King James Version
AFR DVK
1
Now therefore hearken, O Israel, unto the statutes and unto the judgments, which I teach you, for to do [them], that ye may live, and go in and possess the land which the LORD God of your fathers giveth you.
Nou dan, Israel, luister na die insettinge en na die oordele wat ek julle leer om te doen, dat julle mag lewe, en ingaan en die land besit wat die HERE, die God van julle vaders, julle gee.
2
Ye shall not add unto the word which I command you, neither shall ye diminish [ought] from it, that ye may keep the commandments of the LORD your God which I command you.
Julle mag niks by die woord voeg wat ek julle beveel nie, en julle mag niks daarvan wegneem nie, dat julle die gebooie van die HERE julle God mag onderhou wat ek julle beveel.
3
Your eyes have seen what the LORD did because of Baalpeor: for all the men that followed Baalpeor, the LORD thy God hath destroyed them from among you.
Julle oë het gesien wat die HERE gedoen het vanweë Baäl-Peor: want al die manne wat agter Baäl-Peor aangegaan het, die HERE jou God het hulle van jou midde vernietig.
4
But ye that did cleave unto the LORD your God [are] alive every one of you this day.
Maar julle wat aan die HERE julle God gehou het, is vandag almal lewendig.
5
Behold, I have taught you statutes and judgments, even as the LORD my God commanded me, that ye should do so in the land whither ye go to possess it.
Kyk, ek het julle insettinge en oordele geleer, soos die HERE my God my beveel het, dat julle so moet doen in die land waarheen julle gaan om dit te besit.
6
Keep therefore and do [them]; for this [is] your wisdom and your understanding in the sight of the nations, which shall hear all these statutes, and say, Surely this great nation [is] a wise and understanding people.
Onderhou hulle dan, en doen hulle; want dit is julle wysheid en julle verstand voor die oë van die nasies, wat al hierdie insettinge sal hoor, en sê, Sekerlik is hierdie groot nasie ’n wyse en verstandige volk.
7
For what nation [is there so] great, who [hath] God [so] nigh unto them, as the LORD our God [is] in all [things that] we call upon him [for]?
Want watter nasie is so groot, wat God so naby hulle het soos die HERE onse God is in alles wat ons Hom aanroep?
8
And what nation [is there so] great, that hath statutes and judgments [so] righteous as all this law, which I set before you this day?
En watter nasie is so groot, wat insettinge en oordele so regverdig het soos hierdie hele wet is, wat ek vandag voor julle stel?
9
Only take heed to thyself, and keep thy soul diligently, lest thou forget the things which thine eyes have seen, and lest they depart from thy heart all the days of thy life: but teach them thy sons, and thy sons’ sons;
Net neem jou in ag, en bewaar jou siel ywerig, dat jy nie die dinge vergeet wat jou oë gesien het nie, en dat hulle nie uit jou hart wyk al die dae van jou lewe nie: maar leer hulle jou seuns, en jou seuns se seuns;
10
[Specially] the day that thou stoodest before the LORD thy God in Horeb, when the LORD said unto me, Gather me the people together, and I will make them hear my words, that they may learn to fear me all the days that they shall live upon the earth, and [that] they may teach their children.
Die dag toe jy voor die HERE jou God gestaan het in Horeb, toe die HERE tot my gesê het, Versamel die volk by My, en ek sal hulle my woorde laat hoor, dat hulle mag leer om My te vrees al die dae wat hulle op die aarde lewe, en dat hulle hulle kinders mag leer;
11
And ye came near and stood under the mountain; and the mountain burned with fire unto the midst of heaven, with darkness, clouds, and thick darkness.
En julle het nader gekom en onder die berg gestaan; en die berg het gebrand met vuur tot in die midde van die hemel, met duisternis, wolke, en digte duisternis.
12
And the LORD spake unto you out of the midst of the fire: ye heard the voice of the words, but saw no similitude; only [ye heard] a voice.
