← Efesiërs 3 Efesiërs — Ephesians 4 Efesiërs 5 →
King James Version
AFR DVK
1
I therefore, the prisoner of the Lord, beseech you that ye walk worthy of the vocation wherewith ye are called,
Ek dan, die gevangene in die Here, bid julle om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,
2
With all lowliness and meekness, with longsuffering, forbearing one another in love;
Met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, mekaar verdra in liefde;
3
Endeavouring to keep the unity of the Spirit in the bond of peace.
Julle ywerende om die eenheid van die Gees te bewaar in die band van die vrede.
4
[There is] one body, and one Spirit, even as ye are called in one hope of your calling;
Daar is een liggaam, en een Gees, net soos julle geroep is in een hoop van julle roeping;
5
One Lord, one faith, one baptism,
Een Here, een geloof, een doop,
6
One God and Father of all, who [is] above all, and through all, and in you all.
Een God en Vader van almal, wat is bo almal, en deur almal, en in julle almal.
7
But unto every one of us is given grace according to the measure of the gift of Christ.
Maar aan elkeen van ons is genade gegee volgens die maat van die gawe van Christus.
8
Wherefore he saith, When he ascended up on high, he led captivity captive, and gave gifts unto men.
Daarom sê Hy, Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenis gevange geneem, en gawes aan die mense gegee.
9
(Now that he ascended, what is it but that he also descended first into the lower parts of the earth?
(Nou dat Hy opgevaar het, wat is dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?
10
He that descended is the same also that ascended up far above all heavens, that he might fill all things.)
Hy wat neergedaal het, is dieselfde wat ook opgevaar het ver bo al die hemele, dat Hy alle dinge sou vervul.)
11
And he gave some, apostles; and some, prophets; and some, evangelists; and some, pastors and teachers;
En Hy het sommige gegee as apostels; en sommige as profete; en sommige as evangeliste; en sommige as herders en leraars;
12
For the perfecting of the saints, for the work of the ministry, for the edifying of the body of Christ:
Tot die volmaking van die heiliges, tot die werk van die bediening, tot die opbouing van die liggaam van Christus:
13
Till we all come in the unity of the faith, and of the knowledge of the Son of God, unto a perfect man, unto the measure of the stature of the fulness of Christ:
Totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof, en van die kennis van die Seun van God, tot ‚'n volmaakte man, tot die mate van die volheid van die gestalte van Christus:
14
That we [henceforth] be no more children, tossed to and fro, and carried about with every wind of doctrine, by the sleight of men, [and] cunning craftiness, whereby they lie in wait to deceive;
Dat ons voortaan nie meer kinders sou wees nie, heen en weer geslinger, en rondgedra met elke wind van leer, deur die listigheid van die mense, en listige streke, waardeur hulle lê om te bedrieg;
15
But speaking the truth in love, may grow up into him in all things, which is the head, [even] Christ:
Maar, die waarheid in liefde spreekende, in alles mag opgroei tot Hom wat die hoof is, selfs Christus:
16
From whom the whole body fitly joined together and compacted by that which every joint supplieth, according to the effectual working in the measure of every part, maketh increase of the body unto the edifying of itself in love.
Uit wie die hele liggaam, goed saamgevoeg en saamgebind deur elke gewrig van toediening, volgens die kragtige werking in die maat van elke deel, die toename van die liggaam maak tot die opbouing van homself in die liefde.
17
This I say therefore, and testify in the Lord, that ye henceforth walk not as other Gentiles walk, in the vanity of their mind,
Dit sê ek dan, en getuig in die Here, dat julle voortaan nie meer wandel soos die ander heidene wandel, in die ydelheid van hulle gemoed nie,
18
Having the understanding darkened, being alienated from the life of God through the ignorance that is in them, because of the blindness of their heart:
Verduister in die verstand, vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is, vanweë die verharding van hulle hart:
19
Who being past feeling have given themselves over unto lasciviousness, to work all uncleanness with greediness.
Wat, omdat hulle alle gevoel verloor het, hulleself oorgegee het aan losbandigheid, om alle onreinheid te bedrywe met gierigheid.
20
But ye have not so learned Christ;
Maar julle het Christus so nie geleer nie;
21
If so be that ye have heard him, and have been taught by him, as the truth is in Jesus:
As julle Hom ten minste gehoor het, en in Hom onderrig is, soos die waarheid in Jesus is:
22
That ye put off concerning the former conversation the old man, which is corrupt according to the deceitful lusts;
Dat julle, wat die vorige wandel betref, die ou mens moet aflê, wat bedorwe is volgens die bedrieglike begeerlikhede;
23
And be renewed in the spirit of your mind;
En vernuwe word in die gees van julle gemoed;
24
And that ye put on the new man, which after God is created in righteousness and true holiness.
En die nuwe mens aantrek, wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
25
Wherefore putting away lying, speak every man truth with his neighbour: for we are members one of another.
Daarom, leg die leuen af, spreek elkeen die waarheid met sy naaste: want ons is lede van mekaar.
26
Be ye angry, and sin not: let not the sun go down upon your wrath:
Word toornig, en sondig nie: laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie:
27
Neither give place to the devil.
En gee geen plek aan die duiwel nie.
28
Let him that stole steal no more: but rather let him labour, working with [his] hands the thing which is good, that he may have to give to him that needeth.
Laat hy wat gesteel het, nie meer steel nie: maar eerder arbei, en werk met sy hande die ding wat goed is, dat hy mag hê om te gee aan hom wat nodig het.
29
Let no corrupt communication proceed out of your mouth, but that which is good to the use of edifying, that it may minister grace unto the hearers.
Laat geen slegte woord uit julle mond uitgaan nie, maar wat goed is tot die nodige opbouing, dat dit genade mag gee aan die hoorders.
30
And grieve not the holy Spirit of God, whereby ye are sealed unto the day of redemption.
En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, waardeur julle verseël is tot die dag van verlossing.
31
Let all bitterness, and wrath, and anger, and clamour, and evil speaking, be put away from you, with all malice:
Laat alle bitterheid, en toorn, en woede, en geskreeu, en lastering, met alle boosheid, van julle weggeneem word:
32
And be ye kind one to another, tenderhearted, forgiving one another, even as God for Christ’s sake hath forgiven you.
En wees vriendelik teenoor mekaar, barmhartig, mekaar vergewende, soos God om Christus ontwil julle vergewe het.