King James Version
AFR DVK
1
Then we turned, and went up the way to Bashan: and Og the king of Bashan came out against us, he and all his people, to battle at Edrei.
Toe het ons omgedraai, en opgetrek langs die pad na Basan: en Og die koning van Basan het teen ons uitgekom, hy en sy hele volk, om te veg by Edreï.
2
And the LORD said unto me, Fear him not: for I will deliver him, and all his people, and his land, into thy hand; and thou shalt do unto him as thou didst unto Sihon king of the Amorites, which dwelt at Heshbon.
En die HERE het tot my gesê, Wees nie bevrees vir hom nie: want ek het hom, en sy hele volk, en sy land in jou hand gegee; en jy moet aan hom doen soos jy aan Síhon koning van die Amoriete gedoen het, wat in Hesbon gewoon het.
3
So the LORD our God delivered into our hands Og also, the king of Bashan, and all his people: and we smote him until none was left to him remaining.
So het die HERE onse God dan ook Og die koning van Basan, en sy hele volk, in ons hand oorgegee: en ons het hom verslaan, totdat daar niemand van hom oorgeblewe was nie.
4
And we took all his cities at that time, there was not a city which we took not from them, threescore cities, all the region of Argob, the kingdom of Og in Bashan.
En ons het in daardie tyd al sy stede geneem, daar was nie een stad wat ons nie van hulle geneem het nie, sestig stede, die hele streek van Argob, die koninkryk van Og in Basan.
5
All these cities [were] fenced with high walls, gates, and bars; beside unwalled towns a great many.
Al hierdie stede was versterk met hoë mure, poorte, en grendels; behalwe die onbemuurde dorpe wat baie was.
6
And we utterly destroyed them, as we did unto Sihon king of Heshbon, utterly destroying the men, women, and children, of every city.
En ons het hulle heeltemal vernietig, soos ons aan Síhon koning van Hesbon gedoen het, die manne, die vroue, en die kinders, van elke stad heeltemal vernietig.
7
But all the cattle, and the spoil of the cities, we took for a prey to ourselves.
Maar al die vee, en die prooi van die stede, het ons as buit vir onsself geneem.
8
And we took at that time out of the hand of the two kings of the Amorites the land that [was] on this side Jordan, from the river of Arnon unto mount Hermon;
En ons het in daardie tyd die land uit die hand van die twee konings van die Amoriete geneem, wat aan hierdie kant van die Jordaan was, van die rivier Arnon af tot by die berg Hermon;
9
([Which] Hermon the Sidonians call Sirion; and the Amorites call it Shenir;)
(Wat die Sidoniërs Hermon Sirjon noem; en die Amoriete noem dit Senir;)
10
All the cities of the plain, and all Gilead, and all Bashan, unto Salchah and Edrei, cities of the kingdom of Og in Bashan.
Al die stede van die vlakte, en die hele Gílead, en die hele Basan, tot by Salga en Edreï, stede van die koninkryk van Og in Basan.
11
For only Og king of Bashan remained of the remnant of giants; behold, his bedstead [was] a bedstead of iron; [is] it not in Rabbath of the children of Ammon? nine cubits [was] the length thereof, and four cubits the breadth of it, after the cubit of a man.
Want net Og koning van Basan het van die oorblyfsel van die reuse oorgeblewe: kyk, sy bedstede was ‚'n bedstede van yster; is dit nie in Rabba van die kinders van Ammon nie? nege el was die lengte daarvan, en vier el die breedte daarvan, na die el van ‚'n man.
12
And this land, [which] we possessed at that time, from Aroer, which [is] by the river Arnon, and half mount Gilead, and the cities thereof, gave I unto the Reubenites and to the Gadites.
En hierdie land, wat ons in daardie tyd in besit geneem het, van Aroër af, wat by die rivier Arnon is, en die helfte van die berg Gílead, en die stede daarvan, het ek aan die Rubeniete en aan die Gadiete gegee.
13
And the rest of Gilead, and all Bashan, [being] the kingdom of Og, gave I unto the half tribe of Manasseh; all the region of Argob, with all Bashan, which was called the land of giants.
En die oorblyfsel van Gílead, en die hele Basan, die koninkryk van Og, het ek aan die halfstam van Manasse gegee; die hele streek van Argob, met die hele Basan, wat die land van reuse genoem is.
14
Jair the son of Manasseh took all the country of Argob unto the coasts of Geshuri and Maachathi; and called them after his own name, Bashanhavothjair, unto this day.