En die HERE het tot julle gespreek uit die midde van die vuur: julle het die stem van die woorde gehoor, maar julle het geen gelykenis gesien nie; net ‚'n stem.
13
And he declared unto you his covenant, which he commanded you to perform, [even] ten commandments; and he wrote them upon two tables of stone.
En Hy het aan julle sy verbond verkondig, wat Hy julle beveel het om te doen, selfs die tien gebooie; en Hy het hulle op twee tafels van klip geskrywe.
14
And the LORD commanded me at that time to teach you statutes and judgments, that ye might do them in the land whither ye go over to possess it.
En die HERE het my in daardie tyd beveel om julle insettinge en oordele te leer, dat julle dit mag doen in die land waarheen julle trek om dit te besit.
15
Take ye therefore good heed unto yourselves; for ye saw no manner of similitude on the day [that] the LORD spake unto you in Horeb out of the midst of the fire:
Neem dus goed ag op julleself; want julle het geen gelykenis gesien op die dag toe die HERE tot julle gespreek het in Horeb uit die midde van die vuur nie:
16
Lest ye corrupt [yourselves], and make you a graven image, the similitude of any figure, the likeness of male or female,
Dat julle nie verdorwe word, en vir julle ‚'n gesnede beeld maak nie, die gelykenis van enige figuur, die gelykenis van man of vrou,
17
The likeness of any beast that [is] on the earth, the likeness of any winged fowl that flieth in the air,
Die gelykenis van enige dier wat op die aarde is, die gelykenis van enige gevleuelde voël wat in die lug vlieg,
18
The likeness of any thing that creepeth on the ground, the likeness of any fish that [is] in the waters beneath the earth:
Die gelykenis van enigiets wat op die aarde kruip, die gelykenis van enige vis wat in die waters onder die aarde is:
19
And lest thou lift up thine eyes unto heaven, and when thou seest the sun, and the moon, and the stars, [even] all the host of heaven, shouldest be driven to worship them, and serve them, which the LORD thy God hath divided unto all nations under the whole heaven.
En dat jy nie jou oë na die hemel ophys, en wanneer jy die son, en die maan, en die sterre, selfs die hele leër van die hemel sien, jy verlei word om hulle te aanbid, en hulle te dien nie, wat die HERE jou God aan al die nasies onder die hele hemel toebedeel het.
20
But the LORD hath taken you, and brought you forth out of the iron furnace, [even] out of Egypt, to be unto him a people of inheritance, as [ye are] this day.
Maar die HERE het julle geneem, en julle uitgebring uit die ysteroond, selfs uit Egipte, om vir Hom ‚'n volk van erfenis te wees, soos julle vandag is.
21
Furthermore the LORD was angry with me for your sakes, and sware that I should not go over Jordan, and that I should not go in unto that good land, which the LORD thy God giveth thee [for] an inheritance:
Verder was die HERE toornig op my om julle ontwil, en het gesweer dat ek nie oor die Jordaan sou trek nie, en dat ek nie in die goeie land sou inkomaan nie, wat die HERE jou God jou tot ‚'n erfenis gee:
22
But I must die in this land, I must not go over Jordan: but ye shall go over, and possess that good land.
Maar ek moet in hierdie land sterwe, ek mag nie oor die Jordaan trek nie: maar julle moet oortrek en daardie goeie land besit.
23
Take heed unto yourselves, lest ye forget the covenant of the LORD your God, which he made with you, and make you a graven image, [or] the likeness of any [thing], which the LORD thy God hath forbidden thee.
Neem julle in ag, dat julle nie die verbond van die HERE julle God vergeet nie, wat Hy met julle gemaak het, en julle ‚'n gesnede beeld maak, of die gelykenis van enigiets, wat die HERE jou God jou verbied het.
24
For the LORD thy God [is] a consuming fire, [even] a jealous God.
Want die HERE jou God is ‚'n verterende vuur, selfs ‚'n jaloerse God.
