King James Version
AFR DVK
1
And he said unto Moses, Come up unto the LORD, thou, and Aaron, Nadab, and Abihu, and seventy of the elders of Israel; and worship ye afar off.
En Hy het tot Moses gesê, Klim op na die HERE, jy, en Aäron, Nadab, en Abíhu, en sewentig van die ouderlinge van Israel; en aanbid van ver af.
2
And Moses alone shall come near the LORD: but they shall not come nigh; neither shall the people go up with him.
En Moses alleen moet nader kom tot die HERE: maar hulle mag nie nader kom nie; en die volk mag nie saam met hom opklim nie.
3
And Moses came and told the people all the words of the LORD, and all the judgments: and all the people answered with one voice, and said, All the words which the LORD hath said will we do.
En Moses het gekom en aan die volk al die woorde van die HERE, en al die oordele vertel: en die hele volk het met een stem geantwoord, en gesê, Al die woorde wat die HERE gespreek het, sal ons doen.
4
And Moses wrote all the words of the LORD, and rose up early in the morning, and builded an altar under the hill, and twelve pillars, according to the twelve tribes of Israel.
En Moses het al die woorde van die HERE neergeskrywe, en vroeg in die môre opgestaan, en ’n altaar gebou onder die berg, en twaalf pilare, volgens die twaalf stamme van Israel.
5
And he sent young men of the children of Israel, which offered burnt offerings, and sacrificed peace offerings of oxen unto the LORD.
En hy het jongmanne van die kinders van Israel gestuur, wat brandoffers geoffer het, en dankoffers van beeste aan die HERE geslag.
6
And Moses took half of the blood, and put [it] in basons; and half of the blood he sprinkled on the altar.
En Moses het die helfte van die bloed geneem, en dit in bakke gesit; en die helfte van die bloed het hy op die altaar gesprinkel.
7
And he took the book of the covenant, and read in the audience of the people: and they said, All that the LORD hath said will we do, and be obedient.
En hy het die boek van die verbond geneem, en dit in die ore van die volk gelees: en hulle het gesê, Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen, en gehoorsaam wees.
8
And Moses took the blood, and sprinkled [it] on the people, and said, Behold the blood of the covenant, which the LORD hath made with you concerning all these words.
En Moses het die bloed geneem, en dit op die volk gesprinkel, en gesê, Kyk die bloed van die verbond, wat die HERE met julle gemaak het aangaande al hierdie woorde.
9
Then went up Moses, and Aaron, Nadab, and Abihu, and seventy of the elders of Israel:
Toe het Moses, en Aäron, Nadab, en Abíhu, en sewentig van die ouderlinge van Israel opgeklim:
10
And they saw the God of Israel: and [there was] under his feet as it were a paved work of a sapphire stone, and as it were the body of heaven in [his] clearness.
En hulle het die God van Israel gesien: en daar was onder sy voete asof dit ‚'n geplaveide werk van saffiersteen was, en soos die liggaam van die hemel in sy helderheid.
11
And upon the nobles of the children of Israel he laid not his hand: also they saw God, and did eat and drink.
En op die edeles van die kinders van Israel het Hy sy hand nie gelê nie: ook het hulle God gesien, en geëet en gedrink.
12
And the LORD said unto Moses, Come up to me into the mount, and be there: and I will give thee tables of stone, and a law, and commandments which I have written; that thou mayest teach them.
En die HERE het tot Moses gesê, Klim op na My op die berg, en wees daar: en ek sal jou tafels van klip gee, en ’n wet, en gebooie wat ek geskrywe het; dat jy hulle mag leer.
13
And Moses rose up, and his minister Joshua: and Moses went up into the mount of God.
En Moses het opgestaan, en sy dienaar Josua: en Moses het opgeklim na die berg van God.
14
And he said unto the elders, Tarry ye here for us, until we come again unto you: and, behold, Aaron and Hur [are] with you: if any man have any matters to do, let him come unto them.
En hy het tot die ouderlinge gesê, Wag hier vir ons, totdat ons weer na julle toe kom: en kyk, Aäron en Hur is by julle: as iemand ’n saak het, laat hom na hulle toe gaan.
15
And Moses went up into the mount, and a cloud covered the mount.
En Moses het opgeklim na die berg, en ‚'n wolk het die berg bedek.
16
And the glory of the LORD abode upon mount Sinai, and the cloud covered it six days: and the seventh day he called unto Moses out of the midst of the cloud.
En die heerlikheid van die HERE het op die berg Sinai gerus, en die wolk het dit ses dae lank bedek: en op die sewende dag het Hy Moses uit die midde van die wolk geroep.
17
And the sight of the glory of the LORD [was] like devouring fire on the top of the mount in the eyes of the children of Israel.
En die aangesig van die heerlikheid van die HERE was soos ’n verterende vuur op die top van die berg in die oë van die kinders van Israel.
18
And Moses went into the midst of the cloud, and gat him up into the mount: and Moses was in the mount forty days and forty nights.
En Moses het in die midde van die wolk ingegaan, en op die berg opgeklim: en Moses was op die berg veertig dae en veertig nagte.