King James Version
AFR DVK
1
For this cause I Paul, the prisoner of Jesus Christ for you Gentiles,
Om hierdie oorsaak is ek Paulus die gevangene van Jesus Christus vir julle heidene,
2
If ye have heard of the dispensation of the grace of God which is given me to you-ward:
As julle ten minste gehoor het van die bedeling van die genade van God wat aan my vir julle gegee is:
3
How that by revelation he made known unto me the mystery; (as I wrote afore in few words,
Hoe dat Hy my deur openbaring die geheimenis bekend gemaak het; soos ek tevore in ‚'n paar woorde geskrywe het,
4
Whereby, when ye read, ye may understand my knowledge in the mystery of Christ)
Waardeur, wanneer julle lees, julle my kennis in die geheimenis van Christus mag verstaan,
5
Which in other ages was not made known unto the sons of men, as it is now revealed unto his holy apostles and prophets by the Spirit;
Wat in ander eeue nie aan die seuns van die mense bekend gemaak is nie, soos dit nou aan sy heilige apostels en profete deur die Gees geopenbaar is;
6
That the Gentiles should be fellowheirs, and of the same body, and partakers of his promise in Christ by the gospel:
Dat die heidene mede-erfgename sou wees, en van dieselfde liggaam, en deelgenote van sy belofte in Christus deur die evangelie:
7
Whereof I was made a minister, according to the gift of the grace of God given unto me by the effectual working of his power.
Waarvan ek ‚'n bedienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is deur die kragtige werking van sy mag.
8
Unto me, who am less than the least of all saints, is this grace given, that I should preach among the Gentiles the unsearchable riches of Christ;
Aan my, wat die geringste is van al die heiliges, is hierdie genade gegee, dat ek onder die heidene die onnaspeurlike rykdom van Christus sou verkondig;
9
And to make all [men] see what [is] the fellowship of the mystery, which from the beginning of the world hath been hid in God, who created all things by Jesus Christ:
En om almal te laat sien wat die gemeenskap is van die geheimenis, wat van die begin van die wêreld af verborge was in God, wat alle dinge geskape het deur Jesus Christus:
10
To the intent that now unto the principalities and powers in heavenly [places] might be known by the church the manifold wisdom of God,
Tot die bedoeling dat nou aan die owerhede en magte in die hemelse plekke deur die gemeente die veelvuldige wysheid van God bekend gemaak sou word,
11
According to the eternal purpose which he purposed in Christ Jesus our Lord:
Volgens die ewige voorneme wat Hy in Christus Jesus onse Here gemaak het:
12
In whom we have boldness and access with confidence by the faith of him.
In wie ons vrymoedigheid en toegang het met vertroue deur die geloof in Hom.
13
Wherefore I desire that ye faint not at my tribulations for you, which is your glory.
Daarom begeer ek dat julle nie moeg word om my verdrukkinge vir julle nie, wat julle heerlikheid is.
14
For this cause I bow my knees unto the Father of our Lord Jesus Christ,
Om hierdie oorsaak buig ek my knieë tot die Vader van onse Here Jesus Christus,
15
Of whom the whole family in heaven and earth is named,
Van wie die hele familie in die hemel en op die aarde genoem word,
16
That he would grant you, according to the riches of his glory, to be strengthened with might by his Spirit in the inner man;
Dat Hy julle sou gee, volgens die rykdom van sy heerlikheid, om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens;
17
That Christ may dwell in your hearts by faith; that ye, being rooted and grounded in love,
Dat Christus deur die geloof in julle harte mag woon; dat julle, gewortel en gegrond in die liefde,
18
May be able to comprehend with all saints what [is] the breadth, and length, and depth, and height;
In staat mag wees om saam met al die heiliges te begryp wat die breedte, en lengte, en diepte, en hoogte is;
19
And to know the love of Christ, which passeth knowledge, that ye might be filled with all the fulness of God.
En om die liefde van Christus te ken, wat kennis te bowe gaan, dat julle vervul mag word met al die volheid van God.
20
Now unto him that is able to do exceeding abundantly above all that we ask or think, according to the power that worketh in us,
Nou aan Hom wat in staat is om uitermate meer te doen as alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,
21
Unto him [be] glory in the church by Christ Jesus throughout all ages, world without end. Amen.
Aan Hom sy die heerlikheid in die gemeente deur Christus Jesus deur alle geslagte, tot in ewigheid. Amen.