Jaïr die seun van Manasse het die hele streek van Argob geneem tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete; en hy het hulle na sy eie naam genoem, Basan-Havot-Jaïr, tot vandag toe.
15
And I gave Gilead unto Machir.
En aan Magir het ek Gílead gegee.
16
And unto the Reubenites and unto the Gadites I gave from Gilead even unto the river Arnon half the valley, and the border even unto the river Jabbok, [which is] the border of the children of Ammon;
En aan die Rubeniete en aan die Gadiete het ek gegee van Gílead af tot by die rivier Arnon, die middel van die rivier, en die grens daarvan, selfs tot by die rivier Jabbok, wat die grens van die kinders van Ammon is;
17
The plain also, and Jordan, and the coast [thereof], from Chinnereth even unto the sea of the plain, [even] the salt sea, under Ashdothpisgah eastward.
Die vlakte ook, en die Jordaan, en die grens daarvan, van Kinneret af tot by die see van die vlakte, selfs die Soutsee, onder Asdot-Pisga ooswaarts.
18
And I commanded you at that time, saying, The LORD your God hath given you this land to possess it: ye shall pass over armed before your brethren the children of Israel, all [that are] meet for the war.
En ek het julle in daardie tyd beveel, en gesê, Die HERE julle God het julle hierdie land gegee om dit te besit: julle moet gewapen voor julle broers die kinders van Israel uittrek, al julle manne van dapperheid.
19
But your wives, and your little ones, and your cattle, ([for] I know that ye have much cattle,) shall abide in your cities which I have given you;
Maar julle vroue, en julle kinders, en julle vee, (want ek weet dat julle baie vee het,) moet in julle stede bly wat ek julle gegee het;
20
Until the LORD have given rest unto your brethren, as well as unto you, and [until] they also possess the land which the LORD your God hath given them beyond Jordan: and [then] shall ye return every man unto his possession, which I have given you.
Totdat die HERE rus gee aan julle broers, soos aan julle, en totdat hulle ook die land besit wat die HERE julle God aan hulle gee oorkant die Jordaan: en dan moet julle elkeen na sy besitting terugkeer, wat ek julle gegee het.
21
And I commanded Joshua at that time, saying, Thine eyes have seen all that the LORD your God hath done unto these two kings: so shall the LORD do unto all the kingdoms whither thou passest.
En ek het Josua in daardie tyd beveel, en gesê, Jou oë het gesien alles wat die HERE julle God aan hierdie twee konings gedoen het: so sal die HERE aan al die koninkryke doen waarheen jy trek.
22
Ye shall not fear them: for the LORD your God he shall fight for you.
Julle mag hulle nie vrees nie: want die HERE julle God, Hy sal vir julle veg.
23
And I besought the LORD at that time, saying,
En ek het die HERE in daardie tyd gesmeek, en gesê,
24
O Lord GOD, thou hast begun to shew thy servant thy greatness, and thy mighty hand: for what God [is there] in heaven or in earth, that can do according to thy works, and according to thy might?
O Here HERE, U het begin om u dienaar u grootheid, en u magtige hand te toon: want watter god is daar in die hemel of op die aarde, wat kan doen volgens u werke, en volgens u magtige dade?
25
I pray thee, let me go over, and see the good land that [is] beyond Jordan, that goodly mountain, and Lebanon.
Laat my tog oortrek, en daardie goeie land sien wat oorkant die Jordaan is; daardie goeie berg, en die Líbanon.
26
But the LORD was wroth with me for your sakes, and would not hear me: and the LORD said unto me, Let it suffice thee; speak no more unto me of this matter.
Maar die HERE was toornig op my om julle ontwil, en wou nie na my luister nie: en die HERE het tot my gesê, Laat dit genoeg wees vir jou; spreek nie meer tot My van hierdie saak nie.
27
Get thee up into the top of Pisgah, and lift up thine eyes westward, and northward, and southward, and eastward, and behold [it] with thine eyes: for thou shalt not go over this Jordan.
Klim op na die top van Pisga, en hef jou oë op na die weste, en na die noorde, en na die suide, en na die ooste, en sien dit met jou oë: want jy sal nie oor hierdie Jordaan trek nie.
28
But charge Joshua, and encourage him, and strengthen him: for he shall go over before this people, and he shall cause them to inherit the land which thou shalt see.
Maar beveel Josua, en bemoedig hom, en versterk hom: want hy sal voor hierdie volk uittrek, en hy sal hulle die land laat erf wat jy sal sien.
29
So we abode in the valley over against Bethpeor.
So het ons dan gebly in die dal teenoor Bet-Peor.