Efesiërs — Ephesians 1 Efesiërs 2 →
King James Version
AFR DVK
1
Paul, an apostle of Jesus Christ by the will of God, to the saints which are at Ephesus, and to the faithful in Christ Jesus:
Paulus, ‚'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Efese is, en aan die gelowiges in Christus Jesus:
2
Grace [be] to you, and peace, from God our Father, and [from] the Lord Jesus Christ.
Genade aan julle en vrede van God onse Vader, en van die Here Jesus Christus.
3
Blessed [be] the God and Father of our Lord Jesus Christ, who hath blessed us with all spiritual blessings in heavenly [places] in Christ:
Geseënd sy die God en Vader van onse Here Jesus Christus, wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in hemelse plekke in Christus:
4
According as he hath chosen us in him before the foundation of the world, that we should be holy and without blame before him in love:
Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld, dat ons heilig en onberispelik voor Hom in liefde sou wees:
5
Having predestinated us unto the adoption of children by Jesus Christ to himself, according to the good pleasure of his will,
Ons tevore verordineer hebbende tot die aanneming tot kinders deur Jesus Christus tot Homself, volgens die welbehaaglikheid van sy wil,
6
To the praise of the glory of his grace, wherein he hath made us accepted in the beloved.
Tot die lof van die heerlikheid van sy genade, waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde:
7
In whom we have redemption through his blood, the forgiveness of sins, according to the riches of his grace;
In wie ons die verlossing het deur sy bloed, die vergifnis van sondes, volgens die rykdom van sy genade;
8
Wherein he hath abounded toward us in all wisdom and prudence;
Waarmee Hy ons oorvloedig gemaak het in alle wysheid en verstand;
9
Having made known unto us the mystery of his will, according to his good pleasure which he hath purposed in himself:
Ons bekend gemaak hebbende die geheimenis van sy wil, volgens sy welbehaaglikheid wat Hy in Homself voorneme gehad het:
10
That in the dispensation of the fulness of times he might gather together in one all things in Christ, both which are in heaven, and which are on earth; [even] in him:
Dat in die bedeling van die volheid van die tye Hy alle dinge in Christus sou bymekaarbring, beide wat in die hemel en wat op die aarde is; selfs in Hom:
11
In whom also we have obtained an inheritance, being predestinated according to the purpose of him who worketh all things after the counsel of his own will:
In wie ons ook ‚'n erfdeel verkry het, tevore verordineer volgens die voorneme van Hom wat alle dinge werk volgens die raad van sy eie wil:
12
That we should be to the praise of his glory, who first trusted in Christ.
Dat ons tot die lof van sy heerlikheid sou wees, wat eers in Christus gehoop het.
13
In whom ye also [trusted], after that ye heard the word of truth, the gospel of your salvation: in whom also after that ye believed, ye were sealed with that holy Spirit of promise,
In wie julle ook gehoop het, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle heil, gehoor het: in wie julle ook, nadat julle geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,
14
Which is the earnest of our inheritance until the redemption of the purchased possession, unto the praise of his glory.
Wat die onderpand is van ons erfdeel tot die verlossing van die verkryging, tot die lof van sy heerlikheid.
15
Wherefore I also, after I heard of your faith in the Lord Jesus, and love unto all the saints,
Daarom ook, nadat ek gehoor het van julle geloof in die Here Jesus, en liefde tot al die heiliges,
16
Cease not to give thanks for you, making mention of you in my prayers;
Hou nie op om vir julle te dank nie, en julle in my gebede te noem;
17
That the God of our Lord Jesus Christ, the Father of glory, may give unto you the spirit of wisdom and revelation in the knowledge of him:
Dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, julle die gees van wysheid en openbaring in die kennis van Hom mag gee:
18
The eyes of your understanding being enlightened; that ye may know what is the hope of his calling, and what the riches of the glory of his inheritance in the saints,
Die oë van julle verstand verlig, dat julle mag weet wat die hoop is van sy roeping, en wat die rykdom is van die heerlikheid van sy erfdeel in die heiliges,
19
And what [is] the exceeding greatness of his power to us-ward who believe, according to the working of his mighty power,
En wat die uitnemende grootheid van sy krag is teenoor ons wat glo, volgens die werking van die sterkte van sy mag,
20
Which he wrought in Christ, when he raised him from the dead, and set [him] at his own right hand in the heavenly [places],
Wat Hy gewerk het in Christus, toe Hy Hom uit die dooies opgewek het, en Hom aan sy eie regterhand in die hemelse plekke gesit het,
21
Far above all principality, and power, and might, and dominion, and every name that is named, not only in this world, but also in that which is to come:
Ver bo alle owerheid, en mag, en krag, en heerskappy, en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in dié wat kom:
22
And hath put all [things] under his feet, and gave him [to be] the head over all [things] to the church,
En het alle dinge onder sy voete onderwerp, en Hom as hoof oor alle dinge aan die gemeente gegee,
23
Which is his body, the fulness of him that filleth all in all.
Wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.