25
When thou shalt beget children, and children’s children, and ye shall have remained long in the land, and shall corrupt [yourselves], and make a graven image, [or] the likeness of any [thing], and shall do evil in the sight of the LORD thy God, to provoke him to anger:
Wanneer jy kinders en kindskinders verwek, en lank in die land gebly het, en julle verdorwe word, en ’n gesnede beeld maak, of die gelykenis van enigiets, en doen wat sleg is in die oë van die HERE jou God, om Hom te terg:
26
I call heaven and earth to witness against you this day, that ye shall soon utterly perish from off the land whereunto ye go over Jordan to possess it; ye shall not prolong [your] days upon it, but shall utterly be destroyed.
Ek roep vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle, dat julle sekerlik spoedig sal vergaan uit die land waarheen julle oortrek oor die Jordaan om dit te besit; julle sal julle dae nie daarin verleng nie, maar heeltemal vernietig word.
27
And the LORD shall scatter you among the nations, and ye shall be left few in number among the heathen, whither the LORD shall lead you.
En die HERE sal julle onder die nasies verstrooi, en julle sal min oorbly onder die heidene, waarheen die HERE julle sal drywe.
28
And there ye shall serve gods, the work of men’s hands, wood and stone, which neither see, nor hear, nor eat, nor smell.
En daar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip, wat nie sien, of hoor, of eet, of ruik nie.
29
But if from thence thou shalt seek the LORD thy God, thou shalt find [him], if thou seek him with all thy heart and with all thy soul.
Maar as julle van daar die HERE jou God soek, sal jy Hom vind, as jy Hom soek met jou hele hart en met jou hele siel.
30
When thou art in tribulation, and all these things are come upon thee, [even] in the latter days, if thou turn to the LORD thy God, and shalt be obedient unto his voice;
Wanneer jy in benoudheid is, en al hierdie dinge jou oorkom, selfs in die laaste dae, as jy jou tot die HERE jou God wend, en na sy stem luister;
31
(For the LORD thy God [is] a merciful God;) he will not forsake thee, neither destroy thee, nor forget the covenant of thy fathers which he sware unto them.
(Want die HERE jou God is ‚'n barmhartige God;) Hy sal jou nie verlaat, of jou vernietig nie, en Hy sal die verbond van jou vaders nie vergeet nie wat Hy hulle met ‚'n eed beloof het.
32
For ask now of the days that are past, which were before thee, since the day that God created man upon the earth, and [ask] from the one side of heaven unto the other, whether there hath been [any such thing] as this great thing [is], or hath been heard like it?
Want vra nou na die vorige dae, wat voor jou was, van die dag af dat God die mens op die aarde geskape het, en vra van die een end van die hemel tot by die ander, of daar so ‚'n groot ding gebeur het, of of so iets gehoor is.
33
Did [ever] people hear the voice of God speaking out of the midst of the fire, as thou hast heard, and live?
Het enige volk die stem van God gehoor wat uit die midde van die vuur spreek, soos jy gehoor het, en gelewe?
34
Or hath God assayed to go [and] take him a nation from the midst of [another] nation, by temptations, by signs, and by wonders, and by war, and by a mighty hand, and by a stretched out arm, and by great terrors, according to all that the LORD your God did for you in Egypt before your eyes?
Of het God probeer om te gaan en vir Hom ’n nasie uit die midde van ’n ander nasie te neem, deur versoekinge, deur tekens, en deur wonders, en deur oorlog, en deur ’n magtige hand, en deur ’n uitgestrekte arm, en deur groot verskrikkinge, volgens alles wat die HERE julle God vir julle in Egipte voor julle oë gedoen het?
35
Unto thee it was shewed, that thou mightest know that the LORD he [is] God; [there is] none else beside him.
Aan jou is dit getoon, dat jy mag weet dat die HERE God is; daar is niemand behalwe Hom nie.
36
Out of heaven he made thee to hear his voice, that he might instruct thee: and upon earth he shewed thee his great fire; and thou heardest his words out of the midst of the fire.
Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor, dat Hy jou mag onderrig: en op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien; en jy het sy woorde uit die midde van die vuur gehoor.
37
And because he loved thy fathers, therefore he chose their seed after them, and brought thee out in his sight with his mighty power out of Egypt;
En omdat Hy jou vaders liefgehad het, daarom het Hy hulle saad na hulle uitverkies, en jou met sy aangesig uitgebring uit Egipte deur sy groot krag;
38
To drive out nations from before thee greater and mightier than thou [art], to bring thee in, to give thee their land [for] an inheritance, as [it is] this day.
Om nasies voor jou uit te drywe wat groter en magtiger is as jy, om jou in te bring, om jou hulle land tot ‚'n erfenis te gee, soos dit vandag is.
39
Know therefore this day, and consider [it] in thine heart, that the LORD he [is] God in heaven above, and upon the earth beneath: [there is] none else.
Weet dan vandag, en neem dit ter harte, dat die HERE God is in die hemel daarbo, en op die aarde hieronder: daar is niemand anders nie.
40
Thou shalt keep therefore his statutes, and his commandments, which I command thee this day, that it may go well with thee, and with thy children after thee, and that thou mayest prolong [thy] days upon the earth, which the LORD thy God giveth thee, for ever.
Jy moet dus sy insettinge, en sy gebooie onderhou, wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed mag gaan, en met jou kinders na jou, en dat jy jou dae mag verleng op die aarde, wat die HERE jou God jou gee, vir ewig.
41
Then Moses severed three cities on this side Jordan toward the sunrising;
Toe het Moses drie stede afgesonder aan hierdie kant van die Jordaan na die sonop;
42
That the slayer might flee thither, which should kill his neighbour unawares, and hated him not in times past; and that fleeing unto one of these cities he might live:
Dat die doodslaner daarheen mag vlug, wat sy naaste onopsetlik doodslaan, en hom nie van gister of eergister gehaat het nie; en dat hy na een van hierdie stede mag vlug, en lewe:
43
[Namely], Bezer in the wilderness, in the plain country, of the Reubenites; and Ramoth in Gilead, of the Gadites; and Golan in Bashan, of the Manassites.
Naämlik, Beser in die wildernis, in die vlakte land, van die Rubeniete; en Ramot in Gílead, van die Gadiete; en Golan in Basan, van die Manassiete.
44
And this [is] the law which Moses set before the children of Israel:
En dit is die wet wat Moses voor die kinders van Israel gestel het:
45
These [are] the testimonies, and the statutes, and the judgments, which Moses spake unto the children of Israel, after they came forth out of Egypt,
Dit is die getuienisse, en die insettinge, en die oordele, wat Moses tot die kinders van Israel gespreek het, nadat hulle uit Egipte uitgegaan het,
46
On this side Jordan, in the valley over against Bethpeor, in the land of Sihon king of the Amorites, who dwelt at Heshbon, whom Moses and the children of Israel smote, after they were come forth out of Egypt:
Aan hierdie kant van die Jordaan, in die dal teenoor Bet-Peor, in die land van Síhon koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het, wat Moses en die kinders van Israel verslaan het, nadat hulle uit Egipte uitgegaan het:
47
And they possessed his land, and the land of Og king of Bashan, two kings of the Amorites, which [were] on this side Jordan toward the sunrising;
En hulle het sy land in besit geneem, en die land van Og koning van Basan, twee konings van die Amoriete, wat aan hierdie kant van die Jordaan was na die sonop;
48
From Aroer, which [is] by the bank of the river Arnon, even unto mount Sion, which [is] Hermon,
Van Aroër af, wat by die oewer van die rivier Arnon is, selfs tot by die berg Sion, wat Hermon is,
49
And all the plain on this side Jordan eastward, even unto the sea of the plain, under the springs of Pisgah.
En die hele vlakte aan hierdie kant van die Jordaan ooswaarts, selfs tot by die see van die vlakte, onder die hellings van Pisga.