóg Jood nóg Griek, daar is nóg dienskneg nóg vryman, daar is nóg man nóg vrou: want julle is almal een in Christus Jesus.
29
And if ye [be] Christ’s, then are ye Abraham’s seed, and heirs according to the promise.
En as julle Christus s‚'n is, dan is julle Abraham se saad, en erfgename volgens die belofte.