King James Version
AFR DVK
1
Paul, an apostle, (not of men, neither by man, but by Jesus Christ, and God the Father, who raised him from the dead;)
Paulus, ‚'n apostel, (nie van mense nie, en ook nie deur ‚'n mens nie, maar deur Jesus Christus, en God die Vader, wat Hom uit die dooies opgewek het;)
2
And all the brethren which are with me, unto the churches of Galatia:
En al die broers wat by my is, aan die gemeentes van Galasië:
3
Grace [be] to you and peace from God the Father, and [from] our Lord Jesus Christ,
Genade aan julle en vrede van God die Vader, en van onse Here Jesus Christus,
4
Who gave himself for our sins, that he might deliver us from this present evil world, according to the will of God and our Father:
Wat Homself gegee het vir ons sondes, dat Hy ons sou verlos van hierdie teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van God en onse Vader:
5
To whom [be] glory for ever and ever. Amen.
Aan wie die heerlikheid is tot in ewigheid. Amen.
6
I marvel that ye are so soon removed from him that called you into the grace of Christ unto another gospel:
Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van Hom wat julle geroep het in die genade van Christus, tot ‚'n ander evangelie:
7
Which is not another; but there be some that trouble you, and would pervert the gospel of Christ.
Wat nie ‚'n ander is nie; maar daar is sommige wat julle ontstel, en die evangelie van Christus wil verdraai.
8
But though we, or an angel from heaven, preach any other gospel unto you than that which we have preached unto you, let him be accursed.
Maar al sou ons, of ‚'n engel uit die hemel, julle ‚'n ander evangelie verkondig as dit wat ons julle verkondig het, laat hom ‚'n vloek wees.
9
As we said before, so say I now again, If any [man] preach any other gospel unto you than that ye have received, let him be accursed.
Soos ons tevore gesê het, so sê ek nou weer, As iemand julle ’n ander evangelie verkondig as dit wat julle ontvang het, laat hom ’n vloek wees.
10
For do I now persuade men, or God? or do I seek to please men? for if I yet pleased men, I should not be the servant of Christ.
Want soek ek nou die guns van mense, of van God? of probeer ek mense behaag? want as ek nog mense behaag, sou ek nie ‚'n dienaar van Christus wees nie.
11
But I certify you, brethren, that the gospel which was preached of me is not after man.
Maar ek maak julle bekend, broers, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.
12
For I neither received it of man, neither was I taught [it], but by the revelation of Jesus Christ.
Want ek het dit nie van ‚'n mens ontvang nie, en is ook nie daarin onderrig nie, maar deur die openbaring van Jesus Christus.
13
For ye have heard of my conversation in time past in the Jews’ religion, how that beyond measure I persecuted the church of God, and wasted it:
Want julle het gehoor van my wandel tevore in die Jodedom, hoe dat ek die gemeente van God uitermate vervolg en verwoes het:
14
And profited in the Jews’ religion above many my equals in mine own nation, being more exceedingly zealous of the traditions of my fathers.
En in die Jodedom verder gevorder het as baie van my eie ouderdom onder my volk, omdat ek meer ywerig was vir die oorleweringe van my vaders.
15
But when it pleased God, who separated me from my mother’s womb, and called [me] by his grace,
Maar toe dit God behaag het, wat my van my moeder se skoot af afgesonder het, en my deur sy genade geroep het,
16
To reveal his Son in me, that I might preach him among the heathen; immediately I conferred not with flesh and blood:
Om sy Seun in my te openbaar, dat ek Hom onder die heidene sou verkondig; het ek dadelik nie raad gehou met vlees en bloed nie;
17
Neither went I up to Jerusalem to them which were apostles before me; but I went into Arabia, and returned again unto Damascus.
En is ook nie opgegaan na Jérusalem tot dié wat voor my apostels was nie; maar ek het na Arabië gegaan, en weer teruggekeer na Damaskus.
18
Then after three years I went up to Jerusalem to see Peter, and abode with him fifteen days.
Toe, ná drie jaar, het ek opgegaan na Jérusalem om Petrus te sien, en by hom vyftien dae gebly.
19
But other of the apostles saw I none, save James the Lord’s brother.
Maar van die ander apostels het ek niemand gesien nie, behalwe Jakobus die broer van die Here.
20
Now the things which I write unto you, behold, before God, I lie not.
Nou die dinge wat ek julle skrywe, kyk, voor God, ek lieg nie.
21
Afterwards I came into the regions of Syria and Cilicia;
Daarna het ek in die streke van Sirië en Silisië gekom.
22
And was unknown by face unto the churches of Judaea which were in Christ:
En was onbekend van aangesig by die gemeentes van Judea wat in Christus was:
23
But they had heard only, That he which persecuted us in times past now preacheth the faith which once he destroyed.
Maar hulle het net gehoor, Dat hy wat ons tevore vervolg het, nou die geloof verkondig wat hy tevore verwoes het.
24
And they glorified God in me.
En hulle het God in my verheerlik.