← Kolossense 2 Kolossense — Colossians 3 Kolossense 4 →
King James Version
AFR DVK
1
If ye then be risen with Christ, seek those things which are above, where Christ sitteth on the right hand of God.
As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge wat daarbo is, waar Christus is, sittende aan die regterhand van God.
2
Set your affection on things above, not on things on the earth.
Bedink die dinge wat daarbo is, nie die dinge wat op die aarde is nie.
3
For ye are dead, and your life is hid with Christ in God.
Want julle is dood, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
4
When Christ, [who is] our life, shall appear, then shall ye also appear with him in glory.
Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.
5
Mortify therefore your members which are upon the earth; fornication, uncleanness, inordinate affection, evil concupiscence, and covetousness, which is idolatry:
Maak daarom dood julle lede wat op die aarde is; hoerery, onreinheid, wellus, boos begeerte, en gierigheid, wat afgodediens is:
6
For which things’ sake the wrath of God cometh on the children of disobedience:
Om welke dinge die toorn van God kom oor die kinders van die ongehoorsaamheid:
7
In the which ye also walked some time, when ye lived in them.
In welke julle ook vroeër gewandel het, toe julle daarin gelewe het.
8
But now ye also put off all these; anger, wrath, malice, blasphemy, filthy communication out of your mouth.
Maar nou moet julle ook dit alles aflê; toorn, woede, boosheid, lastering, vuil spraak uit julle mond.
9
Lie not one to another, seeing that ye have put off the old man with his deeds;
Liege nie teenoor mekaar nie, aangesien julle die ou mens met sy dade afgelê het;
10
And have put on the new [man], which is renewed in knowledge after the image of him that created him:
En die nuwe mens aangetrek het, wat vernuwe word in kennis na die beeld van Hom wat hom geskape het:
11
Where there is neither Greek nor Jew, circumcision nor uncircumcision, Barbarian, Scythian, bond [nor] free: but Christ [is] all, and in all.
Waar daar nie Griek of Jood is nie, besnydenis of onbesnedenheid, Barbare, Skith, dienskneg, vryman: maar Christus is alles, en in almal.
12
Put on therefore, as the elect of God, holy and beloved, bowels of mercies, kindness, humbleness of mind, meekness, longsuffering;
Trek daarom aan, as die uitverkorenes van God, heilig en geliefd, innerlike genegenheid van barmhartigheid, vriendelikheid, nederigheid van gemoed, sagmoedigheid, lankmoedigheid;
13
Forbearing one another, and forgiving one another, if any man have a quarrel against any: even as Christ forgave you, so also [do] ye.
Mekaar verdraende, en mekaar vergewende, as iemand ’n klag teen iemand het; soos Christus julle vergewe het, so moet julle ook.
14
And above all these things [put on] charity, which is the bond of perfectness.
En bo al hierdie dinge, trek die liefde aan, wat die band van die volmaaktheid is.
15
And let the peace of God rule in your hearts, to the which also ye are called in one body; and be ye thankful.
En laat die vrede van God in julle harte heers, tot welke julle ook in een liggaam geroep is; en wees dankbaar.
16
Let the word of Christ dwell in you richly in all wisdom; teaching and admonishing one another in psalms and hymns and spiritual songs, singing with grace in your hearts to the Lord.
Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid; julle mekaar lerende en vermanende in psalms en lofsange en geestelike liedere, singende met genade in julle harte tot die Here.
17
And whatsoever ye do in word or deed, [do] all in the name of the Lord Jesus, giving thanks to God and the Father by him.
En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus, en dank God en die Vader deur Hom.
18
Wives, submit yourselves unto your own husbands, as it is fit in the Lord.
Vroue, onderwerp julle aan julle eie mans, soos dit betaam in die Here.
19
Husbands, love [your] wives, and be not bitter against them.
Mans, het julle vroue lief, en wees nie bitter teenoor hulle nie.
20
Children, obey [your] parents in all things: for this is well pleasing unto the Lord.
Kinders, wees gehoorsaam aan julle ouers in alle dinge: want dit is die Here welbehaaglik.
21
Fathers, provoke not your children [to anger], lest they be discouraged.
Vaders, verbitter nie julle kinders nie, dat hulle nie moedeloos word nie.
22
Servants, obey in all things [your] masters according to the flesh; not with eyeservice, as menpleasers; but in singleness of heart, fearing God:
Diensknegte, wees in alle dinge gehoorsaam aan julle here volgens die vlees; nie met oogsdiens, soos mensebehaers nie; maar in eenvoudigheid van hart, God vresende:
23
And whatsoever ye do, do [it] heartily, as to the Lord, and not unto men;
En wat julle ook al doen, doen dit van harte, soos aan die Here, en nie aan mense nie;
24
Knowing that of the Lord ye shall receive the reward of the inheritance: for ye serve the Lord Christ.
Wetende dat julle van die Here die beloning van die erfdeel sal ontvang: want julle dien die Here Christus.
25
But he that doeth wrong shall receive for the wrong which he hath done: and there is no respect of persons.
Maar hy wat onreg doen, sal die onreg ontvang wat hy gedoen het: en daar is geen aanneming van persone nie.